6 Dasher lading

Anything regarding this program here/alles rakende die program hier.
Post Reply
ajs14
Newbie
Newbie
Posts: 42
Joined: Tue Mar 01, 2022 1:59 pm

6 Dasher lading

Post by ajs14 »

Dagsê! Voorspoed vir 2026, mag dit 'n mooi jaar wees.

Ek het 'n nuwe 6mm Dasher (my eerste 6mm) wat ek graag insette en 'n kalibrasie op sal waardeer, asseblief. Ek besef 'n 6 Dasher is omtrent een van die maklikste kalibers om voor te laai maar ek sal steeds "expert" opinie waardeer. Dit lyk of die geweer, soos alle ander Dashers, wil en kan skiet met die eerste oogopslag.

Eerstens die geweer en komponent inligting voor ek deel wat ek alreeds geskiet het:

Tikka T3X met standaard Tikka Supervarmint barrel
Barrel twist: 1/8
Barrel length: 58.5cm / 23.03"
Brass: Alpha OCD 6mm Dasher brass
Brass trim length: 1.540"
Powder: Varget
Primer: CCI450
Bullet: Berger 105gr Hybrid Target
Round length: 1.760" CBTO / 2.375" COAL (20thou jump CBTO)
Case capacity (H20): 40.19gr
Neck diameter (virgin): 0.266"
Neck diameter (virgin, seated): 0.268"
Neck diameter (fired): 0.272"
Gaan size met 0.265" bushing, dalk 0.001" "spring-back" wat my weer op 0.266" gaan kry

Hier is wat ek reeds gedoen het:

a) Het 10 rondtes gaan skiet met 30.0gr Varget, 1.760" CBTO net om spoed te kry en 'n "spoed faktor" uit te werk. Die foto hier onder van die oranje sticker is die teiken met 10 skote. Dit was ook die eerste 10 skote uit die geweer. Gemiddelde spoed van 2732.1fps

b) Ek het toe 3 x ladders gaan skiet met veskillende "jumps". 10, 20 en 30thou jumps. Ek het met die faktor wat ek in a) hier bo bereken het op 'n spoed van 2850fps uitgekom wat ek wou "target", dit het 31.4gr Varget beteken. Ek het dus toe 3 ladings bo en onder 31.4gr gaan laai in 0.2gr inkremente, m.a.w. 30.8, 31.0, 31.2, 31.4, 31.6, 31.8 en 32.0 ladings elk met 'n 10, 20 en 30thou jump.

Die ladders was geskiet op 300m in 30-grade hitte, tussen 10:00 en 11:00 die oggend met matige wind. Ek heg fotos van die ladders ook aan.

Ek dink dit is redelik duidelik dat 20thou jump die beste gaan werk (net bloot gebasseer op hoe die teiken lyk vs die 10 en 30thou jumps, let wel dit is op 300m). Dus dink ek moet ons die spoed van die 20thou jump mee werk vir kalibrasie. Dit wil blyk of daar rondom 2850fps wel 'n node is. Ek sal wel ook graag wil weet of daar 'n hoër node is iewers (ek het geen druk op 32.0gr ervaar nie) indien ek dit wil gaan toets. Ongeag sal ek 'n QL kalibrasie en node terugvoer waardeer sodat ek dalk kan gaan toets, asseblief.
Spoed met die 20thou jump ladder:

30.8gr = 2816.4
31.0gr = 2833.4
31.2gr = 2845.8
31.4gr = 2867.4
31.6gr = 2856.2
31.8gr = 2878.3
32.0gr = 2888.0

En 30.0gr Varget het 2732.1fps oor 10 rondtes gemiddeld gegee.

