Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard

Post Reply
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard

Post by Eugene »

FCLoretz wrote: Vraag aan die geleerde manne.

Daar is verskeie kere uitgewys dat die koeels nie die dowels korrek getref het nie en dat dit slegs die dowels skrams geraak het of ge"kiss" het. Dit het die resultate van Oom Koos B se toets ietwat skeef getrek. Ek verstaan dat in hierdie tipe toets wil jy he dat al die koeels die dowel reg van voor tref om 'n regverdige toets resultaat te lewer.

Nou my vraag aan die geleerde en meer ervare manne is as volg. Wanneer jy onwetend 'n takkie, gras of enige ander obstruksie raak skiet. Wat waarborg dat die koeel die obstruksie reg van voor gaan tref. Die koeel gaan soms reg van voor tref en ander kere gaan hy die obstruksie "kiss", hoe gaan die koeel reageer in die geval hier bo? Gaan die koeel deflekteer, in 'n snaakse manier of nie, afhangende van of die koeel genoegsaam gestabiliseer het?
FC, ek is nie een van die geleerde manne aan wie jy jou vraag gerig het nie, maar ek gaan maar my opinie gee en hoor wat dink die geleerde manne. Ek dink nie daar is een enkele toets wat voorsiening gaan maak vir elke moontlike senario wat in die jagveld kan gebeur nie. Soms gaan jy die takkie in die middel tref, soms "off centre" en soms net "kiss". Verder gaan 'n ou maar jou eie afleidings moet maak...

Groete
Aim small, miss small
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard

Post by FCLoretz »

Eugene,

Dankie vir jou antwoord. Ek is ver van geleerd af maar hier is my afleiding:

Die toets wat oom Koos B gedoen het, voldoen wel nie aan 'n 100% gekontroleerde toets nie, maar dit bewys wel vir my dat GEEN KOEEL VRYGESPREEK WORD VAN DEFLEKSIE. Hetsy dat die koeel reg van voor tref, off centre of slegs kiss. Die feite is op die toets resultate. Ek glo Oom Gerard gaan saam my stem dat nie eers sy Koeels vrygespreek is van defleksie nie.
Last edited by FCLoretz on Thu Oct 18, 2012 8:33 am, edited 1 time in total.
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard

Post by Piet Breedt »

Dankie Koos.

Ek stem saam die manne hierbo dat mens seker nooit regtig alle senarios wat jy in die veld kan kry kan naboots nie. Met jou toets boots jy miskien dit meer na sou jy n tak in die middel tref. Wanneer hy hom net Kiss, of slegs bietjie meer off centre tref gaan hy bepaald anders reageer as spot on in die middel. Dus gaan enige toets wat nie 100% ge dupliseer kan word met elke skoot, met elke fabrikaat koe?l anders wees en n ander uitslag gee. Jou groepering hierbo bevestig ook my stelling, want die 3 skote is tog immers met dieselfde patrone geskiet.

Koos ek het nie die hele skakel hierbo genoem gaan lees nie. Op watter afstand was jou toets gedoen, en hoe v?r was jou dowels van die loop af, en hoe v?r van die teiken af?

Terloops, hoe het jy geweet waar om te mik as die teiken verberg was agter die muur van dowels?
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2153
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard

Post by Koos Barnard »

Dags?
Alhoewel ek probeer het om die dowels presies raak te skiet, was dit met die 8mm penne nie so maklik nie omdat ek 'n verskeidenheid koe?ls gebruik het. Ek kan net noem dat sommige van die koe?ls op 22m nie presies op 12-uur laag op die proefteiken geskiet het nie. Om te verhoed dat ek elke keer van nuuts af moes zero, het ek dus afgemik na een kant toe. Dit verklaar hoekom die een Norma Plastiekpunt die dowels heeltemal gemis het en ek 'n tweede moes skiet.

