Wildsboerewors

Enige vleis/veldkos resepte wat werk vir n honger jagter
Post Reply
6.5/284Norma
Hero Member
Hero Member
Posts: 1728
Joined: Tue Sep 08, 2015 7:28 am

Wildsboerewors

Post by 6.5/284Norma »

Hallo Almal,

Kan iemand asseblief help met 'n resep vir wildsboerewors?

Ek het 'n klomp skaapvet en dink om dit in te sit ipv varkspek.

Dankie.
I'd rather be hunting!


Truvelo 6mm Creedmoor
Howa 6mm Creedmoor
Howa 6.5 Creedmoor
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1483
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm

Re: Wildsboerewors

Post by Eduard Venter »

Maklikste is maar n batchpack winkel spesery. Daar is baie maar crown se Goudveld is my gunsteling. Ek gebruik skaapvet gewoonlik eerder vir droëwors maar het al om die helfte met beesvet gemeng en lekker boerewors gemaak. Dis persoonlike voorkeur maar ek verkies beesvet, sal nou en dan afwissel met varkspek of bietjie skaap. Ek verkies tussen 25% en 30% vet. Skaap dalk liewer 25% se kant toe omdat dit ryk is

Sent from my SM-G780F using Tapatalk

ZKK
Hero Member
Hero Member
Posts: 623
Joined: Mon Aug 20, 2012 5:42 pm

Re: Wildsboerewors

Post by ZKK »

When in Doubt..............
Crown se Ouma is n baie lekker koljander wors
En Freddy Hirch se Kameelhout is n baie lekker naeltjie smaak.

Jy kan nie met een van die 2 verkeerd gaan nie.
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1343
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: Wildsboerewors

Post by Toxxyc »

Skaapvet is geneig om baie uit te braai, iets wat jy nie noodwending altyd in wors wil hê nie. Dis vir my asof die vet meer waterig is as ander vette, en bly nie lekker bymekaar nie. In droëwors word hy ook "crispy" en bly nie so vetterig soos ander vet nie (dis hoekom hy so lekker werk in droëwors).

Dit kan seker werk in boerewors maar jy gaan hom mooi moet braai om te keer dat hy nie te rou/koud is nie, want dan sal ek dink hy gaan vetterig wees, en ook nie te gaar nie, want dan sal ek dink hy gaan droog wees.
User avatar
Askari
Hero Member
Hero Member
Posts: 713
Joined: Wed Sep 04, 2013 9:56 am

Re: Wildsboerewors

Post by Askari »

Ek gebruik Crown se Ouma boerewors speserye vir wild boerewors. 30% vet (15% bees, 15% vark) werk goed vir my, ek hou al die mates soos die pak aanbeveel.
Gooi lood!!!!
6.5/284Norma
Hero Member
Hero Member
Posts: 1728
Joined: Tue Sep 08, 2015 7:28 am

Re: Wildsboerewors

Post by 6.5/284Norma »

Dankie manne!
I'd rather be hunting!


Truvelo 6mm Creedmoor
Howa 6mm Creedmoor
Howa 6.5 Creedmoor
Post Reply