Byvoorbaat dankie!
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 6 Dasher lading

Post by tripodmvr »

Hier is die hoogste node (4 1/2) wat ek sou gebruik. Ek het beide GRT en QL gebruik. 31,9 en 31,7gr as lading en spoed van 2877 en 2867 bereken.
AJS14 6Dash VARGET 105Berg GRT.png
AJS14 6Dash VARGET 105Berg QL.png
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
ajs14
Newbie
Newbie
Posts: 42
Joined: Tue Mar 01, 2022 1:59 pm

Re: 6 Dasher lading

Post by ajs14 »

Baie dankie, ek waardeer dit! Dit stem darem ook grootliks ooreen met wat die 20thou ladder wys dink ek.
Hansieslim
Hero Member
Hero Member
Posts: 1373
Joined: Thu Jun 04, 2015 11:06 am

Re: 6 Dasher lading

Post by Hansieslim »

Nee wat. Daai geweer gaan nie skiet nie. Laat weet asb as hy te koop is. Grap net.

Ek hou van jou benadering, rekordhouding en analise.
Dis "nice" dat jy nie druk kry met daai spoed en 23" loop nie.
Ladders gee goeie terugvoer. Persoonlik dink ek net dat jy nog beter terugvoer gaan kry op n effense langer afstand. Net my opinie.
Sterkte en geniet hom.
CZ550 6.5x55, Howa .204, Howa 6.5CMx2, Sabatti 6XC, Mauser .22LR
ajs14
Newbie
Newbie
Posts: 42
Joined: Tue Mar 01, 2022 1:59 pm

Re: 6 Dasher lading

Post by ajs14 »

Dankie! Goeie advies!

Ek bevestig altyd wat ek dink my lading is (wat ek op 100m kry) deur dit ook op 200 tot 500m met groeperings te skiet. So dit is die plan, dankie!
JF123
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 449
Joined: Fri May 17, 2019 5:52 pm

Re: 6 Dasher lading

Post by JF123 »

Die probleem om die Saterlee Ladder vir spoed te gebruik is dat die resultaat gewoonlik nie herhaalbaar is nie.

Wat ondervinding gewys het is dat enige lading het ʼn maksimum, gemiddeld en minimum spoed. ʼn Enkele skoot kan op enige plek val tussen minimum en maksimum. Die wys nie met die Saterlee Leer nie. Skiet genoeg skote dan sal die lyn op die grafiek reguit wees.
ajs14
Newbie
Newbie
Posts: 42
Joined: Tue Mar 01, 2022 1:59 pm

Re: 6 Dasher lading

Post by ajs14 »

Hi almal

Het gaan 5 skoot groeperings skiet vanoggend met die volgende ladings. Wind het nogal gewaai, 12-14mph presies regs na links (3uur na 9uur) maar dink nie dit het my veel gepla nie.

Weet nie heeltemal hoe om oor hierdie te voel of wat om daarvan te maak nie. ES en SD is nou nie ongelooflik goed soos wat ek al van Dashers gesien het nie. Ek weet op 31.4gr beslis het die laaste skoot vinnig op my afgegaan, moontlik dat ek hom getrek het. Selfde het op 31.2gr ook gebeur.

Sal verdere advies/kalibrasie/insette waardeer.

Byvroobaat dankie!


31.0gr
Avg: 2786.6
ES: 16.9
SD: 6

31.2gr
Avg: 2812.8
ES: 24.1
SD: 8.2

31.4gr
Avg: 2824.6
ES: 12.9
SD: 4.7

31.6gr
Avg: 2844.8
ES: 15.6
SD: 6

31.74gr (soos per QL)
Avg: 2857.8
ES: 24.3
SD: 10.5

31.86gr (soos per GRT)
Abvg: 2874.1
ES: 16.3
SD: 5.8
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2940
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: 6 Dasher lading

Post by Lategan1 »

AJS, jy ken Erik Cortina se werkswyse hieromtrent?

Moontlike optimale sweet spot is nie noodwendig kleinste groep nie, maar waar opeenvolgende ladings dieselfde vertikale POI toon. Joune is by die QL-lading. Links en regs van hom se vertikale is dieselfde.

