Hornady GMX Jagkoeels - Praktiese Jaracal toets
-
Stefan764
- Hero Member

- Posts: 3616
- Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am
Re: Hornady GMX Jagkoeels - Praktiese Jaracal toets
Vir wat dit werd is (aangesien nog n topic van my in sy moer is), ons het hier by my in die S&O shop n versameling begin van herwinde koeels. Onlangse data wat ingesamel word. n Toolboks vir elke fabrikaat koeel en binne n banksakkie met die koeel en jou data op. Die manne wat regtig belang stel kom gesels gerus hier met ons.
Groete/Cheers
Stefan
Groete/Cheers
Stefan
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
- VdWalt
- Hero Member

- Posts: 3412
- Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm
Re: Hornady GMX Jagkoeels - Praktiese Jaracal toets
Hie hie - eks nog nie klaar nie.
1.
2.
3. Is 'n FMJ 'n gepersde koeel of nie?
Ek luister in spanning hier by die radio.
Groete
Van der Walt
Almal wat verkeerd is? Siende dat jy aan hou om my reg te help, help asb nog so bietjie hier:Gerard wrote: Ek probeer die wanpersepsies hanteer uit hoofde van wat ek weet.
1.
Is die mite nie dalk dat die energie die bok dood maak nie? As die koeel nou wel in die bok stop, waar gaan die res van die energie heen? Ek s? weer ek glo ook nie die energie maak die bok dood nie, maar die gat in die bok.Biltongjagter wrote:Die bewering dat meer energie in die bok geplaas word (total energy dumping) deur die koe?l wat nie volledig penetreer nie, in vergelyking met die koe?l wat w?l volledig penetreer (dwarsdeur), is 'n mite.
2.
Sou 'n 150gr GSC @ 3200fps meer momentum gehad het as die GMX 150gr @ 3200fps? Indien nie, sou dit dan die momentum of die vorm van die koeel wees wat bepaal of die koeel gaan deurgaan?Biltongjagter wrote: So is die belangrikheid van voldoende momentum tydens impak - oor die effens verder afstande - ook uitgelig om jagters te laat besef dat dit 'n belangrike aspek is waaraan aandag gegee moet word - en nie noodwendig om 'n herwinde koe?l met ho? gewigsbehoud uit die bok te kan haal nie.
3. Is 'n FMJ 'n gepersde koeel of nie?
Ek luister in spanning hier by die radio.
Groete
Van der Walt
-
Gerard
Re: Hornady GMX Jagkoeels - Praktiese Jaracal toets
DWB,
Dit is die ouens wat gnoem het wat hulle gebruik. Sommige manne het meer as een fabrikaat genoem en dit is net die telling van die fabrikate wat gebruik is.
VdWalt,
1. Ons stem aldrie saam. Jy en Koos s? dieselfde ding en ek stem. Ek verstaan nie die vraag nie.
2. Die momentum van een 150gr koeel is dieselfde as 'n ander, want dit is spoed x gewig. As daar 'n verskil is, is dit dat die verhouding van momentum met frontale area, die diepte van penetrasie bepaal.
3. As dit 'n FMJ met 'n kern is, is dit gepers.
Dit is die ouens wat gnoem het wat hulle gebruik. Sommige manne het meer as een fabrikaat genoem en dit is net die telling van die fabrikate wat gebruik is.
VdWalt,
1. Ons stem aldrie saam. Jy en Koos s? dieselfde ding en ek stem. Ek verstaan nie die vraag nie.
2. Die momentum van een 150gr koeel is dieselfde as 'n ander, want dit is spoed x gewig. As daar 'n verskil is, is dit dat die verhouding van momentum met frontale area, die diepte van penetrasie bepaal.
3. As dit 'n FMJ met 'n kern is, is dit gepers.
- VdWalt
- Hero Member

- Posts: 3412
- Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm
Re: Hornady GMX Jagkoeels - Praktiese Jaracal toets
Dankie Gerard.Gerard wrote:

