Begin 303 herlaai
-
HJA
- Sr. Member

- Posts: 329
- Joined: Tue Jul 17, 2012 10:12 am
Begin 303 herlaai
Goeie dag,
Ek wil graag my 303 begin herlaai.
Sal waardeer as julle my kan help met die volgende :
Beste krruit vir 140gr Kriek punte.
Slagdop - Standard...?
Ek het n FL dies stel. Hoe om te stel om net aan die nek te werk.
S&B doppe.
Enige ander tips wat sal help.
Baie dankie
Henk

- Armand Steenkamp
- Hero Member

- Posts: 3527
- Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am
Re: Begin 303 herlaai
Ek sou se S335 gaan n baie goeie kruit wees. As jy n 24duim loop het gaan S341 ook baie lekker werk.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Begin 303 herlaai
QL wys na S321 dopvulling 90% teen druk van 48K psi
S341 dopvulling 95% teen selfde druk.
S321 wen so 15vps.
S341 dopvulling 95% teen selfde druk.
S321 wen so 15vps.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Philip J
- Hero Member

- Posts: 925
- Joined: Fri Mar 14, 2014 8:58 pm
Re: Begin 303 herlaai
Henk,
Kry vir jou n Lee Collet Necksizer.
Die 303 se doppe en Full Sizing werk glad nie saam nie. Ek kon dit nie regkry om die FL so te stel dat dit die nekke genoegsaam krimp, sonder om die dop laer af ook te krimp nie.

Groetnis
Philip
Philip
-
AgroDuck
- Newbie

- Posts: 26
- Joined: Mon Mar 31, 2025 7:30 am
Re: Begin 303 herlaai
My ondervinding is dat 303 meer geheimsinnig is as die ligging van n seerower se skat...
Elke man se geweer, dop, koeël en kruit resep werk anders. Jy mag dalk meer opsies hoor as wat daar produkte in Checkers is...
Op daai grappie afgesluit - het al gehoor dat S&B se brass nie te wat wonderse leeftyd gee nie (4-5 laaie teenoor 8-10). Hierdie is maar hoorsê so vat asseblief met n graaf sout.
Selde gaan oor sizing. Party glo net in FL en ander is holderstebolder slegs neksizing en niks anders nie. Hier gaan die koeël krimp saak hand aan hand. Sal voorstel jy vat n proses wat vir JOU werk en gaan van daar.
Ek weet dat Somchem redelik baie het oor S335 en S341, maar daar is ouens wat geluk jet met S350's ook.
My persoonlike Kettie doen redelik goed met PPU-doppe, std LR primer, S335, full size met n redelike krimp, MAAR hy soek laaang koeëls.
Geniet die reis wat die Kettie jou op vat, dis n lekker roller-coaster hehehehehe
Sent from my SM-A566B using Tapatalk

- Ferdi Bam
- Sr. Member

- Posts: 357
- Joined: Fri Mar 08, 2013 8:40 am
Re: Begin 303 herlaai
Hi Almal,
Sonder om die onderwerp te "highjack" kan ek vra hoekom krimp julle die doppe se nek met die plasing vd koeël? Of verstaan ek verkeerd! Is dit omdat dit n monolitiese koeël is? Ek het baie jare gelede n pakkie van 50 Steward koeëls gekoop. Daar is vooraf deur oom Ken Steward verduidelik omdat sy 215gr koeël n premium koeël is en ook hard is hy die koeël "kleiner" maak. My 215gr Claw, Rhino en Woodleigh koeëls het nie n krimp nodig gehad nie en so ook die 174gr PMP, Hornady en 180gr S&B. Ek gebruik PMP, Higland en Remington doppe en n PMP slagdop. Soms n CCI 250. Kruit is s335 en s341. Die 180gr Remington patrone wat ek geskiet het was ook nie op die oog af gekrimp nie. Ek is net nuuskierig!
Groete
Ferdi Bam

