Naand.
My pa het n paar jaar terug vir hom ‘n Savage Axis 30-06 by Safari gekoop. Hy is al oud en het nog ‘n paar jagte in hom, dus wou hy nie ‘n fortuin spandeer op n wapen nie. Die wapen kom met een van daai plastiek kolwe en in Julie 2021 koop hy vir hom ‘n Warrior Chassis (dis natuurlik vanaf www.gunwarrior.co.za). Daai geweer het nooit weer reg geskiet nie hierna nie. Hy het alles probeer. Tonne ammunisie uitgeskiet.
Ek het toe eendag ammunisie gelaai en saam hom gaan skiet. Die geweer skiet soos ‘n haelgeweer. Groepering is seker so 6 duim as jy gelukkig is.
Die arme ou man het naderhand moed opgegee. Ek het vir hom gesê hy moet daai verdomde chassis terug stuur, maar ek dink hy was so gadvol dat hy moed opgegee het.
Sowat ‘n twee jaar terug het hy begin om alzheimer simptome te openbaar. Ek het hierdie jaar begin om al sy wapens oor te neem. Met die betrokke 30-06 in my naam het ek begin kyk. Die kolf is nie reg gemasjineer nie. As jy een van die aksie skroewe los maak dan wip die aksie somer los. Ek het engineering blue op die kolf gesit en weer aanmekaar gesit. Jy kan duidelik sien die aksie vang aan die kante. Om die waarheid te se die platkant, wat die aksie skroef neem, voor die recoil lug maak nie eens kontak met die kolf nie.
Ek het die fotos vir Gun Warrior gestuur en hulle het gevra ek moet die kolf vir rhulle stuur. Na dat hulle vir 4 weke met die kolf gesit het, kon ek net nie enige terugvoer uit hulle kry nie. Ek het gebel, eposse gestuur, maar hulle het net aangehou my ignoreer. Vanmiddag het ek gebel en aangedring op terugvoer. Volgens hulle kan hulle niks doen voor hulle nie n wapen in die hande kry nie. Ek weet die betrokke wapen is nie volop nie, so nou is ek geskroef. Hulle sal probeer om n wapen te kry maar daar is geen waarborg dat dit sal gebeur nie en ek sal dan maar geduldig moet wag.
Hierdie situasie is glad nie vir my aanvaarbaar nie. Hoe kan hulle n precision kolf maak wat nie presies is nie, en dan nog ‘n kliënt se geld vat, maar hulle het geen manier om dit te ondersteun nie. Nou het hulle nog boonop ʼn houding van ons sal probeer om jou te help, maar no guarantees en sorrie vir jou.
Ek voel hulle het my pa deur die ore gewerk en nou wil hulle hé ek moet maar net die situasie aanvaar. So gooi ek nou maar die kolf weg en die geld wat dit gekos het.
Dis nie reg nie, en ek sal nie weer met hulle besigheid doen nie. Ek het baie meer van hulle verwag.
Gunwarrior - Swak dien, swak produk
-
gerrie_CPT
- Full Member

- Posts: 140
- Joined: Thu Feb 01, 2018 2:20 pm
- Pvdw
- Hero Member

- Posts: 5152
- Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
Re: Gunwarrior - Swak dien, swak produk
Ek het 3 van hul knaldempers. Ek is tevrede met die produk maar ek kan beaam dat hul admin swak is en dat jy sukkel met info. Ek bly gelukkig in Pta en ry sommer soontoe en kyk hulle in die oë.
- Askari
- Hero Member

- Posts: 728
- Joined: Wed Sep 04, 2013 9:56 am
Re: Gunwarrior - Swak dien, swak produk
Ek het 'n probleem daarmee om iemand se alie te lek om my geld te vat. Ek sal betaal vir goeie diens, 'n verhouding bou en 'n paadjie stap met die besigheid.... maar ek wil nie sukkel nie. 'n Oorlede wapensmid vriend het altyd gesê "enigiemand kan 'n fout maak, dit is hoe jy dit regmaak wat saak maak".
Jou ervaring gee my 'n slegte smaak in my mond. Dit is jammer dat hulle nie gestaan het by hul produk nie, maar ek reken jou besluit om "weg te stap" is die beter besluit. Soms is dit die beter ding om te doen vir jou menswees.

Gooi lood!!!!
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8014
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Gunwarrior - Swak dien, swak produk
Ek het nog altyd goeie diens en produkte by Gunwarrior gekry. Gelukkig is ek nooit haastig nie so die admin ding pla my nie, alhoewel ek dit self al ondervind het.
Ek moes ook al 'n MDT chassis laat bed wat nie wil skiet nie en ek weet van ander ouens wat dit ook al moes laat doen. Slefs al is die masjienering op 'n chassis 100% reg waarborg dit nie dat die aksie 100% gaan pas nie. Dit is ongelukkig toleransies in so stelsel en selfs al wil jy 'n chassis goed en konstant wil laat skiet is bedding baie keer nodig. Mense kan met my verskil hieroor maar dit is my ondervinding.
Savage is 'n goedkoop massa vervaardige produk. Daar is nie 'n ander manier rondom dit nie. Toleransies na die verkeerde kan toe op die chassis en jou aksie sal maak dat jy presies ervaar wat jy doen. Die goedkoopste is om die chassis te laat bed en so die probleem op te los. Maar ek verstaan jy is gatvol en dit maak dat mens nie sommer weer vertroue in daai kombinasie het nie.
Nou ja, ek is jammer om van jou Pa se ondervinding en kondisie te hoor. Dit is nie lekker nie!
Dit is reg en goed om te kla. Met meer informasie kan mens ingeligte besluite maak.
Van my kant af dink ek Gunwarrior doen moerse baie vir die industrie en sal hulle bly ondersteun.
Dankie vir die deel van julle ervaring en sterkte met jou Pa!

- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13636
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Gunwarrior - Swak dien, swak produk
Ek ken wel vir Warren en van die mense wat daar werk maar dit gese ek het nog net top klas diens daar gekry.
Ek weet nie hoeveel mense ek al hul chassis van verskillinde verskaffers af laat bed het omdat die gewere nie wou skiet nie, die keer toe ek my kop gestamp het en ook n chassis wou he het hulle aan gedring op die barreld action om seker te maak alles pas reg so daar is maar toleransies op alles en sonder die aksie self daar is dit maar n geraai, gelukkig het ek tot my sinne gekom voor ons begin sny het.
Soos Arnold se bed die aksie in die chassis en gaan aan met die geweer, die swak diens kan ek ongelukkig nie mee help nie ek het nog nooit vir n antwoord op n WA gewag nie.

A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
JDEls
- Full Member

- Posts: 216
- Joined: Wed Apr 20, 2016 1:37 pm
Re: Gunwarrior - Swak dien, swak produk
Dis altyd vir my so hartseer dat mense so maklik op 'n openbare platvorm dinge sê wat 'n brand skade kan aanrig.
Ek loop al vir baie jare 'n nou-pad saam Warrior, en kan getuig dat hulle baie meer vir die skietgemeenskap doen as die slegte ervaring wat een uit 10000 mense ervaar.
Sent from my SM-S926B using Tapatalk