Eerste Jag Geweer Hulp
- Dehan.Rheeder
- Jr. Member

- Posts: 70
- Joined: Tue May 13, 2025 8:52 am
Eerste Jag Geweer Hulp
More Se
Ek is besig om te kyk om my eerste jag geweer te koop en ek is tussen 30-06 en 308 en dan tussen Tikka, Ruger en Howa
Ek wil graag opinies kry oor die Ruger American Gen 2 of daar gekende probleme is en wat om voor uit te kyk as ook op die Howa en die Tikka
Julle insette sal waardeer word
Dankie en mooi dag

Tikka T3 Lite 30-06
Canik Mete SF Combat 9mm
Canik Mete SF Combat 9mm
- 3006
- Sr. Member

- Posts: 456
- Joined: Mon Jul 04, 2011 3:13 pm
Re: Eerste Jag Geweer Hulp
More Dehan
Ek sal voorstel jy gaan kyk en hanteer die gewere en indien moontlik skiet hulle ook.
Ek glo nie jy kan verkeerd gaan met n Tikka nie.
Waar gaan jy die meeste jag? Bosveld of Vlakte? Loop en jag of bakkie ry?
Ek sal voorstel jy gaan kyk en hanteer die gewere en indien moontlik skiet hulle ook.
Ek glo nie jy kan verkeerd gaan met n Tikka nie.
Waar gaan jy die meeste jag? Bosveld of Vlakte? Loop en jag of bakkie ry?
- Dehan.Rheeder
- Jr. Member

- Posts: 70
- Joined: Tue May 13, 2025 8:52 am
Re: Eerste Jag Geweer Hulp
Hi Daar3006 wrote: Thu Sep 18, 2025 9:58 am More Dehan
Ek sal voorstel jy gaan kyk en hanteer die gewere en indien moontlik skiet hulle ook.
Ek glo nie jy kan verkeerd gaan met n Tikka nie.
Waar gaan jy die meeste jag? Bosveld of Vlakte? Loop en jag of bakkie ry?
dankie vir die terugvoer, ek is van plan om hulle te gaan hanteer, en te skiet indien moontlik, meeste jag sal bosveld wees, en sal 'n gemeng wees tussen loop jag en bakkie jag, hang af saam wie ek gaan om eerlik te wees
ek is darm bloot gestel aan die 2 kalibers want familie en skoon familie het albei kalibers so weet darm hoe hulle skiet in daardie sin, maar die opsies daar buite is eindeloos so het na die forum gekom vir so bietjie rigting aanduiding en watter make om te vermy ens.
Tikka T3 Lite 30-06
Canik Mete SF Combat 9mm
Canik Mete SF Combat 9mm
- LUAN
- Hero Member

- Posts: 3124
- Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am
Re: Eerste Jag Geweer Hulp
My volgorde van keuse sou wees
1. Tikka
2. Howa
Die ruger se sneller creep en aksie grof.
Al waaroor ek spyt is met Tikka is dat ek nie meer van hulle gekoop het nie.
1. Tikka
2. Howa
Die ruger se sneller creep en aksie grof.
Al waaroor ek spyt is met Tikka is dat ek nie meer van hulle gekoop het nie.
- Dehan.Rheeder
- Jr. Member

- Posts: 70
- Joined: Tue May 13, 2025 8:52 am
Re: Eerste Jag Geweer Hulp
Dankie LuanLUAN wrote: Thu Sep 18, 2025 10:15 am My volgorde van keuse sou wees
1. Tikka
2. Howa
Die ruger se sneller creep en aksie grof.
Al waaroor ek spyt is met Tikka is dat ek nie meer van hulle gekoop het nie.
waardeer dit, Tikka se aksie is so glad so maak dit moeilik om van enige iets anders te hou maar hou maar opsies oop
Tikka T3 Lite 30-06
Canik Mete SF Combat 9mm
Canik Mete SF Combat 9mm
-
Lamtjop
- Hero Member

- Posts: 826
- Joined: Mon Apr 12, 2010 1:49 pm
Re: Eerste Jag Geweer Hulp
Molopo wapens en Frontier arms het Tikka 30-06 gehad vir goeie pryse.
- Ratel
- Hero Member

- Posts: 1868
- Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm
-
Leon Crous
- Sr. Member

