Afsterwe van n lid
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7559
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Afsterwe van n lid
Goeie more mede Jaracallers.
Dit is met n baie swaar hart dat ons van Dewald van der Walt aka Pappabeer afskeid neem. Hy is gister oorlede. Ons absolute medelye gaan uit na sy familie en vriende en ons bid dat hulle vertroosting en berusting in ons Almagtige God sal vind.
Dewie ons sal jou mis en die leemte wat jy in ons lewens los sal baie moeilik gevul word.

- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2956
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: Afsterwe van n lid
Sjoe dis hartseer. Innige simpatie aan sy naasbestaandes.
Ons het ‘n spesifieke belangstelling in BRNO en 8x60S gedeel.
Hy het wonderlike kennis gehad, ‘n man uit een stuk.
Beste.
Ons het ‘n spesifieke belangstelling in BRNO en 8x60S gedeel.
Hy het wonderlike kennis gehad, ‘n man uit een stuk.
Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 
-
ThinusS
- Sr. Member

- Posts: 317
- Joined: Sun Jul 17, 2011 10:00 am
Re: Afsterwe van n lid
Hartseer nuus. Innige simpatie aan sy familie.
- Geno
- Administrator

- Posts: 13645
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Afsterwe van n lid
Baie hartseer nuus om te ontvang!
Sterkte aan sy mense. Ook aan Jaco, sy broer wat ook hier op die forum is.
Dok Dewald was 'n yster, en het ek baie lekker herinneringe van hom. Ek gaan sy droee humorsin en reguit styl van praat baie mis.

Goed, beter, 6millimeter!
- Ratel
- Hero Member

- Posts: 1879
- Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13583
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Afsterwe van n lid
Lekker jag daar bo op die groot vlaktes Docca, baie slegte nuus
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Afsterwe van n lid
Sy naam is nou die minste wat ek sou verwag het. 'n Baie groot skok vir my. Sy gemoedelike manier van kommunikasie het my opgeval. Sy familie en vriende is in ons gebede.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Jaco vdW
- Hero Member

- Posts: 698
- Joined: Wed Mar 27, 2013 3:12 pm
Re: Afsterwe van n lid
Dankie vir die plasing Wouter.Wouter Roets wrote: Wed Feb 11, 2026 9:58 am Goeie more mede Jaracallers.
Dit is met n baie swaar hart dat ons van Dewald van der Walt aka Pappabeer afskeid neem. Hy is gister oorlede. Ons absolute medelye gaan uit na sy familie en vriende en ons bid dat hulle vertroosting en berusting in ons Almagtige God sal vind.
Dewie ons sal jou mis en die leemte wat jy in ons lewens los sal baie moeilik gevul word.
Ons almal sukkel nog om tot verhaal te kom op die stadium.
Ek berus my daarby dat ons nog Maandagaand 'n goeie gesprek gehad het, en dat Dewald soveel goed reeds gedoen het waaroor ek, en seker baie ander van ons nog net praat of oor droom.
Hy het voluit gelewe, meestal reg op die onkantlyn!
- saswart
- Sr. Member

- Posts: 485
- Joined: Wed Mar 07, 2018 2:44 pm
Re: Afsterwe van n lid
Ag nee, die is groot skok! Sterkte aan sy familie en naby vriende!
Hy was altyd beskikbaar om te gesels oor telefoon sy (ons passie), hy het altyd lekker gesels veral oor sy Brno (ander gewere) versameling, wat hy meeste van ons (my definitief) inspireer het om self te versamel.

- Toyrsi
- Hero Member

- Posts: 1000
- Joined: Fri Jul 03, 2015 5:29 pm
Re: Afsterwe van n lid
Baie harstseer nuus.
RIV
RIV
YOU WEREN'T BORN TO JUST PAY BILLS AND DIE!
Jacques Esterhuyzen
Jacques Esterhuyzen
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6973
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: Afsterwe van n lid
Aggenee....
Ai ou Dewald. Gaan jou mis
Ai ou Dewald. Gaan jou mis
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5023
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: Afsterwe van n lid
Dis nou skokkende nuus bid vir vrede vir sy mense deur die moeilike tyd.
- TFDADD
- Hero Member

