Oos-Kaap jag - 2025
- Jaco vdW
- Hero Member

- Posts: 692
- Joined: Wed Mar 27, 2013 3:12 pm
Oos-Kaap jag - 2025
Vroeg Woensdagoggend vat ons die pad van Prince Alfred’s Hamlet (net Noord van Ceres) na Steynsburg in die Oos-Kaap. Dis koud en donker, en ons is op pad. Die eerste stop is op Beaufort-Wes vir Diesel. Daarna Graaff-Reinett vir jaglisensies, vining stop op Middelburg vir nog bietjie diesel, en dan die laaste omtrent 70km plaas toe.
Ons is betyds vir middagete op die plaas, en die opwinding loop hoog, veral onder die 4 jong manne. ‘n Paar skote word geskiet om te kyk of die gewere mooi gereis het, en die teikens bevestig dit.
Daar is nog so 3 of 4 ure daglig oor, en ons vat die pad veld toe. Die plaas het ‘n redelike groot vlakte wat in die lengte begrens word deur ‘n lekker hoë rant. Daar is ‘n paar klowe waardeur die diere kan beweeg tussen die groot vlakte aan die huis se kant, die berg self, en die vlakte agter die berg.
Jag op die plaas is grotendeels loop en bekruip, en soms word ‘n man of twee bo in ‘n kloof geplaas om te kyk of van die diere deur die kloof beweeg agv die ander jagters wat beweeg op die plaas. Alles word baie mooi beplan, en daar word telkens baie sterk klem gelê op veiligheid.
Tiaan, die grondeienaar, het ‘n nuwe pad laat skraap oor die berg nadat die vorige een redelik water skade gehad het. Die nuwe pad maak toegang tot die plaas baie goed.
Met die heerlike windstil weer, en laaste paar ure se lig laat die manne nie op hulle wag nie, en ‘n netjiese klomp bokke is oppad terug koelkamer toe.
Die gemoed in die kamp is baie goed na die vroeë sukses. Ons maak kos op die vuur, en kruip redelik vroeg in. Dag twee breek aan. Die wind waai, en die Beukehout-bome laat dit klink of die plaas weg gaan waai. Terug in die veld kom ons agter dat daar baie skuilplek is naby in in die ranteveld waar die wind minder sterk is.
Ek sit bo-op die berg en hou die bo-kant van twee klowe dop. Op ‘n stadium kom die trop gemsbokke en die trop blouwildebeeste op ‘n drafstap verby. ‘n Rukkie later hardloop ‘n baie groot gemsbokbul amper bo-oor my waar ek teen ‘n rots sit en die wêreld dophou. Baie indrukwekkend om die dier op minder as tien tree te sien. So skuif ek nader aan die westelike kloof, en ek hoef nie lank te wag voor twee rooihartbeeste verskyn nie. Kort op hulle hake is ‘n klomp gemsbokke. Die trop stop bo op die plat gedeelte waar die kloof uitloop op die berg. Voor in die trop is ‘n mooi groot koei. Sy stop en kyk rond. Dit gee my genoeg tyd om die 7x64 se teleskoop te laat vas suig net agter die skouerknop. Die skoot klap, en die 150gr Barnes TSX tref die kol. Sy gee so twee tree vorentoe en struikel. Saggies haal ek die geweer oor en sit die doppie in my baadjie se sak. Die koei is plat, en toe ek effe na links kyk, kyk ek en ‘n mooi gemsbokbul vir mekaar. Hy draai dwars, en die skoot klap – skaar 6 sekondes na die eerste skoot op die koei. Deur die teleskoop sien ek die rooi kol reg agter die blad. Hy beweeg vorentoe, staan ‘n rukkie stil, en begin moeisaam teen die rant op klim. Met die het hy gegoeg gedraai dat ek die uitgangswond kan sien. Beide merke lyk goed, maar die bul bly op sy voete. Na seker ‘n minuut begin hy wankel, en val om. Ek stap nader. Beide bokke is reeds dood.
Nou begin die harde werk. ‘n Bakkie ry nie in die veld nie, daar is hopeloos te veel groot klippe. So dis pens uithaal, en die bok op ‘n stuk seil laai, vas bind, en dan kos dit drie of vier manne wat lus het vir bok sleep om hom tot by die bakke te kry!

