Boom gif

Enige ou beproefde Boere rate sal hier welkom wees....
Post Reply
Zuku
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 312
Joined: Mon May 29, 2017 7:28 pm

Boom gif

Post by Zuku »

My vriend het verhuis, Die nuwe huis het een van daai bome (heining bos) wat eintlik onkruid is en groei so hoog soos n boom (tans 4 m) as jy dit nie beheer nie. Die boom is teen die "boundary wall" geplant en is tans besig om die muur al te kraak en oor te stoot.

Watter boom gif gaan die boom doodmaak en sy wortels ook? Ek het al gehoor daar n gif wat die wortels en stam uitdroog en verdor dat daar net poeier oorbly.
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1394
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: Boom gif

Post by Toxxyc »

Jy soek iets met Triclopyr in. Dit is 'n sistemiese plantdoder wat werk op bome en houtagtige plante. Die beste sal wees om die bome naby die grond af te sny en die stompe (veral rondom die buitenste rand) met 'n gekonsentreerde triclopyr te verf. Jy kan blou dye gebruik om te kyk waar jy klaar geverf het.

Dra handskoene en 'n masker. Die goed kan nogals irriteer as dit op jou vel en in jou oë kom. Moenie werk as die wind waai nie. Dit behoort nie gras dood te maak nie maar ek het al gesien hoe gras op 'n kol vrek waar dit gekom het.
User avatar
Dehan.Rheeder
Full Member
Full Member
Posts: 103
Joined: Tue May 13, 2025 8:52 am

Re: Boom gif

Post by Dehan.Rheeder »

ons het hierdie gebruik op 2 palms wat afgesny was teen die grond en hulle het dood gegaan en stadig verbrokkel oor tyd. die gras rondom dit het ook so ietwat swaar gekry maar dit het goed gewerk

https://shop.obaro.co.za/product/kaput-100-gel/
Tikka T3 Lite 30-06
Canik Mete SF Combat 9mm
User avatar
TFDADD
Hero Member
Hero Member
Posts: 1284
Joined: Mon Nov 14, 2016 8:42 am

Re: Boom gif

Post by TFDADD »

Twee middels wat baie effektief is kan gebruik word.

1. Protek se Glyphosate 360 SL - volg aanwysings soos op etiket en spuit boom, struik of bossies op plaveisel, ens. Meer as een aanwending is nodig indien bome of struike redelik groot is - wend aan soos nodig.

Let op: Alle plante waarop die spuitstof kom sal ook vernietig word. Gif maak die wortels van behandelde bome of plante ook dood, maar vergiftig nie die grond nie.

2. Alysa/(Etiket effens beskadig, lyk soos Alysa) se Kaput 100 Gel - smeer bloukleurige gel op stamme van bome wat pas afgesaag is - maak boom dood en alle wortels van die boom ook, Maar vergiftig grond vir lang tyd(1 jaar +) en alle plante wat naby daardie wortels is, vrek summier. - [Sien volgens Dehan se plasing dit is Arysta en nie Alysa nie.]
Dit is lastig en mens grou later wortels uit soos geen vlakvark sal hoop om te kan doen.

Palmboom wortels is meestal net naby die hoofstam en het dus nie so erge gif verspreiding tot gevolg nie.
"Facts are stubborn things; and whatever may be our wishes, our inclinations, or the dictates of our passion,
they cannot alter the state of facts and evidence. ~ John Adams.

We are honest, trustworthy and reliable.
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1394
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: Boom gif

Post by Toxxyc »

TFDADD wrote: Wed Oct 21, 2026 8:23 am1. Protek se Glyphosate 360 SL - volg aanwysings soos op etiket en spuit boom, struik of bossies op plaveisel, ens. Meer as een aanwending is nodig indien bome of struike redelik groot is - wend aan soos nodig.

Let op: Alle plante waarop die spuitstof kom sal ook vernietig word. Gif maak die wortels van behandelde bome of plante ook dood, maar vergiftig nie die grond nie.
Glyphosate is dieselfde as "Roundup". 360 verwys na die konsentrasie - 360g/l gekonsentreerd. Mens kan sterker koop by kooperasie vir baie goedkoper, maar mens moet versigtig wees. Daar is kommer oor langdurige gevolge van blootstelling, so weereens, toe klere (dit word deur mens se vel ook opgeneem), brille, masker, ens as jy spuit. Dit word deur die plant se blare opgeneem so moenie spuit met reen of nat weer nie. Groot bome se probleem is dat daar vrek baie blare is, so jy moet vrek baie spuit.