- Posts: 1266
- Joined: Mon Nov 14, 2016 8:42 am
Re: Afsterwe van n lid
Hierdie was die laaste Jaracal plasing van Dewald.Re: Sleepwaentjie Pretoria na Graaff Reinet
Unread post by Pappabeer » 07 Feb 2026 21:01
Danie as jy tot mid Maart kan wag laai ek kliente af op OR Tambo en ry dan Ooskaap toe met n nuwe groep, maar nou is ek besig om brood op die tafel te sit die komende week
So baie wat hy nog wou doen.
Innige simpatie aan sy familie in hierdie moeilike tyd.
SY vrede bid ons oor julle toe.
"Facts are stubborn things; and whatever may be our wishes, our inclinations, or the dictates of our passion,
they cannot alter the state of facts and evidence. ~ John Adams.
We are honest, trustworthy and reliable.
they cannot alter the state of facts and evidence. ~ John Adams.
We are honest, trustworthy and reliable.
- tau
- Hero Member

- Posts: 3961
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: Afsterwe van n lid
Ai Jaco baie jammer vir julle verlies. Ek is baie bly julle kon nog lekker chat.Jaco vdW wrote: Wed Feb 11, 2026 10:54 am Dankie vir die plasing Wouter.
Ons almal sukkel nog om tot verhaal te kom op die stadium.
Ek berus my daarby dat ons nog Maandagaand 'n goeie gesprek gehad het, en dat Dewald soveel goed reeds gedoen het waaroor ek, en seker baie ander van ons nog net praat of oor droom.
Hy het voluit gelewe, meestal reg op die onkantlyn!
Ai Dok wie gaan my nou op die snaakste tye vra oor .222 dinge? Moes laasweek weer vir hom foto's van myne stuur en Vrydag het hy my gas gegee oor die Rihamaki wat ek nie kon vasmaak vir hom nie.
Altyd reg om te help en raad te gee en vir 'n lang gesprek wat hy begin en dan in die middel van sy strorie stop hy en sê hy kan nie nou verder gesels nie, want hy is besig.
My tralies op my nuwe cruiser al die pad vanaf Ladismith Natal wat hy met soveel moeite gekry het en die recoil pad op my .375 Ruger sal my altyd aan Dok laat dink.
Rus sag Dok.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
- tau
- Hero Member

- Posts: 3961
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: Afsterwe van n lid
dubbel plasing
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7559
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Afsterwe van n lid
Hallo JacoJaco vdW wrote: Wed Feb 11, 2026 10:54 amDankie vir die plasing Wouter.Wouter Roets wrote: Wed Feb 11, 2026 9:58 am Goeie more mede Jaracallers.
Dit is met n baie swaar hart dat ons van Dewald van der Walt aka Pappabeer afskeid neem. Hy is gister oorlede. Ons absolute medelye gaan uit na sy familie en vriende en ons bid dat hulle vertroosting en berusting in ons Almagtige God sal vind.
Dewie ons sal jou mis en die leemte wat jy in ons lewens los sal baie moeilik gevul word.
Ons almal sukkel nog om tot verhaal te kom op die stadium.
Ek berus my daarby dat ons nog Maandagaand 'n goeie gesprek gehad het, en dat Dewald soveel goed reeds gedoen het waaroor ek, en seker baie ander van ons nog net praat of oor droom.
Hy het voluit gelewe, meestal reg op die onkantlyn!
Ek kom nou eers met n skok agter Dewie was jou broer. Jaco ons innige, innige simpatie vir julle enorme verlies. My hart en ek glo soveel ander hier om die kampvuur bloei vir julle in hierdie tragiese tyd. Daar is eintlik nie woorde nie...
-
Bennie Bester
- Sr. Member

- Posts: 339
- Joined: Thu Dec 31, 2015 11:36 am
Re: Afsterwe van n lid
Dit is met skok dat ek nou hierdie berig lees. Ek het 5 min. gelede nog vir hom n WA gestuur. Hy sal my maar daar van Ewige Jagvelde af moet antwoord.
Hy wou my nog help om n kameelperdbul in die hande te kry. Dit was my eerste kontak met hom en ons het uiteindelik 1h47m op foon gesels!
RIV . My hart gaan uit na die familie.
Sterkte!
Hy wou my nog help om n kameelperdbul in die hande te kry. Dit was my eerste kontak met hom en ons het uiteindelik 1h47m op foon gesels!
RIV . My hart gaan uit na die familie.
Sterkte!
9mmP , 12Br , 22LR, 22-250, 6mmPPC , 243W , 257 Rob, 270W, 7x64 , 308W, 3006 , 8x68S, 6.5/284, 300 WSM, 375 H&H Mag, 223Rem, 6.5X57, 338 WM, 204Ruger, 6.5Creedmoor, 9.3x62, 7mm RM, 25-06, 6XC
In a democracy a minority has no say.
Bennie Bester 1994
In a democracy a minority has no say.
Bennie Bester 1994
- snakker
- Hero Member