Let asseblief op dat ek nie in my verslag of die gevolgtrekking noem dat enige koe?l beter is as 'n ander nie. Ek wys wel pertinent uit hoe die 380gr Rhinos hoog getref het en dit nadat die dowels by twee geleenthede perfek getref is. Die rede hoekom ek net na een dowel geskiet het is omdat ek wou aantoon wat gebeur as jy per ongeluk 'n tak raak skiet. As daar 'n digte skerm takke is, skiet ouens hopelik nie doelbewus daar deur nie. Die toets was nooit bedoel om 'n direkte vergelyking te wees en te verklaar wie wen en wie verloor nie - in die veld tref nie alle koe?ls die takke presies nie. My toets toon bloot aan wat gebeur as koe?ls soms die takke senter tref en soms half senter en some net baie skrams. Ek het eerlik probeer wees en presies weer gegee hoe die koe?ls getref het.

Gerard, ek het in reply nommer 84 twee vrae gevra, sal jy asseblief daarna kyk en dit oorweeg om my 'n antwoord te gee. Baie dankie
Mooi loop
Gerard

Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard

Post by Gerard »

Piet Breedt:  Terloops, hoe het jy geweet waar om te mik as die teiken verberg was agter die muur van dowels?
Jy stel jou teleskoop 15 klieks regs of links, soos dit jou pas en dan mik jy by A en die koe?l gaan na B toe.

Image
Last edited by Gerard on Thu Oct 18, 2012 10:08 am, edited 1 time in total.
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard

Post by Stefan764 »

Gerard wrote: Terwyl jy hier aandag gee, vir die derde keer, watter bewys is dit wat jy soek?  Laat weet sommer hier op die forum dan gee ek vir jou die skakels, soos ek vantevore aangebied het.
Oom Gerard, as ek mag, ek wil weet hoe daar bepaal is (as ek dit dan nou n bewys kan noem, dan is dit maar so) dat die GSC minder deflekteer as enige ander fabrikaat. As dit iewers hier gepubliseer is, plaas net die link, ek sal self daar gaan lees, oom hoef nie weer hier te antwoord nie.

Dankie
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
Biltongjagter

Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard

Post by Biltongjagter »

Piet, soos Gerard reeds verduidelik het, is dit 'n bietjie verstelling aan jou teleskoop wat dit moontlik maak - bietjie vooraf skietwerk, dis nou sonder tappenne, om dit reg te kry.

Natuurlik moet die teiken agter die tappenne, waarop die koe?ls moet tref n? die versperring, heeltemal in lyn wees met mekaar.

Piet, afstand van tappenne vanaf geweer se loop was 60m en teiken 3m daaragter.
Lees maar wat ek geskryf het wat die spesifieke rede daarvoor was.

Groete,
Koos.
Gerard

Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard

Post by Gerard »

Stef,

#37 Bladsy 3 op hierdie bespreking gee 'n ontleding op die fotos.
http://jaracal.com/index.php/topic,12273.75.html  by plasing #119.

Vlak vark,

Wanneer jy ophou om vermakerig te wees sal ek jou miskien ernstig opneem.  Al wat ek in jou pos sien is dat jy nie werklik weet wat aangaan nie.
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard

Post by Jean Marais »

Ai tog K?rels

Kom ons los die venynigheid en gun mekaar se vryheid van spraak en -opinie. Dis mos jou keuse of jy wil of nie wil saamstem nie.

SPREUKE 15:1 'n Sagte antwoord keer die grimmigheid af, maar 'n krenkende woord laat die toorn opkom.
SPREUKE 15:2 Die tong van die wyse getuig van grondige kennis, maar die mond van die dwase laat sotheid uitborrel.

Groete
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
User avatar
Jaco Swart
Hero Member
Hero Member
Posts: 804
Joined: Tue Feb 16, 2010 1:50 pm

Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard

Post by Jaco Swart »

Gerard.

As ek so mag vra. Sal jy die volgende stelling op jou webtuiste plaas vir die wereld om te sien:

"GSC koe?ls het 'n beter kans op sukses om die teiken te tref wanneer obstruksies per ongeluk raakgeskiet word."

Ek sal dan 'n mail aan al die groot Koeel vervaardigers aanstuur en vra om kommentaar op dit te lewer en ook sommer hul vrae aan jou te stuur.

