Page 7 of 7
Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom
Posted: Mon Mar 06, 2017 12:26 am
by junglejulian
Hy werk by Gerrie coetzee vuurwapens in Bloemfontein.Hy is die persoon wat gewoonlik die foon antwoord as n mens die werkswinkel skakel.
Ek sal later nommer aanstuur
Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom
Posted: Mon Mar 06, 2017 6:48 am
by neef
Welkom Oom Daan, ek sien oom maak al klaar die manne wiser met die baie inligting
Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom
Posted: Mon Mar 06, 2017 6:58 am
by Geno
Jis manne,
Oom Daan was 3 jaar laas op die forum. Ek dink nie die vrae aan hom sal binnekort beantwoord word nie.
Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom
Posted: Mon Mar 06, 2017 7:32 am
by Bennie Bester
More Junglejulian,
Baie dankie vir die inligting. Ek en Dawid het n baie goeie verstandhouding in tagtigs en negentigs gehad. Sal graag weer met hom wil gesels oor die ou dae.
Groete Bennie
Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom
Posted: Tue Sep 12, 2017 12:14 pm
by kapteinoubaas
Middag. Ek hoop iemand kan my help - dit gaan meer oor geskiedenis as 'n spesifieke wapen. Wat was die verbintenis tussen Musgrave en Bruno? Het hul op 'n stadium Bruno K98 aksies gebruik? Ek het 'n vriend met 'n 30-06 musgrave met 'n bruno aksie ...
Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom
Posted: Tue Sep 12, 2017 12:43 pm
by James Wilson
Kapteinoubaas, ek het gou met Daan gepraat, want ek het al self oor hierdie saak gewonder. Wat gebeur het is dat Musgrave agente gehad het in Duitsland met die naam van A.KInd. Hierdie agente het hulle dan in kontak gebring met derde partye wat K98 verkoop. Hierdie K98's het dan van regoor die wereld gekom, en is dan in Oostenryk deur werknemers van Musgrave getoets, en daarna aan Musgrave beskikbaar gestel vir montering. Onder anderre was daarCZ/Bruno aksies tussenin.
Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom
Posted: Mon Sep 16, 2019 10:36 am
by Benco77
Dag se mannne
Ek wil graag meer inligting kry oor die hostory van my .270 musgrave, hoe oud hy is en wie sy voorige eienaars was. Weet nie of hier dalk iemand is wat my kan help ni?
Het rede om te glo dat dit Bennie Musgrave sepersooike geweer was en sal net graag dit wil bevestig of die storie waar is.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom
Posted: Mon Sep 16, 2019 11:09 am
by ruaanb
Werk jou spellchecker nie?
Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom
Posted: Mon Sep 16, 2019 11:18 am
by toxicsox
ruaanb wrote:Werk jou spellchecker nie?
Seriously? Spell checker is twee woorde inelkgeval.
Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom
Posted: Mon Sep 16, 2019 11:19 am
by Benco77
Blykbaar doen hy nie. Duime werk nie altyd so lekker nie. Maar dankie vir jou korreksie.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom
Posted: Mon Sep 16, 2019 11:21 am
by Benco77
toxicsox wrote:ruaanb wrote:Werk jou spellchecker nie?
Seriously? Spell checker is twee woorde inelkgeval.
Dankie
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom
Posted: Mon Sep 16, 2019 11:22 am

Ja want dit maak dit moeilik om te verstaan wat die persoon vra.
Spellchecker is wel ook reg.

by swc-tr
Bennie Musgrave moes blerrie baie persoonlike gewere besit het, elke 3de ou se Mugrave het eers aan Bennie behoort!!!
Net soos met Boere-oorlog Mausers wat aan Gen. de Wet behoort het.
Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom
Posted: Mon Sep 16, 2019 11:26 am
by Benco77
swc-tr wrote:Bennie Musgrave moes blerrie baie persoonlike gewere besit het, elke 3de ou se Mugrave het eers aan Bennie behoort!!!
Net soos met Boere-oorlog Mausers wat aan Gen. de Wet behoort het.
Is seeker waar maar . Is wel Bennie Jnr. Maar is altyd lekker om te weet.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom
Posted: Mon Sep 16, 2019 11:30 am
by toxicsox
ruaanb wrote:toxicsox wrote:ruaanb wrote:Werk jou spellchecker nie?
