6mm Musgrave en Mauser slot dop dimensies
-
Manton
- Jr. Member

- Posts: 81
- Joined: Sun May 05, 2024 11:35 am

Goeie dag mense ,
Ek wil bietjie uitvra oor die 6mm Musgrave patroon in n Mauser geweer
Ek weet hoe lyk die patroon / doppie - gebaseer op die ou Britse .303
Ek het wel eens op n tyd een van hierdie gewere wat op die Enfield gebou is geskiet
Ek het noot geweet dan die 6mm Musgrave ook op die Mauser aksie gebou is - selfs deur Musgrave
Hier is die vraag
Die .303 is n rimmed patroon waar die 7.92x57 n rimless styl patroon is - die .303 se rim mate is baie groter as die van die 8mm = 13.72 teen 11.95 / 12.00
Was die Mauser se slot voor ( bolt face ) uitgeboor / groter gemaak - om die 6mm Musgrave dop te laat pas / werk ?
Ek het op my Mauser 30-06 gaan kyk en meet. Ek sien daar is baie spasie - oor die 14mm. Dis eintlik vir my snaaks ?
Wat ek graag wil weet - om die kaliber te verander is dit net nodig om die loop te vervang ?
iaw, Daar hoef nie / Dit is nie nodig nie om .. aan die slot te werk nie ? al is die dop se styl en dimensies so verskillend

Ds J
- Hero Member

- Posts: 2133
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: 6mm Musgrave en Mauser slot dop dimensies
Sover ek weet behoort enige deeglike geweersmid die slot by die nuwe kaliber aan te pas.
-
Manton
- Jr. Member

- Posts: 81
- Joined: Sun May 05, 2024 11:35 am
Re: 6mm Musgrave en Mauser slot dop dimensies
DankieDs J wrote: Tue Jan 13, 2026 12:28 pm Sover ek weet behoort enige deeglike geweersmid die slot by die nuwe kaliber aan te pas.
Maar ek wil weet OF dit eintlik nodig is - of nie ?
My vermoede is dat nie NIE nodig is - maar laat ons van die .. kenners hoor
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2133
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: 6mm Musgrave en Mauser slot dop dimensies
Ek weet ek is n aap, maar ek is darem n ou aapManton wrote: Tue Jan 13, 2026 12:51 pmDankieDs J wrote: Tue Jan 13, 2026 12:28 pm Sover ek weet behoort enige deeglike geweersmid die slot by die nuwe kaliber aan te pas.
Maar ek wil weet OF dit eintlik nodig is - of nie ?
My vermoede is dat nie NIE nodig is - maar laat ons van die .. kenners hoor
Jou oorspronklike vrae lui: "Wat ek graag wil weet - om die kaliber te verander is dit net nodig om die loop te vervang ?
iaw, Daar hoef nie / Dit is nie nodig nie om .. aan die slot te werk nie ? al is die dop se styl en dimensies so verskillend"
Om jou vrae te antwoord:
1. Daar is meer werk as net om die loop te vervang. Die loop self is basies 'n dik stuk staal met n gegroefde gat in. Die loop se profiel moet gesny word, en die kamer moet gesny word, en die kroon moet gesny word, en die skroefdraad van die loop moet gesny word. In sommige gevalle moet selfs die laaibruggie ("ramp") aangepas word by die nuwe kaliber se dimensies.
2. Die uittrekker/klou moet gewoonlik aangepas word omdat die deursnee van die kalibers se uittrekgroef verskil. As hy te styf is kan die veer breek, en as hy te pap is kan die dop in die kamer agterbly.
Die slot se gesig/front het dalk nie werk nodig nie, maar dit hang ook af van die tipe slot waarop die geweer gebou is. Musgrave het verskeie tipes aksies gebuik waarvan die meeste Mauser-tipe was.
-
Manton
- Jr. Member

