416 Ruger met 400gr koeëls.

Plaas jou ladings hier. Die forum kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige data wat gepubliseer word nie. So gebruik die inligting met oorleg en versigtigheid. Wat vir een vuurwapen werk is moontlik nie veilig vir 'n ander vuurwapen nie.
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3980
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: 416 Ruger met 400gr koeëls.

Post by tau »

Image

Mens moet seker maar softs ook laai vir die sagter diere
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
Rudi Fischer
Hero Member
Hero Member
Posts: 1876
Joined: Mon Dec 09, 2013 4:54 pm

Re: 416 Ruger met 400gr koeëls.

Post by Rudi Fischer »

tau wrote:Image

Mens moet seker maar softs ook laai vir die sagter diere
Daai eindste koeels vir sagte diere uit buffels Image

Image
Image


Sent from my iPhone using Tapatalk
Loop baie saggies en dra n groot geweer !!!
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3980
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: 416 Ruger met 400gr koeëls.

Post by tau »

Miskien laat ons PH ons vanjaar toe om softs te skiet of Buffels : )

Ek weet nou al hy gaan my vra wat het met die vorige drie Buffels gebeur wat met solids geskiet is.... en dan gaan hy my vra nou hoekom wil jy iets verander wat werk.

My pel skiet ook Spoor 400gr softs en dan Kriek solids. Mens vat mos elkeen 50 patrone saam asof ons gaan oorlog maak op die Buffels.

Sal bitter graag daai Spoor 400gr op 'n frontal, so 4 vingers onder die ken wil indruk en sien wat maak hy aan 'n Buffel.

Nou moet ek hol solids en frontals die internet polisie gaan my kom hang.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
Rudi Fischer
Hero Member
Hero Member
Posts: 1876
Joined: Mon Dec 09, 2013 4:54 pm

Re: 416 Ruger met 400gr koeëls.

Post by Rudi Fischer »

tau wrote:Miskien laat ons PH ons vanjaar toe om softs te skiet of Buffels : )

Ek weet nou al hy gaan my vra wat het met die vorige drie Buffels gebeur wat met solids geskiet is.... en dan gaan hy my vra nou hoekom wil jy iets verander wat werk.

My pel skiet ook Spoor 400gr softs en dan Kriek solids. Mens vat mos elkeen 50 patrone saam asof ons gaan oorlog maak op die Buffels.

Sal bitter graag daai Spoor 400gr op 'n frontal, so 4 vingers onder die ken wil indruk en sien wat maak hy aan 'n Buffel.

Nou moet ek hol solids en frontals die internet polisie gaan my kom hang.
Ek ken nie een PH, ek in gesluit, wat klieente toelaat om Solids op buffels te gebruik nie.

Ek gebruik net solids op Olifant.


Sent from my iPhone using Tapatalk
Loop baie saggies en dra n groot geweer !!!
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3980
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: 416 Ruger met 400gr koeëls.

Post by tau »

Rudi Fischer wrote: Fri Sep 25, 2026 10:09 am
tau wrote:Miskien laat ons PH ons vanjaar toe om softs te skiet of Buffels : )

Ek weet nou al hy gaan my vra wat het met die vorige drie Buffels gebeur wat met solids geskiet is.... en dan gaan hy my vra nou hoekom wil jy iets verander wat werk.

My pel skiet ook Spoor 400gr softs en dan Kriek solids. Mens vat mos elkeen 50 patrone saam asof ons gaan oorlog maak op die Buffels.

Sal bitter graag daai Spoor 400gr op 'n frontal, so 4 vingers onder die ken wil indruk en sien wat maak hy aan 'n Buffel.

Nou moet ek hol solids en frontals die internet polisie gaan my kom hang.
Ek ken nie een PH, ek in gesluit, wat klieente toelaat om Solids op buffels te gebruik nie.

Ek gebruik net solids op Olifant.


Sent from my iPhone using Tapatalk
Jong ek is nou nie 'n PH nie, maar ek het darem al so een of twee bokke gejag en totdat ek in Zim begin jag het was 'n solid vir my iets wat die army gebruik.

Ek is 'n baie groot A-frame en Remington Cor Lokt fan. Barnes X het my nog net bokke laat soek.

Ons Ph in Zim skiet meer beheer buffels en Olifante in 'n jaar as was meeste PH's in hulle lewe doen en hy glo in 'n solid. Ja ek besef dan skiet hy en nie klient nie.

As dit by kliente kom is sy argument hy skiet nie met kliente skote sommer oor 50m nie. Nooit in troppe nie so overpenetration is nie 'n gevaar nie. En dan weet hy waar die patroon gaan na impak met 'n solid. Die ander ding is in daai ruigtes kry jy so min kans op 'n broadside blad skoot of daar is takke voor die tref area. Die meeste kanse is op facing frontals. Die 3 Buffels wat ek by was is almal dood binne 20 meter van die eerste skoot met 'n solid 300gr .375.

