Kalahari Familiejag 2026
- finch
- Sr. Member

- Posts: 460
- Joined: Thu Jul 14, 2016 2:44 pm
Kalahari Familiejag 2026
Daar is jagte wat jy onthou vir die mooi of trofeë bokke, en dan is daar jagte wat jy onthou vir die mense en dan is daar jagte wat jy onthou vir die mooi plaas. Hierdie een was beslis een wat ietsie van alles gehad het.
Ons jaarlikse familiejag het ons weer geneem na Steenkampsput, 'n indrukwekkende Kalahari-plaas van ongeveer 16 000 hektaar, verdeel in vier groot kampe. Die eerste twee kampe bestaan hoofsaaklik uit veld met klipperige vlaktes ment rante en koppies, terwyl Kamp 3 en 4 oop Kalahari is – eindelose rooi duine, witgatbome, driedorings en haak-en-steekbosse. Dis mooi, maar dis ook genadeloos. Hier vergewe die veld nie 'n swak skoot nie.
Ek jag nou al vir die vierde keer hier, en die plaas het my al geleer dat as 'n bok eers oor die volgende duin verdwyn, kan jy maar begin bid. Oor die afgelope drie jaar het my jag geselskap reeds twee gemsbokke, 'n blouwildebees en 'n springbok op hierdie plaas verloor nadat hulle oor die duine verdwyn het. Daarom is die grootste reël op Steenkampsput eenvoudig: skiet reg, of wees gereed vir 'n baie lang dag.
Ons vervoer vir die naweek was 'n Ford F-250 – die Rolls-Royce van jagbakkies. Breed genoeg dat drie jagters gemaklik oor die dak kon skiet, met nog 'n klomp familie agterop. Selfs die klipperige paaie het gevoel soos 'n egalige boot rit op die queen victoria. Die enigste ding wat harder gewerk het as die F-250 was waarskynlik die mense wat elke keer moes baklei oor wie die beste sitplek kry.
Omdat dit 'n familiejag was, het die jongspan hierdie keer behoorlik hul merk gemaak. Baie van hulle was op die ouderdom waar hulle hul self die springbokke wou skiet. Dit het beteken dat geduld belangriker as spoed geword het. Teen die tyd dat 'n jong jagter die bok deur die teleskoop gevind het, het die springbok gewoonlik reeds besluit dat hy ander planne het en oor die volgende duin verdwyn. Tog is dit juis hierdie oomblikke wat mens onthou – die opgewondenheid, die raad van die ouer jagters en die groot glimlag wanneer alles uiteindelik reg verloop.
Die Kalahari self het ons hierdie jaar heeltemal verras. Ná uitstekende opvolgreën was die wêreld onherkenbaar groen. Die groot pan langs die huis, wat ek nog nooit tevore met water gesien het nie, het soos die theewaterkloof dam gelyk. 'n Spruit wat normaalweg net 'n droë sloot is, het vrolik gevloei. Die rooi duine was met Boesmansgras toegegroei, en selfs 'n kamp wat 'n paar jaar gelede heeltemal afgebrand het, het herstel asof daar nooit 'n vuur was nie. Pragtig vir die oog – minder lekker vir die jagter, want die wild het nou duisend plekke gehad om weg te kruip.
Elke middag het almal onder 'n groot witgatboom tussen Kamp 3 en 4 bymekaargekom vir middagete. Die jonger kinders het met die .22's teikens geskiet, die ouer manne het stories uitgeruil, en soos met enige familiebyeenkoms was daar natuurlik genoeg raad om 'n hele jaghandleiding vol te skryf.
Die eerste groot uitdaging was die gemsbokke. Robert, die boer, het gevra dat ons hoofsaaklik bulle moes skiet. Dit klink maklik totdat jy in lang gras staan en probeer besluit of jy na horings of jou verbeelding kyk. Ná 'n lang soektog het ons uiteindelik 'n bul uitgesonder. Die eerste skoot was net te laag en onmiddellik was almal se harte in hul keel. Op Steenkampsput weet jy wat dit beteken – as daardie bok oor twee duine verdwyn, is hy waarskynlik weg. Drie jagters het vinnig opvolgskote geneem, en uiteindelik is die bul net voor die tweede duin platgetrek. Die sug van verligting was waarskynlik hoorbaar tot in Upington.
Nie alles het egter perfek verloop nie. Een van die springbokke is die eerste dag gekwes en het weggekom. Dit laat geen jagter lekker slaap nie. Die volgende dag, terwyl ons eintlik na 'n heel ander trop gekyk het, sien Robert net 'n paar horings wat uit die gras steek. Tot ons verbasing was dit dieselfde gekweste springbok. Op 'n plaas van hierdie grootte was dit byna 'n wonderwerk om hom weer te kry. Ons was opreg dankbaar dat ons hom uit sy lyding kon verlos.
