Page 5 of 30

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Posted: Tue May 24, 2022 3:41 pm
by TFDADD
Africa’s largest solar farm now fully operational, right on Orania's doorstep.
7 yr. ago
7 yr. ago
Will this energy be available for Orania]?[/b

skoppensboer
7 yr. ago
Yes. Well it's a private company that just incorporates their generated electricity into the main grid. Orania, who's already rather self reliant has just finished upgrading their own grid as well to compensate for further commercial and residential development. And with all the solar farms in the area including Orania's solar farm, energy problems won't be nearly a problem compared to the rest of the country.

Lees bietjie weer wat FORD nou baie onlangs met sonkrag bereik het so entjie af in hierdie plasing.
“We are delighted to officially flip the switch and begin receiving 35 percent of our electricity from the solar carports with the completion of the first phase of our Project Blue Oval renewable energy programme,” says Ockert Berry, VP Operations, Ford South Africa. “This project proudly puts the Silverton Assembly Plant on the map as part of Ford’s commitment to sustainability as we migrate our energy supply from fossil fuels to environmentally-friendly, renewable resources.”

Dít is hoe mense wat weet dit doen, skakel geleidelik oor na sonkrag en mettertyd word een en later meer steenkool kragstasies se krag beskikbaar gemaak vir die duisende wat nou houtvure maak om warm te bly.

Dat mense in die vêr afgeleë Orania in die Noord Kaap, 7 jaar gelede al van beter weet .............. spreek boekdele.

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Posted: Thu Jun 02, 2022 4:34 pm
by TFDADD

Audi South Africa ........


En hier in Witbank loop so 'n mooi rooie van hierdie model - e-tron Sportback S - so stil soos 'n muis, maar so rats soos jagluiperd.

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Posted: Thu Jun 02, 2022 4:51 pm
by NicovanderMerwe
Ek is tans op die uitkyk vir 'n elektriese fiets/motorfiets. Die wat ek van weet ry tussen 100 - 120km/h. Lyk kompleet soos 'n offroad motorfiets. Van hulle is te sien in die Ukrain oorlog ook. Dit is iets wat handig op die plaas of in die veld gebruik kan word...

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Posted: Fri Jun 03, 2022 8:20 am
by Dawie Malan
Die elektriese offroad motorfietse is al hier beskikbaar. Hulle verkoop vir R197 000 - R300 000 en jy kan so uur lank ry met 'n vol battery.

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Posted: Fri Jun 03, 2022 2:11 pm
by TFDADD
EWIZZ electric vehicles.
Model VOLT 9 N86
Colour - Dark Grey Clear
Our most powerful VOLT with a 9 kw motor and 175km average range with a 8.6 kWh Long life Lithium battery. Top speed is 120 km/h. Charge time 4.5 hours with rapid built in 2 kw charger.

R139,527
Firma in Kaapstad - kontak hulle en kyk wat anders bied hulle ook aan.

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Posted: Fri Jun 03, 2022 3:02 pm
by Dawie Malan
Nou kom verduidelik vir ons hoe ry mens daai 9 volt scootertjie op 'n plaas?

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Posted: Fri Jun 03, 2022 4:25 pm
by TFDADD
Firma in Kaapstad - kontak hulle en kyk wat anders bied hulle ook aan.
Om nou meer duidelik uit te spel:
Firma in Kaapstad - kontak hulle en kyk wat anders bied hulle ook aan - moontlik bied hulle iets aan wat in jou behoeftes sal voldoen.

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Posted: Sun Jun 05, 2022 9:08 am
by Alwin
https://ubco.com/

'n Plaaslike winkel het hierdie fietse beskikbaar. Toe ek laas gekyk het was die prys net oor R100k, sonder bybehore. Ekstra batterye is beskikbaar.

Die fiets het nie 'n ketting nie, dus laer onderhoud. Daar is 'n elektriese motor in elke wielnaaf. Balans tussen voorste en agterste motor se krag is verstelbaar. Heel bruikbaar op die plaas na my beskeie mening. Net die prys is bietjie hoog in vergelyking met 'n petrol-aangedrewe plaasfiets.

