Low burnrate warning GRT

Anything regarding this program here/alles rakende die program hier.
Post Reply
30-06
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 401
Joined: Thu Aug 30, 2012 7:30 am

Low burnrate warning GRT

Post by 30-06 »

Goeie more.
Ek het n lading vir my 30-06 150g Sierra 53.7g S 365 spoed 2780 wat redelik goed skiet.
ek het dit reed opgevat van n laer lading wat oor tyd ook baie goed gedoen het.
My probleem is geter dat volegns GRT is my burnrate laag en ek gaan "inconsistent combustion" kry.
Toevallig op node 5.

Nou is my vrae die volgende.
Hoe belangrik is die volgende(op akkuraatheid maar ook effek op loop en dop)
1 druk 42000psi
2 low burnrate?
3 dopvulling is 88.6%
4 burntpropellant 81%

Die extremespread is so by 25 ek wat volgens my laag is. met die vorige laer lading was dit nader aan 34-40.
Die lading skiet redelik konstant n duim groep.

ek het nou n nuwe GRT lading waarvan die druk 51500psi is.
53.5 op n 165 g punt
91.2%load ratio
88% burn propellant.

My vraag is nou moet ek spoed lig om teoreties n beter lading te kry en sal dit soveel beter wees.
My geweer het nogaltyd van laer ladings gehou.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Low burnrate warning GRT

Post by tripodmvr »

Stuur vir my die volgende na my epos adres - my forumnaam plus @gmail.com sal my bereik. Stoor die GRT files en stuur dit vir my tesame met die lading en spoed. Met laer druk sal jy swakker ontbranding ervaar, maar as die groepe mooi is, is dit nie 'n groot probleem nie. Druk in die orde van 50-55K psi is gewoonlik die optimum vir gewere met 'n 60K psi maksimum drukperk.

Dit lyk asof ek nog 'n berekening op QL vir jou 30-06 met Lot 91 het.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Post Reply