Goeiemôre Wouter,
Soos jy heeltemal tereg hier sê:
Nie een van ons hier betwis die feit dat dit ons toekoms is nie, maar die meeste van ons besef terdee daar is nog n redelike pad om te stap alvorens dit n realistiese alternatief raak.
Ons moet onthou dat hierdie EV era vir ons almal, net so vreemd is soos 'n Model T Ford destyds in die perdekar era was.
Daar gaan nog baie dinge moét plaasvind voordat hierdie nuwe era glad gaan verloop.
Verskil is net, hedendaags gebeur hierdie dinge baie, baie vinniger as destyds, bloot weens die feit dat moderne kommunikasie metodes gebeure die wêreld oor heen laat vlieg die oomblik dat dit waar ookal plaasvind.
Wat sonkrag installasies betref glo ek daar is aanpassings wat gemaak moet word om die volle waarde daaruit te verkry - weereens dit ook bloot omdat ons hele bedryfsopset nooit eers daarvoor beplan en voorsien het dat ons ooit daarvan sou moes gebruik maak nie.
Dit verg kapitaal insette bo en behalwe die aanvanklike koste van die projek.
Nogtans, die realiteit is dat die teorie van sonkrag benutting werk wel baie deeglik in die praktyk.
Heelwat mense wat daarvan gebruik maak getuig dat hulle nie een dag lank terug kyk nadat hulle stelsels in werking gestel is nie.
'n Kennis en ou kliënt van my doen sonkrag installasies in Gauteng area en hy is baie suksesvol met 'n string baie tervrede kliënte.
Indien jy werklik ernstige probleme met jou installasie ervaar, kan ek jou sy kontak besonderhede deurgee om op te volg met hom.
Nogtans glo ek jy maak gebruik van kundige mense om jou installering vir jou te doen.
Laat weet gerus indien jy dink dit is nodig.
Groete,
Koos.