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Posted: Tue Jun 07, 2022 4:35 pm
by TFDADD
Stem saam oor daardie elektriese fiets se geskiktheid vir plaas doeleindes.
Takke van verspreiders in Kaap ook - wil so voorkom.

En so vorder die gebruik van EV's al verder en verder hier plaaslik.
Suid Afrikaanse maatskappye sien nut in van EV afleweringsvoertuie.

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Posted: Tue Jun 07, 2022 4:44 pm
by Geno
Oom Koos.
Verkoop jy nou EV's of sonpanele vandat GSC landuit is?

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Posted: Wed Jun 08, 2022 9:31 am
by Wouter Roets
Inverters Geno, Inverters!

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Posted: Wed Jun 08, 2022 9:32 am
by TFDADD
Goeiemôre Geno,

Ongelukkig nie.

Feit bly staan soos 'n paal bo water, as ons Suid Afrikaners ons land aan die gang wil hou, móét ons begin saamstaan en uit eie inisiatief positiewe aksies begin neem.
Dit gaan nie vir ons gedoen word nie, minste van almal nie deur ons huidige regering nie.

Wat beter is daar nou om hernubare, skoon energie bronne, soos sonkrag onder andere, te ontwikkel, te benut in verskeie toepassings EN bv. EV's?
As buitelanders juis DIT kan doen in die kouer en minder son beskikbare dele in die Noordelike Halfrond, wat verhoed ons om veel meer daarmee te bereik?

Met vandag se belaglik hoë brandstof pryse, raak dit net meer en meer sinvol om voluit daarvoor te gaan.

Kyk maar wat Ford SA in hul eerste fase ontwikkeling met sonkrag reeds bereik het - 35% van hul Silverton fabriek se krag word deur sonkrag ontwikkel.
Nou volg Woolworths nadat hulle deeglike toetse met EV afleweringsvoertuie gedoen het.

Geno, dink mooi hieroor en ek is seker jy sal met my saamstem dat hierdie aksie iets is wat ons almal in hierdie mooi land van ons se samewerking waardig is, tot ons almal se voordeel.

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Posted: Thu Jun 09, 2022 9:36 am
by Dawie Malan
Oom Koos is g@tv&l vir al die lugbesoedeling in Witbank.

:laugh: :laugh: :laugh:

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Posted: Thu Jun 09, 2022 9:59 am
by TFDADD
Die onderstaande artikel kan maklik afgemaak word as "wensdenkery" of iets wat nie maklik in Suid Afrika sal plaasvind nie.
MAAR, doen asseblief die moeite en lees dit aandagtig deur en kom dan tot die besef dat nuwe ontwikkelings en snelgroeiende, verbeterde bestaande produkte, vinnig hul weg vind na alle wêrerld dele, Suid Afrika ingesluit.

En die bo verwagte vinniger ontwikkeling en daling in koste van sonkrag stelsels, maak die gebruik van EV's dwarsoor die wêreld net soveel meer sinvol.

Hoor toevallig oor vanoggend se RSG nuus in hoe 'n uiters benarde toestand ESKOM is, agv sabotasie van onderdeel bewaar plekke, korrupsie en die algemene onvermoë van aangestelde personeel, buite die beheer van huidige bestuur van die organisasie.

Met dit in gedagte, weet dan hoe belangrik die sonkrag projek/projekte vir Suid Afrika is.

Solar, Solar Everywhere — Soon

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Posted: Fri Jun 24, 2022 10:15 am
by Dawie Malan
Kyk net hoe mooi is hierdie Tesla S se engin.

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Posted: Wed Jul 06, 2022 12:06 pm
by TFDADD
Die onderstaande net ter inligting vir die wat dink EV's kan nie in Suid Afrika sinvol gebruik word nie - selfs in toestande wat by verre nie eers naastenby so gunstig en ontwikkeld is soos in die buiteland, waar EV's reeds hoë persentasies van alle voertuie uitmaak.


Driving A BMW IX From Cape Town To Johannesburg In 20 Hrs!