- Posts: 429
- Joined: Wed Jun 18, 2014 12:08 am
Re: Eerste Jag Geweer Hulp
Ek is maar 'n Tikka man. Die ander 2 kan nie kers vashou met Tikka net (maar Tikka is effe duurder).
Ek sou 30-06 gaan want met 180gr punte is spoed (gekoopte ammo) redelik matig in elk geval.
As jy self sou laai kan jy is 30-06 ook beter keuse ... (kan spoed bietjie afbring en hom darem bietjie stoot ook as nodig).
Maar net my opinie.
Groete.
Ek sou 30-06 gaan want met 180gr punte is spoed (gekoopte ammo) redelik matig in elk geval.
As jy self sou laai kan jy is 30-06 ook beter keuse ... (kan spoed bietjie afbring en hom darem bietjie stoot ook as nodig).
Maar net my opinie.
Groete.
- Dehan.Rheeder
- Jr. Member

- Posts: 70
- Joined: Tue May 13, 2025 8:52 am
Re: Eerste Jag Geweer Hulp
frontier se t3x lite is 'n uitstekende prys, wonder hoe sal die "lite" voel met die 30-06 se skop en self die 308?Lamtjop wrote: Thu Sep 18, 2025 10:26 am Molopo wapens en Frontier arms het Tikka 30-06 gehad vir goeie pryse.
Tikka T3 Lite 30-06
Canik Mete SF Combat 9mm
Canik Mete SF Combat 9mm
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2133
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: Eerste Jag Geweer Hulp
Skiet elkeen van die kalibers n paar keer, en koop vir jou eie doelwitte.
Die onlangse mode is om n dik(ker) loop met n swaar(der) kolf te kry omdat dit beter is vir akkuraatheid. Dit is korrek, maar as jy van stapjag hou kan so n roer lastig swaar raak. As jy van n bakkie af jag kan jy kies wat jy wil want die bakkie dra die geweer. Ek self verkies n ligter geweer omdat ek graag stap.
Die argument met akkuraatheid het ook n sagter kant, want die meeste moderne gewere is al heelwat akkurater as 100 jaar gelede. En die meeste ligte gewere (dun loop en ligte kolf) skiet nog steeds akkuraat genoeg vir byna enige gewone jagdoeleindes. n Goeie skut met n dun loop sal waarskynlik beter skiet as n ongeoefende skut met n dik swaar loop - veral as die adrenalien in die veld pomp.
Ek sou n 308 aanbeveel omdat hy soos n Hilux is - nie foute en geite nie, ammunisie beskikbaar, hanteerbare terugskop, ens. Die 30-06 het sy slegte naam blykbaar juis verdien omdat hy redelik hard kan skop. (Dit is n ou oorlogkaliber wat ontwerp is in n tyd toe soldate mekaar op 400m moes kon raakskiet.) Dit is dus n puik algemene kaliber, maar niemand het die arme onervare skuts van die 1960's to 1980's voorberei nie, en daarom het die manne onbewustelik begin "flinch". Die moderne kolwe se ontwerp en knaldempers maak n baie groot verskil.
Hoop dit help!

Dankie LeonLeon Crous wrote: Thu Sep 18, 2025 10:35 am Ek is maar 'n Tikka man. Die ander 2 kan nie kers vashou met Tikka net (maar Tikka is effe duurder).
Ek sou 30-06 gaan want met 180gr punte is spoed (gekoopte ammo) redelik matig in elk geval.
As jy self sou laai kan jy is 30-06 ook beter keuse ... (kan spoed bietjie afbring en hom darem bietjie stoot ook as nodig).
Maar net my opinie.
Groete.
waardeer dit, dit is die konsensus wat ek ook al na gekom het, en paar ander manne het die ook al gese
Tikka T3 Lite 30-06
Canik Mete SF Combat 9mm
Canik Mete SF Combat 9mm
- Dehan.Rheeder
- Jr. Member