Ja my leermeester saam met wie ek as jong gids en appy gejag het toe ek nog 'n PH wou word stem ook nie saam nie.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3980
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: 416 Ruger met 400gr koeëls.

Post by tau »

Die Spoor 400grners sommer so vinnig gaan skiet in my middagete oor die bakkie se bonnet. Wou eintlik net spoed kry dat ons kon QL

Eers net twee skote om darem te sien ek is op teiken

Image

En toe drie om spoed te meet met Magnetospeed op die loop.
Image

Average ; 2149fps
S355
75gr

Image

Soos genoem sommer oor die bakkie se bonnet met 'n Aimpont met 0 vergroting op 53meter.

Die geweer skok my. Nog nie een lading was groter 2 MOA op 50 meter nie.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3980
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: 416 Ruger met 400gr koeëls.

Post by tau »

Volgens Cappie is daar op 2240fps en 76.6gr nog 'n node, maar ek sien reeds merke op die kop van die dop en ek is maar 'n sagte outjie ek flinch maklik.

SO ek glo net hier is hy reg en hy skiet baie naby aan my Krieke 380gr solids op 50 meter so ek is reg vir volgende week se Buffel jag glo ek.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3980
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: 416 Ruger met 400gr koeëls.

Post by tau »

Ons het gister twee Ruger .416 Rugers lekker laat praat. Ek en 'n vriend vetrek eersdaaags op 'n Jagtog met die roere en wou seker maak albei roere skiet soos hulle moet.

Daar is nou baie stories en dinge en feite en somme.

In my beskeie opinie moet 'n Gevaarlike wild geweer
1. Skiet waar jy mik
2. Extract extract extract. Ons toest tans lading in die Kaap waar dit nie baie warm is nie skaars 20 Grade en ons jag in 32-40 grade met helse humiditeit.

Ons kon gister sien die .416 Ruger's is verspot akkuraat. Ons het deur albei roere so 30 skote geskiet.
Kriek 380gr EFS
Spoor 400gr Softs
Viper 400gr Bushmaster
Hornady 400gr softs. Alles skiet raak en extract waar ons tans is......
S 355 75gr
Die 20" geweer loop so 2149fps gemiddeld
die 23" loop so 2230fps gemiddeld.
Ons kan verseker die spoed opstoot.En het ook so paar warmer ladings getoets, maar ek glo nie die Bosbeeste sal 'n verskil voel van 60 fps nie.

Dankie almal vir raad.

As iemand wonder oor die roer en kaliber ek het dieselfde gewere in .375 Ruger en .338WM en die .416 laai en skiet makliker as albei.

Ek wil dit vergelyk met 'n 30-06 as dit by laai kom. Alles is net maklik.
Last edited by tau on Tue Oct 06, 2026 12:10 pm, edited 1 time in total.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2156
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: 416 Ruger met 400gr koeëls.

Post by Koos Barnard »

Dit klink alles goed! Geniet die jag en die hitte. Kom vertel 'n mooi storie as julle terug is.
Mooi loop
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5024
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: 416 Ruger met 400gr koeëls.

Post by Frederik »

Lekker reis en jag.
Hercules Louw
Hero Member
Hero Member
Posts: 891
Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm

Re: 416 Ruger met 400gr koeëls.

Post by Hercules Louw »

Ek het my Ruger Alaskan in 416 Ruger kaliber in 2011 gekry, so ek skiet nou al 25 jaar met hom. Die geweer het 'n relatief swaar 20 duim loop en het sonder 'n tromprem uitgekom. Toe ek begin herlaai vir die geweer was buitelandse dryfmiddel nog nie beskikbaar nie, en Somchem was die enigste opsie. Ek het heelwat geëksperimenteer en het na aanleiding van hierdie gesprek besluit om van my data te deel, dalk help dit iemand.

Ek gebruik Lee se "factory krimp die" en alle ladings hieronder gegee is met die betrokke "die" gekrimp. Die Lee "die" werk baie beter as rol-krimp en dit is ook nie so sensitief vir variasies in doplengte nie. Met loodkern koeëls kan jy enige plek krimp, dit hoef nie in die krimpgroef te wees nie.

Die foto hieronder toon van die koeëls waarmee ek al toetse gedoen het.
Van links na regs: 240gr LW Impala, 320gr CFN Impala (Bosvelder), 350gr Impala RN, 400gr Hornady DGX, 400gr Impala RN.
Koeëls.jpg
Hornady 400gr DGX ammunisie het die volgende resultate gelewer:
3 duim groep op 100m
Trompsnelheid 2315ft/s
Hornady het met 84gr dryfmiddel gelaai. In hulle herlaai handleiding is daar eger geen dryfmiddel waarvan die lading bokant 80gr is nie, en 80gr 2000MR lewer 2300ft/s uit 'n 20 duim loop.