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Posted: Fri Jul 08, 2022 3:29 pm
by TFDADD
In 'n poging om gedeeltelik te antwoord op 'n vraag wat iemand gevra het -
Ek wonder wanner gaan al die 100 000de taxis op die paaie EVs wees.
Lees die onderstaande -

First Minibus Electric Taxis Are Coming To South Africa.

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Posted: Sat Jul 09, 2022 12:46 pm
by Capt. Yoda
Ek kan nie wag om hulle hier op William Nicol te sien nie. Wonder charge die ouens hulle da voor 4ways mall of daar onder die brug terwyl hulle hul was

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Posted: Mon Jul 11, 2022 11:42 am
by Dawie Malan
So paar dinge oor die IX BMW se Kaapstad na Johannesburg roete:

1. Die drywers moes hulle roete so beplan dat hulle die laaistasies in die middel van die nag bereik het, anders sou hulle nog baie langer gery het.
2. Die totale voertuigmassa van die EV BMW is 3145kg ('n Land Cruiser 300 s'n is 3280kg)
3. 373kWh se batterykrag is vir die roete gebruik. Laaistasies kos tans R5.88 per kWh, dit wil sê die totale laaikoste sou R2198.00 vir die 1400km gekos het. Die Land Cruiser sou R3200 aan Diesel gekos het.
4. Om teen 90km/h Kaap toe te ry moet senutergend wees.

Ek het in my wilde jeug baie geryloop. My rekord van Kaapstad tot in Pretoria was 15 uur en 30 minute.

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Posted: Fri Jul 15, 2022 4:33 pm
by TFDADD
Dit wil voorkom of elektriese bakkies kort voor lank hier plaaslik kan beskikbaar raak.

Nie net vanaf Ford se kant af nie, maar ook vanuit die Geely/Polestar/Volvo kant ook - Sjinees/Sweedse samewerking maak dit dalk net vinniger as Ford moontlik.
Kan interessant raak.

FORD is baie ernstig met hulle EV voornemens.

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Posted: Tue Jul 26, 2022 1:13 am
by Geno
From A Sparky In Melbourne…

It Really Ain't Gonna Work!!
(ie: Welcome to the Real World!)

Some Wise Words From An Electrical Contractor In Melbourne…

I recently did some work for the body corporate at the Dock 5 Apartment Building in Docklands in Melbourne to see if we could install a small number of electric charging points for owners to charge their electric vehicles.

We had our first three applications and we discovered:

1. The building has no non- allocated parking spaces ie public ones. This is typical of most apartment buildings so we cannot provide shared outlets.

2. The power supply in the building was designed for the loads in the building with virtually no spare capacity. Only 5 or 6 chargers could be installed in total in a building with 188 apartments!!

3. How do you allocate them as they would add value to any apartment owning one. The shit-fight started on day one with about 20 applications received 1st day and with many more following.

4. The car park sub-boards cannot carry the extra loads of even one charger and would have to be upgraded on any floors with a charger as would the supply mains to each sub- board.

5. The main switch board would then have to be upgraded to add the heavier circuit breakers for the sub mains upgrade and furthermore:

6. When Docklands was designed a limit was put on the number of apartments in each precinct and the mains and transformers in the streets designed accordingly.

This means there is no capacity in the Docklands street grid for any significant quantity of car chargers in any building in the area.

7. It gets better. The whole CBD (Hoddle Grid, Docklands) and Southbank is fed by two sub stations. One in Port Melbourne and one in West Melbourne.

This was done to have two alternate feeds in case one failed or was down for maintenance. Because of the growth in the city /Docklands and Southbank now neither one is capable of supplying the full requirement of Melbourne zone at peak usage in mid- summer if the other is out of action. The Port Melbourne 66,000 volt feeder runs on 50 or 60 year old wooden power poles above ground along Dorcas Street South Melbourne. One is pole is located 40 cm from the corner Kerb at the incredibly busy Ferrars /St Dorcas St Intersection and is very vulnerable to being wiped out by a wayward vehicle.

The infrastructure expenditure required would dwarf the NBN cost & that’s not including the new power stations required!

These advocates of electric vehicles by 2040 are completely bonkers! It takes 5-8 years to design and build a large coal fired power station like Loy Yang and even longer for a Nuclear one (That’s after you get the political will, permits and legislative changes needed). Wind and solar just can’t produce enough. Tidal power might but that’s further away than nuclear.

