Vlaktewild, moet die PH 'n geweer dra?

Enige iets pas hier/ discuss anything here
Post Reply
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2155
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Vlaktewild, moet die PH 'n geweer dra?

Post by Koos Barnard »

Dagsê
Deesdae word aspirant PHs blykbaar geleer dat jy nie jou kliënte se wild moet doodskiet nie, daarom dra jy verkieslik nie 'n geweer saam as vlaktewild gejag word nie. Ek neem aan daar is kliënte wat gaan weier om te betaal as jy hulle bokke doodskiet. Dit plaas die PH in 'n moeilike posisie want hy moet geld probeer maak en dis al klaar moeilik genoeg, veral as hy nie sy eie plaas het nie. Ek wil niemand opponeer nie, ook nie die PH-skole afkraak nie maar vir my is dit nogal jammer want ek glo baie diere word gekwes en dan veel later moontlik deur die kliënt doodgeskiet nadat die diere onnodig gely het.

Ek het hierdie jaar ook met die rein gedagte veld toe gegaan dat ek nie my kliënte se bokke gaan skiet nie... en dus het ek op die eerste twee jagte nie my geweer saamgedra nie. Op die plaas waar ek jag, het ek 'n goeie skietbaan ingerig met ghongs tot op 350m en alle jagters moet eers na die ghongs skiet nadat hulle hul gewere op 100m op papier getoets het.

Die eerste jagter het goed op die ghongs geskiet en dus het ek met gemoedsrus my geweer in die bakkie gelos toe ons elande bekruip het. Vyf skote later was die elandkoei nog nie dood nie, nadat die man sy laaste twee skote op 80m en 60m geskiet het. Ek het hom terug laat hardloop bakkie toe (wat seker 1.5km weg was) om ammunisie te haal terwyl ek die eland oppas. Hy moes sommer met die bakkie terug ry sover hy kon. Hy het net weer by my aangesluit toe die eland genadiglik die gees gee van al die lood in haar.

Die volgende dier op sy spyskaart was 'n sebra. Op 245m skiet hy toe die been af net bo die knie. Weer het ek nie my geweer saamgeneem nie, want dalk was die episode met die eland net 'n ongeluk. Uiteindelik het die jagter toe darem die sebra platgeskiet.

Op die volgende jag (met 'n nuwe kliënt) dra ek weer nie my geweer saam nie. Die man kwes 'n jong elandbul... 13 km later ontglip die eland ons finaal. Nooit gekry nie.

Net daar besluit ek toe, ek dra maar weer my geweer saam. Maak nie saak wie die jagter is nie. Met die volgende jag moes ek die jagter se eland doodskiet want sy skoot was heeltemal te ver agtertoe in die pens. Toe die bok wegspring en ek die skoot sien, het ek dadelik geskiet.

Op ons jag twee weke gelede het dinge ook nie glad verloop nie. 'n Pa wil sy seun 'n bok laat skiet. Ons kry 'n gemsbokbul op 152m. Die skoot tref te ver agtertoe. Daar was nie kans vir 'n opvolgskoot nie. Na ongeveer 1.5km se drafstap agter die bok aan, is hy af in n kloof in baie rowwe terrein. Ek stuur die pa en sy seun agter die bok aan. My slegte rug kan eenvoudig nie meer hardloop in ruwe terrein nie. Ek gaan terug om die bakkie te haal. Die pa en sy 14-jarige seun jaag die gemsbok toe altesaam seker 5km voordat hulle hom doodskiet. Ek haal my hoed af vir hulle, want die terrein was nie maklik nie. Gelukkig val die bok langs die plaas se noordelike grenslyn naby die pad wat teen die draad langs loop.