Oë op die pad, hande op die stuur, FOKUS!
- Ratel
- Hero Member

- Posts: 1868
- Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm
Re: Begin 303 herlaai
Preisies hierdie. Jou doppe gaan baie langer hou. 303 het 'n manier om bokant die rim te kraak agv brassflow. Ek laai 335 en my kettie wat se loop nog heel skaflik is loop mooi. Niks fout met S&B doppe nie. Lekker kaliber om voor te laai.Philip J wrote: Thu Feb 19, 2026 5:45 pm Henk,
Kry vir jou n Lee Collet Necksizer.
Die 303 se doppe en Full Sizing werk glad nie saam nie. Ek kon dit nie regkry om die FL so te stel dat dit die nekke genoegsaam krimp, sonder om die dop laer af ook te krimp nie.
Maak 'n verskil
-
JF123
- Sr. Member

- Posts: 449
- Joined: Fri May 17, 2019 5:52 pm
Re: Begin 303 herlaai
Ek het altyd S355 verkies. Met my oorgrote kamer moes ek maar neck-size. Deur te FL size het my doppe, ongeag die fabrikaat, 3 laaie gehou. Ek was ook die eerste persoon waarvan ek weet wat rubber o-rings gebruik het op die eerste skiet om nuwe doppe te fire-form.
Premium koeëls soos die Sierra 174gr het nie die krimp groef nie en skiet baie lekker daarsonder. Met PMP 174gr FMJ was die akuraatheid en spoed baie beter gewees deur te krimp in die groef in. Dit is net baie belangrik dat die doppe almal ewelank moet wees.

- swc-tr
- Hero Member

- Posts: 1516
- Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm
Re: Begin 303 herlaai
Goeiemore aan al die .303 skieters en herlaaiers.
DAAR IS GEEN GEHEIME mbt die herlaai van .303 patrone nie!!!
Gebruik die volgende raad, OF NIE! (Dit geld vir alle kalibers, selfs ook die belted magnums wat soortgelyke "probleem" het.)
Die belangrike feit om te onthou en toe te pas: HOU DIE KOP VAN DIE DOPPIE TEEN DIE GRENDELGESIG TEN ALLE TYE, veral met die eerste skoot wat die dop geskiet word, fabriekspatrone of herlaaide patrone ingesluit.
Wanneer die kop van die doppie teen die grendelgesig vasgehou word, kan die sagte en dunner skouer gedeelte van die dop vorentoe vloei om die kamer dimensies aan te neem, dis een van die redes waarom doppe se skouers en nekke dunner is as die wande en kop van die dop. So 'n gevuurde dop is nou "fireformed" tot die kamer dimensies, tydens die maatdruk (sizing) operasie, moet die gevormde doppe se skouers nie oormaatig terug gedruk word nie, die "rule of thumb" van so .002" geld hier. Maak nie nou saak watter tipe maatdruk (FL sizing, neck sizing of partial sizing) gedoen word nie, moet net nie die skouers oormatig terug druk nie.
Die verskil tussen die proses, om die kop van die doppie teen die grendelgesig te hou, en om net 'n patroon normaalweg te skiet is die volgende: militere .303 kamers is gesny met "groot" vryruimte aan die voorkant van die kamer, sodat patrone onder operasionele omstandighede (wat modder, sand of sneeu kan insluit) betroubaar sal pas en vuur. In die situasie, druk die slagpen die dop so ver vorentoe as wat die kamer dimensies dit toelaat, totdat die skouers van die dop vasdruk, dan ontsteek die slagdop en dryfmiddel. Maw, die kop van die doppie is nou "ver" weg van die grendelgesig (groot kopspasie), tydens die vuurproses klou die skouers en nek wande van die doppies aan die kamer vas, en die kop en rompwande rek nou agtertoe tot teen die grendelgesig, wat die rompwande rek en verswak, met herhaling lei dit tot dopseperasies, en sodoende kry die kaliber 'n "slegte" naam.
Daar is verskeie maniere om die kop van die doppie teen die grendelgesig vas te hou vir daardie allerbelangrike eerste skoot, voorbeelde is o-rings of nylon tou onder die rand van die dop te plaas, of met herlaaide doppe, die patroonpunt/koeel lank genoeg te laai sodat dit teen die loopgroewe vasdruk en verhoed dat die doppie nie vorentoe kan beweeg nie.
Wanneer die proses gebruik word, hou alle fabrikaat doppe baie lank, en dan is die herlaai proses niks anders as enige ander kaliber nie.
"PROBLEEM" OPGELOS.