Op punt 1. Koos se die koeel wat deur gaan en die een wat stop dra die selfde energie oor op die bok, dis dalk nie wat hy bedoel nie maar dis wat hy se.
Groete
Van der Walt
Last edited by VdWalt on Tue Nov 08, 2011 6:58 pm, edited 1 time in total.
-
Gerard
Re: Hornady GMX Jagkoeels - Praktiese Jaracal toets
Koos G: Die bewering dat meer energie in die bok geplaas word (total energy dumping) deur die koe?l wat nie volledig penetreer nie, in vergelyking met die koe?l wat w?l volledig penetreer (dwarsdeur), is 'n mite.
Ek sien wat jy bedoel. Dit sal egter 'n baie moeilike berekening wees om te maak. Dit sal moet insluit hoeveel energie die koe?l uitdien op sy eie vervorming en watter koe?lvorm energie meer effektief benut of afgee. Dit sal haas onmoontlik wees en, gegewe dat 'energy dump' 'n nul entiteit is, 'n oefening in niks.VdWalt: Koos se die koeel wat deur gaan en die een wat stop dra die selfde energie oor op die bok, dis dalk nie wat hy bedoel nie maar dis wat hy se.
-
Biltongjagter
Re: Hornady GMX Jagkoeels - Praktiese Jaracal toets
Goeienaand VdWalt,
Let daarop dat 'energie'/ 'kinetiese energie' as sulks, slegs 'n handige maatstaf is en opsigself geen werk kan verrig nie. Die 'werkverrigter' in ons geval waar dit oor koe?ls gaan, is momentum van die koe?l.
Maw selfs 'n koe?l wat aanvanklik oor meer momentum beskik, kan dalk swakker presteer/penetreer as 'n koe?l wat oor minder aanvanklike momentum beskik.
Dit is alleen moontlik agv die ontwerp van die verskillende koe?ls.
Lees mooi wat Gerard hier geantwoord het:
Die koe?l wat weens sy ontwerp die vlerkies afgooi en sodoende sy frontale area verklein, benut dus sy momentum beter en penetreer dieper of dan volledig selfs.
Die koe?l wat sy vlerkies behou benut dus sy momentum swakker, weens hierdie swakker verhouding van momentum met die veel groter frontale area, wat baie harder werk vereis om voortgedryf te kan word, gevolglike swakker penetrasie en meer koe?ls word herwin.
As jy nou weer my stelling lees, dan sien jy wat ek werklik bedoel.
Groete,
Koos.
'Beter energie benutting' sal dalk meer beskrywend en verstaanbaar wees om hierdie konsep te verduidelik.1. Koos se die koeel wat deur gaan en die een wat stop dra die selfde energie oor op die bok

Nou kom ons by die kruks van die saak -2. Die momentum van een 150gr koeel is dieselfde as 'n ander, want dit is spoed x gewig. As daar 'n verskil is, is dit dat die verhouding van momentum met frontale area, die diepte van penetrasie bepaal.
Die koe?l wat weens sy ontwerp die vlerkies afgooi en sodoende sy frontale area verklein, benut dus sy momentum beter en penetreer dieper of dan volledig selfs.
Die koe?l wat sy vlerkies behou benut dus sy momentum swakker, weens hierdie swakker verhouding van momentum met die veel groter frontale area, wat baie harder werk vereis om voortgedryf te kan word, gevolglike swakker penetrasie en meer koe?ls word herwin.
As jy nou weer my stelling lees, dan sien jy wat ek werklik bedoel.
En d?t is wat vir jagters belangrik is, om die beste keuse uit moontlike beskikbare produkte op die mark, te kan maak en die grootste moontlike mate van sukses in hulle jagte te verseker.Die bewering dat meer energie in die bok geplaas word (total energy dumping) deur die koe?l wat nie volledig penetreer nie, in vergelyking met die koe?l wat w?l volledig penetreer (dwarsdeur), is 'n mite.
Groete,
Koos.
- Jagtersdok
- Global Moderator