- Posts: 70
- Joined: Tue May 13, 2025 8:52 am
Re: Eerste Jag Geweer Hulp
Dankie Ds JDs J wrote: Thu Sep 18, 2025 10:41 am Skiet elkeen van die kalibers n paar keer, en koop vir jou eie doelwitte.
Die onlangse mode is om n dik(ker) loop met n swaar(der) kolf te kry omdat dit beter is vir akkuraatheid. Dit is korrek, maar as jy van stapjag hou kan so n roer lastig swaar raak. As jy van n bakkie af jag kan jy kies wat jy wil want die bakkie dra die geweer. Ek self verkies n ligter geweer omdat ek graag stap.
Die argument met akkuraatheid het ook n sagter kant, want die meeste moderne gewere is al heelwat akkurater as 100 jaar gelede. En die meeste ligte gewere (dun loop en ligte kolf) skiet nog steeds akkuraat genoeg vir byna enige gewone jagdoeleindes. n Goeie skut met n dun loop sal waarskynlik beter skiet as n ongeoefende skut met n dik swaar loop - veral as die adrenalien in die veld pomp.
Ek sou n 308 aanbeveel omdat hy soos n Hilux is - nie foute en geite nie, ammunisie beskikbaar, hanteerbare terugskop, ens. Die 30-06 het sy slegte naam blykbaar juis verdien omdat hy redelik hard kan skop. (Dit is n ou oorlogkaliber wat ontwerp is in n tyd toe soldate mekaar op 400m moes kon raakskiet.) Dit is dus n puik algemene kaliber, maar niemand het die arme onervare skuts van die 1960's to 1980's voorberei nie, en daarom het die manne onbewustelik begin "flinch". Die moderne kolwe se ontwerp en knaldempers maak n baie groot verskil.
Hoop dit help!
Ek hou van die idee van 'n ligter geweer omdat ek graag stap jag ook wil doen, ek het darm al 30-06 en 308 geskiet so weet wat om te verwag van die skop af van altwee kalibers. wat my trek na die 30-06 se kant toe is die veelsydigheid van hom as dit kom by herlaai.
Tikka T3 Lite 30-06
Canik Mete SF Combat 9mm
Canik Mete SF Combat 9mm
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2133
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: Eerste Jag Geweer Hulp
Albei kalibers kan by 110gr begin. Die 30-06 kan gewoonlik tot 220gr herlaai word, en die 308 kan met bietjie moeite tot 200gr herlaai word. Albei kalibers se trajek raak redelik kettie-agtig met die swaar koeels : ) 
Geniet dit, en hou ons asb op hoogte soos jy vorder?
Geniet dit, en hou ons asb op hoogte soos jy vorder?
- Dehan.Rheeder
- Jr. Member

- Posts: 70
- Joined: Tue May 13, 2025 8:52 am
Re: Eerste Jag Geweer Hulp
Dankie Ds JDs J wrote: Thu Sep 18, 2025 11:35 am Albei kalibers kan by 110gr begin. Die 30-06 kan gewoonlik tot 220gr herlaai word, en die 308 kan met bietjie moeite tot 200gr herlaai word. Albei kalibers se trajek raak redelik kettie-agtig met die swaar koeels : )
Geniet dit, en hou ons asb op hoogte soos jy vorder?
Ek sal virseker so maak
Tikka T3 Lite 30-06
Canik Mete SF Combat 9mm
Canik Mete SF Combat 9mm
- sako 30-06
- Hero Member

- Posts: 1985
- Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm
Re: Eerste Jag Geweer Hulp
Klink vir my of jy klaar jou keuse gemaak het.
Nou moet jy net die sneller trek en die Tikka 30-06 koop.
Onthou, jy gaan die geweer vir die res van jou lewe gebruik. Indien jy nie nou die kontant het nie, koop hom op n 6 maande betaal plan wat die wapenwinkels offer. Na 6 maande is jy klaar betaal en jy behoort teen daai tyd die lisensie te he.
Nou moet jy net die sneller trek en die Tikka 30-06 koop.
Onthou, jy gaan die geweer vir die res van jou lewe gebruik. Indien jy nie nou die kontant het nie, koop hom op n 6 maande betaal plan wat die wapenwinkels offer. Na 6 maande is jy klaar betaal en jy behoort teen daai tyd die lisensie te he.
- Dehan.Rheeder
- Jr. Member

- Posts: 70
- Joined: Tue May 13, 2025 8:52 am
Re: Eerste Jag Geweer Hulp
Dankie, ek is ook seker ek het klaar die besluit gemaak, ek het met Frontier Guns in Klerksdorp gesels hulle het 'n T3 Lite in voorraad wat ek na wil gaan kyk volgende naweek en as dit die een is sal hy aangeskaf wordsako 30-06 wrote: Thu Sep 18, 2025 2:52 pm Klink vir my of jy klaar jou keuse gemaak het.
Nou moet jy net die sneller trek en die Tikka 30-06 koop.
Onthou, jy gaan die geweer vir die res van jou lewe gebruik. Indien jy nie nou die kontant het nie, koop hom op n 6 maande betaal plan wat die wapenwinkels offer. Na 6 maande is jy klaar betaal en jy behoort teen daai tyd die lisensie te he.
Tikka T3 Lite 30-06
Canik Mete SF Combat 9mm
Canik Mete SF Combat 9mm
- Dehan.Rheeder
- Jr. Member