Seriously? Spell checker is twee woorde inelkgeval.
Ja want dit maak dit moeilik om te verstaan wat die persoon vra.
Spellchecker is wel ook reg.
Ag hemel tog! Regtig? Jy kon nie verstaan wat die persoon vra nie?
Almal sit nie agter 'n rekenaar nie.
Ek het ook twee dom duime wat nie altyd op my selfoon wil saamwerk nie. Dit gebeur.
Ek het 'n ander forum gelos om hier aan te sluit weens presies sulke kleinlikheid. Lyk my dit is maar dieslefde orals.
Net my 2c - of is dit nou 2s
Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom
Posted: Mon Sep 16, 2019 11:48 am
by ruaanb
Blou Maandag lyk dit vir my. Sterkte!
Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom
Posted: Mon Sep 16, 2019 2:18 pm
by jankraay
toxicsox wrote:ruaanb wrote:toxicsox wrote:
Seriously? Spell checker is twee woorde inelkgeval.
Ja want dit maak dit moeilik om te verstaan wat die persoon vra.
Spellchecker is wel ook reg.
Ag hemel tog! Regtig? Jy kon nie verstaan wat die persoon vra nie?
Almal sit nie agter 'n rekenaar nie.
Ek het ook twee dom duime wat nie altyd op my selfoon wil saamwerk nie. Dit gebeur.
Ek het 'n ander forum gelos om hier aan te sluit weens presies sulke kleinlikheid. Lyk my dit is maar dieslefde orals.
Net my 2c - of is dit nou 2s
Raak rustig en gaan vat n sluk water. Jy kan nie Jaracal met ander plekke vergelyk nie want daar is geen forum soos die een nie.
As jy vir Ruaan ken sal jy weet dit is n grap. Dalk is jy weg oor jy so reageer het ek weet nie maar vat maar alles tong in die kies want dit is meeste van die tyd die geval.
As jy n slegte dag het sterkte met hom hy is darem amper verby.
Groete
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom
Posted: Mon Sep 16, 2019 2:20 pm
by jankraay
Ooh ja...hijack af

Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom
Posted: Mon Sep 16, 2019 2:34 pm
by Johan van Wyk
Daar is merkwaardig baie ouens wat dink dat hulle Musgraves eens op `n tyd of aan Bennie Musgrave of aan Lucas Potgieter self behoort het. Merkwaardig baie…
Dok Lucas het destyds baie gewere by die Musgrave pasmaak-afdeling laat bou en dan in sy winkel verkoop. Op meeste van hulle wat ek al gesien het was sy naam (dikwels iets soos Lucas P en dan die reeksnommer) gegraveer of ingestamp. Baie mense raak hieroor verward en dink hulle besit een van sy eie gewere. Nie so nie. Hy het die roer dalk laat bou maar hom net so aan `n lid van die publiek verkoop. My pa het destyds so 7x57 op `n DWM M98 aksie besit waarmee ek my eerste rooibok geskiet het. Van hierdie gewere was baie mooi met uitgesoekte hout en gravering, andere was maar redelik intreevlak.
Wat die aksies aan betref het Musgrave destyds surplus M98 Mauser aksies van heinde en verre opgekoop, die ergste kosmetiese skade herstel en gewere daarop gebou en verkoop aan die skietpubliek. Dit was die Musgrave K98 reeks gewees en hulle was in drie modelle beskikbaar gewees. Die goedkoopste een het nog die standard Mauser sneller gehad. Brno het derduisende M98 aksies in die 1920's en -30's gemaak, onder andere vir die Duitse Wehrmacht, so dis niks snaaks om `n ou M98 te sien met hulle naam op nie. Hulle was almal eens op `n tyd 8x57's gewees. Toe die voorraad surplus M98's opdroog was hulle verplig om na ander opsies te kyk.
Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom
Posted: Mon Sep 16, 2019 5:06 pm
by Hein M.