- Posts: 2034
- Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm
Re: Hornady GMX Jagkoeels - Praktiese Jaracal toets
Oom GerardBiltongjagter wrote: Goeienaand VdWalt,
'Beter energie benutting' sal dalk meer beskrywend en verstaanbaar wees om hierdie konsep te verduidelik.1. Koos se die koeel wat deur gaan en die een wat stop dra die selfde energie oor op die bok
Let daarop dat 'energie'/ 'kinetiese energie' as sulks, slegs 'n handige maatstaf is en opsigself geen werk kan verrig nie. Die 'werkverrigter' in ons geval waar dit oor koe?ls gaan, is momentum van die koe?l.
Maw selfs 'n koe?l wat aanvanklik oor meer momentum beskik, kan dalk swakker presteer/penetreer as 'n koe?l wat oor minder aanvanklike momentum beskik.
Dit is alleen moontlik agv die ontwerp van die verskillende koe?ls.
Lees mooi wat Gerard hier geantwoord het:Nou kom ons by die kruks van die saak -2. Die momentum van een 150gr koeel is dieselfde as 'n ander, want dit is spoed x gewig. As daar 'n verskil is, is dit dat die verhouding van momentum met frontale area, die diepte van penetrasie bepaal.
Die koe?l wat weens sy ontwerp die vlerkies afgooi en sodoende sy frontale area verklein, benut dus sy momentum beter en penetreer dieper of dan volledig selfs.
Die koe?l wat sy vlerkies behou benut dus sy momentum swakker, weens hierdie swakker verhouding van momentum met die veel groter frontale area, wat baie harder werk vereis om voortgedryf te kan word, gevolglike swakker penetrasie en meer koe?ls word herwin.
As jy nou weer my stelling lees, dan sien jy wat ek werklik bedoel.En d?t is wat vir jagters belangrik is, om die beste keuse uit moontlike beskikbare produkte op die mark, te kan maak en die grootste moontlike mate van sukses in hulle jagte te verseker.Die bewering dat meer energie in die bok geplaas word (total energy dumping) deur die koe?l wat nie volledig penetreer nie, in vergelyking met die koe?l wat w?l volledig penetreer (dwarsdeur), is 'n mite.
Groete,
Koos.
Ek lees nou baie mooi wat hier ges? is die koeel wat sy vlerkies afgooi verbruik die energie beskikbaar meer effektief om beter penetrasie te bereik. Is ek reg as ek dit s??
En die koeel wat musroom/vervorm het swakkerpentrasie vanwee die groter oppervlak/ meer vrywing/ en energie wat gebruik word om die vervorming te laat plaasvind dus penetreer dit nie so diep nie? Is ek reg as ek dit s??
Nou kom ons gaan terug na die 150gr koeels x en z beide met snelhheid van 3200ft/sec net voor impak, nou is die speelveld redelik gelyk oor ons weet dat partye ontwerpe vinniger spoed verloor etc sou ons dit van die tromp af meet.
Nou vir arguments onthalwe s? beide se enregie is 10 000Joules( dis net syfer) nou ons weet alles het ennergie in 1 of ander vorm hetsy kentiese of statiese energie en dit gaan nooit verlore nie maar word slegs oorgerdra van medium na medium tot die mate waar die energie so "difuse" is dat ons nie meer die effek fisies kan sien nie. Hetsy of dit in lugpartikels etc oorgedra is.
Nou die een koeel beweeg regdeur die bok dus is al die energie nie gebruik nie want daar is nog baie energie wat die koeel bly aandryf.
Die ander koeel het tot stilstand gekom in die vel dus is al die energie oorgplaas in die in die vervorming en die medium waarin dit is.
Nou die vraag wat ek het is met die koeel wat deurgaan vanwee die design is daar dus nou minder energie wat beskikbaar is vir laterale verplasing en oordrag in die medium as die een wat al die energie oordra in die medium?
Die ding van die vlerkies wat afbreek en netso diep penetreer is goed want dit is secondere projectiele wat meer skade aan die vitals kan bring.
Oom Gerard ek vra die vraag omdat ek wil weet nie omdat ek argument wil ontlok nie
Want die stelling is tog wetenskaplik Die bewering dat meer energie in die bok geplaas word (total energy dumping) deur die koe?l wat nie volledig penetreer nie, in vergelyking met die koe?l wat w?l volledig penetreer (dwarsdeur), is 'n mite. behalwe dat al die energie nie netso aan die vitale organe oorgedra is nie, want baie is gebruik in die vervorming van die projektiel. Dog indirek is die energie orrplasing dan in die interne media wat die bok se vitals is.Ek hoop ek spreek myself reg uit dat jy verstaan wat ek probeer s? of die scenario skets. Dis maar moeilik as mens tik en niie kan gesels en beduie nie
Nou net laaste vraagie die penetrasie gaan oor die design, maar nou watse verhouding moet mens op werk om te s? allright ek soek soveel pentrasie maar ek soek ook soveel energie wat latteraal oorgeplaas word aan die vitals om genoegsame skade te verrig en effetief te dood?
NEELS NIEMAND, CENTURION
Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
- VdWalt
- Hero Member