Ons het net by die huis gekom toe die ander twee jagters wat ook op die plaas was saam met die een eienaar arriveer. Hulle het die hele oggend gestap maar niks gekry nie. Nou wou hulle net gou 'n kort draai ry langs die Pietsrivier en in die dorings kyk vir koedoes. 'n Paar Minute later hoor ons verskeie skote. Omtrent 40 minute later kom die eienaar terug. Hulle het 'n koedoekoei geskiet maar daar is 'n storie... Die jagter het op 80m 'n kopskoot van die bakkie af probeer maar die bok se kakebeen afgeskiet. Gelukkig was die medejagter 'met sy geweer daar. Lang storie kort. Na nog drie trefskote is die bok dood maar dit lê in 'n diep kloof baie ver van enige pad. Daar is geen plaaswerkers op die plaas waar ek werk nie. Ons kon tot so 1km van die bok af ry met groot moeite. Toe moes ons maar die koedoe uitmekaar sny en stuk-stuk bakkie toe dra. Gelukkig was dit maar net 'n koedoekoei.

Ons probeer ons jagters streng kies. Ons adverteer nie. Enigiemand kan nie kom jag op Kukama nie. En tog was hierdie jaar een lang gesukkel om die bokke dood te kry. So, ek dra maar weer my geweer en as die skoot nie tref waar dit moet nie, skiet ek. Gelukkig is ek nie afhanklik van die inkomste nie en gelukkig ook nie die eienaars nie. Enige persoon wat 'n probleem daarmee het as ek sy kwesbok doodgeskiet het, sal nie weer op Kukama jag nie.

Ek weet ek sanik nou oor iets wat baie mense glad nie sal pla nie. Vir hulle is sulke gebeure blykbaar normaal. Ek het reeds 'n whatsapp van een jagter gekry wat my bedank het vir die hoogs suksesvolle jag. In my oë was dit glad nie so suksesvol nie. Die bokke is dood gemors en daar was skote deur die pens wat die binnekant van die karkas vuil gelos het... al probeer jy hoe hard om die pensmis wat oral ingedryf is deur die koeël, uit te kry.

Nou wonder ek, hoeveel keer gebeur dit in die res van SA/Suidwes en natuurlik elders in die wêreld? Hierdie was nou toevallig 'n slegte jaar vir ons. Verlede jaar het al die jagters goed geskiet. Hoe dit ook al sy. Soos genoem, dra ek maar weer my geweer saam as ons vlaktewild jag.
Mooi loop
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13581
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Vlaktewild, moet die PH 'n geweer dra?

Post by Capt. Yoda »

Klink na a prettige jagte Oom Koos
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1374
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: Vlaktewild, moet die PH 'n geweer dra?

Post by Toxxyc »

Oom Koos, 'n geweer is soos 'n valskerm. Dis al wat ek sal sê. Dis van toepassing op handwapens en persoonlike verdediging, asook vir die jagveld.

Partykeer gebeur dinge maar. Ek het eerstehands beleef hoe iemand wat baie mooi skiet en nog altyd baie eties jag, 'n rooibok gekwes het op 'n kort afstand wat ek nog nooit voorheen sien gebeur het nie. Ons het die bok 'n hele dag gesoek, asook die volgende dag, en het haar lêplek gekry met bloed en alles. Sy is eers 'n paar dae later deur die boer gevind, en die skoot was ook te ver agtertoe as ek reg onthou.

Ek self het 'n rooibokooi geskiet, dwarsdeur altwee blaaie. Skoot was bietjie laag, maar dit was in die enjinkamer, en die bok het my ook laat lesopsê voor ek haar onder 'n bos gewaar het en nog 'n keer moes skiet. Dis jammer, en dit gebeur. En dit pla my tot vandag toe.
User avatar
Rudi Fischer
Hero Member
Hero Member
Posts: 1868
Joined: Mon Dec 09, 2013 4:54 pm

Re: Vlaktewild, moet die PH 'n geweer dra?

Post by Rudi Fischer »

Dagse Oom Koos

Wat ek nie in my vorige post gese het nie, my geweer is altyd in die bakkie, en ons is almal in radio verbiding so as ek my geweer kort is ek n knoppie druk weg van my geweer af, want daar is altyd iemand op stand by in die jag voertuig.
Vir die laaste jaar jag ek net buffels en dan is my geweer altyd in my hande.

Skiet julle kliente van stokke af ?
Loop baie saggies en dra n groot geweer !!!
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3957
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Vlaktewild, moet die PH 'n geweer dra?