Hornady 400gr DGX koeëls gelaai met S341.
Die groeperings was nie na wense nie en ek kon nie veilig by 2250ft/s verby kom nie.
400gr Hornady DGX.jpg
Impala 240gr LW koeëls.
Hierdie koeëls het van die begin af net goed gewerk in my geweer. Ek het S321 kruit gebruik en die fotos hieronder toon die data en resultate. Ek het die 416 altyd met CCI 250 of Federal 215 gelaai. Ek het 'n eland bul, wildebeeste en vlakvarke met hierdie koeëls geskiet en dit het altyd baie goed gewerk. Die 82gr S321 lading het nooit druk probleme veroorsaak nie, maak nie saak of dit warm of koud was nie. Die trompsnelheid met dieselfde lading is vandag net so onder die 3000ft/s teenoor 2890ft/s in 2011. Die geweer skiet steeds net so goed, en die 100 doppe wat ek gebruik is almal al meer as 10 keer herlaai.
240gr Impala.jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Hercules Louw
Hero Member
Hero Member
Posts: 891
Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm

Re: 416 Ruger met 400gr koeëls.

Post by Hercules Louw »

240gr Impala op 200m.jpg
Impala 320gr CFN koeëls.
Hierdie koeëls is nie in Impala se katalogus nie, Kobus du Plessis van Impala Bullets het dit op aanvraag vir my gedraai. Enige persoon kan dit egter by Impala Bullets laat sny. Ek het hier ook S321 dryfmiddel gebruik, maar met CFE 223 sal 'n mens die trompsnelheid sekerlik vandag kan verbeter. Hierdie koeël se profiel laat toe dat 'n mens die dop in die 2de groef kan krimp om sodoende meer spasie vir dryfmiddel te kry.
320gr Impala.jpg
Impala 350gr RN
By grootkaliber skietkompetisies soos bv. die van BASA word die trompsnelheid en massa van jou koeëls gebruik om die tromp-energie te bepaal. Hulle wil seker maak jou geweer skop hard genoeg vir die kaliber klas waarin jy deelneem. Ek het besef dat die Ruger met sy 20 duim loop nie die 400gr koeëls vinnig genoeg kan skiet om met 'n 400gr teen 2400ft/s 416 Rigby te kompeteer nie. Die 350gr het meer belowend gelyk en ek het hulle getoets. Lank terug met S341 en onlangs met CFE 223.

Met S341 was die beste resultate met 78gr lading en 2500ft/s, groep 18mm op 100m. Ek het op 80gr gestop en snelheid was 2555ft/s

Met CFE 223 het ek data in 'n Speer herlaaihandleiding vir 350gr koeëls gekry. Die maksimum volgens hulle is 89.2gr CFE vir 'n trompsnelheid van 2669, loop waarskynlik 22 tot 24 duim.
Ek het toetslading met CFE 223 gelaai van 80gr tot 84gr met die 350gr Impala RN. Hieronder is my resultate, en daar was geen druktekens nie.
350gr Impala met CFE kruit.jpg
400gr Impala RN.
Soos op die foto van al die koeëls gesien kan word is hierdie koeëls baie lank. Ek het op 73gr S341 gestop met die snelheid 2245ft/s. Groeperings was uiters swak en na my mening stabiliseer die koeëls nie behoorlik in my geweer nie.

Opmerkings:
Die 416 Ruger se kort loop en beperkte dopkapasiteit maak dat 'n mens van hoë digtheid dryfmiddels soos CFE223, 2000MR-Pro ens gebruik moet maak indien jy 'n bruikbare trompsnelheid wil bereik. Ek het CFE 223 baie stabiel gevind met klein variasies van skoot tot skoot, selfs met die geweer baie warm. Spoor Bullets het byvoorbeeld op Jaracal aangedui dat die impak-snelheid verkieslik bo 2000ft/s moet wees om te verseker dat die sterk koeëls betroubaar oopmaak. Indien jy op 2200f/s begin is jy op 100m klaar by 2000ft/s. Natuurlik moet 'n mens veilig laai met hierdie tipe dryfmiddels om vir die hitte in Zim of elders voorsiening te maak. Ongelukkig lewer dryfmiddels soos Varget nie genoeg trompsnelheid nie, jy kan net nie genoeg in die dop kry nie.
Ek stem 100% met Wouter saam, vir buffels sal ek definitief een van die 350gr koeëls gebruik soos bv die van Spoor Bullets of Barnes-X

Vir die interessantheid vir manne wat BASA se kompetisies skiet het ek die energiewaardes van die verskillende opsies hieronder geplaas:
240gr Impala teen 2980ft/s - 4734 ft-lbs
320gr Impala teen 2585ft/s - 4749 ft-lbs
350gr Impala teen 2600ft/s - 5210 ft-lbs
400gr 416 Rigby teen 2400ft/s - 5117 ft-lbs

Ek neem geen verantwoordelikheid vir die ladings hier aangetoon in jou geweer nie - begin altyd laer en werk die ladings veilig op in jou eie geweer,
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Post Reply