Page 6 of 7

Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom

Posted: Fri Oct 31, 2014 1:50 pm
by Gernie
Dankie, die maak die kopie nog beter.

Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom

Posted: Fri Oct 31, 2014 10:56 pm
by Hein M.
Nadat ek die Musgrave Mini 90 gekoop het, het ek bevind dat die geweer nie die patrone doeltreffend uit die magesyn voer nie.

Die patrone het skuins vasgesteek as ek dit voer.

Ek het vasgestel dat die Musgrave fabrieksmagasyn veer nie reg funksioneer nie. Die patrone word nie haaks gevoer nie en steek dus skuins in die aksie vas. Ek het met K-Mag in KZN geskakel, die magasynkas aan hulle gestuur en die gewenste veer gekry om die patrone korrek te voer. Die "spring" veer is vervang met 'n soliede staal "w" veer, wat algemeen bekend is vir die beste voer van patrone uit'n magasyn. Halleluja...

Nou het ek die beste geweertjie denkbaar!

Natuurlik was Musgrave nie altyd perfek nie. Maar ek is is hulle ewig dankbaar vir dit wat wel goed werk :D

Mooiloop!

Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom

Posted: Thu Jun 11, 2015 2:21 pm
by Swarley81
Goeie middag Oom Daan,

Ek het 'n .303 Lee Enfield by my Oupa gekry wat om en by in 1980 deur hom na Musgrave in Bloemfontein gestuur is en omskep is in 'n 6mm kaliber.

My Oupa het nooit 'n skoot met die geweer afgevuur voor of na die omskepping nie.

Ek sou net graag so bietjie meer oor die geweer wou weet indien moontlik.

Met die inligting op die geweer kon ek vasstel dis 'n MKIII Lee Enfield:
1918
LSA Co Lt
Sht LE
MKIII*

Links op die loop staan:
Cal. 6mm RC1259

Regs op die loop:
P
3465

Enige verdere inligting sal waardeer word.

Groete

Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom

Posted: Thu Jun 11, 2015 2:54 pm
by ruaanb
Jy kan net soek vir 6mm Musgrave hier op die forum. Hier is 'n paar manne onder andere ek wat van die gewere het.
Jy haat hom of is lief vir hom dit hang maar af hoe goed jou spesifieke geweer se ombouing gedoen is. Ek stuur ook vir jou 'n PM met meer info.

Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom

Posted: Sat Jun 13, 2015 2:06 pm
by kab123
Goeie dag,

Ek is nuut op hierdie forum en bly om te sien hier is n plek waar Musgraves bespreek word!

Ek het onlangs n 0.308 Musgrave Model 90 "Light" by my skoonpa ge-erf.

Die geweer is op die oomblik in stoor totdat ek die lisensie kan uitsort.

Daar is n paar goed wat ek self kan meet en bepaal wanneer ek die geweer kry maar ek sal sommer graag net hier wil bevestiging kry indien moontlik

Wat is die geweer se "twist rate" en loop lente? Ek sou raai 1:12 en 20" onderskeidelik?

Is daar enige iemand hier wat ondervinding met die geweer het? Ek sien baie uit om die ding eendag te kry as die SAPS nou net wil saam werk!

Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom

Posted: Fri Nov 06, 2015 8:55 am
by Frik Swanepoel
Goeie middag oom Daan.

Ek was so gelukkig om in 2012 die trotse eienaar te word van n uitstekende kondisie en super akkuraat Musgrave RSA enkelskoot , in kaliber 7 x 64. Ek wil bitter graag meer oor hierdie geweer uitvind.

Reeks nommer : RSA 0017 D. Aan die linkerkant van die slot RSA SPORT. Op die loop : Musgrave. Dit is n K98 aksie en die hout is top klas okkerneut.

Ek wil graag uitvind of die geweer deur Musgrave self gebou is , of miskien n pasmaak geweer deur ander ?

Vriendelike groete ,

Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom

Posted: Fri Nov 06, 2015 10:47 am
by tripodmvr
Frik Swanepoel wrote:Goeie middag oom Daan.

