Op watter afstand word jakkalse die meeste mis geskiet

Dagroep stories en vrae/ Day Calling stories and questions

Op watter afstand het JY die meeste jakkalse misgeskiet

0-50m
10
13%
50-100m
15
20%
100-150m
11
15%
150-200m
12
16%
200-250m
5
7%
250-300m
6
8%
Verder as 300m
9
12%
Al die bogenoemde
7
9%
 
Total votes: 75

User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: Op watter afstand word jakkalse die meeste mis geskiet

Post by Raven »

Freddie101 wrote: moenie deur bos skiet nie.
Freddie
Is reg so Freddie, ek raai dit nie aan nie, noem maar net dat ek dit eenkeer gedoen het. As ek die oe sien net agter die gras en ek weet waar lyf is sal ek nogsteeds lood gooi, as ek gemaklik voel met die skoot. Dis as jak glad nie vir my kans wil gee.

Raven
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Op watter afstand word jakkalse die meeste mis geskiet

Post by Francois Marais »

Freddie

Ek het al n keer, of twee, my naam met n plank geslaan, oor deur die gras skiet. 6mm 58gr punt, skiet NIE deur n graspol nie. Ook nie n 204 Ruger se 32 gr punt nie, vra vi Boeta, hy was een aand by.

As ek weet ek gaan n gras probleem he, skiet ek met die 260 Rem. Het al n paar geskiet wat ek net die oe kon sien, en het almal gekry, ek dink as jy bietjie swaarder punte skiet, kan jy met gras nog n kans vat, maar NIE met n bos nie.

My 2c.........

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
Mac
Hero Member
Hero Member
Posts: 1172
Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm

Re: Op watter afstand word jakkalse die meeste mis geskiet

Post by Mac »

Francois,

As jy Vmax gebruik is dit nie 'n baie gooie plan om deur gras te skiet nie. Ek het en aand 'n sitter gemis, toe sit ek 'n paar teikens agter gras polle vannaf 30m tot 200m. Na daai oefening wag ek maar om hare te sien voor ek skiet.

Mac
Occasionally mistaken for a responsible adult

It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Op watter afstand word jakkalse die meeste mis geskiet

Post by Francois Marais »

Mac

I am with you 100%.......

Keep well
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
Freddie101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1384
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am

Re: Op watter afstand word jakkalse die meeste mis geskiet

Post by Freddie101 »

Francois en Mac
Nou het ek die antwoord gekry waarvoor ek gesoek het. Nou het ek darem n verskoning vir die mis.
Groete Freddie
Ns Mac waar is Britsman
yol bolsun
User avatar
Jannie
Newbie
Newbie
Posts: 34
Joined: Wed Jan 28, 2009 5:27 pm

Re: Op watter afstand word jakkalse die meeste mis geskiet

Post by Jannie »

Hallo Manne

My lappie waarmee ek die teleskoop se lens skoon maak glip uit my hand en ek lig my slot en buk af om dit op te tel, toe ek opkom skree ta op 40 meter ek sit die lig aan en buig amper my sneller soos ek druk, in toetale flatie kap ek die .243 se slot af en gooi, los bo oor die jakkals, mens kan nie eers die gevoel beskryf nie!

Groete Jannie
User avatar
Boertjie
Hero Member
Hero Member
Posts: 763
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:19 pm

Re: Op watter afstand word jakkalse die meeste mis geskiet

Post by Boertjie »

En dan praat ons nie van al die woorde wat kom na so n mis skoot nie.Dit is mos woorde wat jy nooit in jou huis sal gebruik nie!
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Op watter afstand word jakkalse die meeste mis geskiet

Post by Francois Marais »

Freddie
Nou het ek darem n verskoning vir die mis.
Dit laat jou nie eintlik beter voel nie, ne???

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
Freddie101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1384
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am

Re: Op watter afstand word jakkalse die meeste mis geskiet

Post by Freddie101 »

Francois Marais wrote: Dit laat jou nie eintlik beter voel nie, ne???
Beter voel .NEE!. Maar mens wonder maar altyd hoekom die mis. Is dit ek of die toerusting of dalk die Lynx teleskoop. Snaaks mens vergeet maar van die raakskote maar die misse speel mens maar oor en oor. Sal in vervolg 2maal dink voor in lang gras skiet.
Freddie
yol bolsun
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Op watter afstand word jakkalse die meeste mis geskiet

Post by Francois Marais »

Freddie
Sal in vervolg 2maal dink voor in lang gras skiet.
Altyd ma die beter ding om te doen.

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
Biker
Hero Member
Hero Member
Posts: 812
Joined: Sun Feb 07, 2010 12:19 pm

Re: Op watter afstand word jakkalse die meeste mis geskiet

Post by Biker »

Nou wil ek by julle weet hoeveel was al raak wanner die skoot nie geklap het nie. Ek praat van daai natsak klap.
So 10 dae terug kom een in en loop steek vas so 60m agter n nie te dik kriebos nie. Ek sien sy lyf nog goed en gooi en al wat ek hoor is so trr  trr geen doef nie. Ek was so seker van skoot dat ek onmiddelik sy maat begin soek het met lig. Heeltyd hinner daai klank my en na uur toe niks inkom nie gaan soek ek en die boer en NIKS. Hy het ongelukkig nooit in die dag daar gaan soek nie.
Ek wonder nog steeds. Dit was 55gr Vmax.

