Goeie middag,
Kan ek doppe net weer kruit gooi en punte laai na ek die punte getrek het en die lading verander het.
Dankie
Henk
Herlaai na punte getrek is.
- Riaan Kriel
- Hero Member

- Posts: 1284
- Joined: Tue Sep 02, 2014 3:53 pm
Re: Herlaai na punte getrek is.
Ek doen liewers eers weer 'n resize (Verkieslik 'n necksize of 'n FL size sonder die decapping pin) sodat die nekspanning weer reg is en die nekke mooi reguit is. Gooi dan die nuwe lading dryfmiddel en druk koeëls in soos gewoonlik.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Herlaai na punte getrek is.
Stem saam. Die nekspanning is nou oneweredig en baie min. Die beste sal wees om die nek terug te druk en dan met 'n dikte matrys (mandrel) die spanning reg te stel.Riaan Kriel wrote: Mon Jun 29, 2026 3:21 pm Ek doen liewers eers weer 'n resize (Verkieslik 'n necksize of 'n FL size sonder die decapping pin) sodat die nekspanning weer reg is en die nekke mooi reguit is. Gooi dan die nuwe lading dryfmiddel en druk koeëls in soos gewoonlik.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2940
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: Herlaai na punte getrek is.
1) NK of FL sonder exp ball, met “Redding dry graphite lube”.
Volg op met 2).
2) Indien nekspanning 3 of 4 thou was voordat koeëls verwyder is, werk ‘n exp mandrel wat 2thou kleiner as koeël dia goed, ook met dry lube. (Die 1 th kleiner kan ook werk, maar dan beslis nie naby die groewe kom vir vassit en uittrek nie!)
No 2 is waar moontlik my voorkeur en maklikste.
Beste.
Volg op met 2).
2) Indien nekspanning 3 of 4 thou was voordat koeëls verwyder is, werk ‘n exp mandrel wat 2thou kleiner as koeël dia goed, ook met dry lube. (Die 1 th kleiner kan ook werk, maar dan beslis nie naby die groewe kom vir vassit en uittrek nie!)
No 2 is waar moontlik my voorkeur en maklikste.
Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 
- Hein M.
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm
Re: Herlaai na punte getrek is.
'n Lee Collet sonder die decapping assembly werk goed. Ek size die 7.62x51 doppe so na ek die lading aangepas het...
-
Toxxyc
- Hero Member

- Posts: 1343
- Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am
Re: Herlaai na punte getrek is.
Ons het dit baie met 303 ammo gedoen. Trek die milsurp punte, gooi die kruit uit, terwyl die kruit uit is dan het ons die nekke gesize, kruit geweeg en almal min of meer dieselfde gekry (kan nie eers onthou wat dit was nie) en Rhino punte ingedruk. Dit was ons jag ammunisie vir baie baie jare lank, en dit het mooi gewerk.
-
Supacow
- Hero Member

- Posts: 2111
- Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm
Re: Herlaai na punte getrek is.
Hoe werk die? Druk die collets nie juis die dopnek teen die decapping rod om te size?Hein M. wrote: Thu Jul 02, 2026 1:40 pm 'n Lee Collet sonder die decapping assembly werk goed. Ek size die 7.62x51 doppe so na ek die lading aangepas het...
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
6x51 Europese Magnum
-
Branderplank
- Newbie

- Posts: 31
- Joined: Fri Jun 06, 2025 8:20 pm
Re: Herlaai na punte getrek is.
Dis hoekom jy 'n expander mandrel nodig het as jy net gaan neck size. Ek het sommer die APW mandrel body gekoop en dan vir my die .30 mandrels gekry. Jy kry twee in die stel, een wat 0.306 is en 0.307 is. Het 'n klomp punte op my 300HH getrek en daai doppe is skaars. So ek wou seker maak ek maak nie droog nie