Ek was so gelukkig om in 2012 die trotse eienaar te word van n uitstekende kondisie en super akkuraat Musgrave RSA enkelskoot , in kaliber 7 x 64. Ek wil bitter graag meer oor hierdie geweer uitvind.

Reeks nommer : RSA 0017 D. Aan die linkerkant van die slot RSA SPORT. Op die loop : Musgrave. Dit is n K98 aksie en die hout is top klas okkerneut.

Ek wil graag uitvind of die geweer deur Musgrave self gebou is , of miskien n pasmaak geweer deur ander ?

Vriendelike groete ,
Plaas fotos asb. Klink na die gebruik van die aksie om 'n pasmaakgeweer te bou. Kan nie onthou dat die RSA in 7x64 was nie.

Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom

Posted: Fri Nov 06, 2015 11:34 am
by James Wilson
Frik, jy sê dit is n RSA enkelskoot en dan later sê jy dit is n k98?

Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom

Posted: Fri Nov 06, 2015 11:44 am
by Hein M.
kab123 wrote:Goeie dag,

Ek is nuut op hierdie forum en bly om te sien hier is n plek waar Musgraves bespreek word!

Ek het onlangs n 0.308 Musgrave Model 90 "Light" by my skoonpa ge-erf.

Die geweer is op die oomblik in stoor totdat ek die lisensie kan uitsort.

Daar is n paar goed wat ek self kan meet en bepaal wanneer ek die geweer kry maar ek sal sommer graag net hier wil bevestiging kry indien moontlik

Wat is die geweer se "twist rate" en loop lente? Ek sou raai 1:12 en 20" onderskeidelik?

Is daar enige iemand hier wat ondervinding met die geweer het? Ek sien baie uit om die ding eendag te kry as die SAPS nou net wil saam werk!
Die meeste van daardie Mod. 90 Musgraves het 'n 1-12 groefdraai en 'n '22 loop. Maar meet is om te weet, so neem die geweer na 'n smid sodat hy kan help daarmee. As jy so 'n bietjie op die net rondsoek kan jy wel sien hoe om dit self te doen.

http://www.gsgroup.co.za/twistchecker.html

https://www.youtube.com/watch?v=_v5c_p1Uju0

Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom

Posted: Fri Nov 06, 2015 11:46 am
by Hein M.
James Wilson wrote:Frik, jy sê dit is n RSA enkelskoot en dan later sê jy dit is n k98?
;)

Ja. Is snaaks. Post daar 'n foto, Frik - dalk kan ons help...

Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom

Posted: Fri Nov 06, 2015 1:31 pm
by Philip J
Hein M. wrote:
James Wilson wrote:Frik, jy sê dit is n RSA enkelskoot en dan later sê jy dit is n k98?
;)

Ja. Is snaaks. Post daar 'n foto, Frik - dalk kan ons help...
Daai RSA lyk mos maar baie soos 'n K98. Ek het ook aanvanklik gedink my 6mm het 'n K98 aksie voordat ek geweet het van iets soos 'n RSA aksie :-[

Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom

Posted: Fri Nov 06, 2015 2:21 pm
by Hein M.
Hulle looks verskil heelwat:

http://i936.photobucket.com/albums/ad205/hmostert1/K98_1.jpg

http://i936.photobucket.com/albums/ad205/hmostert1/RSA%20action.jpg

Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom

Posted: Fri Nov 06, 2015 4:44 pm
by Frik Swanepoel
Jammer manne, vingerfout. Wou beaam dit is nie K98 aksie nie. Hier is fotos van RSA.Sal fotos Maandag stuur.Groete

Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom

Posted: Mon Nov 09, 2015 10:23 am
by Frik Swanepoel
Goeie middag almal. Fotos soos bespreek. Groete

Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom

Posted: Mon Nov 09, 2015 10:26 am
by Frik Swanepoel
Laaste een.

Groete

Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom

Posted: Mon Nov 09, 2015 11:38 am
by Hein M.
Pragtige geweer, Frik!

Ja. Dit is 'n Musgrave RSA. Musgrave het die eerste 7x64 lope in die laat tagtigerjare begin vervaardig. Henry Smit, wat destyds by Somchem gewerk het, het die bal aan die rol gesit nadat hierdie kaliber hom baie beindruk het (dink dit was gedurende 1987).