Groetnis
Last edited by Jaco Swart on Thu Oct 18, 2012 1:36 pm, edited 1 time in total.
JACO SWART
Rustenburg
Noord-Wes
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard

Post by Piet Pille »

Jaco Swart wrote: Gerard.

As ek so mag vra. Sal jy die volgende stelling op jou webtuiste plaas vir die wereld om te sien:

"GSC koe?ls het 'n beter kans op sukses om die teiken te tref wanneer obstruksies per ongeluk raakgeskiet word."

Ek sal dan 'n mail aan al die groot Koeel vervaardigers aanstuur en vra om kommentaar op dit te lewer en ook sommer hul vrae aan jou te stuur.

Groetnis
Jy mors jou tyd Jaco.

Ek het die volgende vraag al in post #99 (bl7) al gevra en Dawie het dit toevallig herhaal in  post #101. Nou-nog geen antwoord nie, terwyl dit juis die sleutelkwessie rondom die hele debakel is:

" Oom Gerard, is ek korrek om die volgende stelling te maak uit die inligting soos tot nou toe verskaf?

Alhoewel GS Custom Bullets, die skiet deur enige obstruksie voor 'n teiken ten sterkste afraai, leen die ontwerp van 'n GS Custom Koeel hom nogsteeds tot die beste kans van minder defleksie en meer  stabiliteit in vergelyking met ander koeels, sou daar PER ONGELUK wel 'n obstruksie getref word, mits die trompsnelheid van die koeel volgens GS Custom se voorskrifte is.

Sal oom asb. net bogenoemde stelling wysig indien die feite nie korrek is nie. Sodra dit dan bevestig is, kan 'n toets geformuleer word om bogenoemde "claims" onafhanklik te kan staaf."

Dis bogenoemde kwessie waarom die hele debat draai. Kry ons uitsluitsel oor bogenoemde kan die hele argument net daar stop (om hemelsnaam asseblief!!!)

Maar in plaas van die kruks van die probleem addresseer, word elle lange redenasies, moddergooiery en gatkrappery voorgesit. Die fokus word dan (doelbewus?) geskuif van die kernpunt (wat ek hierbo aangehaal het) na nuwe redenasies wat geen oplossing vir die kwessie bied nie. Absoluut belaglik.

Jaco, kom ek vertel jou gou 'n geheim ou maat: Dit gaan LANKAL nie meer daaroor om 'n antwoord te probeer kry of bewys nie. Dit gaan oor sommige lede (en ek verwys nie net na een spesifiek nie) wat FLOREER op die konflik en hulself net nie kan keer om nie die laaste se in te kry nie. Hulle LEEF vir die adrenalien van die keybord fight en sal kripeer daarsonder.

As ek mag vra, Heinrich  (Jaracal) asb. , gryp nou in en neem drastiese stappe want hierdie forum het Gangreen ontwikkel.  En ek wil my verstout om te se dat dit amper al te laat is vir anti-biotika, en dat amputasies nou dringend gedoen sal moet word om sodoende die res van die ledemaat te red.

.270 Win Mauser aksie; .375 H&H Voere aksie; .303 British No IV Mk-I; 9mm Ruger SR9C. 243 Win Howa Varminter met Custom kolf, Tikka T3 Varmint in 204 Ruger..
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4597
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard

Post by James Wilson »

Ek sien op facebook daar is ou gevestigde jaracal lede wat se hulle besoek jaracal al minder en minder, en beveel nuwe jagters erder na ander forums toe aan!!!!!

:-[ :-[ :-[
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard

Post by Eugene »

Piet-Skiet wrote: Dit gan oor om mekaar uit temaak as leunaars en mekaar te diskrediteur. Kan een van die mods nie asb die thread close nie? Wat baat die forum as 'n geheel nou werklik daar uit?
Piet, ek weet nie of dit gaan help nie. Vorige threads is al toegemaak en dan gaan die geveg maar net op 'n volgende thread aan!