- Posts: 81
- Joined: Sun May 05, 2024 11:35 am
Re: 6mm Musgrave en Mauser slot dop dimensies
Ou aap is dalk beter as n .. ou hondDs J wrote: Tue Jan 13, 2026 2:07 pmEk weet ek is n aap, maar ek is darem n ou aapManton wrote: Tue Jan 13, 2026 12:51 pmDankieDs J wrote: Tue Jan 13, 2026 12:28 pm Sover ek weet behoort enige deeglike geweersmid die slot by die nuwe kaliber aan te pas.
Maar ek wil weet OF dit eintlik nodig is - of nie ?
My vermoede is dat nie NIE nodig is - maar laat ons van die .. kenners hoor![]()
![]()
Jou oorspronklike vrae lui: "Wat ek graag wil weet - om die kaliber te verander is dit net nodig om die loop te vervang ?
iaw, Daar hoef nie / Dit is nie nodig nie om .. aan die slot te werk nie ? al is die dop se styl en dimensies so verskillend"
Om jou vrae te antwoord:
1. Daar is meer werk as net om die loop te vervang. Die loop self is basies 'n dik stuk staal met n gegroefde gat in. Die loop se profiel moet gesny word, en die kamer moet gesny word, en die kroon moet gesny word, en die skroefdraad van die loop moet gesny word. In sommige gevalle moet selfs die laaibruggie ("ramp") aangepas word by die nuwe kaliber se dimensies.
2. Die uittrekker/klou moet gewoonlik aangepas word omdat die deursnee van die kalibers se uittrekgroef verskil. As hy te styf is kan die veer breek, en as hy te pap is kan die dop in die kamer agterbly.
Die slot se gesig/front het dalk nie werk nodig nie, maar dit hang ook af van die tipe slot waarop die geweer gebou is. Musgrave het verskeie tipes aksies gebuik waarvan die meeste Mauser-tipe was.
Lope is beskikbaar en nie n probleem nie
Ek verstaan daar is nogal baie werk daaraan verbonde
Maar as n slot moet vervang word is dit nogal n groter probleem
Die geweer waarvan gepraat word is wel n Mauser aksie dalk van die ou K98 wat Musgrave in die vroeër jare gebruik het.
Die kwessie .. en vraag bly nog
Kan n geweer met n Mauser aksie wat met 6mm Musgrave kamer gebou is omgeskakel word na gewone / mees gebruikte kalibers soos 7x57 / 6.5x55 / 7.92x57 ens sonder om aan die slot te werk ?
My ondervinding as ek na my Mauser geweer kyk is ja - daar is nogal baie spasie selfs onder die - uittrekker klou ( extractor )
Mauser is NIE n BATMACHINE nie ..
-
Manton
- Jr. Member

- Posts: 81
- Joined: Sun May 05, 2024 11:35 am
Re: 6mm Musgrave en Mauser slot dop dimensies
Nou ja ..
Ek sien waar die "aap" oud geword het
https://www.gunsite.co.za/forums/showth ... version-to
Youth and enthusiasm will always trump age and experience ? of so iets ?
Feit bly soos bo beskryf is -.303 is n donder om voor te herlaai veral met die Enfield aksie Musgrave 6mm die selde
P14 is al gebruik vir die 6mm Musgrave maar hoekom n mooi ou Mauser aksie so .. opdonder ?
Mag n mens se 6mm Musgrave is .. dead and buried ?
Ek sien waar die "aap" oud geword het
https://www.gunsite.co.za/forums/showth ... version-to
Youth and enthusiasm will always trump age and experience ? of so iets ?
Feit bly soos bo beskryf is -.303 is n donder om voor te herlaai veral met die Enfield aksie Musgrave 6mm die selde
P14 is al gebruik vir die 6mm Musgrave maar hoekom n mooi ou Mauser aksie so .. opdonder ?
Mag n mens se 6mm Musgrave is .. dead and buried ?
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2133
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: 6mm Musgrave en Mauser slot dop dimensies
Die aap slaan deur - ek verstaan nou eers die eerste vraag behoorlik! Jy het reeds n 6mm Musgrave wat op n K98-aksie gebou is, en nou oorweeg jy om hom te verander, nie waar nie?Manton wrote: Tue Jan 13, 2026 4:02 pm
Feit bly soos bo beskryf is -.303 is n donder om voor te herlaai veral met die Enfield aksie Musgrave 6mm die selfde
P14 is al gebruik vir die 6mm Musgrave maar hoekom n mooi ou Mauser aksie so .. opdonder ?
Mag n mens sê 6mm Musgrave is .. dead and buried ?
Maar as n slot moet vervang word is dit nogal n groter probleem
Die geweer waarvan gepraat word is wel n Mauser aksie dalk van die ou K98 wat Musgrave in die vroeër jare gebruik het.
Die kwessie .. en vraag bly nog:
Kan n geweer met n Mauser aksie wat met 6mm Musgrave kamer gebou is omgeskakel word na gewone / mees gebruikte kalibers soos 7x57 / 6.5x55 / 7.92x57 ens sonder om aan die slot te werk ?
My ondervinding as ek na my Mauser geweer kyk is ja - daar is nogal baie spasie selfs onder die - uittrekker klou ( extractor )
Mauser is NIE n BATMACHINE nie ..![]()
![]()
![]()
Hier is verskeie sake ter sprake:
1. Die K98-aksies is weens kommersiële redes gebruik: hulle was beskikbaar en daar was n mark vir 6mm's.
2. Jy behoort êrens n gebruikte slot in die hande te kan kry - daarvan is ek seker.
3. Ja en nee - nie noodwendig heeltemal "dead and buried" nie - het jy al oorweeg om hom te Epps of Ackley? Dit sal dalk n stoutigheid afgee! Dan het jy meer dopspasie as n 243 Win, en met die Mauser-aksie het jy nie probleme dat doppe vinnig kraak nie. As die loop hou sal jy dalk nog n hele paar skote teen n gawe spoed deur hom kan jaag.
4. As die uittrekker se klou by altwee jou gewere identies is, behoort jy maklik n geweer met dieselfde deursnee as die 30-06 te kan bou. Dit sou beteken dat die Mauser se oorspronklike klou nooit verander is toe die 6mm Musgrave gebou is nie.
Last edited by Ds J on Tue Jan 13, 2026 5:40 pm, edited 1 time in total.
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2133
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
- Ferdi Bam
- Sr. Member

