Wat ‘n belewenis.
Kyk ‘n man moet krediet gee aan die wat dit toekom.
Ek het nog altyd geglo daaraan om gidse te gebruik om ‘n man touwys te maak as jy uit jou gemaksone beweeg.
Een so voorbeeld was Jonathan Boulton van Mavungana in Dulstroom van wie se dienste ek gebruik gemaak het die eerste keer wat ek gaan tiervis op vlieg aandurf het op Jozini.
Met Jono se jare ondervinding het dit hom nie te lank gevat om ons te wys presies waar, hoe, met watter tegniek en met waste vliegies die tiere te land nie. So het ons ‘n baie suksesvolle 3 dae gehad by Jozini en kon ek die volgende jaar op my eie gaan en suksevol terugkeer ten danke aan Jono wat sy ondervinding met ons gedeel het.
Vandag was amper dieselfde. Ek vis al baie jare in die see, van Brazens Head in die Transkei tot Hentiesbaai in Namibia en natuurlik so ook Cape Vidal.
Ek is tans vir ‘n paar dae in Cape Vidal en besluit toe, hoekom nie?
Ek het ‘n draai gemaak by FATBIKE Fishing in St Lucia en ‘n oggendsessie bespreek vir my en my seun James.
Ons gids, Jeff Asher-Wood het ons net voor sewe by Cape Vidal ontmoet met sy dikwiel e-bikes met al die visgereedskap klaar gelaai. Ons is op die fietse en het so 30 - 40 minute noord op teen die kus gery. Jeff het my gevra wat op my lysie is om te vang en ek het aangedui dat ek graag ‘n Speckled Snapper en Yellow Belly Rock Cod wil vang. Ek is so gewoond and shad en kingies dat ek graag wou leer watter aas, area en metode werk die beste vir die spesies. Jeff het paar sandluise gevang om die aas aantepas en dit was nie te lank nie en die Speckled snapper was aan die lyn. So het ons met die fietse teen die kus op beweeg en kon ons nog speckles, Cat Face Rock cod, Yellow Belly Rock Cod en stumpies kant toe bring. Wat ‘n voorreg om so te kan visvang!
Die hoogtepunt vir my natuurlik behalwe ‘n suksesvolle visvang dag is om so teen die kus van Cape Vidal op te ry waar meeste mense nooit ooit sal kom nie. Om die natuur te bewonder en te kan visvang in die see terwyl ‘n rooi duiker vir jou staan en kyk. My seun James, ‘n FGASA gids, het ons maak stop elke 3 minute om te kyk na Bosvark, Hyena, Luiperd en Musseljaatkat spore.
More, as die weer saamspeel gaan ek afstap Lighthouse Point toe, vol vertoue dat ek tenminste een of twee Rock Cods en as ek gelukkig is nog ‘n Speckled Snapper gaan land. Ek weet nou hoe, ek weet nou waar en ek weet nou watter aas kombinasie om te gebruik.
As enige iemand ooit in St Lucia is, probeer gerus vir Jeff en sy dikwiel e-bikes, inteendel, sovêr mens kan, gebruik ‘n gids nou of jy visvang, voëls gaan kyk of gaan jag, dit maak hemel en aarde verskil hoe mens die volgende keer benader. Net toe ek dog ek weet alles het ek agtergekom ek weet eintlik bitter min invergelyking met die wat dit elke week doen.
Kort Youtube video van ‘n paar van die visse wat geland was hoog op teen Cape Vidal se kus en ook die rit soontoe met die e-bikes. As ek terug is sal ek iets skryf van Cape Vidal self. Ek en my familie is die enigste mense tans in die chalets, en ook die laaste….
[youtube] https://youtu.be/7WZvZ5UX9Kc?si=JaZHQWJskLHosmD0[/youtube]
FATBIKE FISHING Cape Vidal
-
ZKK
- Hero Member

- Posts: 623
- Joined: Mon Aug 20, 2012 5:42 pm
Re: FATBIKE FISHING Cape Vidal
Jy moet skreeu as jy ooit in die Oos London area is

- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5020
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: FATBIKE FISHING Cape Vidal
Dankie vir die deel dit is nogal iets wat ek op 'n lysie moet sit en dalk gaan doen.