Ek dink almal weet wat moet gebeur, maar niemand wil dit graag h? nie.... :(
Aim small, miss small
PvR
Newbie
Newbie
Posts: 26
Joined: Wed Sep 28, 2011 11:53 am

Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard

Post by PvR »

Koos Barnard wrote: Gerard, ek het in reply nommer 84 twee vrae gevra, sal jy asseblief daarna kyk en dit oorweeg om my 'n antwoord te gee.
Quote from: Koos Barnard on October 17, 2012, 09:19:42 AM
Dags?
In antwoord #47 s? Gerard dat ek die 200gr 400vps onder die maksimum laai en 300vps stadiger as waarvoor die koe?l bedoel is. In sy laaste reply s? hy dat ek die koe?l 250vps onder die spec laai vir 'n 21" loop. Wat ek dus gaan doen om Gerard se koe?l regverdig te behandel is om dit op die spec te laai maw 2800fps +250 = 3050vps en dit dan deur die dowels te skiet. Sorry Gerard, jy dwing my om die ignore knoppie te los. Ek gaan hierdie glad nie doen om vermakerig te probeer wees nie, bloot om jou koe?ls te skiet teen die snelheid wat jy verlang. Help my asseblief reg. Die snelhede vir die 243 was 3439vps en die vir die .30-06 3160vps. Is daardie specs reg? Beide die gewere skiet akkuraat met daardie ladings.

Koe?l Punt Vorm: reply 118 die volgende:
Quote: Stefan 764
Ek bedoel dat party ouens, en dis nou ek inkluis, nie altyd voorgeskryf wil word teen watter spoed ek n koeel moet skiet nie. Nou ek verstaan dat met GSC koele jy daai resep moet volg (dis tog hoe die koeel ontwerp is??) en teen die voorgeskrewe spoed moet skiet, maar almal like nie die konsep nie.

Reply: Gerard
Ek sien die miskonsepsie het hier ook opgeduik.  Ek wil dit onomwonde stel dat dit nie reg is nie.  GSC skryf nie die spoed voor, waarteen 'n koe?l gelanseer moet word nie. Indien die begrip ?rens van ons webwerf af kom, sal ek dit waardeer as iemand dit asseblief kan uitwys en dat ek dan ontslae raak daarvan.

Koos B,
Hoekom wil jy die toetse herhaal om "Gerard se koeel regverdig te handel" as Gerard homself in n ander post onomwonde ges? dat GSC skryf nie die spoed voor, waarteen 'n koe?l gelanseer moet word nie?

Beste
Paul
User avatar
Boertjie
Hero Member
Hero Member
Posts: 763
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:19 pm

Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard

Post by Boertjie »

Om als te stop, moet alle lede slegs GSC produkte in hul roere gebruik.

Ek wil nie eers n post hier opsit nie(Grumpy seker ook), maar nou kan almal self besluit waar die probleem le.
JY KAN NIE DEUR IETS NA IETS(DIER OF TEIKEN) SKIET NIE.PUNT

Boertjie
Vlakvark
Hero Member
Hero Member
Posts: 2325
Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am

Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard

Post by Vlakvark »

Boys Ek dink Pieter Voster het dit nou mooi aan my uit gespel wat hy van my dink .En dit lyk my dit is die oorgroote meerderheid se gevoel is ook so
So ek vra julle omverskooning vir al die 11-1-11 wat ek julle gee
Ek sal al my posts dan ook verwyder . Hoop dit help om die gevoel op te klaar
Image
Image
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4597
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard

Post by James Wilson »

Vlakvark wrote: Boys Ek dink Pieter Voster het dit nou mooi aan my uit gespel wat hy van my dink .En dit lyk my dit is die oorgroote meerderheid se gevoel is ook so
So ek vra julle omverskooning vir al die 11-1-11 wat ek julle gee
Ek sal al my posts dan ook verwyder . Hoop dit help om die gevoel op te klaar
Vlakkie, miskien mis ek iets? ek het pieter se post deurgelees, maar ek sien nie wat jy sien nie.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13644
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard

Post by Geno »

Boertjie wrote: JY KAN NIE DEUR IETS NA IETS(DIER OF TEIKEN) SKIET NIE.PUNT
Boertjie wrote: n 308 met 110 vmax kwes nie n jak nie en hy kan deur gras ook skiet......