My eie blouwildebees het ook sy storie gehad. Die eerste bul waarop ek geskiet het, was baie verder as wat ek besef het en my skoot het skoon voor sy pote in die sand geslaan. Dit was 'n nederige herinnering dat selfs goeie gewere nie swak afstandskatting regmaak nie. Kort daarna het ons egter nog 'n trop gekry. 'n Groot bul het besluit hy gaan nie in 'n hoek vasgedruk word nie en storm reguit op die bakkie af. Robert roep toe laggend: "Dirk, maak my trots!" Teen daardie spoed was daar geen kans om hom deur die teleskoop te kry nie en het ons maar net gekyk hoe hy verby die F250 storm. Gelukkig het 'n koei 'n perfekte plankdwars skoot gegee. Die 6.5 Creedmoor het jy keel skoon gemaak en daai kenmerkende dowwe dup geluid het weergalm. Maar sy het nie geval nie, weereens was daar vinnig opvolg skote terwyl sy nou ook teen volspoed probeer weg kom oor die duine. Gelukkig teen die tweede duin het sy net vir n sekonde of twee gestaan en terug gekyk en toe dat die creed se keel warm gesing is klap die doodskoot en sy het in haar spore geval. Groot was die verligting! Bewerig en met n hand vol lee doppe klim en van die F250 af om die my eerste BWB bietjie van nader te bekyk.
Die laaste groot drama van die jag het eers laat die tweede middag afgespeel. Die son was reeds laag toe ons nog een gemsbok soek vir die kwota. (Hierdie is nou eintlik waar jy net moet se bere die gewere ons gaan huis toe). Ons kry uiteindelik 'n alleen loper Gemsbok tussen die bosse. In die gejaag het ek gedink dit is 'n bul, maar dit was toe ongelukkig n koei.
Omdat sy baie naby was en net haar kop sigbaar was het Errie vir 'n kopskoot gegaan. Ongelukkig tref die skoot haar onderkaak. Skielik was alles ernstig. 'n Gekweste dier moet gevind word (en die son sak daar is net so 3 vingers oor voor die horison wat rofweg beteken ons het 3x20min = 40min se soek tyd). Om sake erger te maak, sit die bakkie boonop vas in die sagte duine (ontspan nie die F250 nie, die ander jagbakkie - die F250 kan onmoontlik nie vas sit nie). Erriet en ek spring af en hardloop te voet oor die duin, met die gedagte dat as sy nog een duin verder oor is, is sy waarskynlik verlore. Gelukkig het sy net agter die volgende bosse gestaan. Errie trek daar n skoot uit die vuis af en die gemsbok is finaal platgetrek. Die verligting op daardie oomblik is moeilik om te beskryf.
Teen die tyd dat die bakkie losgekom, die gemsbok gelaai en alles afgehandel was, was dit pikdonker. En soos net die Kalahari kan doen, het die temperatuur binne minute van aangenaam na yskoud verander. Die veertig minute terug plaashuis toe, agter op die bakkie, het gevoel of elke kilometer kouer as die vorige een was. Niemand het egter gekla nie. Die kinders was besig om oor elke skoot en elke bok te gesels, en die grootmense was net dankbaar vir die geleentheid om in die veld te kon kom.
Daar was darem ook baie bokke wat met goeie skote dadelik geval het en ongelukkig nie die storie se detail gehaal het nie. Teen die einde van die twee dae het ons twee blouwildebeeste, dink so 4-5 gemsbokke en meer as tien springbokke geoes, meeste van die springbokke was deur die jong jagters geskiet. Maar die ware sukses van die naweek kan nie in getalle gemeet word nie, maar in die herinneringe.
Saans het die kampvuur gebrand, die asyn-boetes is met groot erns – en nog groter gelag – aan die kinders uitgedeel, en een van die jong jagters het haar eerste bok geskiet. Soos tradisie vereis, was daar oorlogverf op die gesig en die simboliese proe van n rou vleisie. Só word nuwe jagters verwelkom, en só leef tradisies voort.
Een van die besonderse dinge van die naweek was om drie generasies saam in die veld te hê. Oom Henry was weer die enigste verteenwoordiger van die oudste geslag. Dit herinner 'n mens daaraan om hierdie oomblikke nie as vanselfsprekend te aanvaar nie. Die jongspan leer nog hoe om te jag; die ouer geslag leer hulle hoe om dit met respek te doen.
Robert verdien ook besondere vermelding. As boer en professionele jagter verstaan hy dat jong jagters tyd nodig het. Hy skep geleenthede vir hulle om te leer en help waar hy kan. Daardie geduld en passie vir die volgende geslag maak 'n groot verskil.
Wanneer ek terugkyk, besef ek die jagbuit was eintlik net 'n bonus. Die ware trofee was die tyd saam met familie, die stories op die bakkie, die lag om die kampvuur, die spanning van moeilike skote, die verligting wanneer alles reg afloop, en die voorreg om nog 'n paar dae in een van Suid-Afrika se mooiste stukke veld te kon deurbring.
Die Kalahari gee nie sommer sy herinneringe goedkoop weg nie. Jy moet daarvoor ry, stof sluk, koud kry, soms mis skiet en soms baie gelukkig wees. Maar as jy huis toe ry met 'n hart vol dankbaarheid, weet jy dit was nooit net 'n jag nie – dit was nog 'n hoofstuk in jou lewe. Elke keer as ek op n rooiduin staan weet ek die Here het my geseen en beskerm en vat n paar minute om net sy skepping in te neem en dankie te se.

