Wie is ook oppad jagveld toe?

Post Reply
User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1987
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Post by sako 30-06 »

Ry net nou Orania toe.

Kan hopelik n paar bokke laat bakkie ry.

Op die lys is, Springbok, Gemsbok, Blesbok, SWB, BWB en rooiribbok.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7557
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Post by Wouter Roets »

Lekker Manne

Julle moet dit gate uit geniet. Reis veilig en skiet reguit en onthou klein slukkies om die vuurtjie!

Groetnis
Wouter
User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1987
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Post by sako 30-06 »

Wouter Roets wrote:Lekker Manne

Julle moet dit gate uit geniet. Reis veilig en skiet reguit en onthou klein slukkies om die vuurtjie!

Groetnis
Wouter
Dis hoekom ons uit die klein glasies drink ;D
koos 2
Hero Member
Hero Member
Posts: 734
Joined: Tue Mar 18, 2014 5:01 pm

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Post by koos 2 »

sako 30-06 wrote:
Wouter Roets wrote:Lekker Manne

Julle moet dit gate uit geniet. Reis veilig en skiet reguit en onthou klein slukkies om die vuurtjie!

Groetnis
Wouter
Dis hoekom ons uit die klein glasies drink ;D
Skerp manne !!!
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7557
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Post by Wouter Roets »

Sako

Die teorie is dat n mens dit uit groter glase ook kan doen, maar my praktiese ondervinding dui egter dat ek daarmee sukkel. ;D

Groetnis
Wout

PS My glas grote bepaal net my spoed waarteen ek my gewenste resultate bereik, maar bereik bereik ek hom.
User avatar
Trompie
Hero Member
Hero Member
Posts: 511
Joined: Mon Oct 05, 2015 9:19 am

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Post by Trompie »

Daarsy more oggend 3uur is dit uiteindelik sulke tyd! Hoedspruit moet wakker staan!
If it heard the shot, I wasn't aiming for it...
User avatar
Alwyn
Hero Member
Hero Member
Posts: 730
Joined: Sun Jan 13, 2013 10:27 pm

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Post by Alwyn »

Sodra die meeting kla is ry ek Matlabas toe vir die naweek!!!
User avatar
DawieKotze
Hero Member
Hero Member
Posts: 2075
Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Post by DawieKotze »

So kry ek ook gisteraand 'n oproep van my ouditeur............

"Wil jy volgende Woensdag saamry Suidwes toe? Ons gaan jag op Blinkoog" :) :)

Nou wil ek net vir julle vertel dat Blinkoog die plaas is waar ek as laaitie my 1ste springbok geskiet het saam met my ou groot skoolvriend Erich von Schauroth. Sy broer Gunther boer nou daar.

Wat kan 'n man nou beter as geskenk kry vir jou 60ste!! Ek is super opgewonde!

Groetnis

Dawie
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
JVT172
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 261
Joined: Tue Jun 26, 2012 9:47 am

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Post by JVT172 »

Ry more om te gaan jag. Tussen Bedford en Tarkastad
User avatar
Marlin
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 78
Joined: Thu Aug 02, 2012 1:58 pm

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Post by Marlin »

Die naweek is blesbokke,
Volgende naweek is swart wildebeeste,
Die naweek daarna is rooi ribbok met die boog (walk & stalk) en a springbok of 3.
Daarna maak ons nog planne....
Stefan Fourie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 334
Joined: Fri Nov 01, 2013 7:28 am

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Post by Stefan Fourie »

Saterdag namiddag se poging, was die kinders se beurt om te skiet.
Raai bietjie wie se eerste jagtrip was dit...
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Post by Jakkalsgat »

Stefan Fourie wrote:Saterdag namiddag se poging, was die kinders se beurt om te skiet.
Raai bietjie wie se eerste jagtrip was dit...
Seker die een wat die derde bok van regs af verwoes het ;D
User avatar
Cor Jacobs
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 255
Joined: Mon Apr 16, 2012 1:03 pm

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Post by Cor Jacobs »

Die Jagseisoen is al lank aan die gang, en ons jaarlikse jag begin eers oor twee weke.. Maar ek is al klaar reg en omtrent klaar gepak. Die Rooi Duine wag. Ongelukkig is my maat Piet Pille nie die jaar saam nie. Sal maar my belbeurt in die aand moet gebruik om hom op hoogte te hou,, :police:
Stefan Fourie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 334
Joined: Fri Nov 01, 2013 7:28 am

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Post by Stefan Fourie »

Jakkalsgat, daardie bok het reg op ons afgehardloop van onder 'n duin af, ons het bo-op gestaan. Hy sou nie verder as 10 meter langs ons uitgekom het en dan was dit die laaste sien van hom. Laaitie het toe 'n kans gevat en hom in die hardloop op ±40 meter geskiet. Die boude het genadiglik niks oorgekom nie, net die helfte van een rug biltong was weg, was gelukkig meer 'n kapskoot gewees. As dit trompop in sy lyf gewees het was dit 'n disaster, my herlaaide patrone was op en op daardie stadium het ons met Pro Am 130gr loodpunte geskiet.
koos 2
Hero Member
Hero Member
Posts: 734
Joined: Tue Mar 18, 2014 5:01 pm

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Post by koos 2 »

Uiteindelik !!!!
Ons ry maandag Vosburg toe in Noord Kaap. Sal saterdag terug wees. Springbokke op spyskaart. Kan nie meer wag nie,was n lang wag.

