Stapjag is nou maar eenmaal my voorkeur manier van jag, jou bok te voet bekruip totdat jy binne gemaklike skiet afstand is en dan jou skoot so goed jy kan plaas.
Met dit gesê roem ek nie daarop dat ek nog nooit van 'n bakkie af geskiet het nie, nee, dit het ek ook net gedoen waar daar uitdruklik gesê word dis hoe dit op daardie plaas gedoen word.
Maar verseker jag ek nie weer op daardie plaas nie.
Bogenoemde na aanleiding van wat ek hier op die forum lees, naamlik hierdie saamgestelde plasings van jagters:
My vraag is net, maak al hierdie hoogsontwikkelde tegnologiese instrumente nie die ware jagkuns van te voet bekruip, jou bok in sy gebied te uitoorlê en dan te skiet, nie heeltemal tot niet en dat ons nageslagte die kuns heeltemal afleer nie?Altyd netjies om paar bokke op die voet te skiet in 'n area waar die plaaslike ouens jou met sulke vraagteken oë aankyk as jy sê jy gaan stapjag.
Tango Fire 4000 rangefinder @ R30k
Bederf jouself en verander jou huidige teleskoop in n Swaro DS , range jou eie bokke deur jou eie teleskoop.Verminder so bietjie die foutjies tydens bok koors.Best of both worlds.
Ek kan heeltemal saam stem, ek het onlangs een gekoop en hy het my Element RF module vervang. Nie eers amper vergelykbaar nie.
Die unit range verskriklik vinnig, die vibration as hy gerange het is awesome, want jy kry immediate terugvoer dat die range gedoen is.
Maklike link met my Kestrel en omdat altwee Applied Balistics is en gebruik is die leasings op altwee die units spot on.