- Posts: 357
- Joined: Fri Mar 08, 2013 8:40 am
Re: 6mm Musgrave en Mauser slot dop dimensies
Hi Almal,
Ek het n .303Br gebou op n Mauser K98 aksie. Daar was n paar groeipyne met die bou vd geweer. Gelukkig het n sinvolle geweersmid my behoeftes verstaan en ons was deurgans op dieselfde bladsy. Vandag is ek geensins spyt nie. Ek het nie begrip vir jou stelling " hoekom n .303Br/6mm Musgrave op n Mausetaksie" nie. Om vir n 303Br gebou op n Mauseaksie te herlaai is eintlik baie eenvoudig. Om akurate ladings te kry net so eenvoudig. Met s335 en s341. Jy kan regtig van n 125gr koeël tot 215gr koeël met gemak gebruik, sonder sukkel.
Vorige plasings het uitgelaat om te noem dat met n .303Br dop of dan n 6mm Musgrave dop daar ook aan die magasynkas gewerk moet word. Die dop is "getaper" en dus moet die magasyn aangepas word om die "tapered" dop te voer. Die boltface is ook nie dieselfde nie en so ook nie die extractor nie. Daar is n tegniese verklaring hiervoor. My geweer sal n nuwe slot benodig as ek n ander kaliber wil bou op dieselfde aksie. Sal dalk kan wegkom met n 45-70 Govt.
Ek dink tog dat die 6mm Musgrave ook goed sou presteer. As n 303Br dop in n K98 aksie kan presteer hoekom nie n 6mm Musgrave nie. Gaan steek kers op by n kundige geweersmid wat n liefde vir die saak het en nog "old school" is. Soek maar jy sal een kry.
Groete
Ferdi Bam.

Oë op die pad, hande op die stuur, FOKUS!
-
Manton
- Jr. Member

- Posts: 81
- Joined: Sun May 05, 2024 11:35 am
Re: 6mm Musgrave en Mauser slot dop dimensies
Dagse FerdiFerdi Bam wrote: Tue Jan 13, 2026 7:41 pm Hi Almal,