- Posts: 3412
- Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm
Re: Hornady GMX Jagkoeels - Praktiese Jaracal toets
Goeie MoreBiltongjagter wrote: Nou kom ons by die kruks van die saak -
Die koe?l wat weens sy ontwerp die vlerkies afgooi en sodoende sy frontale area verklein, benut dus sy momentum beter en penetreer dieper of dan volledig selfs.
Die koe?l wat sy vlerkies behou benut dus sy momentum swakker, weens hierdie swakker verhouding van momentum met die veel groter frontale area, wat baie harder werk vereis om voortgedryf te kan word, gevolglike swakker penetrasie en meer koe?ls word herwin.
Groete,
Koos.
Dankie Koos, ek verstaan ook nou mooi, die GMX skiet nie deur die bok nie, maar net tot onder die vel aan die oor kant
want hy gebruik al sy energie om 'n grooter gat deur die longe te maak met die mushroom!! Ek het dit nou so
Groete
Van der Walt
-
Gerard
Re: Hornady GMX Jagkoeels - Praktiese Jaracal toets
Jagtersdok en VdWalt,
Julle s? feitlik dieselfde ding en dit is dat die energie verbruik die effektiwiteit van die koe?l bepaal en dat dit die vorm van die wondkanaal gaan bepaal. Dit is gedeeltelik waar. Die energievlak bepaal by benadering wat die volume van die wondkanaal is. Die vorm van die wondkanaal word bepaal deur vorm en konstruksie van die koe?l, soos wat dit ontplooi op die pad deur die medium.
Dus is die wondkanaal die produk van die energie en die vorm. Al die energie in die w?reld beteken niks as dit nie reg aangewend word nie en met min energie kan mens v?r kom as die aanwending reg is. Effektief is die hoeveelheid energie wat 'n koe?l het, by impak, geen indikasie van hoe daardie koe?l sal werk nie.
Voorbeeld: Skiet twee identiese skote 'point blank' op die skouerbene van identiese diere met identiese 7mmRM gewere met identiese ballistiek van die 150gr koe?ls. In een geval gebruik ons 'n soliede, onvervormbare koe?l en in die ander geval gebruik ons 'n holpunt, loodkern met 'n papierdun mantel. Die wondkanale gaan baie verskil in vorm. In die eerste geval sal die solid waarskynlik deurskiet en baie energie uitdien in die lug agter die dier en feitlik niks op die vervorming van die koe?l nie. Met die holpunt sal mens waarskynlik 'n groot oppervlak kwesskoot kry, al die energie word uitgedien op die dier en die vervorming van die koe?l. Die twee uiterstes van konstruksie maak die werklike verskil terwyl die energie nie eintlik saak maak nie, daar moet net genoeg wees.
Dit is hoekom ek ges? het: "Dit sal egter 'n baie moeilike berekening wees om te maak. Dit sal moet insluit hoeveel energie die koe?l uitdien op sy eie vervorming en watter koe?lvorm energie meer effektief benut of afgee. Dit sal haas onmoontlik wees en, gegewe dat 'energy dump' 'n nul entiteit is, 'n oefening in niks."
Die onderwerp word breedvoerig hier bespreek.
http://www.rathcoombe.net/sci-tech/ball ... tml#energy

Last edited by Gerard on Wed Nov 09, 2011 6:56 pm, edited 1 time in total.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Hornady GMX Jagkoeels - Praktiese Jaracal toets
Ek wil hiermee slegs uitwys dat mono of koper koeels reeds bewys het dat hulle baie effektief penetreer, met goeie skootplasing goed doodmaak en weens ligter gewig met 'n platter trajek geskiet kan word. Elkeen van die koeels het hul eie kenmerke weens materiaal en vervaardigingsmetode. In hierdie plasing word die GMX en sy eienskappe bespreek. Ek het probeer om 'n algemene onderwerp te skep onder "monolitiese koeels" waar almal hul mening kan lug oor al wat 'n koper koeel is - lyk my nie dit slaag sov?r nie.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Jagtersdok
- Global Moderator