Met daardie RSA-aksie - en Musgrave loop is die kanse goed dat die geweer deur Musgrave se custom afdeling in Bloemfontein aanmekaargesit is. Hulle het baie werk op aanvraag gedoen. Die RSA enkelskoot was op die produksielyn in 7.62x51 - en daar was nie 'n lyn met hierdie aksie in ander kalibers nie - so dit moes 'n custom gewees het.

Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom

Posted: Mon Nov 09, 2015 8:17 pm
by Frik Swanepoel
Baie dankie, ek waardeer die info. So gedink en ek moes net seker maak. Super akkurate geweer en ek is trots om deel te wees van ons S.A.geskiedenis.
Vriendelike groete

Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom

Posted: Mon Nov 09, 2015 9:22 pm
by Tiny Hunter
Hallo oom Hein.
Ek het n .30-06 Musgrave. Die geweer was aanvanklik n .303 met P14 aksie maar toe my oupa klaarmaak met skyfskiet het hy die geweer n nuwe loop laat op sit in Bloemfontein. Hy kan nie onthou wanneer nie en ek sal graag wil weet wanneer die loop vervaardig is.... Die nommer is OB3006175.

Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom

Posted: Mon Nov 09, 2015 9:36 pm
by Hein M.
Tinyluv wrote:Hallo oom Hein.
Ek het n .30-06 Musgrave. Die geweer was aanvanklik n .303 met P14 aksie maar toe my oupa klaarmaak met skyfskiet het hy die geweer n nuwe loop laat op sit in Bloemfontein. Hy kan nie onthou wanneer nie en ek sal graag wil weet wanneer die loop vervaardig is.... Die nommer is OB3006175.
Ai, pel wens ek kon jou help... Ek weet hier en daar iets, maar ek het nie daardie tipe info nie... Musgrave se rekords het ongelukkig verlore geraak nadat hulle toegemaak het...

Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom

Posted: Tue Nov 10, 2015 8:14 am
by tripodmvr
Hein M. wrote: Met daardie RSA-aksie - en Musgrave loop is die kanse goed dat die geweer deur Musgrave se custom afdeling in Bloemfontein aanmekaargesit is. Hulle het baie werk op aanvraag gedoen. Die RSA enkelskoot was op die produksielyn in 7.62x51 - en daar was nie 'n lyn met hierdie aksie in ander kalibers nie - so dit moes 'n custom gewees het.
My 243 is 'n RSA enkelskoot. So gekoop as pakket met 'n 3x9 RAM scopie op. Sal nie te veel se oor die scopie nie. Gewwer is tops en nog beter na hy AI geword het.

Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom

Posted: Tue Nov 10, 2015 8:07 pm
by Tiny Hunter
Dankie inelkgeval oom Hein...

Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom

Posted: Sat Jul 09, 2016 4:42 pm
by Hein22
Miskien kan iemand my sê. Het musgrave ooit 9.3x62 in hulle mod 90 reeks gebou? Ek soek oorals op die net maar kry niks.

Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom

Posted: Sun Mar 05, 2017 10:47 pm
by reggie
Naand oom Daan

Ek kyk daarna om Musgrave Mod 80 aksie(.308 win) te koop die geweer het reeds nuwe loop op.

Is wat is die goeie punte van die aksies as ook enige swak punte?

Groete Regardt

Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom

Posted: Sun Mar 05, 2017 11:35 pm
by Tikka_25-06
reggie wrote:Naand oom Daan

Ek kyk daarna om Musgrave Mod 80 aksie(.308 win) te koop die geweer het reeds nuwe loop op.

Is wat is die goeie punte van die aksies as ook enige swak punte?

Groete Regardt
Koop n nuwe 308 musgrave Image

Sent from my EVA-L19 using Tapatalk

Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom

Posted: Mon Mar 06, 2017 12:14 am
by Bennie Bester
Naand Daan,
Ek weet dit is nie ivm vuurwapens nie, maar ek sal nogal graag wil weet wat van Dawid Phelander geword het. Ek het baie goeie diens by hom gekry toe Musgrave nog bestaan het. Ek het hom laas by Lyttleton Ingenieurswerke gesien. Enige kontak besonderhede?