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by Jaco vdW on Tue May 12, 2026 8:21 am, edited 4 times in total.
- Jaco vdW
- Hero Member

- Posts: 692
- Joined: Wed Mar 27, 2013 3:12 pm
Re: Oos-Kaap jag - 2025
Intussen het die ander ouens ook goeie geluk ten spyte van die ongure weer. Ons is uiteindelik terug by die huis vir ‘n lekker laat middagete. Bokke word geslag, en ons vat dit redelik rustig vir die res van die dag, met die weer wat al hoe meer onstuimig word.
Vrydagoggend breek aan, die ergste weer het oorgetrek, en dis ‘n mooi dag om veld toe te gaan. Ons maak planne, en van die ouens begin stap terwyl die ander koers kies klowe en ranteveld toe. Na ‘n kort rukkie se sit en die pragtige veld geniet, sien ek ‘n enkele gemsbok aangestap kom. Ek is rustig in die skaduwee van ‘n bos en wag. Die bok het mooi dik horings, en ek reken dit moet ‘n jonger bul wees. Hy byweeg met ‘n wye draai om my, en gaan staan teen die rant. Ek sit gemaklik oor my skietstok en die skoot klap. Weereens sien ek die rooi kol knap agter die blad, en voel tevrede met my skoot. Die bok het egter ander planne, en stap met die paadjie op teen die rant. Hy kyk vir ‘n omblik terug, en vlieg weg met spoed. Ek volg hom met my verkyker oor die vlakte, tot waar hy seker ‘n goeie kilomer plus van my af om die rant verdwyn. Ek laat weet op die radio hier is moeilikheid. Emil staan met sy bakkie bo-op die rant geparkeer, en sien die bok hardloop. Hy laat weet die ouens teen die verste kant van die kamp om oë oop te hou. Stefan, wat die ander bakkie bestuur sien die bok, en volg te voet so ver hy kan. Uiteindelik sien hulle waar die bok rondom die rant beweeg het, en nou aan die voet van die rand tussen bosse gaan lê. Na wat soos baie lank voel, kom laai hulle my op, saam met van die ander jagters, en nog ‘n paar bokke wat die oggend al geskiet is. Ons stop op die werf, en los die plaasbakkie daar sodat die slagters kan begin werk aan die bokke. Ons ry met my bakkie om die rant tot by die lyndraad waar die pad ophou. Nou begin ons bergklim. Stefan sit bo-op die berg, en beduie oor die radio hoe ons moet stap. Ons klim, en klim en klim. Dan begin ons kontoer om die rant. Die bok staan op, en ons kyk hom goed deur om te bepaal of dit die kwesbok is. Gelukkig is dit die regte bok. Hy bly aan die beweeg tussen die bosse, en ons beweeg al om die rant om hom in sig te hou. Uiteindelik kry ek kans, en skiet uit ‘n staande posisie van die skietstok af. Die skoot is sekuur op die blad, en die bok val. Groot verligting. Tussen bosse en oor klippe stap ons af tot by die bok. Dit is toe al die tyd ‘n koei gewees en nie ‘n jong bul soos ek gedink het nie. Nou bekyk ons die skote, en al wat ek kan dink is dat die skoot net agter die hart verby is, en slegs die onderkant van die longe getref het. Uitwendig lyk alles reg, maar teen die hoek waarteen die bok gestaan het, het die somme dalk nie 100% geklop nie. Nie te min, die bok is plat, en ons is op pad terug om nog manne te gaan haal wat lus is vir bok sleep.
Die res van die dag verloop sonder insident. Soos elke ander aand braai en eet ons heerlik. Saterdag word daar verwoed vleis gesny sodat ons Sondag vroeg die pad huis toe kan aanpak. In kort was dit ‘n fantastiese jag, op ‘n baie mooi plaas saam met ‘n goeie span ouens. Dit was lekker om die jong manne by te hê – hulle is die volgende generasie jagters wat by ons moet oorvat.