Ek sal op U stellings probeer antwoord
.303Br is nie n gewilde patroon nie - ( 7.7x56mmR ) so ver ek weet sukkel mens om herlaai goed in die hande te kry .303 koppe ( bullets ) is n dimensie op sy eie
.311 inches / 7.92mm
6mm Musgrave selfs moeilike om doppe in die hande te kry - jy kan lees hoe die ouens sukkel
Dit is soos die - Belted Magnums - twee plekke om - headspace te stel / meet - op die belt sowel as die skouer / op die rim sowel as die skouer
Maak herlaai bietjie meer ingewikkeld
Ek hoe van goed wat pas volgens geskiedenis
Europese patrone in Europese gemaakte gewere die wat in mm gemeet word .. 5.56 / 6 / 6.5 / 7 / 8 / 9.3 ens
Engelse goed is maar skaars .. behalwe vir die 275 Rigby - eintlik 7x57 Mauser en die GROOT Kalibers - al die ander goed is Amerikaans
Mens kan amper se dat om .303Br in n Mauser te laat pas is amper om "hensopper" te wees
Veranderings aan die die magasynkas en slot "boltface" ek sal hieroor met n geweersmid moet gaan gesels
Intussen sal ek n paar 303 doppe gaan opspoor en kyk hoe hulle by my 30-06 slot inpas sowel as die magasynkas
Natuurlik sal ek dit nie .. ge-chamber kry nie maar dit sal n interessante oefening wees
-
Manton
- Jr. Member

- Posts: 81
- Joined: Sun May 05, 2024 11:35 am
Re: 6mm Musgrave en Mauser slot dop dimensies
Nee nog nie -- maar ek beoogDs J wrote: Tue Jan 13, 2026 5:23 pm Die aap slaan deur - ek verstaan nou eers die eerste vraag behoorlik! Jy het reeds n 6mm Musgrave wat op n K98-aksie gebou is, en nou oorweeg jy om hom te verander, nie waar nie?
Hier is verskeie sake ter sprake:
2. Jy behoort êrens n gebruikte slot in die hande te kan kry - daarvan is ek seker.
4. As die uittrekker se klou by altwee jou gewere identies is, behoort jy maklik n geweer met dieselfde deursnee as die 30-06 te kan bou. Dit sou beteken dat die Mauser se oorspronklike klou nooit verander is toe die 6mm Musgrave gebou is nie.
Punt #2
Miskien - MAAR- wat gaan die SAPS se ? Alle parte / onderdele moet n nommer op hê
Sal n mens eers toestemming daarvoor moet gaan vra ?
Hoe lank sal sulke toestemming neem - as dit wel gegee gaan word ?
Punt#4
die Mauser se oorspronklike klou nooit verander is toe die 6mm Musgrave gebou is nie.
Die "ou aap" is nogal wys - en skerp
"The million dollar question"
Dit sal ek nou moet gaan probeer uitvind
- Ferdi Bam
- Sr. Member

- Posts: 357
- Joined: Fri Mar 08, 2013 8:40 am
Re: 6mm Musgrave en Mauser slot dop dimensies
Manton,
Daar gaan 2 fotos geplaas word van 1) n Mauser slot se boltface en extractor wat gemasjineer is om n .303Br se dop te vat en 2) hoe n 308W en of verwante doppe sal lyk op die boltface. Jy kan jou eie afleidings en besluite maak.
Die .303Br se komponente mag dalk vandag skaarser wees maar steeds beskikbaar teen n prys. Maar wat is goedkoop vandag? Ek moet darem toegee dat 6mm Musgrave skaarser is en moeilik is om te kry. Koeëls is egter nie n probleem nie.
Daar is egter alternatiewe soos fireforming ens, dit hang maar van jouself af wat jy wil doen.
Sonder om n onderwerp holrug te ry bly n 303Br nie n moeilike kaliber om voor te herlaai nie. Die paar ouens met 6mm Musgraves wat ek ken sukkel ook nie te veel nie. Die groot issue bly maar doppe.

- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: 6mm Musgrave en Mauser slot dop dimensies
Hiermee die fotos. Om by die onderwerp aan te sluit. Ek het 'n P14 303 laat ombou na 7x64. Daar is aan die slotkop gesweis om die uittrekker te laat haak aan die kleiner deursnee doprand. Dit werk heel effektief en het nog nie gesukkel om doppe uit te kry nie.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Manton
- Jr. Member

- Posts: 81
- Joined: Sun May 05, 2024 11:35 am
Re: 6mm Musgrave en Mauser slot dop dimensies
Baie dankie
Mooi fotos
Met my 30-06 lyk die slotkop net so - MAAR - daar is nie aan dit gesweis nie - om die deursnee kleiner te maak
En dit werk nog lekker
30-06 en 7 x 64mm se kop dimensies amper die selfde
As ek die foto reg ontleed ...
Al wat joune doen is om die dop meer sentraal op die slotdop te oriënteer sodat die slagpen dit beter meer akkuraat kan slaan ?

