Ek gaan nie 'n vreeslike storie skryf nie.
Al wat wel erg was is die opgewondenheid voor die jag!!!!
Ons jag is verfilm as deel van 'n advertensie veldtog vir 'n nuwe safari maatskappy. So nou kan ek nie eens die waarheid verdraai nie, julle sal op Youtube die waarheid sien.
Ons is vir 6 jag dae weer na die Save Vallei om bestuurs Buffels te jag. Hierdie keer is ek saam met my maat van baie jare. Ons jag baie saam, maar hierdie is sy eertse buffel jag. Ons het saam Natuurverwaring geswot en later vir SANparke gewerk.
Na 'n lang soektog hier het ek my Ruger .375 Ruger opgegradeer na 'n .416 Ruger en Coenraad het Geno se .416 Ruger gekoop. Ons het Kriek se 380gr Cupnose solids en Spoor se 400gr softs gelaai. Albei roere was verspot akkuraat en is albei toegerus met Aimpoint Micro rooikol vesiere.
Coena is baie vaardig met sy AR en 'n reddot en ek ook redelik, maar steeds het ons voor die jag na aan 100 skote staande geskiet met die gewere om hulle te toets en onself gewoond te kry aan Veiligheids klep af druk, skiet, herlaai ens.
Zimbabwe Buffel Jag- Groot opgewondenheid-
- tau
- Hero Member

- Posts: 3996
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
- tau
- Hero Member

- Posts: 3996
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: Zimbabwe Buffel Jag- Groot opgewondenheid-
Die herlaai besigheid oordoen ek altyd. Laai so baie patrone en die hoop is om twee te gebruik. Een vir inskiet en een vir jou buffel.
Hoe bevoorreg is ons nie om twee plaaslik vervaardiger op die forum the kan hê wat vir ons Top klas koeëls maak.
Spoor 400gr Softs en Kriek 380gr Cupnose solids.

Oefen op my baan

Coena se eerste skote met sy eie gelaaide patrone.

'n foto van rondom 2005 rond toe ons nog jakkalse gejag het en nie in die aand geslaap het nie.

Hoe bevoorreg is ons nie om twee plaaslik vervaardiger op die forum the kan hê wat vir ons Top klas koeëls maak.
Spoor 400gr Softs en Kriek 380gr Cupnose solids.

Oefen op my baan

Coena se eerste skote met sy eie gelaaide patrone.

'n foto van rondom 2005 rond toe ons nog jakkalse gejag het en nie in die aand geslaap het nie.

Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
- tau
- Hero Member

- Posts: 3996
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: Zimbabwe Buffel Jag- Groot opgewondenheid-
Vir ons Kapenaars is die trip na Save 'n lang een.
02;30 weg by die huis.04;00 op die lughawe om wapens in te check en alles deur toe book na Bulawayo. Dan die 06:00 vlug na JHB en dan na Bulawayo. Daar spring ons in 'n voertuig en ry 6 ure oos na die Save.

Vlieg is mos lekker as jy opgewonde is
Coenraad is helemal mal en het my verbaas met 'n verskriklike mooi mes. Wat 'n stuk gereedskap!!!

Die is al my derde jaar op die trip so ek weet waar om te stop vir germaanse bruis drankies. Die lokale mense is altyd vrinnelik en bewys net wat 'n wonderlike plek Zim is.

Die Save het ongekende reën in einde September en begin Oktober gekry die plek was groen!!!!

-
partner
- Hero Member

- Posts: 1001
- Joined: Sun Jun 19, 2011 8:24 pm
Re: Zimbabwe Buffel Jag- Groot opgewondenheid-
Jissie baie dankies vir Fotos en Storie. Ek geniet dit Baie.
- tau
- Hero Member

- Posts: 3996
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Zimbabwe Buffel Jag- Groot opgewondenheid-
Ons jag was vanaf 7-13 Oktober gewees. Nou die wat daardie wêreld ken dit is hulle "hell Month" soos hulle hom roep.
Ons het wel die 7de opgetsaan in die mooste klamste koelte!!!! Vreemde besigheid.

Soos altyd eers die roere gaan inskiet en ek het Coena het elkeen 'n solid en 'n soft geskiet. Na die skiet was daar 4 gaaitjie in die bullseye op 50meter.

Ons het begin rond ry en het sommer dadelik gaan vassit in 'n driffie net na die kamp waardeur ek al 100de male is. Gelukkig het die Cruiser 'n winch op en ons kon uitkom.