Dis 6" agter die kolf wat tel!
"A fool with a tool, is still a fool."
"A fool with a tool, is still a fool."
-
Toxxyc
- Hero Member

- Posts: 1343
- Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am
Re: Begin 303 herlaai
Ek is een van die manne met 'n .303 wat 'n headspace probleem het. Die eerste skoot skiet mooi, maar as ek die dop herlaai, met die tweede skoot (partykeer met die 3de skoot as ek gelukkig is), breek die dop skoon af, 1cm van die kop af. Perfekte breuk, asof hy met 'n masjien gesny word.
Ek het al probeer headsize, ens ens ens maar ek moet eerlik sê die oefening het so duur geword dat ek 'n ander geweer gaan koop het. Die necksizing opsie werk ook net vir so lank - in my geweer het dit die dop so 3 of 4 skote laat hou, waarna hy sukkel om te extract na 'n skoot. Dan MOET hy vollengte gesize word, en dan breek hy (presies waar die FL sizing die stop).
Dit, gepaard met die feit dat die geweer swaar is, akkuraatheid is so-so, parte/punte/ens. is skaars, was vir my net nie die moeite werd nie.

- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2940
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: Begin 303 herlaai
Soos SWC verduidelik, hiermee die hele omvattende weergawe met prentjies!
Beste.
http://dave2.freeshell.org/smle/smle88/smle88.htm

Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 
-
Toxxyc
- Hero Member

- Posts: 1343
- Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am
Re: Begin 303 herlaai
Stop. Wag. Pause.
Kan ek my doppe in my 303 korrek laat fireform as ek net 'n o-ring oor die dop trek wanneer ek die eerste skoot skiet? Dat die dop teen die bolt face sit? Die doppe sal dan lank genoeg wees om teen die bolt face te stop, korrek?
Kan ek my doppe in my 303 korrek laat fireform as ek net 'n o-ring oor die dop trek wanneer ek die eerste skoot skiet? Dat die dop teen die bolt face sit? Die doppe sal dan lank genoeg wees om teen die bolt face te stop, korrek?
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2940
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: Begin 303 herlaai
Jy lees reg, “o-ring oortrek” is wat ontbreek het by die vorige verduideliking, duidelikheidshalwe.
Ek ook hierdeur, het destyds hierop afgekom en liaseer. Tegnies, uitstekend en lank, maar die wat wil leer moet wil lees!
Beste.
Ek ook hierdeur, het destyds hierop afgekom en liaseer. Tegnies, uitstekend en lank, maar die wat wil leer moet wil lees!
Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 
-
Toxxyc
- Hero Member

- Posts: 1343
- Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am
Re: Begin 303 herlaai
Maggies. Maak my eintlik lus om my 303 bietjie af te stof en weer te begin skiet met hom!
-
Toxxyc
- Hero Member

- Posts: 1343
- Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am
Re: Begin 303 herlaai
So size o-ring sal perfek werk, want hy sal nog binne die rim pas ook: https://za.rs-online.com/web/p/gaskets-o-rings/1965398
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2133
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: Begin 303 herlaai
Goeienaand, daar is al 'n paar goeie gesprekke op die forum gewees. Soek asb daarvoor - om een of ander rede wil my foon nie mooi saamwerk nie.
Nog gedagtes:
- meet die loop se kaliber
Die ouer 303's se lope (veral die SMLE's) verskil baie en dit het 'n groot invloed op akkuraatheid. Hulle is veronderstel om 7.8mm deursnee te hê (.311") maar heelparty se deursnee is 7.9mm (.314").
- kyk na die kroon
Oupa se geweer het beslis al geval, gestamp en ander houe gevat. Dis dalk nodig om die kroon oor te sny.
- Slotkop
Die slotte het drie of vier groottes vir die slotkoppe - juis omdat die kamers verskil.

- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13507
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Begin 303 herlaai
Lyk my n ou wat met n 303 skiet kan hout ok weld
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Begin 303 herlaai
Hierdie is die 6mm Musgrave wat op die Enfield aksies gebou is se probleem ook.
Ek skiet permanent met daai orings.
Ek skiet permanent met daai orings.