MOST AUSTRALIANS DON’T UNDERSTAND THIS YET……………..!

It's just a Greenie’s dream for the foreseeable future, other than in small wealthy countries.

The grid simply cannot support it in most places in Australia!

An agenda driven by stupid Greenies and supported by stupider Politicians.

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Posted: Tue Jul 26, 2022 11:30 am
by TFDADD
Hierdie 'Sparky' in Melbourne, Australië gaan bietjie moet kers opsteek by ander Aussies met positiewe idees, klink dit my.

Hierna net 'n paar artikels oor wat in sy land aan die gebeur is -

EV market set to soar in Australia.

Baby steps in Australia.

Charge2go opening up in Australia.

Positiewe oorheers die negatiewe by verre.

Hier plaaslik gaan dit ook maar so gaan, totdat die onbetwiste voordele aan al hierdie ontwikkelings verbonde, die oorhand kry.

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Posted: Tue Jul 26, 2022 3:17 pm
by TFDADD
En so word sonkrag al meer en meer hier by ons aangewend om ons beskikbare elektrisiteit ook al meer te maak.

Plaaslike kragopwekking ontwikkeling.

Nog veel meer hiervan gaan volg - hou maar die pers dop hiervoor.

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Posted: Thu Jul 28, 2022 8:41 am
by Dawie Malan
Sonparke en en sonpanele as alternatiewe kragbron is gemene saak, so dit help nie om die EV Voertuig-argument daarmee te probeer sterk nie. Hierdie draad gaan oor Elektriese Voertuie, wat in elkgeval in die nag moet laai.

Ek het twee vriende wat elektriese voertuie gekoop het en klaar weer verkoop het. Een van hulle bly in London en het die voertuig as sy primêre voertuig gebruik. Sy rede vir verkoop was dat hy somtyds tot 'n uur gewag het om sy voertuig 'n vinnige laai te kon gee, want selfs in Europa is daar nie genoeg laaistasies vir hierdie voertuie nie. Hy is terug op 'n petrol motor. Die ander een het een gekoop omdat 'n snaaksigheid was, en natuurlik omdat die voertuig so vinnig versnel. Hy het nooit dié voertuig vir lang afstande gebruik nie, juis oor die laaistasie-tekorte in Suid Afrika.

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Posted: Thu Jul 28, 2022 2:05 pm
by TFDADD
Sonparke en en sonpanele as alternatiewe kragbron is gemene saak, so dit help nie om die EV Voertuig-argument daarmee te probeer sterk nie. Hierdie draad gaan oor Elektriese Voertuie, wat in elkgeval in die nag moet laai.
Selfs voordat CR die onlangse wysigings in kragvoorsiening/opwekking deur private instansies (dit sluit alle individue ook in) aangekondig het, mag elkeen wat wou en kon 100MW opwek sonder permit of lisensie daarvoor - moes slegs daarvoor geregistreer wees.

Met sonpanele kan elke huis genoeg krag opwek om sy EV, of selfs meer as een EV, te herlaai elke dag of nag - natuurlik het jy elektrisiteit opbergingsfasiliteite daarvoor nodig en dit is reeds beskikbaar, om die nag herlaai van jou EV's moontlik te maak.

Dus is sonkrag juis die een belangrike faktor om EV's baie maklik en baie goedkoper oor die lang duur te benut, as enige binnebrand enjin.
Infrastruktuur vir ander tipe herlaai fasiliteite sal verseker nog baie moet ontwikkel, in Suid Afrika veral, maar ook oral deur die wêreld.

Die ander voordele aan EV's verbonde - laer onderhoudskoste, minder geraas, minder lugbesoedeling, ens., is net die kersie op die koek.

Sonkrag en EV's loop hand aan hand en daaroor is daar geen twyfel nie, selfs in Noordelike Halfrond lande waar sonskyn baie minder is as in sonnige Suid Afrika, word sonkrag suksesvol aangewend om EV's te laai en ook krag aan huise se basiese behoeftes te voorsien.