M95 small ring Mauser in 7x57mm herlaai data

Post Reply
User avatar
PRIVATE RYAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 543
Joined: Wed Nov 24, 2010 8:52 am

M95 small ring Mauser in 7x57mm herlaai data

Post by PRIVATE RYAN »

Dagsê!

Ek is nou na 6 maande se prep, lees, YouTube, AI, etc gereed om my eerste rondtes te laai.

Ek wil egter net hier ook vra, want regte wêreld ondervinding is die belangrikste.

Ek het:
- 140gr Federal Fusion bonded soft points (langer afstande, kleiner wild en papier)
- 140gr Nosler Accubond vir korter afstande in die bos en as 'n BWB my storm. (Ek het nog baie 175gr PMP Pro_Amm ook)
- Norma URP dryfmiddel (klomp blikke op veiling gekoop)

Addisionele inligting:
- My afstand na "jam" is 3.17" gemeet met "Gun Blue" se metode (los punt in "throat" en meet verskil met laaistok)
- Beplande TPL is 3.14" (3.17 - 0.03)
- Die geweer skiet alles van 140gr tot 175gr met TPL van 2.9" tot 3.17" baie netjies, so ek glo hy is "forgiving"
- Die Federal PowerShok 140gr skiet teen 2 626 ft.s-1, met geen tekens van druk, maar ek is 'n leek met dit.
- Aksie is in soos nuwe toestand
- Loop is 'n Musgrave 22.2"

Plan:
- Norma URP ladder 40gr | 40.5gr | 41gr > maks 42gr of 2 500 ft.s-1 (wat ookal eerste kom)
- TPL 3.14" met Federal, sal Nosler AB meet sodra ek die punte kry

Dankie manne, julle hulp word hoog op prys gestel en ek sal luister as julle iets wil verander.

Sal ook baie help as iemand dalk die PSI kan uitwerk? Nog nie 'n kenner met die sagteware nie.

Mooi loop.
J le Roux
Hero Member
Hero Member
Posts: 1117
Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am

Re: M95 small ring Mauser in 7x57mm herlaai data

Post by J le Roux »

Ek sou nie skaam wees vir daai 174g Pro Ams in die bos nie, veral omdat jy klaar planne het vir platskiet 140s.

Lekker geweer en kaliber.
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
User avatar
PRIVATE RYAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 543
Joined: Wed Nov 24, 2010 8:52 am

Re: M95 small ring Mauser in 7x57mm herlaai data

Post by PRIVATE RYAN »

Ek het baie sukses met die 175gr in die bos gehad.

"Probleem" is ek het 3 gewere wat daai job doen 30-06 en 8mm Mauser.

So die plan is om 'n "vlakte" geweer te maak van die 7mm.

Ook oorweeg om 110gr met die 30-06 te skiet, maar hy skiet 180gr op 'n tiekie.

Eintlik kort ek net een geweer, maar moet vir niemand sê nie......
Post Reply