As ek dit nie mis het nie ..Fotos wys RIMLESS 7x64 Brenneke patroon ?Ferdi Bam wrote: Wed Jan 14, 2026 5:55 pm Daar gaan 2 fotos geplaas word van 1) n Mauser slot se boltface en extractor wat gemasjineer is om n .303Br se dop te vat en 2) hoe n 308W en of verwante doppe sal lyk op die boltface. Jy kan jou eie afleidings en besluite maak.
Op n P14 aksie -- ook n kopie van die oorspronklike Mauser en n beter keuse vir jou 303 as die ware oorspronklike Duitse Mauser
Afgesien daarvan die groot probleem is die patroon kasie wat moet verander word- blykbaar n moeilike taak
Persoon by geweer winkel het gebel en met ou afgetrede geweersmid gepraat
Volgens hom het hy eens op n tyd n Mauser aksie gesien wat .303 patroon vat en wat blykbaar van die Mauser fabriek so gemaak is ?
Is amper seker wat hy gesein het was die ..
SIAMESE Mauser
https://en.wikipedia.org/wiki/Siamese_M ... tyle_rifle
Siamese 8mm ammunition
https://forum.cartridgecollectors.org/t ... ition/7671
Nou DIT is die Mauser aksie wat jy moes gekry het - alles is al amper klaar uitgewerk - vir n RIMMED patroon
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: 6mm Musgrave en Mauser slot dop dimensies
Ferdie se fotos is van 'n 303 Mauser slotkop en toon 'n 308 dop daarop.
Die P14 Mauseraksie is spesifiek vir die 303 ontwerp. My geweer se loop was moeg en ek wou graag 'n 7x64 hê. 'n Geweersmidvriend het dit toe vir my gebou.
Die P14 Mauseraksie is spesifiek vir die 303 ontwerp. My geweer se loop was moeg en ek wou graag 'n 7x64 hê. 'n Geweersmidvriend het dit toe vir my gebou.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Ferdi Bam
- Sr. Member

- Posts: 357
- Joined: Fri Mar 08, 2013 8:40 am
Re: 6mm Musgrave en Mauser slot dop dimensies
Manton,
Dit is soos Marius daar sê, n 308W Lapua dop wat ek op die slotkop geplaas het ter illustrasie.
Tydens die beplanning vd geweer het ons n Rigby in 303Br as voorbeeld en ook n boek met skematiese illustrasies om vanaf te werk. Een van ons grootste uitdagings was die dop uittrekker en die eerste een wat gemaak is het nie lank gehou nie ten spyte van my aanbevelings. Nietmin die 2e een hou noual vir die afgelope 26 jaar.
Miskien eendag sal ek die storie vd die geweer vertel, n gedagte wat in 1990 in die Kruitvat destyds nog in Linden posgevat het.
Groete
Ferdi Bam
Dit is soos Marius daar sê, n 308W Lapua dop wat ek op die slotkop geplaas het ter illustrasie.
Tydens die beplanning vd geweer het ons n Rigby in 303Br as voorbeeld en ook n boek met skematiese illustrasies om vanaf te werk. Een van ons grootste uitdagings was die dop uittrekker en die eerste een wat gemaak is het nie lank gehou nie ten spyte van my aanbevelings. Nietmin die 2e een hou noual vir die afgelope 26 jaar.
Miskien eendag sal ek die storie vd die geweer vertel, n gedagte wat in 1990 in die Kruitvat destyds nog in Linden posgevat het.
Groete
Ferdi Bam
Oë op die pad, hande op die stuur, FOKUS!
-
Manton
- Jr. Member

- Posts: 81
- Joined: Sun May 05, 2024 11:35 am
Re: 6mm Musgrave en Mauser slot dop dimensies
Dankie vir die verdere verduidelikingFerdi Bam wrote: Thu Jan 15, 2026 7:15 pm Manton,
Miskien eendag sal ek die storie vd die geweer vertel, n gedagte wat in 1990 in die Kruitvat destyds nog in Linden posgevat het.
Groete
Ferdi Bam
Wat van n foto met n 303 dop op die slotkop - om die verskil uit te toon ?
Die storie van die geweer ..Ek sien daarna uit