Johan van Wyk wrote:Daar is merkwaardig baie ouens wat dink dat hulle Musgraves eens op `n tyd of aan Bennie Musgrave of aan Lucas Potgieter self behoort het. Merkwaardig baie…
Dok Lucas het destyds baie gewere by die Musgrave pasmaak-afdeling laat bou en dan in sy winkel verkoop. Op meeste van hulle wat ek al gesien het was sy naam (dikwels iets soos Lucas P en dan die reeksnommer) gegraveer of ingestamp. Baie mense raak hieroor verward en dink hulle besit een van sy eie gewere. Nie so nie. Hy het die roer dalk laat bou maar hom net so aan `n lid van die publiek verkoop. My pa het destyds so 7x57 op `n DWM M98 aksie besit waarmee ek my eerste rooibok geskiet het. Van hierdie gewere was baie mooi met uitgesoekte hout en gravering, andere was maar redelik intreevlak.
Wat die aksies aan betref het Musgrave destyds surplus M98 Mauser aksies van heinde en verre opgekoop, die ergste kosmetiese skade herstel en gewere daarop gebou en verkoop aan die skietpubliek. Dit was die Musgrave K98 reeks gewees en hulle was in drie modelle beskikbaar gewees. Die goedkoopste een het nog die standard Mauser sneller gehad. Brno het derduisende M98 aksies in die 1920's en -30's gemaak, onder andere vir die Duitse Wehrmacht, so dis niks snaaks om `n ou M98 te sien met hulle naam op nie. Hulle was almal eens op `n tyd 8x57's gewees. Toe die voorraad surplus M98's opdroog was hulle verplig om na ander opsies te kyk.
Jip. Onder andere na Santa Barbera aksies van Spanje (wat via Brasilië na SA gekom het).
Groetnis!
Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom
Posted: Mon Sep 16, 2019 5:10 pm
by Benco77
Hein M. wrote:Johan van Wyk wrote:Daar is merkwaardig baie ouens wat dink dat hulle Musgraves eens op `n tyd of aan Bennie Musgrave of aan Lucas Potgieter self behoort het. Merkwaardig baie…
Dok Lucas het destyds baie gewere by die Musgrave pasmaak-afdeling laat bou en dan in sy winkel verkoop. Op meeste van hulle wat ek al gesien het was sy naam (dikwels iets soos Lucas P en dan die reeksnommer) gegraveer of ingestamp. Baie mense raak hieroor verward en dink hulle besit een van sy eie gewere. Nie so nie. Hy het die roer dalk laat bou maar hom net so aan `n lid van die publiek verkoop. My pa het destyds so 7x57 op `n DWM M98 aksie besit waarmee ek my eerste rooibok geskiet het. Van hierdie gewere was baie mooi met uitgesoekte hout en gravering, andere was maar redelik intreevlak.
Wat die aksies aan betref het Musgrave destyds surplus M98 Mauser aksies van heinde en verre opgekoop, die ergste kosmetiese skade herstel en gewere daarop gebou en verkoop aan die skietpubliek. Dit was die Musgrave K98 reeks gewees en hulle was in drie modelle beskikbaar gewees. Die goedkoopste een het nog die standard Mauser sneller gehad. Brno het derduisende M98 aksies in die 1920's en -30's gemaak, onder andere vir die Duitse Wehrmacht, so dis niks snaaks om `n ou M98 te sien met hulle naam op nie. Hulle was almal eens op `n tyd 8x57's gewees. Toe die voorraad surplus M98's opdroog was hulle verplig om na ander opsies te kyk.
Jip. Onder andere na Santa Barbera aksies van Spanje (wat via Brasilië na SA gekom het).
Groetnis!
Dis 100% korrek, die .270 wat ek het, het die Santa Barbera aksie.
Hoe kan mens bepaal hoe oud di wapen is?
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom
Posted: Mon Oct 14, 2019 4:37 pm
by Baugust
Dag se
Ek is in die process om n Musgrave model 90 mini in 222 Remington te koop...condisie is baaie mooi en bitter min gebruik
My vraag is hoe good werk die kombinasie..will maar klein wild en tuiken skiet
Dankie
Baugust
Sent from my SM-J410F using Tapatalk
Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom
Posted: Mon Oct 14, 2019 4:40 pm
by Baugust
Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom
Posted: Mon Feb 26, 2024 8:34 pm
by Wilanie762
hallo daan
ek besit ook n paar musgraves en versamel graag musgravr artikels
ek is op soek na n musgrave geweersak.ek vermoed hulle is baie skaars
groete
willie