Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard

Post Reply
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard

Post by Eugene »

Oom Koos, dankie vir Oom se harde werk, ons waardeer!

Ek luister graag na wat die ander manne s?.

Groete
Aim small, miss small
User avatar
Biltong
Hero Member
Hero Member
Posts: 582
Joined: Thu Jun 09, 2011 3:00 pm

Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard

Post by Biltong »

Baie interressant. Baie dankie Koos vir die harde werk.

Lyk my nie mens kan juis enige gevolgtrekkings maak nie, behalwe moenie 'n tak raakskiet nie! Miskien 'n 8mm takkie met die .375? :)

Verder lyk dit nie vir my of enige koeel homself konstant onderskei van die ander nie behalwe dalk die Impala Bosvelder. (Soliede koper konstruksie met plat punt.)  Die holpunt koeels begin meestal oopmaak, ook die Barnes, dis tog waarvoor hulle ontwerp is.

Lyk of monolities dalk meer geneig kan wees om te tuimel. (Barnes, Impala PP, en GS)

Die plek waar die tak getref word maak duidelik 'n groot verskil. Middel of halfpad of net-net geraak, gee verskillend reaksies -dus geen voorspelbaarheid.

Enige aansprake op die takskiet vermoe van een koeelvervaardiger bo die ander word duidelik weerle.

Wel gedaan Koos!
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7545
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard

Post by Wouter Roets »

Hallo Koos

Baie dankie vir hierdie deeglike en goed deurdinkte toets van jou! Kan verseker insien dat dit baie harde werk geveg het.

Die resultate was op die nommer soos deur n klomp manne voor die tyd geroep was. Nothing new and no surprizes. Ek is sommer nou lus en gaan vee n klomp posts uit wat anderste resutate as feite wou  weergegee. Ek sal bitter graag nou die manne se kommentaar wil hoor op koeels wat nie net gedeflekteer het nie maar sommer ook getuimel het! Hierdie toets van jou verskil so bietjie van Koos Biltongjagter sin in dat daar nou tuimeling ook ter sprake is. Teorie en prakties resutate het toe nou n enorme verskil! Vir die manne wat nou weer gaan opspring ter verdediging van GS Custom onthou net een ding en dit is dat GS Custom aanspraak maak dat hulle produk minder beinvloedbaar is deur opstruksies en nie tuimel indien n voorwerp getref word nie! Geen ander vervaardiger wat ek van weet maak hierdie stelling nie.

So ons kan weereens met redelike sekerheid se dat GEEN maar GEEN koeel vrygespreek is huidiglik van defleksie of tuimeling nadat dit n voorwerp getref het oppad na die teiken toe nie. Die gevalle waar dit wel gebeur is net pure luck en is nie herhaalbaar nie!

Een ding wat ek raaksien en dit is dat die meeste mense verwag die defleksie moet links of regs van die teiken wees. Dit is tog wat n mens se brein vir jou wil se. Kyk net hoe baie koeels se defleksie was opwaarts in hierdie toetse.

Koos nogmaals dankie met n puik stukkie werk!

Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2149
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard

Post by Koos Barnard »

Dags?
Baie dankie aan Ludwig wat die foto's en die geskrewe stuk geplaas het. Ek vra om verskoning vir die tik- en taalfoute. Ek het die stukkie gister in rekordtyd getik en toe skoon vergeet om weer te lees voor ek dit aanstuur.

Wouter baie dankie! Ja, ek is nogal verbaas gewees oor hoeveel koe?ls hoog getref het. Dit wil voorkom of korter koe?ls ietwat beter doen. Daardie 380gr waarmee ek my buffel geskiet het was 'n regte eye opener. En ja, 'n mens moet baie versigtig wees met aansprake of aannames. Gelukkig het ek 'n onafhanklike ou by gehad wat my bevindings kan staaf.

Mooi loop
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard

Post by Eugene »

Wouter, in my leke opinie, lyk dit vir my of die verskillende toetse waarvan jy hierbo praat, nie dieselfde resultate gegee het nie. Ek was nogal beindruk met GSC se resultate na die vorige toets, maar dit lyk vir my nou asof GSC, maar dieselfde as die ander gevaar het, en in sekere toetse swakker!

Waarom dink jy is daar so 'n groot verskil? Is die toetse anders benader, of is dit weens die verskil in afstand?

