ROOIKAT HOK STEL TIPS:
- Jackalsniper
- Hero Member

- Posts: 630
- Joined: Sun Sep 23, 2012 9:39 pm
Re: ROOIKAT HOK STEL TIPS:
Ek het al menigte groot katte in kleiner hokke gevang, maar almal met trap plate. Die trap plaat se eie gewig moet hek kan laat val en dit is hoekom ek daai nylon waster met n nylock moer in die meganisme ingebou het sodat die wrywing opgestel kan word en daar bly. Ek vat n 2 liter coke bottel aan n tou en sit hom op die trapplaat en draai nut eers vas en dan losser tot bottel plaat laat sak. Try n viskop in daai hok van jou dalk byt n aan hom of skuur hy hopelik teen hom dat hy hek laat val.
- Jackalsniper
- Hero Member

- Posts: 630
- Joined: Sun Sep 23, 2012 9:39 pm
Re: ROOIKAT HOK STEL TIPS:
Weet nie of ek dit dalk al gesê het nie maar kreef doppe in n sykous werk ook smart. Vat vir mamma uit ocean basket toe en gooi al die doppe, visgrate ens ens in n brakkie sakkie en stel die hok met n opgestopte sykous wat agter hang of in n houertjie met gate in die deksel onder n paar klippe agter die hok wat toegepak is met doring takke ens
