Help so bietjie met keuse

Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2198
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: Help so bietjie met keuse

Post by Ds J »

Goeiedag,

Daniel's het puik produkte. Hulle het al vir my moeilike pasmaak werk gedoen op n mes, en ek is baie tevrede. Ek sou dalk ernstig na 'n C-knip kyk, of selfs 'n Ulticlip maar blykbaar vreet hy die broek se materiaal.

Ek verkies om leer teen my vel te dra in plaas van plastiek, maar ek weet dit is n minderheidsopinie. Dit is sag, en vorm 100% oor tyd.

Vir versteekbaarheid het ek leerholsters gestik en 'n goeie skoenveter of lint gebruik om 'n lissie te maak vir die belt. Redelik onopsigtelik, en werklik sterk genoeg. Uiteraard kan n mens die lint/veter op n kyddex holster ook gebruik.

n Saamgestelde leer-kydex holster is my groot droom - sagte leer binne en n goeie kydex dop buite.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7568
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Help so bietjie met keuse

Post by Wouter Roets »

Ratel wrote: Wed Apr 16, 2025 12:48 pm Wouter ek sal nie weer enige ander belt dan Ross gunleather dra nie. Bruin of swart egte leer. Mooi genoeg om saam met enige klere te dra. Kyk op jizni se website. Baie stewig amper dubbel die dikte van winkel belde en prys is goed. Hulle maak baie nice holsters ook.
Dankie Ratel

Ek het met hulle gepraat. Ross maak n holster vir my Ruger maar natuurlik het Jizni nie voorraad nie. Hulle sal moontlik eers weer oor 6 maande n besending kry. Daar is natuurlik n goeie kaans dat iets vir n ander pistool ook sal pas vir my Rugers, maar dis n storie om net by hulle uit te kom en kyk of iets sal werk. Jy moet al die modelle wat jy wil pas order... aag bla bla, dis n storie, toe bestel ek maar gou n holster by Daniel's. Baie makliker. As hy nie werk nie dan kyk ons maar vir iets anders.

Jy noem nou belde, is daar nou n spesifieke belt wat n mens nou ook moet koop? Moet nou net nie se n mens moet n hele verdomde klerekas ook nou nog gaan staan en vervang nie! :-[ G'n wonder die pistole le so in die kluise nie.

Groetnis
Wouter
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13619
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Help so bietjie met keuse

Post by Capt. Yoda »

Tensy jy begin het om skinny jeans te dra behoort jy dam orite te wees
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1886
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: Help so bietjie met keuse

Post by Ratel »

Wouter Roets wrote: Wed Apr 16, 2025 1:53 pm
Ratel wrote: Wed Apr 16, 2025 12:48 pm Wouter ek sal nie weer enige ander belt dan Ross gunleather dra nie. Bruin of swart egte leer. Mooi genoeg om saam met enige klere te dra. Kyk op jizni se website. Baie stewig amper dubbel die dikte van winkel belde en prys is goed. Hulle maak baie nice holsters ook.
Dankie Ratel

Ek het met hulle gepraat. Ross maak n holster vir my Ruger maar natuurlik het Jizni nie voorraad nie. Hulle sal moontlik eers weer oor 6 maande n besending kry. Daar is natuurlik n goeie kaans dat iets vir n ander pistool ook sal pas vir my Rugers, maar dis n storie om net by hulle uit te kom en kyk of iets sal werk. Jy moet al die modelle wat jy wil pas order... aag bla bla, dis n storie, toe bestel ek maar gou n holster by Daniel's. Baie makliker. As hy nie werk nie dan kyk ons maar vir iets anders.

Jy noem nou belde, is daar nou n spesifieke belt wat n mens nou ook moet koop? Moet nou net nie se n mens moet n hele verdomde klerekas ook nou nog gaan staan en vervang nie! :-[ G'n wonder die pistole le so in die kluise nie.

Groetnis
Wouter
Die Ross leerbelde is baie goeie all rounder. Hulle noem dit n gunbelt seker oor dit baie stewig en goed werk vir enige holster. Basies n gewone leer belt wat baie meer robuus is as gewone edgars belde.
Maak 'n verskil
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2198
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: Help so bietjie met keuse

Post by Ds J »

Wouter Roets wrote: Wed Apr 16, 2025 1:53 pm.
Jy noem nou belde, is daar nou n spesifieke belt wat n mens nou ook moet koop? Moet nou net nie se n mens moet n hele verdomde klerekas ook nou nog gaan staan en vervang nie! :-[ G'n wonder die pistole le so in die kluise nie.

