Dagsê almal.
Ek jeuk nou al n hele ruk vir 'n nuwe geweer, wat 100% sal gebruik word vir n bakkie/trekker/spuit/stroper ens geweer.
Ek het besluit op n kleiner kaliber en het besluit dis tussen 'n 223, 22-250 of n ruger 204. Ek was toe die naweek na ons buurdorp se jaarlikse "gun show" toe en kry toe n lekker goedkoop savage axis 223. Ek weet daar is baie beter opsies daar buite, maar ek het spesifiek iets gesoek wat ek nie gaan jammer wees voor die, as hy val of stamp is dit maar so. Een vany kolegas koop toe n 220swift by die selfde tafel en so kry ons toe afslag as ons altwee vat.
Ek was nogal beïndruk oor hoe vinnig ek hom kon instel en sub moa groep kry op 100m (eintlik 97, van 1 sneeu hoop tot die ander), selfs met sy verskriklike slegte sneller. Ek hou nogal van die geweertjie en hy behoort sy taak mooi te verrig.
Ons area gee "bounties" op beavers, 30 dollar 'n stert. So na ek saam n paar mense van die werk gaan motorfiets ry het vir die dag het ek gou n draai gaan ry en vinnig een op n wal langs die stroom gekry. Ek het self nie geweet hulle is so groot en swaar nie.
Groete Ben
Nuwe spesie met nuwe geweer
-
BenJacobs
- Hero Member

- Posts: 880
- Joined: Thu Aug 24, 2017 3:00 pm
Nuwe spesie met nuwe geweer
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
-
pietskiet
- Full Member

- Posts: 142
- Joined: Fri Jun 26, 2009 10:28 am
Re: Nuwe spesie met nuwe geweer
Nice Ben! Wonderlik dat jy die geleenthede aangryp in die buiteland - nooit geweet hulle betaal jou om n bewer te skiet nie, awesome!
Keep going en laat weet ons asb as jy ander interessante goed ook geskiet kry.
Keep going en laat weet ons asb as jy ander interessante goed ook geskiet kry.
- sako 30-06
- Hero Member

- Posts: 1987
- Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm
Re: Nuwe spesie met nuwe geweer
Baie geluk, dis nou iets anders.
Jou spesie lys tel mooi op.
Jou spesie lys tel mooi op.
- Louis Kriel
- Hero Member

- Posts: 1980
- Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm
Re: Nuwe spesie met nuwe geweer
Lekker man. Geel tande soos n Gunston roker!
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7557
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Nuwe spesie met nuwe geweer
Lekker Ben! Geniet die geweer.
-
Supacow
- Hero Member

- Posts: 2111
- Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm
Re: Nuwe spesie met nuwe geweer
Daai bewer ken nie van nuwe Colgate Herbal
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
6x51 Europese Magnum
- Cobus(Cobb)
- Hero Member

- Posts: 4248
- Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm
Re: Nuwe spesie met nuwe geweer
Dis vir my net lekker om daai storie van geweer sien tot beaver skiet, in 1 paragraaf te kon lees...hier by ons is dit mos maaaande tussen koop en skiet.
Well done
Well done
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
-
BenJacobs
- Hero Member

- Posts: 880
- Joined: Thu Aug 24, 2017 3:00 pm
Re: Nuwe spesie met nuwe geweer
Dankie vir die terugvoer.
Ek moet erken dit is noggals 'n vreemde gevoel om die geweer te betaal en dan uit te stap met hom.
Hulle het in een hoek van die saal n CFO (ons weergawe van n DFO) so as jy jou wapen koop, gee die handelaar vir jou n form wat sê jy koop n wapen. Hy spesifiseer nie wat jy koop nie net 'n vuurwapen.
Dan stap jy na die CFO en hulle vra jou PAL (baie naby aan 'n bevoegdheids kaartjie) sy bel dan hoofkantoor lees jou nommer vir hulle en dan gee hulle vir haar n nommer wat sy op die form skryf, daai nommer is dan oop vir 30dae en jy kan vuurwapens koop vir 30dae sonder om weer jou PAL hoef te verifieer.
So stap jy dan terug gee die form vir die handelaar en stap dan met die geweer uit. Dit het my langer gevat om die geld by die ATM te trek as wat dit was om die geweer te koop.

- Riaan Kriel
- Hero Member

- Posts: 1284
- Joined: Tue Sep 02, 2014 3:53 pm
Re: Nuwe spesie met nuwe geweer
Jy maak ons bedroefBenJacobs wrote: Tue May 05, 2026 3:12 pm ..... Dit het my langer gevat om die geld by die ATM te trek as wat dit was om die geweer te koop.
Groete Ben