En ja, dit maak alles dood. Alles. Selfs as dit op die grond kom en jy trap daarin en jy loop oor jou gras, daar waar jy trap sal die gras in kolle vrek.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13626
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Boom gif

Post by Capt. Yoda »

Ek wil nog sien hoe Roundup n boom vrek maak, dalk klein pot plante maar nie n boom wat al n muur om druk nie veral nie as jy dit op die blare spuit nie, as jy gate in die stam boor en die konsentraat daar in gooi dalk. Ek sou elk geval begin deur die boom teen die grond af te sny en gate in die stam te boor en dan die produk van jou keuse in die gate te gooi of op die stam te smeer, daar is n produk Garlon wat goed werk vir dit en daai kaput behoort ook die ding te doen.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1888
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: Boom gif

Post by Ratel »

Koop 'n emmer KAPUT by die kooperasie en smeer 'n kaal deel op die stam. Dis die blou gif wat hulle bo op afgesaagde bome smeer. Die boom vrek tot in die wortels. Jy kry dit in vloeibare form ook.
Maak 'n verskil
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1888
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: Boom gif

Post by Ratel »

Capt. Yoda wrote: Thu Oct 22, 2026 9:10 am Ek wil nog sien hoe Roundup n boom vrek maak, dalk klein pot plante maar nie n boom wat al n muur om druk nie veral nie as jy dit op die blare spuit nie, as jy gate in die stam boor en die konsentraat daar in gooi dalk. Ek sou elk geval begin deur die boom teen die grond af te sny en gate in die stam te boor en dan die produk van jou keuse in die gate te gooi of op die stam te smeer, daar is n produk Garlon wat goed werk vir dit en daai kaput behoort ook die ding te doen.
Jip Rounup of glyphosaat gaan nie werk nie. Miskien net op baie jong boompies
Maak 'n verskil
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1888
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: Boom gif

Post by Ratel »

Hier is wat AI se oor Kaput
Kaput 100 Gel is 'n baie doeltreffende, gereed-vir-gebruik sistemiese onkruiddoder wat spesifiek ontwikkel is vir die beheer van houtagtige indringerplante en die voorkoming van die hergroei van boomstompies. Omdat dit 'n dik gel is, kan dit akkuraat geverf word sonder dat die middel na ander plante waai of dryf.
Hier is die belangrikste besonderhede en hoe om dit korrek te gebruik:

🔬 Aktiewe Bestanddele

Kaput bevat twee kragtige onkruiddoders (Groep 4) wat saamwerk om die plant se groeistelsel permanent te vernietig:
• Picloram (50 g/kg)
• Triclopyr (50 g/kg)

🌳 Waarvoor word dit gebruik?

Dit word gebruik om aggressiewe of indringer-bosse en bome (soos Swartwattel, Suidwes-doring, en Luisboom) permanent uit te wis in weivelde, bewaringsareas, oop gronde en tuine.

📝 Hoe om dit toe te dien (Stap-vir-Stap)

1. Sny die boom of bos: Saag of sny die teikenplant plat en skoon af met die regte gereedskap.
2. Smeer dadelik aan: Verf die Kaput-gel binne 10 minute nadat jy die stam gesny het aan. As jy te lank wag, seël die boom se weefsel homself en kan die gif nie intrek nie.
3. Teiken die groeilaag: Gebruik 'n gewone verfkwas en wend 'n laag van ongeveer 1 mm tot 2 mm dik aan. Fokus veral op die buitenste ring (die kambium- of groeilaag) net onder die bas, aangesien dit die deel is wat die sap na die wortels vervoer.
4. Gebruik die kleurnaspeurder: Die gel het 'n ingeboude helder kleurpigment. Dit help jou om maklik te sien watter stompe reeds behandel is sodat jy nie areas mis of dubbel behandel nie.

⚠️ Belangrike Veiligheidswenke

• Weerstoestande: Moenie dit toedien as dit lyk of dit binne 2 uur gaan reën nie, aangesien die reën die gel kan afwas.
• Beskerm jouself: Dra altyd beskermende handskoene en was jou hande en gesig deeglik na gebruik.
• Omgewing: Alhoewel die gel nie waai nie, is dit uiters giftig vir alle breëblaapplante. Moet dit dus nie op jou grasperk of naby plante wat jy wil behou, drup of mors nie.

🛒 Waar is dit beskikbaar?