- Posts: 1396
- Joined: Sun Jul 12, 2015 7:28 am
Re: Afsterwe van n lid
Baie sterkte, Jaco - aan jou en die familie. Was 'n groot gees hier op Jaracal gewees
RIV Pappabeer
Sent from my 23090RA98G using Tapatalk
RIV Pappabeer
Sent from my 23090RA98G using Tapatalk
- Fanta300
- Hero Member

- Posts: 3627
- Joined: Wed Jan 23, 2013 9:38 pm
Re: Afsterwe van n lid
Baie slegte nuus.
Sterkte vir die familie
Sterkte vir die familie
Lynx 300WM, Musgrave .308 Plank , BSA .303, Stevens .22, Howa .308, Musgrave .308, S&W.38 Sp, Beretta .22 Pistool, Shadow12Br Semi., BRNO 375 H&H. CZ 75 Compact, BRNO (Mod 2) .22, BRNO ZKK 270Win, CZ 243W.
- sako 30-06
- Hero Member

- Posts: 1987
- Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm
Re: Afsterwe van n lid
Nee man, dis regtig baie slegte nuus, verseker nie wat ek verwag het toe ek die draad oopgemaak het nie.
So so jammer om te hoor, hy was darem maar altyd bereid om te help en om lekker te gesels.
Te danke aan hom het my vrou vinnig herstel van bolsuiskoors toe die Dr's gesloer het met die bloedtoetse, was dit nie vir hom nie kon dinge nou anders gewees het.
Jaco sterkte vir jou en jou familie, ons hoop en bid dat julle berusting sal vind dat hy voorwaar " 1 in a million was".

- Flip Nel
- Hero Member

- Posts: 2485
- Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm
Re: Afsterwe van n lid
Baie jammer om te hoor, dis dam baie slegte nuus.
Sterkte aan sy mense
Sterkte aan sy mense
-
savage(P Coetzer)
- Hero Member

- Posts: 973
- Joined: Mon Sep 10, 2012 3:34 pm
Re: Afsterwe van n lid
Ai dis tragies.
My pa het altyd gesê dood het nie n volgorde nie.
Sterkte aan sy familie en vriende
My pa het altyd gesê dood het nie n volgorde nie.
Sterkte aan sy familie en vriende
-
Jaco Bezuidenhout
- Sr. Member

- Posts: 293
- Joined: Tue Dec 09, 2008 1:39 pm
Re: Afsterwe van n lid
Baie sterkte aan sy familie en vriende. Het self n paar keer lekker met hom gesels
Hy was n goeie mens
Riv
Hy was n goeie mens
Riv
- Pvdw
- Hero Member

- Posts: 5134
- Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
Re: Afsterwe van n lid
No way!!! Vir Dewald het ek jare terug leer ken toe ek opsoek was na 'n .38 S&W herlaai die set. Op die einde van die dag koop ek nie net dit nie maar paar 1000 9mm Josyd lood koeëls, doppe, en paar ander los herlaai items wat hy alles in 'n kluis pak wat ek ook gekoop het. Hy stuur toe die hele pakkie op na 'n depo waar sy broer werk alles gratis en verniet. Needless to say die manne het geknor om daai "pakkie op my bakkie te laai."
Het hom later toe hier raak gelees en vêrder gekuier. Hy het sekerlik 1 van die rustigste maniere van praat gehad en het nooit haastig geklink nie.
Het meer as 1 x sommer mediese foon diagnose vir goed by hom gekry.
Gaan virseker sy insette hier mis.

- Gian_dP
- Hero Member

- Posts: 1618
- Joined: Thu Mar 06, 2014 9:43 pm
Re: Afsterwe van n lid
Ai tog! Dit is nou bitter slegte nuus. Innige simpatie aan sy familie.
Sent from my SM-S921B using Tapatalk
Sent from my SM-S921B using Tapatalk
_____________________
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308