Post by tau »

Oom Koos julle moet dat die manne ophou met 30/06 se kind jag........
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
OosKaapJagter
Hero Member
Hero Member
Posts: 959
Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm

Re: Vlaktewild, moet die PH 'n geweer dra?

Post by OosKaapJagter »

Die feit dat iemand 'n 13mm groepering van 'n skietbank oor skietsakke kan skiet beteken niks in die veld nie. Dit wys bloot waartoe die geweer in staat is. Daar is te veel veranderlikes soos onstabiele skietposisies, moegheid, bokkoors by sommiges en so aan.

Selfs ervare jagters kan foute maak.

Dink aan iets soos "quad sticks" as julle dit nie reeds gebruik nie.

My voorstel sou wees om eerder altyd jou wapen byderhand te hou. Die geskiedenis wat jy hierbo beskryf gee genoegsame regverdiging daarvoor. Maak dit vooraf duidelik dat jy nie beoog om te skiet nie, tensy jy van oordeel is dat die jagter se skoot 'n kwesskoot is. Enige ordentlike jagter behoort so iets te aanvaar. Die wat nie wil nie, kan elders 'n jagplek soek.

Daar kan natuurlik altyd die een ou wees wat gaan aanvoer jou skoot is syne en andersom...
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2155
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Vlaktewild, moet die PH 'n geweer dra?

Post by Koos Barnard »

tau wrote: Mon Sep 14, 2026 1:33 pm Oom Koos julle moet dat die manne ophou met 30/06 se kind jag........
Tau, al die kwesbokke hierdie jaar was toevallig met .308 Winchesters geskiet. Die kwesbokke is met .30-06s platgeskiet.
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1374
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: Vlaktewild, moet die PH 'n geweer dra?

Post by Toxxyc »

Koos Barnard wrote: Mon Sep 14, 2026 7:53 pm
tau wrote: Mon Sep 14, 2026 1:33 pm Oom Koos julle moet dat die manne ophou met 30/06 se kind jag........
Tau, al die kwesbokke hierdie jaar was toevallig met .308 Winchesters geskiet. Die kwesbokke is met .30-06s platgeskiet.
Kyk, so bek moet jêm kry! Maak stil die kinders met hulle peashooters!
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3957
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Vlaktewild, moet die PH 'n geweer dra?

Post by tau »

Koos Barnard wrote: Mon Sep 14, 2026 7:53 pm
tau wrote: Mon Sep 14, 2026 1:33 pm Oom Koos julle moet dat die manne ophou met 30/06 se kind jag........
Tau, al die kwesbokke hierdie jaar was toevallig met .308 Winchesters geskiet. Die kwesbokke is met .30-06s platgeskiet.
ooo 30/06 light ook bekend as die .308. >:D >:D >:D

Julle sal moet 'n groot geweer kry soos 'n .243 of iets
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1489
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm

Re: Vlaktewild, moet die PH 'n geweer dra?

Post by Eduard Venter »

Die manne wat saam my al gejag het sal kan getuig dat ek nie graag op n jagter se bok skiet nie. Hy betaal vir die jag en ondervinding. Maar as dit nodig is dan moet die beroepsjagter dit verseker doen. N jagter wat n probleem het daarmee (dat n dier onnodig ly) is nie een wat ek in my jagkamp wil hê in elk geval nie. Daar is ook beroepsjagters wat heel onnodig op hulle kliënte se diere skiet en dit is jammer. Maar n dier met n af kakebeen gaan ek doodskiet, gee nie om of ek die vleis verniel in die proses nie.

Bygesê ek het nog baie min jagters gehad wat n probleem daarmee het, meestal was dit trofee boogjagters



Sent from my SM-G780F using Tapatalk


User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13581
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Vlaktewild, moet die PH 'n geweer dra?

Post by Capt. Yoda »

Ek het ook geen probleem met n PH wat n kwesbok skiet nie maar as ek R170k vir n Buffel bul betaal en da 2 skote op hom klap net na ek my skoot geskiet het het daai PH vir hom self n mooi bul geskiet
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1374
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: Vlaktewild, moet die PH 'n geweer dra?