Jy kan Kaput 100 Gel in 1 kg-houers koop by landbouhandelaars soos OBARO Online en AFGRI Online, of dit aanlyn bestel via platforms soos Takealot.
•
www.agmarket.co.za
Kaput 100 Gel Systemic Cut-Stump Herbicide 1kg
Features * Synergistic Pyridine Carboxylic Acid Matrix: Combines 50 g/kg Picloram and 50 g/kg Triclopyr to bypass tough plant defe...
•
UPL Corp
KAPUT 100 Gel
Active Ingredients: Picloram potassium salt (50 g/kg), Triclopyr triethylamine salt (50 g/kg), Group 4 herbicide. Hazards: Harmful...
•
Sanitize Today
Kaput 100 Gel 1kg Paint On. Used to Stop Tree Growth After ...
Kaput 100 Gel 1kg Paint On. Used to Stop Tree Growth After Cutting quantity. Add to cart. Description. Kaput is a ready-to-use wat...
Show all
Maak 'n verskil
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1888
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: Boom gif

Post by Ratel »

Skies ek sien nou eers Dehan Rheeder het dieselfde gepos.
Maak 'n verskil
User avatar
TFDADD
Hero Member
Hero Member
Posts: 1284
Joined: Mon Nov 14, 2016 8:42 am

Re: Boom gif

Post by TFDADD »

by Capt. Yoda » 22 Oct 2026 09:10

Ek wil nog sien hoe Roundup n boom vrek maak,
Heeltemal reg soos jy sê, dít omrede Roundup 'n baie flou konsentraat Glysophate bevat - genoegsaam vir bossies, ens. op plaveisel.

Ek het baie ou en groot Privet boom se sy-takke wat op huis se dak begin oorleun het af gesaag en Glysophate 360 SL op daardie ± 4" deursnee afgesaagde takpunte gesmeer, met die idee dat hulle nie weer daar sou uitloopsels maak nie.
En toe vrek die hele Privet boom na 'n tyd geleidelik totdat hy heeltemal dood is.
Edit: Ek sien nou eers/(2 November 2026) hierdie wanbegrip van die gif se werking raak - :):
by Toxxyc » 22 Oct 2026 15:41
So, glyphosate werk deur in die plant opgeneem te word en dan vanaf die wortels te werk. Ek kan nou nie onthou presies watter hormoon of ding dit stop nie, maar dit maak dat die hele plant vrek want hy kan iets nie opneem wat hy nodig het nie, of so iets.
Die ± 4" deursnee afgesaagde takpunte is teen die Privit boom se stam afgesaag en behandel met Glysophate 360 SL - dus logies dat hele boom gevrek het.

Kaput 100 Gel het ek op massale Karee boom wat begin omkantel het gesmeer direk nadat hy afgesaag is en soos reeds gesê, waar daardie wortels in die grond was het talle plante en struike ook gevrek - vir lank het plante wat weer vervang is in daardie Karee wortel areas gevrek, nadat hulle daar geplant is.
Last edited by TFDADD on Mon Nov 02, 2026 6:43 pm, edited 1 time in total.
"Facts are stubborn things; and whatever may be our wishes, our inclinations, or the dictates of our passion,
they cannot alter the state of facts and evidence. ~ John Adams.

We are honest, trustworthy and reliable.
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1394
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: Boom gif

Post by Toxxyc »

So, glyphosate werk deur in die plant opgeneem te word en dan vanaf die wortels te werk. Ek kan nou nie onthou presies watter hormoon of ding dit stop nie, maar dit maak dat die hele plant vrek want hy kan iets nie opneem wat hy nodig het nie, of so iets. Dit werk die beste deur die blare van die plant. Dit sal werk op gesnyde stompe ook, maar jy sal moet baie smeer, en baie vinnig na die plant gesny is anders gaan dit nie genoegsaam opneem nie. Jy moet gewoonlik ook al die groen blare spuit om effektief opgeneem te word.

Roundup is nie die gif wat jy wil gebruik vir bome nie. Dis vir bossies en struike, op die meeste. Ek spuit dit nie eers meer op groter Lantana nie, dit werk net te duur uit.
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1888
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: Boom gif

Post by Ratel »

TFDADD wrote: Thu Oct 22, 2026 3:09 pm
by Capt. Yoda » 22 Oct 2026 09:10

Ek wil nog sien hoe Roundup n boom vrek maak,
Heeltemal reg soos jy sê, dít omrede Roundup 'n baie flou konsentraat Glysophate bevat - genoegsaam vir bossies, ens. op plaveisel.