- Posts: 2034
- Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm
Re: Hornady GMX Jagkoeels - Praktiese Jaracal toets
Oom Gerard
Ek dink oom het klein bietjie verkkerd verstaan wat ek probeer s?/vra het. Soos Wouter s? dit is maar 'n moeilike medium om mens self uit te druk.
Wat ek wou s? is dat met die koeel wat nie deur die bok gaan nie wel al die energie omskakeling in die bok plaasvind, maar dit nie noodwendig die beste aanwending van die energie is nie.
Om dit so bietjie anders te stel as mens na die wondkanaal kyk is dit soos silinder met die hoogte vergelykbaar met die penetrasie en die die wondkanaal diameter met die basis.
dus sou die ideaal wees om die energie so aan te wend met die korrekte konstruksie en materiaal dat minimale energie verbruik word in die vervormings proses, maar nogsteeds die grootste basis sowel as diepste penetrasie te kry.
dus as ek dit kan vergelyk dit sou die ideaal wees dat die wondkanaal so groot kon rek soos 2liter coke bottel in die vitals
en elke keer diep genoeg pentetreer om net deur die bok te skiet
Dus vind al die energie omskakeling in die vitals plaas met minimale gebruik in die vervormings proses
Ek hoop ek kom reg oor, maar ja dit is maar moeilik
tripod
jammer ek vra die vraag hier ons kan dit maar na jou topic toe skuif.
Dit is egter nie vrae om die koeels te vergelyk nie maar wel om te kan half en half bepaal wat sou die ideale koeel wees
Ek dink oom het klein bietjie verkkerd verstaan wat ek probeer s?/vra het. Soos Wouter s? dit is maar 'n moeilike medium om mens self uit te druk.
Wat ek wou s? is dat met die koeel wat nie deur die bok gaan nie wel al die energie omskakeling in die bok plaasvind, maar dit nie noodwendig die beste aanwending van die energie is nie.
Om dit so bietjie anders te stel as mens na die wondkanaal kyk is dit soos silinder met die hoogte vergelykbaar met die penetrasie en die die wondkanaal diameter met die basis.
dus sou die ideaal wees om die energie so aan te wend met die korrekte konstruksie en materiaal dat minimale energie verbruik word in die vervormings proses, maar nogsteeds die grootste basis sowel as diepste penetrasie te kry.
dus as ek dit kan vergelyk dit sou die ideaal wees dat die wondkanaal so groot kon rek soos 2liter coke bottel in die vitals
en elke keer diep genoeg pentetreer om net deur die bok te skiet
Dus vind al die energie omskakeling in die vitals plaas met minimale gebruik in die vervormings proses
Ek hoop ek kom reg oor, maar ja dit is maar moeilik
tripod
jammer ek vra die vraag hier ons kan dit maar na jou topic toe skuif.
Dit is egter nie vrae om die koeels te vergelyk nie maar wel om te kan half en half bepaal wat sou die ideale koeel wees
NEELS NIEMAND, CENTURION
Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
-
Gerard
Re: Hornady GMX Jagkoeels - Praktiese Jaracal toets
Die wondkanaal lyk gewoonlik soos die illustrasie hieronder. Die permanente wondkanaal word saamgestel uit die weefsel wat deur die koe?l vergruis word en deur die vergruisde weefsel wat deur die tydelike wondkanaal geskeur en gebreek word en sodoende bydra tot die permanente wondkanaal.
[img width=425 height=480]http://www.rathcoombe.net/sci-tech/ball ... plot_1.jpg[/img]
Die spoed, veranderende vorm en momentum van die koe?l bepaal die vorm en diepte van die wondkanaal. Daar is verskeie voorbeelde beskryf op hierdie link. http://www.rathcoombe.net/sci-tech/ball ... 84_premium
[img width=425 height=480]http://www.rathcoombe.net/sci-tech/ball ... plot_1.jpg[/img]
Die spoed, veranderende vorm en momentum van die koe?l bepaal die vorm en diepte van die wondkanaal. Daar is verskeie voorbeelde beskryf op hierdie link. http://www.rathcoombe.net/sci-tech/ball ... 84_premium
- Jagtersdok
- Global Moderator

- Posts: 2034
- Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm
Re: Hornady GMX Jagkoeels - Praktiese Jaracal toets
Oom Gerard
Baie insig gewende stukkie. Confirm baie idees wat ek in my kop gehad het.
Ook bietjie my denkwyse van party goed verander en verdiep.
Ek hou van die stukkie wat hy s? "Anything more than through and through penetration is superfluous" wat nogals strook met van my gedagtes
Ek het dit baie geniet om te lees.
Baie insig gewende stukkie. Confirm baie idees wat ek in my kop gehad het.
Ook bietjie my denkwyse van party goed verander en verdiep.
Ek hou van die stukkie wat hy s? "Anything more than through and through penetration is superfluous" wat nogals strook met van my gedagtes
Ek het dit baie geniet om te lees.
NEELS NIEMAND, CENTURION
Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
-
Gerard
Re: Hornady GMX Jagkoeels - Praktiese Jaracal toets
Neels,
Hy is reg. Uit 'n praktiese oogpunt, wanneer die koe?l die uitgangswond gemaak het, is die werk gedoen. Enigiets daarna is van geen waarde nie. Dus is dit belangrik dat mens die kombinasie van rondte/kaliber/koe?l so kies dat 'through and through' kan gebeur wanneer mens die sneller trek. In die praktyk beteken dit dat die koe?l wat dit net net deur die vel maak, op plankdwars skote, nie 'n uitgangswond gaan gee op kwart van voor of kwart van agter skote nie. Die kombinasie wat dit wel gee, gaan meer wees as wat streng gesproke nodig is, plankdwars. Dit is die buigbaarheid wat mens moet h? en waarom ek aanbeveel dat mens 'n kombinasie moet h? wat ten minste op plankdwars skote gerieflik kan deurskiet.

Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7545
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Hornady GMX Jagkoeels - Praktiese Jaracal toets
Oom Gehard
Voorwaar n lekker leesstuk. Soos Dok se strook die meeste wat hy se met n mens se persoonlike ondervinding. Uit die toetse kom baie na vore waarop Oom hammer en ook so geimplimenteer het in GS HV. Dit sou nice wees as hy n bietjie meer tyd en moeite kon neem om n paar van Oom se teorie in diepte kon na kyk. Die verskil in wondkenaal nadat die koeel sy blare afgegooi het met die stomp profiel vir een en die groter impaksnelheid spekrum vir n ander.
Sectoinal dencity word maar weer net uitgewys dat dit nie meer as akkurate indikasie syfer gebruik kan word in vandag se spoed vlak waarteen koeels werk nie. Dit is basies net van toepassing op die vroe spoed vlakke van kalibers in die draai van die 20ste eeu.
n Ding wat ek al n ruk terug wou se is dat ons moet passop om nie kalibers(kleiner) aan te wil pas vir te groot spesies nie. Hierdie skrywe staaf basies dit en uit die penetrasie en deursnee wondkenale kan n mens dit wel se. Ek is een wat daarvan hou om so bietjie te wil "overkill" as dit kom by kaliber vir bokspesie. Ek weet mense gaan nou opspring en se hy kan met sy 7x57 n eland net so dood skiet as ek met my 338/375 maar as jy mooi gaan kyk na alles wat hierdie persoon getoets het staaf dit net meer hierdie siening van my.
Hier is soveel goed waaroor n mens nog kan praat en afleidings maak. Voorwaar interessant.
Groetnis
Wouter

RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
-
Biltongjagter
Re: Hornady GMX Jagkoeels - Praktiese Jaracal toets
Wouter, wat jy hier s?, stem ek geredelik mee saam -
Maw te swaar (lees te lang) koe?ls wat in 'n kaliber gebruik word, maak die geweer oneffektief op verskeie vlakke, nl.: t? skerp val in trajek ( ou gradeboog storie); bemoeilik goeie skootplasing; laer spoed het moontlik meer negatiewe effek as wat addisionele koe?l gewig voor kan opmaak in terme van momentum en gevolglike swakker penetrasie. Ook verminder 'through and through' potensiaal op skote wat meer penetrasie verg as plankdwars skote.
Soos Gerard dit sal uitdruk: " 'n 338 met 'n 300gr koe?l is so gestremd soos 'n 375 met 'n 380gr koe?l."
Ken die kombinasie tussen jou gekose geweer, koe?ls gebruik en wild wat gejag gaan word, en verhoog so die kanse op gunstige resultate in jou jag.
Groete,
Koos.
Voeg daarby dat jagters ook moet waak teen die feit dat, hulle nie van 'ligte' groot kalibers 'swaar' groot kalibers, moet probeer maak nie.n Ding wat ek al n ruk terug wou se is dat ons moet passop om nie kalibers(kleiner) aan te wil pas vir te groot spesies nie. Hierdie skrywe staaf basies dit en uit die penetrasie en deursnee wondkenale kan n mens dit wel se. Ek is een wat daarvan hou om so bietjie te wil "overkill" as dit kom by kaliber vir bokspesie. Ek weet mense gaan nou opspring en se hy kan met sy 7x57 n eland net so dood skiet as ek met my 338/375 maar as jy mooi gaan kyk na alles wat hierdie persoon getoets het staaf dit net meer hierdie siening van my.
Maw te swaar (lees te lang) koe?ls wat in 'n kaliber gebruik word, maak die geweer oneffektief op verskeie vlakke, nl.: t? skerp val in trajek ( ou gradeboog storie); bemoeilik goeie skootplasing; laer spoed het moontlik meer negatiewe effek as wat addisionele koe?l gewig voor kan opmaak in terme van momentum en gevolglike swakker penetrasie. Ook verminder 'through and through' potensiaal op skote wat meer penetrasie verg as plankdwars skote.
Soos Gerard dit sal uitdruk: " 'n 338 met 'n 300gr koe?l is so gestremd soos 'n 375 met 'n 380gr koe?l."
Ken die kombinasie tussen jou gekose geweer, koe?ls gebruik en wild wat gejag gaan word, en verhoog so die kanse op gunstige resultate in jou jag.
Groete,
Koos.
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7545
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Hornady GMX Jagkoeels - Praktiese Jaracal toets
Oom Koos
Baie waar. Gaan kyk wat gebeur het toe hierdie persoon eenderse konstruksie koeels(konvensoineel) gaan skiet het teen dieselfde spoed. Feitlik dieselfde wondekenale en penetrasie! Die rede en ek het dit al elders gese is hoe hulle in die verlede weggekom het met die hoer SD waarde was dat die spoed verlaag is en dit was dit wat die goeie resutate gelewer het en nie die hoer SD waarde van die koeel nie. Penetrasie is baie meer afhanklik van konstruksie van n koeel as die gewig.
Een ding wat ek versuim het om te se en dit is so bietjie bad om te sien uit sy skrywes en dit is dat hy se die GS het getuimel. Soos wat ek gelees het uit alles was daar net twee koeels wat dit gedoen het. n Mens weet nou nie of hy wel die regte spiraal en spoed gebruik het vir die koeel nie. Hierdie moet julle asb nie sien as kretiek of aanval nie net n opservasie. GS het uitstekend gedoen behalwe vir die verskeinsel en toe te skryf aan wat n mens nou al gelees het van die produk vermoed ek een van bogenoemde as die sondebok.
Nog n ding wat baie waar is uit sy skrywes en toetse is dat met die nuwe geslag koeels die spoed spekrum redelik verbreed is maar dat die doodmaakvermoe maar redelik dieselfde gebly het van n kaliber. Dit het nie werklik verander nie. Jy kan beter penetrasie kry maar die wondkenaal wat gegee word aan die einde van die penetrasie kenaal laat veel te wense oor. Die feit dat jy met vandag se mono's kan uitkom waar jy voorheen nie kon uitkom nie is voor die hand liggend en rek wel die aplikasie van die kaliber. Wat ek probeer se is dat doodmaakvermoe nie linier saam met die verbeterde penetrasie beweeg het nie. Dit pas nogal in met wat ons gese het van pas jou kaliber by die bokspesie aan.
Groetnis
Wouter
PS Heerlik om vir n slag te kan saampraat oor hierdie dinge wat so na aan die hart le!
Baie waar. Gaan kyk wat gebeur het toe hierdie persoon eenderse konstruksie koeels(konvensoineel) gaan skiet het teen dieselfde spoed. Feitlik dieselfde wondekenale en penetrasie! Die rede en ek het dit al elders gese is hoe hulle in die verlede weggekom het met die hoer SD waarde was dat die spoed verlaag is en dit was dit wat die goeie resutate gelewer het en nie die hoer SD waarde van die koeel nie. Penetrasie is baie meer afhanklik van konstruksie van n koeel as die gewig.
Een ding wat ek versuim het om te se en dit is so bietjie bad om te sien uit sy skrywes en dit is dat hy se die GS het getuimel. Soos wat ek gelees het uit alles was daar net twee koeels wat dit gedoen het. n Mens weet nou nie of hy wel die regte spiraal en spoed gebruik het vir die koeel nie. Hierdie moet julle asb nie sien as kretiek of aanval nie net n opservasie. GS het uitstekend gedoen behalwe vir die verskeinsel en toe te skryf aan wat n mens nou al gelees het van die produk vermoed ek een van bogenoemde as die sondebok.
Nog n ding wat baie waar is uit sy skrywes en toetse is dat met die nuwe geslag koeels die spoed spekrum redelik verbreed is maar dat die doodmaakvermoe maar redelik dieselfde gebly het van n kaliber. Dit het nie werklik verander nie. Jy kan beter penetrasie kry maar die wondkenaal wat gegee word aan die einde van die penetrasie kenaal laat veel te wense oor. Die feit dat jy met vandag se mono's kan uitkom waar jy voorheen nie kon uitkom nie is voor die hand liggend en rek wel die aplikasie van die kaliber. Wat ek probeer se is dat doodmaakvermoe nie linier saam met die verbeterde penetrasie beweeg het nie. Dit pas nogal in met wat ons gese het van pas jou kaliber by die bokspesie aan.
Groetnis
Wouter
PS Heerlik om vir n slag te kan saampraat oor hierdie dinge wat so na aan die hart le!
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
-
Biltongjagter
Re: Hornady GMX Jagkoeels - Praktiese Jaracal toets
Wouter,
Dis geen sonde of 'bad' om te s? die GS het getuimel nie!
Daar is altyd 'n rede daarvoor - kom ek haal net twee gevalle aan wat sommer dadelik in my gedagtes opkom:
1. Buitelandse jagter het Gerard baie ontsteld laat weet die 150gr uit sy geweer het erg getuimel op 'n jag hier in die RSA. Fotos wat hy aan Gerard van die koe?l gestuur het, het duidelik uit die gravering se metings aangedui dat sy geweer se spiraal het glad nie voldoen aan die vereistes gestel nie. Nadat Gerard om so ingelig het, het hy spiraal gemeet en so herbevestig aan Gerard. Geweer probleem, nie koe?l nie.
2. Die onlangse artikel in Magnum waar Jan Human by foto byskrifte vertel die 250gr GSCHV het swak presteer op Impala oor 25m afstand -
"Ek het nie voorsien dat iemand 'n 350 RM sal gebruik om Impala te skiet op 25m nie, en dan wil spog met die herwinde koeel nie. Die verslete toestand van die loop wys baie skrapse gravering van die dryfbande en geen kontak met die skag van die koeel nie. As ons dus in die skut se belang wil optree, sou ons koeels voorsien wat 40/50 mikron oor spec is en vir bos en ander naby skote, 'n koeel wat ongeveer 200gr weeg."
Geval van verkeerde aanwending van betrokke koe?l uit geweer met verslete loop - half logies, nie waar nie?
Nogtans Wouter, geen koe?l is perfek nie en een of ander tyd kan daar heel waarskynlik iets buitengewoons daarmee gebeur.
Die skrywer van daardie artikel is oop en reguit en is bekend vir sy nugtere terugvoering. Uit sy talle jagte met GSC 's het hy dan ook sy siening mbt die futuristiese ontwerp en werking van GSC's baie hoog aangeprys.
Wat na my mening werklik belangrik is, is dat jagters in die GSC produk 'n vervaardiger hier onder hulle neuse het, wat altyd bereid is om om te sien en raad te gee oor gerapporteerde defekte of wat ookal.
D?t is myle meer as wat enige ander koe?lvervaardiger bereid is om te doen.
Wouter, moet nou asseblief nie s? ek bemark nou weer my produk nie - ek stateer net harde feite.