Re: Kalahari Familiejag 2026
So paar fotos van die bakkie
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by finch on Fri Jul 17, 2026 10:38 am, edited 2 times in total.
- finch
- Sr. Member

- Posts: 460
- Joined: Thu Jul 14, 2016 2:44 pm
Re: Kalahari Familiejag 2026
So paar fotos van die jaghuis en pragtige plaas
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- finch
- Sr. Member

- Posts: 460
- Joined: Thu Jul 14, 2016 2:44 pm
Re: Kalahari Familiejag 2026
so paar bok fotos

nog n paar bok fotos
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- finch
- Sr. Member

- Posts: 460
- Joined: Thu Jul 14, 2016 2:44 pm
Re: Kalahari Familiejag 2026
Laaste fotos

My meisies was dalk nie in die jagveld nie maar hulle het fluks gehelp met die vleis werk.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
-
partner
- Hero Member

- Posts: 987
- Joined: Sun Jun 19, 2011 8:24 pm
Re: Kalahari Familiejag 2026
Baie,Baie Dankies vir n Pragtige Storie. En al die Fotos. My Wereld daardie.
- Gian_dP
- Hero Member

- Posts: 1618
- Joined: Thu Mar 06, 2014 9:43 pm
Re: Kalahari Familiejag 2026
Baie dankie vir die lekker storie. Kosbare tyd in die veld saam!
Sent from my SM-S921B using Tapatalk
Sent from my SM-S921B using Tapatalk
_____________________
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
- Toyrsi
- Hero Member

- Posts: 1000
- Joined: Fri Jul 03, 2015 5:29 pm
Re: Kalahari Familiejag 2026
Lyk baie lekker.
YOU WEREN'T BORN TO JUST PAY BILLS AND DIE!
Jacques Esterhuyzen
Jacques Esterhuyzen
-
JohanvB
- Hero Member

- Posts: 2595
- Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm
Re: Kalahari Familiejag 2026
Dankie, mooi, maar julle sit daai bakkie vol!!!