Gister was ons vinnig skietbaan toe om die teleskope op n jong man se nuwe gewere in te skiet.
Die op- en af verstellings is maklik, maar met die sywaartse verstellings raak ek elke keer deurmekaar.
Vandag by die kerk vra ek n ervare skut en hy lag lekker. Sy antwoord is maklik: "Hy werk soos n bout."
n Gewone bout het regterhand skroefdraad, dus: as jy die horisontale bout indraai skuif die impakpunt na links. Draai hom uit, dan skuif die impakpunt na regs.
n Teleskoop is soos n bout ;)
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1878
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: n Teleskoop is soos n bout ;)
Verbeel jou net die bout stoot die loop, beiede horisontaal en vertikaal.
-
Toxxyc
- Hero Member

- Posts: 1393
- Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am
Re: n Teleskoop is soos n bout ;)
Ek het die draad gekyk en gedink dis deurmekaar, maar nou met Alwin se comment, ja dit maak sin. Dis 'n lekker manier om daaraan te dink, dankie man! Ek neem aan op/af sal dieselfde geld?
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2198
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: n Teleskoop is soos n bout ;)
Ja. Gewoonlik het die vertikale versteller n duidelike pyltjie, maar nie die horisontale versteller nie.Toxxyc wrote: Tue Oct 13, 2026 4:39 am Ek het die draad gekyk en gedink dis deurmekaar, maar nou met Alwin se comment, ja dit maak sin. Dis 'n lekker manier om daaraan te dink, dankie man! Ek neem aan op/af sal dieselfde geld?
(Die uitsondering is blykbaar Schmitt & Bender. Hulle horisontale versteller werk soos n links-om bout).
-
Toxxyc
- Hero Member

- Posts: 1393
- Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am
Re: n Teleskoop is soos n bout ;)
Ek het nog nooit 'n teleskoop gesien wat nie 'n pyltjie op die windage verstelling ook het nie, om eerlik te wees, maar ek het nog alyd gewonder of dit die kruisie skuif of die POI of wat dit nou eintlik skuif.
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2198
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: n Teleskoop is soos n bout ;)
Die kruishaar skuif, en die gevolg daarvan is dat die POI skuif.
Maar ... dit werk omgekeerd, en dit is waar ons deurmekaar raak. Hy moet regs skuif om links te skiet, etc.
Maar ... dit werk omgekeerd, en dit is waar ons deurmekaar raak. Hy moet regs skuif om links te skiet, etc.