Goeiedag
Ek skiet al baie jare verskillende Glocks, maar vind weens artritis dat die geometrie van die Glock (standaard en smalraam) dit vir my moeilik maak om dit te effektief skiet. Ek het verskillende Glock snellers probeer sonder sukses. Ek vind dat die Canik snellers vir my beter werk en oorweeg 'n MC9 vir alledaagse dra met 'n rooikol-visier. My vraag is hoe betroubaar diegene van julle wat MC9's het, hulle vind? Ek sal eerder met 'n sneller sukkel, as met 'n wapen wat nie betroubaar is nie. Hoe betroubaar is die agente (Bosrus)? Reageer hulle op klagtes en sorteer hulle dit flink uit? Is onderdele geredelik beskikbaar?
Ek oorweeg ook die Beretta APX Centurion, hy is goed geprys, maar net te groot vir my doel. Is daar iets ander waarna ek kan kyk wat my nie te platsak sal laat nie? Ek sien nie kans vir 'n Taurus nie, hoewel ek verstaan dat hulle baie verbeter het.
Canik MC9, betroubaarheid en ondersteuning
-
Katlagter
- Newbie

- Posts: 4
- Joined: Thu Jan 01, 2026 9:43 am
-
3kus
- Full Member

- Posts: 148
- Joined: Mon Mar 26, 2018 11:02 am
Re: Canik MC9, betroubaarheid en ondersteuning
Ek skiet MC9, seker so 200 rondtes deur en nog niks moeilikheid gehad nie. Ek het die 15 rondte magasyne gekry sodat hy net beter in my hand pas. 'n Vriend van my saam wie ek kompetisie skiet, skiet TP9 en sy wapen het so rondom 5,000 rondtes deur sonder enige moeilikheid. Ek kan nie kommentaar lewer oor agente nie, het nog nie van enige probleme op Caniks gehoor nie. Daar is 'n hele paar manne wat hulle saam met ons skiet en almal is baie tevrede. My Glock 19 Gen5 is maar puntenerig oor die ammo wat hy eet. My voorstel is gaan skiet maar 'n paar en pas hulle met holsters sodat jy voel wat vir jou werk.
.22LR / 308 Win / 6.5x55 SE / 6.5CM / 7 RSAUM / 338WM / 375H&H / 9mm
- LUAN
- Hero Member

- Posts: 3124
- Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am
Re: Canik MC9, betroubaarheid en ondersteuning
Jy kan net google en kyk watse bekende probleme daar moontlik is. Die canik agente is baie goed en parte is maklik bekombaar by canikarms.co.za.
Tyd sal leer hoe goed hulle werklik is. Ek sien canik is lief daarvoor om gereeld nuwe modelle of variasies van n model uit te bring. En dan word sekere modelle discontinue. Wat doen jy dan as jy sou parte nodig he...
Tyd sal leer hoe goed hulle werklik is. Ek sien canik is lief daarvoor om gereeld nuwe modelle of variasies van n model uit te bring. En dan word sekere modelle discontinue. Wat doen jy dan as jy sou parte nodig he...
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2133
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: Canik MC9, betroubaarheid en ondersteuning
Ek het in Februarie 'n vuurwapeninstrukteurskursus gedoen. Daar was n hele paar Canik pistole by die ander lede en hulle het geen klagtes gehad nie. Canik se naverkopediens is blykbaar ook puik.
Die eienaar van Molopo Wapens het sy Glock verruil vir 'n Canik nadat hy met hom geskiet het.
Die eienaar van Molopo Wapens het sy Glock verruil vir 'n Canik nadat hy met hom geskiet het.
-
Katlagter
- Newbie

- Posts: 4
- Joined: Thu Jan 01, 2026 9:43 am
Re: Canik MC9, betroubaarheid en ondersteuning
Dankie vir almal se terugvoering. Na sorgvuldige oorweging het ek besluit om vir eers maar by die Glock 43 te bly en te oefen om met die middelvinger as snellervinger te skiet. Die Canik blyk 'n goeie wapen te wees, maar sy betroubaarheid (veral die MC9) lyk vir my net nie op die vlak van die Glock nie.