Last edited by Jaco vdW on Tue May 12, 2026 8:27 am, edited 4 times in total.
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5020
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: Oos-Kaap jag - 2025
Geluk en dankie vir die deel.
- win270
- Hero Member

- Posts: 2103
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: Oos-Kaap jag - 2025
Mooi vertel met foto's en al. Baie geluk. Daardie kontrei word BAIE koud in die winter!
- Louisdewet
- Full Member

- Posts: 180
- Joined: Wed Apr 29, 2020 7:19 pm
Re: Oos-Kaap jag - 2025
Lekker Jaco! Hoop jy kom weer daar uit hierdie jaar.
- sako 30-06
- Hero Member

- Posts: 1985
- Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm
Re: Oos-Kaap jag - 2025
Baie geluk met die mooi bokke.
Gemsbkok vleis bly van die beste.
Gemsbkok vleis bly van die beste.
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13507
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Oos-Kaap jag - 2025
Mooi Gemsbokke daai Jaco!
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- Jaco vdW
- Hero Member

- Posts: 692
- Joined: Wed Mar 27, 2013 3:12 pm
Re: Oos-Kaap jag - 2025
Dankie manne.
Dit was baie lekker om weer 'n gemsbok te jag.
Die wild was in goeie kondisie. Koeie het so 100-104kg uitgelsag en die bul was 110kg.
Skoon karkas na hy 'n dag gehang het.
Dit was baie lekker om weer 'n gemsbok te jag.
Die wild was in goeie kondisie. Koeie het so 100-104kg uitgelsag en die bul was 110kg.
Skoon karkas na hy 'n dag gehang het.
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13507
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Oos-Kaap jag - 2025
110kg is n groot Gemsbok
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- finch
- Sr. Member

- Posts: 450
- Joined: Thu Jul 14, 2016 2:44 pm
Re: Oos-Kaap jag - 2025
Dankie vir die deel Jakes, wens meer mense wil hul jag stories en fotos deel. Moet seker maar in die spieël kyk as n begin punt... Sal paar notas maak hierdie jaar.
- Jaco vdW
- Hero Member

- Posts: 692
- Joined: Wed Mar 27, 2013 3:12 pm
Re: Oos-Kaap jag - 2025
Dis verseker so. As ons elkeen 'n lekker storie skryf, is daar goeie leesstof vir die af-seisoenfinch wrote: Tue May 12, 2026 1:31 pm Dankie vir die deel Jakes, wens meer mense wil hul jag stories en fotos deel. Moet seker maar in die spieël kyk as n begin punt... Sal paar notas maak hierdie jaar.
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7545
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Oos-Kaap jag - 2025
Geluk Jakkie met n bitter lekker trip! Dankie vir deel met ons.
-
DaavG
- Newbie

- Posts: 17
- Joined: Mon Aug 21, 2017 4:35 pm
Re: Oos-Kaap jag - 2025
Thanks for the story Jaco and the photos! Looks like superb country!
Congrats on the animals, glad the last one worked out in the end.
What calibre do you shoot with as a matter of interest?
Congrats on the animals, glad the last one worked out in the end.
What calibre do you shoot with as a matter of interest?
- Jaco vdW
- Hero Member

- Posts: 692
- Joined: Wed Mar 27, 2013 3:12 pm
Re: Oos-Kaap jag - 2025
Thanks DaavGDaavG wrote: Thu May 14, 2026 8:27 am Thanks for the story Jaco and the photos! Looks like superb country!
Congrats on the animals, glad the last one worked out in the end.
What calibre do you shoot with as a matter of interest?
On this hunt I used my Tikka 7x64, 150gr Barnes TSX
-
DaavG
- Newbie

- Posts: 17
- Joined: Mon Aug 21, 2017 4:35 pm
Re: Oos-Kaap jag - 2025
Thank you, lekker calibre.
- Dehan.Rheeder
- Jr. Member

- Posts: 71
- Joined: Tue May 13, 2025 8:52 am
Re: Oos-Kaap jag - 2025
Baie Dankie vir lekker lees Jaco, goed geskryf en pragtige bokke
Tikka T3 Lite 30-06
Canik Mete SF Combat 9mm
Canik Mete SF Combat 9mm
- tau
- Hero Member

- Posts: 3940
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: Oos-Kaap jag - 2025
Lekker Jaco, maar jy het my nie vertel sy skiet met soek koeels nie!!!
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.