Groetnis
Wouter
Cytac maak n baie handige belt, ek het onderskeidelik R370 en R450 betaal, maar dit is n rukkie gelede.

'n Belt moet breed wees (5cm+), dik (5mm+) en styf, dws nie kan uithang nie. Ek dra my eerste belt nou al seker 5 jaar, en het bog nie 'n dag se probleme nie.

In die geval van 'n leerbelt moet die mates dieselfde wees. Boonop moet hy verkieslik dubbeld gestik wees, met 'n nylon of harde plastiek insetsel wat sy vorm behou.
OosKaapJagter
Hero Member
Hero Member
Posts: 960
Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm

Re: Help so bietjie met keuse

Post by OosKaapJagter »

Aangesien jou Ruger SR9C eintlik maar lig is, behoort enige ordentlike gordel te werk. Ek dra sedert 1991 'n .45 1911 pistool. Met verloop van tyd rek die leer gordels. Die wat vir my die beste werk, is die soort wat jy by die meeste wapenwinkels kry met leer buitekant en so nylon rugsteun binne. Hulle rek glad nie. Soms dra ek 'n CZ75 wanneer ons by die skietklub gaan speel.

Ek het ook 'n volgrootte Ruger SR9 gehad wat ek vir my een seun gegee het. Daardie pistool het gevoel asof hy niks weeg nie. Tans het ek ook 'n Glock 30S in .45 kaliber wat ek vir my ander seun gegee het. Sy lisensie behoort eersdaags goedgekeur te word.

Kies 'n skede wat gemaklik is. Ek dra eerder 'n doodgewone nylon skede aan die binnekant van my broek as wat ek met eksotiese skede sit wat ongemaklik is. By sommige geleenthede en sommige klere sal ek 'n leer of Kydex skede dra, maar niks klop 'n doodgewone goedkoop nylon skede vir gemak nie.

Die enigste uitsondering is met Glocks of soortgelyke pistole wat nie 'n veiligheidsknip het nie. Sagte gemaklike skedes kan veroorsaak dat iets dalk die sneller kan manipuleer. Die risiko is nog meer vir diegene wat ligter snellers installeer. Daar wil ek seker wees van iets soos 'n Kydex skede wat dit onmoontlik maak om die sneller te beweeg terwyl die pistool in die skede is.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13654
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Help so bietjie met keuse

Post by Geno »

Wouter, kyk gerus na Army Ant se belde ook. Hulle het een met buckle, maar met 'n boep eet 'n buckle jou, veral as jy lang pad ry.
Die belde van hulle met velcro werk baie nice sonder om jou seer te maak, en kry jy hom in bruin of swart leer. Dis my DKW belt vir alles en meer.
Goed, beter, 6millimeter!
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3079
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Help so bietjie met keuse

Post by Apie »

Glock 43X met ek dink Shield arms magasyn vir daaglikse dra.
Dan kan jy ook 15 + 1 kole laai.

Die res van die Glock reeks het genoeg om van te kies en keur!


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
Gerhardu
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Mon Nov 19, 2012 1:55 pm

Re: Help so bietjie met keuse

Post by Gerhardu »

Ek gebruik Kore se belt. Ek kan nie meer n ander belt dra na die nie.

https://www.tacticaldistributors.co.za/ ... GLm-BYs3QR
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8012
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Help so bietjie met keuse

Post by Arnold »

Wees versigtig om by daai winkel enigeiets aanlyn te bestel!!!

Daar is ander verskaffers wat ook daai belde beskikbaar het.
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3079
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: Help so bietjie met keuse

Post by Apie »

Gerhardu wrote:Ek gebruik Kore se belt. Ek kan nie meer n ander belt dra na die nie.

https://www.tacticaldistributors.co.za/ ... GLm-BYs3QR
Stem

Beste belt reeks van kerk tot werk en ook vir die Taktiese Tommies.

Bestel aanlyn by Hailstorm


Sent from my iPhone using Tapatalk
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7568
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Help so bietjie met keuse

Post by Wouter Roets »

Arnold wrote: Wed Apr 09, 2025 9:38 am Wat van die nuwe Ruger RXM?
Twee van hulle is op pad.
Ockert1992
Hero Member
Hero Member
Posts: 827
Joined: Wed Mar 13, 2013 7:35 pm

Re: Help so bietjie met keuse

Post by Ockert1992 »

Wouter Roets wrote: Wed Oct 08, 2025 12:27 pm
Arnold wrote: Wed Apr 09, 2025 9:38 am Wat van die nuwe Ruger RXM?
Twee van hulle is op pad.
Sal self ook nog bietjie na hulle wil kyk. Lyk goed sover.
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2958
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: Help so bietjie met keuse

Post by Lategan1 »

Ek ook gekyk, moet sê lyk of “waarde vir geld”, dit sterk staan. Die reviews is baie goed, 4/5. Om stellings te maak dat dit is wat die Glock in sy klas moes wees, is ‘n bekvol.

