Help Primers identifiseer asb.

Post Reply
Rpreto
Newbie
Newbie
Posts: 2
Joined: Thu Nov 27, 2025 7:37 am

Help Primers identifiseer asb.

Post by Rpreto »

Middag almal.
Ek het hulp nodig om die volgende primers te identifiseer.

Die Remington en Winchester primers blyk almal vir pistool doppies. Kan dit gebruik word vir standaard 9mm ladings ?

Dan is daar 2 boksies Hirtenberg primers wat ek nie kan identifiseer nie. Dit is verseker die "large" groote primers, maar daar is bitter min inligting beskikbaar.
Ek vermoed dis model27 primers. Ek gaan .308 en .243 kaliber herlaai.

Fotos aangeheg.

Dankie vir julle insette.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
OosKaapJagter
Hero Member
Hero Member
Posts: 956
Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm

Re: Help Primers identifiseer asb.

Post by OosKaapJagter »

Pistole is nie gevoelig vir die tipe slagdoppies nie. Jy kan hulle gerus gebruik vir 9mm rondtes.

Ek vermoed daardie Hirtenberg slagdoppies is die Berdan tipe. Indien wel, sal dit nie werk vir jou .243 en .308 nie.
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2133
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: Help Primers identifiseer asb.

Post by Ds J »

Die Winchester slagdoppies kan jy vir kleingeweer ook gebruik - hulle het lekker in my 223 gewerk vir oefen-ammunisie.

Vir handwapen moet jy fyn kyk want hulle was blykbaar ontwikkel vir warmer ladings in groter doppe, soos 357 Mag en groter. Ek het een keer gelees dat skuts hulle ook in 9mm P gebruik het om saam met die 45's te kan skiet.

Die Hirtenberger is blykbaar standaard Berdan soos OosKaapJagter sê. Hulle is effe groter in deursnee en effe platter as gewone groot geweerslagdoppe. Iemand met 'n 303 sal hulle dalk oorloop.

Volgens (https://www.midsouthshooterssupply.com/ ... 000-count) ) behoort die Remington 1½ gewone pistool slagdoppies te wees. Hulle waarsku om dit nie in groot doppe of warm ladings te gebruik nie.
Post Reply