Volgende stap sal na my mening die TPL evaluasie wees, met lading 31.7(4)gr.

Ek weet die wind het gewaai, maar hierdie is ‘n goeie vb. met die akkurate Dasher hoekom 200m groepe duideliker sou gespreek het.

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 6 Dasher lading

Post by tripodmvr »

Ek sou met die 31.7gr lading gaan. Soos die jaar aanloop en die temperatuur daal gaan die spoed moontlik afneem. Nou kan jy afbeweeg tot by die 31.4gr lading se spoed sonder om baie akkuraatheid te verloor.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
ajs14
Newbie
Newbie
Posts: 42
Joined: Tue Mar 01, 2022 1:59 pm

Re: 6 Dasher lading

Post by ajs14 »

Baie dankie almal, waardeer dit!
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 6 Dasher lading

Post by tripodmvr »

Bly jy het so gou reggekom.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
ajs14
Newbie
Newbie
Posts: 42
Joined: Tue Mar 01, 2022 1:59 pm

Re: 6 Dasher lading

Post by ajs14 »

Dagsê

Hoop dit gaan goed! Mag ek dalk so voorbarig wees om weer vir 'n kalibrasie te vra, asseblief?

Ek het intussen oorgeskuif na VV N150 kruit en het baie goeie resultate gekry. Ek het 32gr N150 gelaai en teen 2894fps geskiet met uitstekende akkuraatheid, geen tekens van druk.

Hier rondom 450 skote het die loop weer spoed opgetel (nie 'n "carbon ring" nie, het bevestig) en teen 2920fps begin skiet. Ek het dus toe 0.5gr afgekom na 31.5gr VV N150 en ondergrond/binnehuis weer rondom my 2894fps gekry. Ek het gister 'n kompetisie geskiet in dit was ongeveer 5-7 grade skat ek (vroegoggend) en hier skiet die geweer weer 2911fps gemiddeld oor 10 skote.

As ons dalk kan kalibreer vir die lading op 2911fps waar hy tans skiet sal ek dit waardeer. Weereens geen teken van druk (extractor mark, effek op primers, heavy bolt lift ens).

Al die oorspronklike inligting is steeds dieselfde behalwe die lading en TPL. Ek heg die inligting weer hier onder aan.
Byvoorbaat dankie

Tikka T3X met standaard Tikka Supervarmint barrel
Barrel twist: 1/8
Barrel length: 58.5cm / 23.03"
Brass: Alpha OCD 6mm Dasher brass
Brass trim length: 1.540"
Powder: VV N150
Primer: CCI450
Bullet: Berger 105gr Hybrid Target
Round length: 1.774" CBTO / 2.394" COAL (11thou jump CBTO)
Case capacity (H20): 40.19gr
Neck diameter (virgin): 0.266"
Neck diameter (virgin, seated): 0.268"
Neck diameter (fired): 0.272"
Speed: 2911fps
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 6 Dasher lading

Post by tripodmvr »

Loer na dit wat QL bereken het
AJS14 6Dash N150 105Berger.png
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
ajs14
Newbie
Newbie
Posts: 42
Joined: Tue Mar 01, 2022 1:59 pm

Re: 6 Dasher lading

Post by ajs14 »

Baie dankie. Ek het gedink hy gaan sê daar is druk. Die vreemde ding is ek ervaar egter geen tekens van druk nie.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13509
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: 6 Dasher lading

Post by Capt. Yoda »

Jy skiet uit n 23” loop uit die spoed wat ouens kry in Fklas gewere.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 6 Dasher lading

Post by tripodmvr »

30gr vir 2805vps en druk van 64K psi
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
ajs14
Newbie
Newbie
Posts: 42
Joined: Tue Mar 01, 2022 1:59 pm

Re: 6 Dasher lading

Post by ajs14 »

Dankie julle, waardeer dit.
Post Reply