Ons het enkele granaatbome wat goed dra, maar die vrugtevlieë en ander peste maak baie skade.
Is daar n natuurlike of half-gesonde middel om op die bome en. vruggies te spuit wat die goggas weghou?
Gesonde spuitstof vir vrugtbome?
-
Friedland
- Full Member

- Posts: 197
- Joined: Tue Jun 23, 2015 11:53 am
Re: Gesonde spuitstof vir vrugtbome?
GF120. Op klein maat is verkoop Efekto dit as Eco Fruitfly Bait GF120. Dis n spinosad. Heel organies. Checkers behoort dalk te he anders kooperasie
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2167
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: Gesonde spuitstof vir vrugtbome?
Baie dankie
-
Toxxyc
- Hero Member

- Posts: 1380
- Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am
Re: Gesonde spuitstof vir vrugtbome?
Ek weet dis nou dalk nie gesond nie, maar ek spuit cypermethrin. Dit het 'n baie kort leeftyd (iets soos 8 dae), is hoogs oplosbaar in water (so dit was maklik af) en dis 'n baie breed effektief. Maar jy moenie spuit waar nog bloeisels is nie. Net vrugte, anders sal die bloeisels nie ontwikkel nie.
Nou voëls, dis 'n ander saak...
Nou voëls, dis 'n ander saak...
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2167
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: Gesonde spuitstof vir vrugtbome?
Ek sal graag deel met die voëls, maar dis moeilik om n vrot vruggie te deel 
-
toxicsox
- Sr. Member

- Posts: 360
- Joined: Thu May 19, 2016 9:30 am
Re: Gesonde spuitstof vir vrugtbome?
Cypermethrin maak ongelukkig jou bye dood asook die ladybirds (ladybugs). Buite bloeityd is daar wel minder bye maar die ladybirds is op jou bome en beheer jou plantluise en dopluise. Dit is maar 'n Catch 22 daai. Die dopluise en plantluise kom baie vinnig weer terug na leeftyd en dan is daar nie Ladybugs om hulle te beheer nie. Jy moet maar self opweeg en besluit. Hou ook weg van water en jou diere.
So jou vraag:" Gesonde spuitstof..." - Nee Cypermethrin is nie gesond nie.
So jou vraag:" Gesonde spuitstof..." - Nee Cypermethrin is nie gesond nie.
-
Toxxyc
- Hero Member

- Posts: 1380
- Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am
Re: Gesonde spuitstof vir vrugtbome?
Wag tot jy vir 2 dae nie tuis is nie en terugkom net om te sien die loeries, muisvoels en tiptolle het die helfte van jou boom (so 12kg) se appelkose letterlik elke enkele een afgevreet. En dis vrek lekker appelkose gewees...Ds J wrote: Tue Sep 29, 2026 9:49 am Ek sal graag deel met die voëls, maar dis moeilik om n vrot vruggie te deel![]()
-
toxicsox
- Sr. Member

- Posts: 360
- Joined: Thu May 19, 2016 9:30 am
Re: Gesonde spuitstof vir vrugtbome?
Plant nog ‘n appelkoosboom.
