Meet van koeël(punt)

Post Reply
User avatar
Ferdi Bam
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 357
Joined: Fri Mar 08, 2013 8:40 am

Meet van koeël(punt)

Post by Ferdi Bam »

Hi Almal,

Ek het heelwat ou .303Br militêre patrone persent gekry. Ou bruin boksies nog met wit lint toegebind. Die patrone skiet egter baie swak en ek het baie hangfires gekry. Het al die koeëls toe getrek. Opvallend is dat die koeëls itv gewig en lengte groot verskille het. Gewig wissel vanaf 72.9gr tot 175.6gr en die lengtes vanaf 43mm tot 43.7mm oor die ogief. Het nie gemeet vanaf koeël se punt tot by die basis nie. Wat ek gedoen het is om die koeëls te batch in lengtes vanaf 43.1mm tot 43.4mm en gewig vanaf 173.5gr tot 174.5gr. Dit laat my dan ook met baie minder koeëls wat aan die vereistes voldoen. Die koeëls wat buite my selfopgelegte vereistes val sal ek maar vir opwarming of oefening gebruik.

Ek het die "drastiese" en tydsame stap geneem omdat ek n .303Br het wat besonder akkuraat is, nie op n Enfield aksie gebou nie. Wat ek wil weet is wat sou die impak wees as ek die koeëls(almal) laai op n gegewe lading en daar is meer as n grein verskil in gewig? Daar sal sekerlik flyers wees, te hoog, te laag, ens. Ek sal met S341, PMP slagdop en dop skiet om mee te begin en later dalk S335. Met n 174gr Sierra Match King teen 2520vps skiet die geweer sonder sukkel. Die SMK batch wat ek het se gewig is baie konstant. Koeëls is duur en ek wil nie graag my Sierras onnodig uitskiet nie. Ek sal hoofsaaklik maar SA Jagters se tabelle skiet en wanneer die geleentheid hom voordoen n ghong tot 500m en selfs n bietjie verder.

Enige aanbeveling in watter rigting ek moet gaan met die koeëls?

Groete

Ferdi Bam.
Oë op die pad, hande op die stuur, FOKUS!
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2133
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: Meet van koeël(punt)

Post by Ds J »

Die 303's was ontwerp vir militêre akkuraatheid, en gebou vir/volgens die standaarde van daardie tyd. Dit is waarom hulle verskil.

Laai en skiet hulle vir wat hulle is. As daar n los skoot trek behoort dit nie te erg te wees nie.
Post Reply