Ek het baie ou en groot Privet boom se sy-takke wat op huis se dak begin oorleun het af gesaag en Glysophate 360 SL op daardie ± 4" deursnee afgesaagde takpunte gesmeer, met die idee dat hulle nie weer daar sou uitloopsels maak nie.
En toe vrek die hele Privet boom na 'n tyd geleidelik totdat hy heeltemal dood is.

Kaput 100 Gel het ek op massale Karee boom wat begin omkantel het gesmeer direk nadat hy afgesaag is en soos reeds gesê, waar daardie wortels in die grond was het talle plante en struike ook gevrek - vir lank het plante wat weer vervang is in daardie Karee wortel areas gevrek, nadat hulle daar geplant is.
Ek het dit anders met Kaput. My vrou het nice blomme in n groot pot. Toe kom daar van hierdie boom tipe waaier plane op. Weet nie wat hulle dit noem nie. Ek sny die waaier plant af en smeer bietjie kaput op waaier plant se stam wat so dik soos n 308 dop is. Plant het gevrek en blomme grooei nou mooi.
Maak 'n verskil
DeVilliers
Full Member
Full Member
Posts: 149
Joined: Mon Aug 28, 2017 9:01 am

Re: Boom gif

Post by DeVilliers »

More,

Ja, ek gaan seker nou in die moeilikheid wees....maar hoe maak ek die buurman se boom dood met die goed?
My buurman agter my doen net niks en steur hom nie aan my versoek om die boom af te sny nie. Die muur is op 40 plekke gekraak. Die honde blaf vir mekaar deur die krake, want hulle kan mekaar sien.
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1394
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: Boom gif

Post by Toxxyc »

DeVilliers wrote: Fri Oct 23, 2026 8:25 am More,

Ja, ek gaan seker nou in die moeilikheid wees....maar hoe maak ek die buurman se boom dood met die goed?
My buurman agter my doen net niks en steur hom nie aan my versoek om die boom af te sny nie. Die muur is op 40 plekke gekraak. Die honde blaf vir mekaar deur die krake, want hulle kan mekaar sien.
Jy soek Limpopo: https://www.agmarket.co.za/limpopo-200- ... icide-25kg

Pasop, dit maak alles dood waarmee dit in aanraking kom. Jy gooi die korrels onder die boom en maak hulle nat in die grond in. Dis gemaak om goed soos bankrotbos uit te roei waar blaartoediening nie effektief is nie.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13626
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Boom gif

Post by Capt. Yoda »

Limpopo se naam was altyd Grazer gewees, dis aanvanklik gebruik vir bos beheer uit die lig uit in dele soos Tosca om driedoring en swarthak vrek te maak sonder om gras en gevestigde plante vrek te maak. Dit maak nie alles vrek wat dit in aanraking kom nie dit maak broodleave plante en goed soos bome vrek. Dis basies die prinsiep waar op goed soos pure lawn baseer is maar dit werk wel lekker om n boom vrek te maak net so voor en lekker reen bui.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
DeVilliers
Full Member
Full Member
Posts: 149
Joined: Mon Aug 28, 2017 9:01 am

Re: Boom gif

Post by DeVilliers »

Dankie. Ek wil nie regtig nie, maar ek is raadop.
Zuku
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 312
Joined: Mon May 29, 2017 7:28 pm

Re: Boom gif

Post by Zuku »

DeVilliers wrote: Fri Oct 23, 2026 8:25 am ...maar hoe maak ek die buurman se boom dood met die goed?
My een buurman het n denneboom gehad toe ek n ander huis gekoop het. Die takke was so laag ek kan in die swembad staan en aan die lang takke kan raak. Die naalde het my en ander buurman se filter elke 2de week verstop en water is permanent groen agv van naalde se suur. In die somer is die helfte van die swembad permanent in die skaduwee. Ek het met die buurman gaan gesels. Hy wou ook niks weet nie en ek het die 3 laagste takke afgesny wat ek met my leer kon bereik.

Die boom was so drie en n half meter weg vanaf die erf muur. Ek het so n 3m 40mm water pyp gevat en groewe in die eenkant gesny en die punt soos n houtboor gevorm en skerp gemaak. Die ander kant het ek 4 gate geboor vir so n "T piece bar". Die pyp het soos n ou "hand auger" boor werk. In my erf het ek n gat geboor tot by die boom wortels. So elke 4 maande het ek n koppie gif ingegooi in die gat. Toe ek sien die boom begin vrek het ek los sand natgemaak soos n "slush" en in die gat gegooi om die gat weer toe te maak. DIt het het die boom eindelik vrek gemaak.
Post Reply