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13619
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Help so bietjie met keuse

Post by Capt. Yoda »

Ek sien hulle noem hulle die Glocks vir ouens wat sit en piepie
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
JAGTERSREG-JRM
Hero Member
Hero Member
Posts: 2334
Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am

Re: Help so bietjie met keuse

Post by JAGTERSREG-JRM »

Capt. Yoda wrote: Thu Oct 09, 2025 2:44 pm Ek sien hulle noem hulle die Glocks vir ouens wat sit en piepie
Jong weet nie so lekker van daai een nie........dalk is hulle ma bietjie jaloers.....Mooi pistole daai met n mooi en regte Logo op
Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7568
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Help so bietjie met keuse

Post by Wouter Roets »

Capt. Yoda wrote: Thu Oct 09, 2025 2:44 pm Ek sien hulle noem hulle die Glocks vir ouens wat sit en piepie
Yip al vandat my dokter gese het ek mag niks swaar optel nie...
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13619
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Help so bietjie met keuse

Post by Capt. Yoda »

Wouter Roets wrote: Mon Oct 13, 2025 8:55 am
Capt. Yoda wrote: Thu Oct 09, 2025 2:44 pm Ek sien hulle noem hulle die Glocks vir ouens wat sit en piepie
Yip al vandat my dokter gese het ek mag niks swaar optel nie...
Image
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2958
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: Help so bietjie met keuse

Post by Lategan1 »

:) :)

Hoe loop Robbie Wessels se lied van balle vasknyp…

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7568
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Help so bietjie met keuse

Post by Wouter Roets »

Ok twee Leupold Deltapoint Pro 6 moa's is ook oppad.
User avatar
JAGTERSREG-JRM
Hero Member
Hero Member
Posts: 2334
Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am

Re: Help so bietjie met keuse

Post by JAGTERSREG-JRM »

So paar kiekies van die RXM!!!
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7568
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Help so bietjie met keuse

Post by Wouter Roets »

Boys

Is hier van julle wat n red dot op sy pistool gebruik?

Groetnis
Wouter
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13619
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Help so bietjie met keuse

Post by Capt. Yoda »

Wouter Roets wrote: Wed Oct 22, 2025 2:34 pm Boys

Is hier van julle wat n red dot op sy pistool gebruik?

Groetnis
Wouter
Vir SD of speel?

Ek was al in een of 2 gevalle waar mens die yster uit sy sakkie moet haal en ek het nog nooit gestaan en mik soos in die flieks nie alhoewel dit verseker lekker skiet op die baan maar ek verkies soos hulle in engels sal se "practice like you fight"

As jy en jou maats nou regtig in n firefight is en jy wil klein mik sal dit seker makliker werk, hy moet net nie aan jou hemp of pens vas hak as jy hom wil uit trek nie
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Gerhardu
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Mon Nov 19, 2012 1:55 pm

Re: Help so bietjie met keuse

Post by Gerhardu »

Wouter Roets wrote: Wed Oct 22, 2025 2:34 pm Boys

Is hier van julle wat n red dot op sy pistool gebruik?

Groetnis
Wouter
Ekt n Holosun so paar jaar terug op myne gesit toe hulle net uitgekom het. Hyt n 8moa kol. Lekker groot vir naby skiet en werk soos n bom.
User avatar
Gerhardu
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Mon Nov 19, 2012 1:55 pm

Re: Help so bietjie met keuse

Post by Gerhardu »

Gerhardu wrote: Fri Oct 24, 2025 9:04 am
Wouter Roets wrote: Wed Oct 22, 2025 2:34 pm Boys

Is hier van julle wat n red dot op sy pistool gebruik?

Groetnis
Wouter
Ekt n Holosun so paar jaar terug op myne gesit toe hulle net uitgekom het. Hyt n 8moa kol. Lekker groot vir naby skiet en werk soos n bom.
Bygese my oop visiere werk ook saam met die reflex sight. So ek kan nogsteeds my oop visiere gebruik deur die reflex se glas.
Post Reply