willem
Re: Hornady GMX Jagkoeels - Praktiese Jaracal toets
Ek wil julle net verwys na n praktiese toets wat in Zimbabwe op olifantkarkasse gedoen is om n vergeleiking te tref op na koeel penetrasie en gewig retensie, die koeels wat gebruik was is as volg; Swift A-frame ;Nosler partition ;Woodleigh weldcore ;Rhino solid shank ;North fork bondedcore ;GS custom hv ;Lotz muller ;Norma oryx ;North fork cup nose solid ;Nosler ballistic tip
Ek gaan niks oor n produk se nie maar net die betrokke artikel en tydskrif en die skrywer se naam vermeld,ek dink dat n groot klomp van lesers van die blog dalk baie hier uit kan leer.
African hunter vol12 no.4
Dan Mc Carthy
Penetration and weight retention test on premium bullets
Soek gerus die artikel en ek dink n klomp van julle sal verbaas wees wat n koeel werklik kan doen
Groete
Willem

Sako75
- Hero Member

- Posts: 1216
- Joined: Wed Oct 14, 2009 7:50 pm
Re: Hornady GMX Jagkoeels - Praktiese Jaracal toets
.22H Sako P74, .222 Sako L46, .222 Sako 75 Varmint, .223 Sako Super Deluxe, .243 Sako 75 Varmint, .243 Sako 85 SS Var Lam, 260 Sako TRG (bestel), 7x64 Sako 75 Hunter, 300 WM Sako Safari, 9.3x74mm Tikka, 9.3x62 Sako 75 Deluxe
-
Biltongjagter
Re: Hornady GMX Jagkoeels - Praktiese Jaracal toets
Uit hierdie toetse blyk dit duidelik dat die GSC besluit om FN (flat nose) koe?ls te maak, heeltemal geregverdig is, as dit by die jag van groot en gevaarlike wild kom.
Weereens, die regte keuse van koe?l vir die spesifieke aanwending -

Groete,GS Custom also offers a flat nose solid bullet
which picks up where the HV leaves off. Website -
www.gscustom.co.za
Koos.
-
Vlakvark
- Hero Member

- Posts: 2325
- Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am
Re: Hornady GMX Jagkoeels - Praktiese Jaracal toets
Fotos van n vriend Mick Chapman

The above photo shows four 7mm Hornady GMX 140 GMX projectiles with average weight retention of 136.85grns. All have doubled their original diameter and have been recovered after being shot into either a rusa or red deer stags. Maximum penetration was just over 900mm from a frontal chest shot. All bleed extremely well and if the animals had have run would have provided a trail a blind man could have followed.
.

Last edited by Vlakvark on Tue Nov 15, 2011 11:49 am, edited 1 time in total.

- DWB
- Hero Member

- Posts: 6968
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: Hornady GMX Jagkoeels - Praktiese Jaracal toets
I like I likeVlakvark wrote: Fotos van n vriend Mick Chapman
The above photo shows four 7mm Hornady GMX 140 GMX projectiles with average weight retention of 136.85grns. All have doubled their original diameter and have been recovered after being shot into either a rusa or red deer stags. Maximum penetration was just over 900mm from a frontal chest shot. All bleed extremely well and if the animals had have run would have provided a trail a blind man could have followed.
.
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
-
Stefan764
- Hero Member

- Posts: 3616
- Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am
Re: Hornady GMX Jagkoeels - Praktiese Jaracal toets
Hierdie tel vir my ongelooflik baie punte......Vlakvark wrote: All have doubled their original diameter
Thanks vir die fotos Vlakvark!
Stefan
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
-
ablm468
Re: Hornady GMX Jagkoeels - Praktiese Jaracal toets
Manne
Ekk het nou die hele post deurgelees, het tot die gevolgtrekking gekom dat GMX goed werk, kan iemand my egter help met 'n lading in my 308 gelaai met s335,vir die koele, sal baie waardeer.
Groete
Hansman