Boertjie
Boera,
Jy vertel dan nou 2 verskillende stories?
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Boertjie
Hero Member
Hero Member
Posts: 763
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:19 pm

Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard

Post by Boertjie »

Geno

Want dit was al gedoen(maaris nie reg nie).Hou op gatkruip om GSC punte te kry.

Boertjie

Ek sit geen verdere posts hier op nie, so jy kan maar reply soos jy wil.

PS Ek het nou 2 dae namekaar 6 blaaie unread posts deur gegaan en daar was nie 1 topic oor ongediertes nie.
Last edited by Boertjie on Thu Oct 18, 2012 3:39 pm, edited 1 time in total.
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard

Post by Cobus(Cobb) »

James Wilson wrote:
Vlakvark wrote: Boys Ek dink Pieter Voster het dit nou mooi aan my uit gespel wat hy van my dink .En dit lyk my dit is die oorgroote meerderheid se gevoel is ook so
So ek vra julle omverskooning vir al die 11-1-11 wat ek julle gee
Ek sal al my posts dan ook verwyder . Hoop dit help om die gevoel op te klaar
Vlakkie, miskien mis ek iets? ek het pieter se post deurgelees, maar ek sien nie wat jy sien nie.
Gerhard, ek sien ook niks....is dit verwyder....

Cheers
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Vlakvark
Hero Member
Hero Member
Posts: 2325
Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am

Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard

Post by Vlakvark »

Cobb wat wil jy he moet ek die laaste een waar ek se ek gaan dit doen ook verwyder
Image
Image
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard

Post by BLOK »

Boertjie wrote:
PS Ek het nou 2 dae namekaar 6 blaaie unread posts deur gegaan en daar was nie 1 topic oor ongediertes nie.
Daai is een van die dele hoekom ek juis hier aangesluit het is baie jammer dat die res nou die oorsprong van die forum oorheers. Moet stem ek mis ook die lekker ou dae van jak jag gesels.

Wat die deer n watookal skiet nogsteeds raakskiet julle reg te help. Doen die toetse met n 204, ek belowe jy skiet n reguit pad dwars deer n buffel oppad na die olifant waarvoor jy mik en skiet op n tiekie presies daar waar jy gemik het op die Olifant altwee die diere morsdood. Speed Kills.
Last edited by BLOK on Thu Oct 18, 2012 4:13 pm, edited 1 time in total.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
Vlakvark
Hero Member
Hero Member
Posts: 2325
Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am

Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard

Post by Vlakvark »

Sorry Cobb ek het nou nie mooi gelees nie en te gou op met ponie gespring
Image
Image
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard

Post by Cobus(Cobb) »

Toemaar....jou pakslae is reeds in die pos... ;)

Cheers
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Vlakvark
Hero Member
Hero Member
Posts: 2325
Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am

Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard

Post by Vlakvark »

Cobb
Jaco, kom ek vertel jou gou 'n geheim ou maat: Dit gaan LANKAL nie meer daaroor om 'n antwoord te probeer kry of bewys nie. Dit gaan oor sommige lede (en ek verwys nie net na een spesifiek nie) wat FLOREER op die konflik en hulself net nie kan keer om nie die laaste se in te kry nie. Hulle LEEF vir die adrenalien van die keybord fight en sal kripeer daarsonder.

As ek mag vra, Heinrich  (Jaracal) asb. , gryp nou in en neem drastiese stappe want hierdie forum het Gangreen ontwikkel.  En ek wil my verstout om te se dat dit amper al te laat is vir anti-biotika, en dat amputasies nou dringend gedoen sal moet word om sodoende die res van die ledemaat te red.

Ek dink die spel dit duidelik genoeg dat ons wat al 'n jaar lank baklei oor die ding key bord fighters is en eerder geamputeer moet word  die skoen moet my mos pas ek baklei al 'n jaar lank

So dit is seker maar tyd  Die man het tenminste die guts om te se ons is 'n klomp d#$se en moet uit
Image
Image
Post Reply