Sal fotos plaas sodra ek terug is.
Frikadel
Full Member
Full Member
Posts: 123
Joined: Mon Mar 31, 2014 11:15 am

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Post by Frikadel »

Sopas teruggekom van Shingalana Game Lodge naby Hartbeesfontein.

Beste jag van my lewe gewees!!!

4 x Waterbokke
2 x Swatrwildebeeste
4 Blesbokke
Net een gunne, 30.Sukses! Howa Harvest Moon!
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7557
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Post by Wouter Roets »

Manne

Ek gaan nou my opsie uitoefen om nou te ry en die nodige goedjies te gaan koop vir die jagtrippie.

More oggend as die twee swaeljies nog stry oor wie se poep is die stinkste sal ek en my broer dieselfde maar vir mekaar vra oppad na Pongola toe. Daarna sal ons ander goed oor kry om te stry tot Sondag wanneer ons weer die wiele terug weste toe draai.

Groetnis
Wouter
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Post by Gawie(13mm) »

Wouter Roets wrote:Manne

Ek gaan nou my opsie uitoefen om nou te ry en die nodige goedjies te gaan koop vir die jagtrippie.

More oggend as die twee swaeljies nog stry oor wie se poep is die stinkste sal ek en my broer dieselfde maar vir mekaar vra oppad na Pongola toe. Daarna sal ons ander goed oor kry om te stry tot Sondag wanneer ons weer die wiele terug weste toe draai.

Groetnis
Wouter
Geniet die wegbreek! Soos my predikant vrind altyd sê: Breek weg, nie af nie!" :)
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
willers
Newbie
Newbie
Posts: 46
Joined: Mon May 21, 2012 6:43 pm

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Post by willers »

KLaar gejag nou net klaar met wors maal vleis, stop more 1 eland so vet soos vark moes van vet af sny op Tbone,en 2 gemsbok wat ook mooi vet was.Tripod het gesien hoe lyk vet rib.Dis net 365 dae na volgende jag nie te lank nie.
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5023
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Post by Frederik »

Geniet Wouter, wat is op die skiet lys?
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Post by Carl »

Wouter Roets wrote:Manne
Ek gaan nou my opsie uitoefen om nou te ry en die nodige goedjies te gaan koop vir die jagtrippie.
More oggend as die twee swaeljies nog stry oor wie se poep is die stinkste sal ek en my broer dieselfde maar vir mekaar vra oppad na Pongola toe. Daarna sal ons ander goed oor kry om te stry tot Sondag wanneer ons weer die wiele terug weste toe draai.
Groetnis
Wouter
Geniet dit Wouter! En onthou skiet vir die kop, pak jou bi-pot vir die pap en skree so bietjie vir die Wilde Leeus van Ellispark
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7557
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Post by Wouter Roets »

Dankie Manne

Sien nogal erg uit na die trip. Was lanklaas in daai wereld. Freek seker maar die usual suspects jong, maar ek kan geensins waarborg dat die skoot nie gaan loop as iets snaaks my koggel nie. Die plaas is nogal bekend vir sy groot kudu bulle so meskien is ons gelukkig in die department.

Carl ek maak so. Tussen die ogies! :): Terloops ek kan nie glo ek skree so hard vir n ander span nie en dit nogal vir die Leeus. Kom ons hou duim vas vir Saterdag. Gaafster sal dit probeer onthou, ;)

Groetnis
Wout
User avatar
BennieO
Full Member
Full Member
Posts: 221
Joined: Thu Feb 06, 2014 8:34 am

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Post by BennieO »

More middag na werk draai die Ford se Neus Noord. Waterpoort hier kom ons!
Traditions Vortek .50 (Swartkruit)
Aya 12Br (Swartkruit)
CZ550 Lux 30-06
BRNO .22LR MOD 2
Colt detective .38spl
Gecado mod 50 .177
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Post by VdWalt »

Geniet die jag!
User avatar
Sean3006
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 478
Joined: Mon Jun 27, 2016 9:10 pm

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Post by Sean3006 »

Ry Vrydag na werk na Noord Kaap toe. Gaan oornag op Calvinia en daarna by Augrabies. As alles goed en veilig afloop, skiet ons Maandag op n plaas naby Hotazel. Ek sien uit na die geleentheid om my eerste Gemsbok te skiet. Hou maar vir my duimvas!
Last edited by Sean3006 on Wed Jul 27, 2016 9:18 pm, edited 1 time in total.
.30-06, 6.5CM, .22lr, 9mmP
Post Reply