22 Hornet

Plaas jou ladings hier. Die forum kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige data wat gepubliseer word nie. So gebruik die inligting met oorleg en versigtigheid. Wat vir een vuurwapen werk is moontlik nie veilig vir 'n ander vuurwapen nie.
Post Reply
470rigby
Hero Member
Hero Member
Posts: 572
Joined: Tue Feb 18, 2014 7:00 am

22 Hornet

Post by 470rigby »

Ek word nou ouer en kleiner kalibers word interessanter. Het onlangs 'n 22 Hornet Kimber gekoop.
Ek het 'n ruk gelede in een van ons jagtydskrifte 'n artikel gelees oor 22 Hornet herlaai, kan nie onthou watter een nie. Dit het spesifiek gegaan oor die gebruik van Hodgdon LillGun. Kan iemand help met raad oor die onderwerp? koeelgewigte, dryfmiddel ens, ek sal dit baie waardeer
Gideon@1
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 425
Joined: Thu Jul 12, 2012 1:02 pm

Re: 22 Hornet

Post by Gideon@1 »

Hallo,
Maak net seker of jou .22 Hornet ‘n .223 of .224 kaliber is.
Ek ken nie die Kimber’s nie. Ek het ‘n ou Brno met die haarseller en die is ‘n .223 kaliber.

Verder luister ek saam oor moontlike oplossings met die herlaai.

Armand Steenkamp op die forum is ‘n kenner op die .22 Hornet.

Groete
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13507
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: 22 Hornet

Post by Capt. Yoda »

Sit vr ons n foto van daai Kimber op asb
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2149
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: 22 Hornet

Post by Koos Barnard »

Kyk in die Nov/Des 2024 Magnum-tydskrif. Daar is 'n artikel oor die .22 Hornet en 'n lading of twee met Lil Gun
Mooi loop
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2133
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: 22 Hornet

Post by Ds J »

45gr koeëls is blykbaar die maklikste standaatd koeël om te herlaai. Ek weet nie van die ooreenstemmende gewig vir monos nie.

LilGun en S265 is blykbaar baie naby aan mekaar.
User avatar
Wielie Waps
Hero Member
Hero Member
Posts: 865
Joined: Sat Sep 26, 2009 9:31 am

Re: 22 Hornet

Post by Wielie Waps »

Ek het ook BRNO gehad met hair trigger.
45gr Sierra of PMP het goed gewerk. Jy het beperkte lengte in magasyn , so korter koeëls werk beter.
My lading was 10.2 gr S265 en COL 44.5
Het ongelukkig nie meer die spoed nie.
As jy in argiewe gaan soek sal jy ook bespreking kry oor Ackley van die Hornet.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 22 Hornet

Post by tripodmvr »

Spoed van so 2500vps met 45gr koeël lyk heel veilig. Ek het onlangs koeëls vir 'n vriend aangekoop - 45gr almal spesifiek vir Hornet.

S&B R500
Hornady R670
Sierra R870
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
470rigby
Hero Member
Hero Member
Posts: 572
Joined: Tue Feb 18, 2014 7:00 am

Re: 22 Hornet

Post by 470rigby »

Ek is te dom om 'n foto te plaas, maar die boor is .224
dankie vir julle belangstelling
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3527
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: 22 Hornet

Post by Armand Steenkamp »

470Rigby, gooi my n whatsapp by 0823861714. Ek is te lui vir so baie tik.
Post Reply