- Posts: 70
- Joined: Tue May 13, 2025 8:52 am
Re: Eerste Jag Geweer Hulp
More Manne
so Frontier het 'n Tikka T3 in voorraad, ek gaan die naweek deur ry en gaan kyk, is daar enige iets wat ek moet uitkyk na op die die T3 aangesien dit 'n ouer model is?
ek het gaan oplees T3 teenoor die T3X en daar is nie groot verskille nie anders as die kolf en die recoil lug, so vra maar opinies hier ook of dit 'n goeie koop sal wees ongeag van die ouderdom verskil?
Voorbaat dankie en mooi dag

Malan123
- Hero Member

- Posts: 2126
- Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm
Re: Eerste Jag Geweer Hulp
Jy kan die T3 met 'n geruste hart koop
-
Toxxyc
- Hero Member

- Posts: 1343
- Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am
Re: Eerste Jag Geweer Hulp
Die Tikka T3 was vir lank die beste budget premium geweer wat jy kon koop.
- Dehan.Rheeder
- Jr. Member

- Posts: 70
- Joined: Tue May 13, 2025 8:52 am
Re: Eerste Jag Geweer Hulp
Baie Dankie waardeer ditToxxyc wrote: Tue Sep 23, 2025 10:46 am Die Tikka T3 was vir lank die beste budget premium geweer wat jy kon koop.
Tikka T3 Lite 30-06
Canik Mete SF Combat 9mm
Canik Mete SF Combat 9mm
- Dehan.Rheeder
- Jr. Member

- Posts: 70
- Joined: Tue May 13, 2025 8:52 am
Re: Eerste Jag Geweer Hulp
More Julle
Ek wil net 'n update gee, ek het toe die Tikka T3 30-06 by Frontier gekoop, volgende is scope en ringe en al daardie lekker dinge.
Ek wil ook opinies kry oor Warne se ringe wat direct op die Tikka vas sit, is dit 'n goeie opsie om te gaan of is picatinny rail die pad voorentoe?
Dan kyk ek ook na die Arken EPL4- 4-16x44 scope met illuminated reticle as die jag scope, ek sal enige insette waardeer oor die scope ook.
byvoorbaat dankie

- Philip J
- Hero Member

- Posts: 925
- Joined: Fri Mar 14, 2014 8:58 pm
Re: Eerste Jag Geweer Hulp
Koop die beste 3-9 of 4-12 teleskoop wat jy kan bekostig. Dis n jaggeweer, jy wil die glas so helder en duidelik as moontlik hê.
Groetnis
Philip
Philip
- Dehan.Rheeder
- Jr. Member

- Posts: 70
- Joined: Tue May 13, 2025 8:52 am
Re: Eerste Jag Geweer Hulp
Dankie Phillip, ek sal dit in ag neemPhilip J wrote: Fri Oct 17, 2025 9:47 am Koop die beste 3-9 of 4-12 teleskoop wat jy kan bekostig. Dis n jaggeweer, jy wil die glas so helder en duidelik as moontlik hê.
Tikka T3 Lite 30-06
Canik Mete SF Combat 9mm
Canik Mete SF Combat 9mm
-
JF123
- Sr. Member

- Posts: 449
- Joined: Fri May 17, 2019 5:52 pm
Re: Eerste Jag Geweer Hulp
Ek het daardie eindste teleskoop op my .308 en is gelukkig met hom. Het nog nie met dit bo 4 vergroting gejag nie, maar dit doen goed op die skietbaan met sy 16x.
- Dehan.Rheeder
- Jr. Member

- Posts: 70
- Joined: Tue May 13, 2025 8:52 am
Re: Eerste Jag Geweer Hulp
baie dankie, ek het deur die einste teleksoop gekyk by Frontier toe ek die geweer gekoop het en was baie gelukkig met die duidelikheid van die glas en ek glo ook nie mens sal sommer bo die 4x vergroting gaan vir jag nie maar lyk na baie goeie teleskoop vir 'n baie goeie prysJF123 wrote: Fri Oct 17, 2025 10:12 am Ek het daardie eindste teleskoop op my .308 en is gelukkig met hom. Het nog nie met dit bo 4 vergroting gejag nie, maar dit doen goed op die skietbaan met sy 16x.
Tikka T3 Lite 30-06
Canik Mete SF Combat 9mm
Canik Mete SF Combat 9mm