Hoe om nie gescam te word nie en hoe om scammers uit te ken

Enige iets pas hier/ discuss anything here
Post Reply
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13654
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Hoe om nie gescam te word nie en hoe om scammers uit te ken

Post by Geno »

- As die prys te goed is om waar te wees, is dit reeds 'n rooi vlag.
- GoTyme, CashSend, E-Wallet ens. is rooi vlae.
- Google image search die fotos van die item. Gewoonlik sal hy daar uitdop.
- Truecaller wys soms dat dit scammers is as jy die nommer search.
- Nuwe profiele of lede op forums en Whatsapp groepe moet jy lig loop voor.
- Vra vir vreemde versoeke, soos bv. videocall met die item in sy hand ens. Hy sal gewoonlik 'n video van die item stuur met sy stem. Dis waarskynlik 'n oorgeklankde screen recording met net sy stem in. Vra vir mees as een foto, en sê hom jy wil net sekermaak als is reg.
- Stuur 'n pel om te gaan kyk! As hy 'n moer klein dorpie in die middel van nerens noem, pasop. Maak baie goed seker.
- As jou sesde sintuig jou waarsku, luister vir hom en stap weg!
- Moenie val vir 'n storie dat daar ander mense ook die item soek en jy dadelik moet betaal nie.
- Admin kan jou nie altyd help nie. Ons het ook lewens buite forums en groepe.
- Admin kan nie almal screen voor hul toegelaat word nie. Enigiemand kan 'n gmail adres skep en 'n simkaart kry sonder Rica ens. Jy moet self sekermaak die deal is reg.
- Kontak jou bank se bedrog afdeling as jy gescam is. Soms is jy gelukkig en kry jy (van) jou geld terug.
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
finch
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 465
Joined: Thu Jul 14, 2016 2:44 pm

Re: Hoe om nie gescam te word nie en hoe om scammers uit te ken

Post by finch »

Mag hierdie bietjie motivering vir almal wees om meer deel te neem aan die forum en dit nie net te gebruik as n aanlyn mall nie. Iemand wat al vir 10 jaar lid is maar steeds net 3 posts gemaak het en 2 van die 3 is om goeters te verkoop bly vir my n vreemdeling en ek probeer om hulle goeters te ignoreer (Dis moeilik as dit lyk soos n bargain). Teenoor iemand heelwat korter lid is en al baie bygedra het met skiet of jag stories of raad hoe hy ontslae geraak het van sy flyers etc.

Dalk maar tyd die reels bietje aan te pas om minimum posts bietjie op stoot en verpligtend te maak voor jy iets adverteer. Daar is nie n fool proof plan om van skurminkels ontslae te raak nie en met AI aan die skelm se kant raak dit amper onmoontlik om skelms te identifiseer, so wees maar versigtig en vrae liewer simpel vrae soos video call gou en stap met item na jou naaste wasbak. As die ou die item wil verkoop sal hy dit doen en hopelik verstaan hoekom jy versigtig is. As hy n scammer is gaan hy of n lang storie he of aggressief vir jou laat probeer sleg voel of net ophou kommunikeer met jou. Dan het jy in elk geval gewen.

My 2 sente en vrede vir julle (skelms uitgesluit)
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7568
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Hoe om nie gescam te word nie en hoe om scammers uit te ken

Post by Wouter Roets »

More mede Jaracallers

Net om aan te sluit by Geno;

Daar is n rede hoekom ons n minimum van 25 posts of ses maande lidmaatskap reel by die adveerteer van goedere het. As n persoon met die intrapslag hier begin smous is dit n rooi lig. Scammers oor die algemeen slaan toe so vinnig as hy kan en het nie die geduld wat ons reels van hom verlang nie. Koop maar by die manne wat gereeld hier betrokke is, want oor die algemeen is hier bitter min probleme met die transaksies.

Groete
Wouter
Dawie Malan
Hero Member
Hero Member
Posts: 844
Joined: Fri Aug 03, 2012 11:38 am

Re: Hoe om nie gescam te word nie en hoe om scammers uit te ken

Post by Dawie Malan »

Baie goeie raad!

Enige ou met 'n gmail, proton, outlook of yahoo adres kan 'n rooi vlag wees.
Sipho se Swarovski op Faceboek Marketplace. Bly weg.
Pasop vir pop-up websites met goedkoop generators en troeteldiere.
En moenie die item wegstuur voor die geld nie in jou rekening wys nie.

Groete
Daaf
Zuku
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 310
Joined: Mon May 29, 2017 7:28 pm

Re: Hoe om nie gescam te word nie en hoe om scammers uit te ken

Post by Zuku »

Iewers op net gekry

HOW TO SPOT A SCAMMER IF YOU ARE BUYING
Always remember the golden rules of buying and selling online. Do your homework. The good guys are out there, just know how to spot and avoid the scammers.
If it is too good to be true, the big RED flags should start waving.
If you have not inspected, you have neglected. Ask someone to inspect the item on your behalf if the item is out of town. There are Forum members who will gladly assist you with this.
If you don’t have someone to inspect the item for you, find a shop that deals in that item close to seller and arrange with the shop to inspect the item on your behalf if possible.
If the seller does not want to meet to have the items inspected (Condition and Functioning of item) or always have an excuse to not attend a meeting, cancel the deal.

Never E wallet,E Cash, Bitcoin or EFT to smaller newer and unknown banks like Capitec or Tyme bank.
Never pay as Gift or Family and Friends on PayPal or other Payment systems. You have then no recourse to recover lost money or item.
Watch out for post count of seller. Newbies and low post counts should wave another RED flag.
Watch out for post that verify the seller or give good feedback of seller from Newbies or low post count Members.
Ask the seller to take a photo of his face with the item (He was quick to give you a copy of his ID).
Ask the seller to take a photo of the license and paperwork in case of a firearm or vehicle.
Ask the seller to take photos of the Model no and Serial no of the item and from different angles of the item.
Ask the seller to take a photo with your name and today's date and time on a piece of paper next to the item.
Ask the seller to make a video clip of the item of the seller describing the item and mentioning your name and today's date and time and showing how the item functions.

Google search the photo and see if it is not used somewhere else. Look out for photo shopped photos.
Google the website and given address.
Try and establish a video call with the seller. No video call, red flags.
Look out for misspelling of words or incorrect info of the item.
Seller doesnt know much about the item.
You are being pressured to do the deal and transfer money ASAP.
You need to pay a deposit to keep the item for you.
Seller is getting rude or in a hurry when you ask too many questions.
Before doing an EFT confirm via the Bank that the Bank details of account holder and seller are the same.
“EMPTOR CAVEAT”
Post Reply