Ek luister graag!

Groete
Aim small, miss small
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard

Post by James Wilson »

Dankie koos, het so vinnig deur gelees en is dit duidelik dat daar baie moeite in is. sien dit bevestig nou mooi dat ons nie deur takke moet skiet nie.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard

Post by Marc »

James Wilson wrote: Dankie koos, het so vinnig deur gelees en is dit duidelik dat daar baie moeite in is. sien dit bevestig nou mooi dat ons nie deur takke moet skiet nie.
+1 James, Baie dankie Oom Koos  ;)
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2485
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard

Post by Flip Nel »

Dankie Oom Koos vir al die moeite  dit laat mens dink
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6968
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard

Post by DWB »

Money well spent!

Baie Dankie oom Koos.

Wout, ek neem aan ons kan die een maar 'n "Sticky" laat maak!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7545
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard

Post by Wouter Roets »

Eugene

Jy plaas my bietjie in die hot spot hier! ;) Ek gaan nie val vir daai een nie! ;D Maar kom ek se so, enige mens glo eerder n onafhanklike toets.

Wat my bietjie onstel in hierdie hele storie is dat hierdie toets wat Koos gedoen het tog n heel standaard een is. Daar is niks snaaks aan die toets nie en enige persoon kan dit naboots. Ek verstaan nie hoe die vervaardiger sekere uitlatings kan maak, en onthou hierdie uitlatings is gemaak met oortuiging en oorgawe en voorgegee as "Feite", net om die toets dan self te doen en hierdie teenstrydige resutate te kry nie. Dit doen enorme afbreuk teenoor die geloofwaardigheid van die vervaardiger sowel as aan die se produk. Elke ander einskap van die produk kom nou onder verdenking agv hierdie resutate, reg of verkeerd. Ek as persoon het n kleintjie dood daaraan as iemand my intelegensie of vertroue onderskat of misbruik! Ek kan vir die lewe van my nie verstaan hoekom dit nodig sal wees hoekom n mens met n produk wat klaar soveel meer het wat vir hom tel dan nou nodig het om totaal ongegronde stellings te maak nie!

Jammer dat ek nou so uitvaar maar hierdie is n ding wat lank kom en ek sit persoonlik van die begin af in die middel daarvan. Hoe meer ek daaroor dink hoe kwater word ek! Ek is eintlik maar meer teleurgesteld in myself as enige iemand anders.

Groetnis
Wouter

PS Koos ek kan duidelik uit jou toets ook sien dat jy uit jou pad gegaan het met die toets van GS Custom om seker te maak dat dit regverdig is. Nie een van die ander produkte het daai voorreg gehad nie. Wil jy nie vir ons n guns doen en spesifiek al die dope van jou gewere asook die helaai informasie te plaas met die GS Custom koeels nie. Sodoende kan ons weer die verlede se goed voorkom. ;)
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard

Post by Stefan764 »

Lekker!!

Wel gedaan oom Groot Koos  ;D

Groetnis en MOOI LOOP

Stef
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard

Post by Stefan764 »

@ my goeie vriend Wouter Roets.....

...... AMEN
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3137
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard

Post by Chevvy SS »

Hier kom weer 'n ding.........
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard

Post by Piet Breedt »

Koos, bae dankie. Wat n insiggewende toets. Dit het presies bevestig wat baie van ons al self beleef het, en dit is dat geen koe?l se pad voorspel kan word nadat hy iets in sy pad getref het oppad teiken toe nie. Geen Kaliber is vrygespreuk daarvan, ongeag die deursnee, spoed en gewig of ontwerp van die koe?l nie.

Die mite dat n groot kaliber beter is in die bos omdat jy deur takke kan skiet is nonsens en is nou finaal bewys. As jy nie n oop skoot skiet nie, is die kanse baie groot dat jy gaan droogmaak. Elkeen wat al in die bos geskiet het kan daarvan getuig. Ek het 2 jaar terug by die Chasa span skiet in BFN so toets gedop toe ek dink ek kan net deur n bietjie lang gras hier voor my loop skiet. Ek was verbaas oor my swak score, en daar was nie eers baie gras voor my nie.

Die toetse van die .243 met baie ligte koe?ltjies teenoor die magtige .375 met sy swaar ghoene het dit baie mooi bewys.