Post by Toxxyc »

Eduard Venter wrote: Tue Sep 15, 2026 9:06 amMaar as dit nodig is dan moet die beroepsjagter dit verseker doen. N jagter wat n probleem het daarmee (dat n dier onnodig ly) is nie een wat ek in my jagkamp wil hê in elk geval nie.
Ek ken jou nou so bietjie, en ek stem heelhartig daarmee saam. Ek was ook al op 'n plaas waar die boer ons meegedeel het dat daar 'n kwesbok tussen die trop loop, en die kwesbok is gratis, want 'n ander jagter het alreeds vir hom betaal. In my opinie is dit van die uiterste belang dat die bok so gou moontlik ophou ly.

Die handjie vol mense saam met wie ek gewoonlik jag het 'n reel - as iemand 'n bok kwes, dan is die bok "voëlvry", so te sê. Die eerste een wat daardie bok sien, skiet hom, en klaar. Die vleis en prys bly die eerste jagter s'n, sonder enige kwade gevoelens teenoor wieookal hom op die ou end neersit.

Ons is ook nie sommer geneig om aan te hou jag as daar 'n kwesbok in die veld rondloop nie. Ons soek tot ons hom kry.
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1374
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: Vlaktewild, moet die PH 'n geweer dra?

Post by Toxxyc »

Capt. Yoda wrote: Tue Sep 15, 2026 9:17 am Ek het ook geen probleem met n PH wat n kwesbok skiet nie maar as ek R170k vir n Buffel bul betaal en da 2 skote op hom klap net na ek my skoot geskiet het het daai PH vir hom self n mooi bul geskiet
Ek hoor jou argument en stem saam - maar die vraag moet ek vra, hoe lank moet die buffel rondloop voor die PH hom neersit as jy soos jou agterent geskiet het?

En ek sê nie jy skiet vrot nie, ek wonder net wat jy sien as 'n "aanvaarbare" tyd. Ek het nog nooit daaraan gedink nie.
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2156
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: Vlaktewild, moet die PH 'n geweer dra?

Post by Ds J »

'n Dier verdien nie om weens my glips, onkunde of onvermoë te ly nie. Die plaaseienaar, medejagter of profi moet asb vinnig en raak skiet as iets skeef loop.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13581
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Vlaktewild, moet die PH 'n geweer dra?

Post by Capt. Yoda »

Toxxyc wrote: Tue Sep 15, 2026 2:37 pm
Capt. Yoda wrote: Tue Sep 15, 2026 9:17 am Ek het ook geen probleem met n PH wat n kwesbok skiet nie maar as ek R170k vir n Buffel bul betaal en da 2 skote op hom klap net na ek my skoot geskiet het het daai PH vir hom self n mooi bul geskiet
Ek hoor jou argument en stem saam - maar die vraag moet ek vra, hoe lank moet die buffel rondloop voor die PH hom neersit as jy soos jou agterent geskiet het?

En ek sê nie jy skiet vrot nie, ek wonder net wat jy sien as 'n "aanvaarbare" tyd. Ek het nog nooit daaraan gedink nie.
Daai tiepe goed moet mens voor die tyd bespreuk, ek reken as dit n swak skoot is sal mens vinnig weet en dan is dit n ander saak en dan moet daar n plan gemaak word om n baie gevaarlike dier so gou moontlik te stop maar ek sien meer en meer hoe die "PH" net gooi as die Buffel nie dadelik val nie. Die ouens saam wie ek jag het ek dit nog nie beleef nie maar mens sien mos maar op videos ook, n video wys nie altyd die hele storie nie maar ek sien geen rede vir n PH om somer te begin skiet as die Buffel goed getref is nie. Ek weet van manne wat verkies laat almal begin skiet sodra die jagter sy skoot op n gevaarlike dier geskiet het om die dier so gou mootnlik plat te kry maar dit voel amper vir my soos om n Buffel uit n hide uit by lusern te skiet
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1374
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: Vlaktewild, moet die PH 'n geweer dra?

Post by Toxxyc »

Ja kyk as almal gaan skiet, dan sal ek ook nie R170k betaal om net deel te wees van die vuurpeleton nie. Daarmee staam en sem.
Post Reply