Page 6 of 6

Re: Laaste probeerslag met die Savage 300WSm Op QL

Posted: Mon Apr 24, 2017 2:07 pm
by Armand Steenkamp
Ek gaan nog 59gr en 60.5 skiet dan weet ek mos verseker. Dan los ek hom eers .

Re: Laaste probeerslag met die Savage 300WSm Op QL

Posted: Mon Apr 24, 2017 2:30 pm
by Ben
Armand, ek sou al lankal daai geweer by n GS gehad het as ek jy was. Dink nie lading is jou probleem nie in alle eerlikheid!

Re: Laaste probeerslag met die Savage 300WSm Op QL

Posted: Mon Apr 24, 2017 3:17 pm
by joe rocket
Armand jy moet plan maak en daai roer by Izak kry met primers, doppe koele en dies. Hy het n 500m baan so hy sal daai probleemkind uitsorteer, met n lekker lading ook wat n koekhou skiet.

Re: Laaste probeerslag met die Savage 300WSm Op QL

Posted: Mon Apr 24, 2017 3:26 pm
by Aceofspades
Nee man, moet hom nou nie moed inpraat nie. Ek is lus vir 'n kruibrander wat nie kan skiet nie

Kriek

Re: Laaste probeerslag met die Savage 300WSm Op QL

Posted: Mon Apr 24, 2017 4:02 pm
by Geno
joe rocket wrote:Armand jy moet plan maak en daai roer by Izak kry met primers, doppe koele en dies. Hy het n 500m baan so hy sal daai probleemkind uitsorteer, met n lekker lading ook wat n koekhou skiet.
Ons kan uitgaan tot by 'n myl ook daar.

Re: Laaste probeerslag met die Savage 300WSm Op QL

Posted: Mon Apr 24, 2017 5:47 pm
by Wouter Roets
Julle moet nou maar se waar julle dink die vout le.... By my, by die roer, of by die basisse. Ek weet nie..
Armand

As ek jou moet eerlik antwoord, dink ek jou probleem le bo jou nek, maar onder die punt van jou kroontjie.

Groetnis
Wouter

Re: Laaste probeerslag met die Savage 300WSm Op QL

Posted: Mon Apr 24, 2017 7:15 pm
by Armand Steenkamp
Dankie, voel nou beter.
Kom ons steek dan maar nog geldjies brand. Het iemand vir my Izak se kontak besonderhede?

Groetnis

Re: Laaste probeerslag met die Savage 300WSm Op QL

Posted: Mon Apr 24, 2017 7:17 pm
by Aceofspades
Yes boys! Nou is daar aksie! Ek PM hom nou vir jou. Jy sal nie spyt wees nie.

Kriek

Re: Laaste probeerslag met die Savage 300WSm Op QL

Posted: Mon Apr 24, 2017 7:18 pm
by Armand Steenkamp
Dankie Johan..

Groetnis

Re: Laaste probeerslag met die Savage 300WSm Op QL

Posted: Fri Apr 28, 2017 9:03 pm
by gho
Armand.
Pak jou geweer stewig vas op sandsakke,dan "dri fire" jy op jou teiken. Kyk of jou kruishaar nie spring nadat slagpen geval het nie. Die lopie help oor met snellerbeheer.
gho

Re: Laaste probeerslag met die Savage 300WSm Op QL

Posted: Mon Jun 12, 2017 9:27 am
by Armand Steenkamp
Vrinne, net gou bietjie terugvoering. Ek is besig om met S&O te gesels. Jaco Brink het my gebel en dit klink my hulle gaan my help!!

Re: Laaste probeerslag met die Savage 300WSm Op QL

Posted: Mon Jun 12, 2017 9:37 am
by joe rocket
Mooi man, was die roer by Izak?

Re: Laaste probeerslag met die Savage 300WSm Op QL

Posted: Fri Jun 23, 2017 12:41 pm
by Armand Steenkamp
More manne! Net nog n update! Inyathi Shooting Supplies het besluit dat hulle my geweet gaan vervang. Ek wil dan ook graag die manne bedank. Vir Jaco Brink van S&O ook. Ek het bitter goeie diens van hulle af gekry. Dit wys hulle glo in hulle produk. Ek hou julle op hoogte

Groetnis

Re: Laaste probeerslag met die Savage 300WSm Op QL

Posted: Fri Jun 23, 2017 12:46 pm
by Supacow
Goeie werk!

Re: Laaste probeerslag met die Savage 300WSm Op QL

Posted: Fri Jun 23, 2017 12:52 pm
by Swede
Armand Steenkamp wrote:More manne! Net nog n update! Inyathi Shooting Supplies het besluit dat hulle my geweet gaan vervang. Ek wil dan ook graag die manne bedank. Vir Jaco Brink van S&O ook. Ek het bitter goeie diens van hulle af gekry. Dit wys hulle glo in hulle produk. Ek hou julle op hoogte

Groetnis
Vra dat hulle jou 'n Howa 6.5 creedmoor gee ;)

Re: Laaste probeerslag met die Savage 300WSm Op QL

Posted: Fri Jun 23, 2017 1:16 pm
by Armand Steenkamp
Haha Swede, ek het sommer n Howa 6.5x55 gekoop toe ek rerig raadop was met die Savage.

Re: Laaste probeerslag met die Savage 300WSm Op QL

Posted: Fri Jun 23, 2017 2:13 pm
by ruaanb
nou wat is nou alles fout gewees dat hulle hom vervang. ?

Sent from my SM-G900F using Tapatalk

Re: Laaste probeerslag met die Savage 300WSm Op QL

Posted: Tue Jul 11, 2017 11:56 am
by Trompie
Is daar update oor die roer? Weet jy al wat fout was Armand?

Sent from my SM-G925F using Tapatalk

Re: Laaste probeerslag met die Savage 300WSm Op QL

Posted: Tue Sep 05, 2017 6:58 am
by Armand Steenkamp
Vrinde , net weer n Update. Ek het gister lekker met Jaques gesels en op die ou einde het hy my op backorder vir n Tikka Varmint 300WSM gesit.. Ek glo ek maak die regte besluit...
Wat die voud met my roer was weet ek nog nie.. Daar was n paar ander getoets wat ook nie heeltemal na wense geskiet het nie.

Groetnis

Re: Laaste probeerslag met die Savage 300WSm Op QL

Posted: Tue Sep 05, 2017 8:13 am
by Malan123
Jy sal nie spyt wees oor daai tikka nie!!!

Re: Laaste probeerslag met die Savage 300WSm Op QL

Posted: Tue Sep 05, 2017 8:16 am
by joe rocket
Baie goeie keuse, nou gaan jy 5 skote een gat skiet.

Re: Laaste probeerslag met die Savage 300WSm Op QL

Posted: Tue Sep 05, 2017 12:15 pm
by Diesel Dog
joe rocket wrote:Baie goeie keuse, nou gaan jy 5 skote een gat skiet.
Maar hy het dan met sy vorige roer een gat geskiet elke skoot in sy eie gat :laugh: :laugh: :laugh:

DD