Dankie vir al jou moeite. Ek dink dit sal een van die mees opspraakwekende toetse wees wat jy nog ooit in Magnum geplaas het, en n paar manne se bubbles bars. Welgedaan !!!
User avatar
Born2Late
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 255
Joined: Tue Oct 18, 2011 9:38 am

Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard

Post by Born2Late »

Dankie oom Koos vir die moeite(as skiet moeite kan wees).Ek hoop die bos skieters en grootpraters se oe het nou oop gegaan.Daardie een gelukskoot bewys niks.Soos Piet tereg se, as jy nie n oop skoot het nie is daar net probleme oppad.Wel gedaan.
Groete.
Labore Et Diligentia.
With labour and diligence.
johnny
Hero Member
Hero Member
Posts: 569
Joined: Thu Jun 28, 2012 8:29 pm

Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard

Post by johnny »

Oom Koos

Baie dankie , ek is so bly ek is op die Karoo se vlaktes daar is maar min om defleksie te gee.

Groetnis

Johnny
30-06 Brno, 7x57Manlichter schoenauer, 303 lee enfield, 25-06 Zastava, 223 CZ, .22 brno,  .22/410 gamo side, by side, 12 boor pomp, 9mm para, bsa no1 en bsa no2.
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard

Post by Eugene »

Wouter Roets wrote: Eugene

Jy plaas my bietjie in die hot spot hier! ;) Ek gaan nie val vir daai een nie! ;D Maar kom ek se so, enige mens glo eerder n onafhanklike toets.
Sorry Wouter, nie bedoel om jou op die spot te plaas nie,  miskien het ek die eerste toets se uitslae en gevolgtrekking nie so lekker verstaan nie. Dit het vir my gelyk of GSC beter presteer het as die ander koeels, tydens hierdie toets lyk dit egter nie so nie.

Waaroor ek ook wonder, is dat indien die defleksie van die koeel, waar die teiken 10m agter die takke is, so erg is op hierdie afstand, wat gaan die defleksie wees waar die bok/teiken byvoorbeeld 30-50 m agter die takke is? Is ek reg as ek s? dat die deleksie selfs verder gaan wees?

Groete
Aim small, miss small
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7545
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard

Post by Wouter Roets »

Eugene

Jy het dit absoluut reg dat die koeel net verder en verder gaan uitwyk namate die afstand groter word tussen die opstruksie en die teiken. Hierdie is n eenvoudige wiskundige som maw as dit twee duim is op tien meter is dit twintig duim op 100m en op 50m is dit 10 duim. Enorm en skrikwekkend ne? Koos Geldenhuis aka Biltongjagter se teiken was nader aan die opstruksies as ek reg kan onthou en het eintlik n valsbeeld geskep vir iemand wat nie hierdie ingedagte hou nie. Koos Barnard se redenasie is reg dat ons meer geneig is om obstruksies naby aan ons met n teleskoop mis te kyk as verder van ons af. Dit maak hierdie hele invloed van voorwerpe raakskiet nog meer van pas.

Onthou Koos Geldenhuis se toets het ook gewys dat GS Custom ook wel gedeflekteer was en ek het dit so uitgewys, maar die feit dat dit minder was in daai geval teenoor die ander maak koeels het toe geseevier. In Koos Barnard se toets was dit nie die geval nie en boonop is tuimeling ook teenwoordig. Aangesien Koos Barnard se teiken verder terug was sal hierdie verskeinsel makliker waargeneem kan word.

Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard

Post by Jakkalsgat »

Middag manne

Oom Koos, baie dankie vir die toetse en die uitlsae. Almal van ons het vermoed en baie het al gesien dat takke verseker 'n impak het op waar jy skiet.

Wat vir my duidelik is, is dat maak nie saak watter fabrikaat koeel of kaliber jy gebruik nie daar is definitief 'n effek negatief tot akkuraatheid as jy 'n tak raak, verder is daar geen manier hoe om vooraf te bepaal wat daardie effek gaan wees voordat jy nie die skoot geneem het nie.

Dit is so en moet ek my kop in skaamte sak daaroor dat ek al 'n gekweste blesbok van 'n klient na 4 ure se gesoek en talle misskote deur klient self deur die bosse plat geskiet het met 30-06 en was ek dus uiters gelukkig, ek moet ook se dat ek teen daardie tyd al redelik gatvol was aangesien die jagter 'n skoot gewaag het wat hy nie moes nie en sodoende al sy makkers se jag vir daardie 4 ure onderbreek het.

Elke jagter moet maar self besluit of hy daardie kans wil waag maar volgens hierdie toets sal dit dus raadsaam wees om maar eerder nog 'n rukkie langer te jag en eerder 'n minder riskante (volgens my is daar 'n risiko faktor met elke skoot en moet jy veranderlikes in gedagte hou waar jy met beweegbare teikens werk) skoot te vat.

Groete
Jaco 
Ek wens vir jou 'n rooison met 'n maan wat oor die krans uitkom, 'n lyf vol tequila en antwoorde op die diep vrae!

Groete
Jaco Stander
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7545
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard

Post by Wouter Roets »

Luddie

Ja ek het dit nie eers in ag geneem nie! Wat se daai smart sagteware vir jou as jy daai informasie insit? ;D Ek glo die I Phone sal dan sommer van self n kopdokter bel want hy kan sien jy is dan besig met 11-1-11!

Jakkie

As n dier gewkes is dan gooi jy die lood, koper, geelkoper, tin of plastiek punt vooraan die lood/koper koeel totdat hy le en klaar, tak of te not! ;)

Groetnis
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard

Post by Stefan764 »

Wouter Roets wrote: Eugene

Jy het dit absoluut reg dat die koeel net verder en verder gaan uitwyk namate die afstand groter word tussen die opstruksie en die teiken. Hierdie is n eenvoudige wiskundige som maw as dit twee duim is op tien meter is dit twintig duim op 100m en op 50m is dit 10 duim. Enorm en skrikwekkend ne? Koos Geldenhuis aka Biltongjagter se teiken was nader aan die opstruksies as ek reg kan onthou en het eintlik n valsbeeld geskep vir iemand wat nie hierdie ingedagte hou nie. Koos Barnard se redenasie is reg dat ons meer geneig is om obstruksies naby aan ons met n teleskoop mis te kyk as verder van ons af. Dit maak hierdie hele invloed van voorwerpe raakskiet nog meer van pas.

Onthou Koos Geldenhuis se toets het ook gewys dat GS Custom ook wel gedeflekteer was en ek het dit so uitgewys, maar die feit dat dit minder was in daai geval teenoor die ander maak koeels het toe geseevier. In Koos Barnard se toets was dit nie die geval nie en boonop is tuimeling ook teenwoordig. Aangesien Koos Barnard se teiken verder terug was sal hierdie verskeinsel makliker waargeneem kan word.

Groetnis
Wouter
AMEN again!  ;)  ;D
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard

Post by Marc »

Sully, wat soek jy  ??? ??? ???  ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D

Baas Wout, hou bietjie die mannetjie dop  ;)
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6968
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard

Post by DWB »

Ek kom ook agter die twee begin in 'n pak operate...  ;D

Stefaans gaan so bruin skynsel in die gesig begin kry  ;D ;D ;D ;D
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard

Post by Jean Marais »

Hallo almal

Hierdie is 'n skitterende voorbeeld van een van die vele redes hoekom ek aan HIERDIE forum behoort.

Ek was ook onder die indruk dat swaarder plat-/rondeneus koe?ls minder behoort te deflekteer as ligter vinniger spitser koe?ls. Ook maar my ore uitgeleen. Wouter het my egter destyds gou reggehelp, en ek is dankbaar daarvoor, want sedertdien is ek baie meer oplettend oor wat in die pad van die koe?lbaan is as van tevore. As die skoot nie aan is nie, is hy eenvoudig nie aan nie. Punt.

Hierdie is baie waardevolle inligting. Sien is glo. As jy na dese nog kanse wil vat om deur enige vorm van obstuksie te wil skiet, hoop ek jou beursie is ook dik genoeg, want kwes gaan jy kwes.

Baie dankie vir hierdie bydrae.

Groete,

Jean
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
User avatar
matewis
Hero Member
Hero Member
Posts: 1065
Joined: Thu Apr 12, 2012 10:52 am

Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard

Post by matewis »

7 dae nog nie verby nie?
Post Reply