BIKER
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Op watter afstand word jakkalse die meeste mis geskiet

Post by Louis102 »

Biker wrote: ....Nou wil ek by julle weet hoeveel was al raak wanner die skoot nie geklap het nie...
Biker

Gebeur nogal, skiet nou die dag op 'n kat wat so op die kruin van 'n rand staan.  Die skoot het mooi geloop ..."doeeeffff", maar ek wag nou nog vir die "doep" om terug te kom.  Die kat het net weggeraak, gelukkig oorreed my drywer my dat ons moet te loop kyk, anders het ek nou nog geglo dit was mis.  Die kat was mooi agter die blaaie geskiet en het gel? net daar waar hy geskiet is.

Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Op watter afstand word jakkalse die meeste mis geskiet

Post by Francois Marais »

Biker

Ek het al n paar geskiet, veral met die 204 Ruger, dat tot die boer vir my se, "Jong, dit was mos mis" Het die by hom gelukkig almal opgetel.

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
Danie Lombard .243

Re: Op watter afstand word jakkalse die meeste mis geskiet

Post by Danie Lombard .243 »

Hallo Maters.

Nou ja, die vraag lui op watter afstand skiet 'n ou 'n jakkie mis. Kom ek las aan en se/vra eerder waneer skiet mens 'n jakkie mis en is dit moeilik?

Dit is sommer vrek maklik om ou jakkie mis te skiet. En ek het weer gisteraand gesien dit is die maklike skote wat 'n ou mis skiet. Vanoggend is ek vreeslik disselboom in die sand. Ek het laasnag 'n jakkie in die gryspad mis geskiet. Het hom in geroep, Net na ek die hooter laat huil het skreeu e jakkies vir my terug. Ek skakel onmiddelik oor na my "secret weapon" haas skreeu. So 3 min na ek begin roep het kom die hy oop en toe aangehardloop, top spoed. Met oe wat blink lyk dit soos 'n motorkar wat op ons afstorm soos hy in die pad aankom. Lyk of hy nie gaan stop nie. Skiet die skoot op ek skat so 150m en mik vir die middel van die bors. Easy peazy skoot man. Jakkie top speod oop en toe oppad. Reguit lyn. Skoot loop. groot stof agter jakkie en daar trek hy, swaai links in die lang rooigras in en koebaai jakkie. Hel man, dit voel lekker K@KERASIE om so 'n maklike skoot mis te skiet.  :( :'( >:(

Ek het nes 'n eppie gevoel wat iets opgeneuk het en sit en wag vir die baas om my te kom kyk. So 'n benoude bemoerde gemoeds be dinges.

ag toggie.
User avatar
Freddie101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1384
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am

Re: Op watter afstand word jakkalse die meeste mis geskiet

Post by Freddie101 »

Danie 243
Dit help soms om jou hart uit te praat hier oppie forum  ;D. Want ons weet mos al almal van daai gevoel as jy wil vloek en stilbly gelyk. Maar tyd heel wonde.
Groete Freddie
yol bolsun
Danie Lombard .243

Re: Op watter afstand word jakkalse die meeste mis geskiet

Post by Danie Lombard .243 »

Ou Freddie

My veearts se dit is net tydelik, dit sal later veregger. ;D
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Op watter afstand word jakkalse die meeste mis geskiet

Post by Gerhard »

Vir my so tussen 100 en 120 meter. Skiet nie verder met die Hornet nie tensy alles reg voel.

Moelike skoot vir my is as die jakkals vas steek en reg uit vir jou kyk en jy moet hom van voor af piets.

Het al hele paar bietjie links of reg geskiet en dan voor been af, het jy al gesien hoe vinnig jakkals se kind kan hardloop op drie bene.

Dan moet jy lood in die lug sit waar dit saak maak baie vinnig of hy is weg soos laas maand se salaris tjek.

EK probeer maar quartering towards en plak dwars skote vat.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
stephan1

Re: Op watter afstand word jakkalse die meeste mis geskiet

Post by stephan1 »

40 meter defnitief?!!
Sit laas week en roep die teef mooi in klop hom so op 150 -180 meter staan agter n bos en loer om hoek,Kopskoot .
Ekke prys my nog self toe kom die reun met n spoed in steek op amper 40 -30 meter vas!
was dit nie lekker om te sien ek skiet oor hom.
Nie geweet hulle is so vinnig.
En hoe "'brag" mens met die kopskoot as jy die ander mis.
wat n teleurstelling!!!

Stephan
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Op watter afstand word jakkalse die meeste mis geskiet

Post by Gerhard »

Jup,

Op 60 meter soos op my laaste video waar die bleddy reun beweeg net toe ek skiet...

Maar toe hy vas steek toe kry hy pakslae.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: Op watter afstand word jakkalse die meeste mis geskiet

Post by Raven »

Gerhard wrote:
Moelike skoot vir my is as die jakkals vas steek en reg uit vir jou kyk en jy moet hom van voor af piets.
Gerhard, dis presies my probleem ook, ek kan nooit daai skoot reg in die kuiltjie kry nie, altyd bietjie links of regs.

Raven
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
User avatar
Sean SSR
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 60
Joined: Wed Feb 08, 2012 10:44 am

Re: Op watter afstand word jakkalse die meeste mis geskiet

Post by Sean SSR »

Ek dink mis skiet is soos a broer in die tronk jy weet daarvan maar praat nie daaroor nie
As ek net so slim soos n jak was.??
Jeep 1
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 85
Joined: Sat Sep 10, 2011 6:59 pm

Re: Op watter afstand word jakkalse die meeste mis geskiet

Post by Jeep 1 »

Ei tog mis is glad nie lekker nie ek hou ook nie van daai skoot in die kuilkie nie my mis afstand is seker so tussen 40 en 60 m

Groete
Jeep
25 06 !
Francois Briedenhann
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 452
Joined: Mon May 17, 2010 7:56 pm

Re: Op watter afstand word jakkalse die meeste mis geskiet

Post by Francois Briedenhann »

Ek skiet weer altyd mis op 400+ meter!haha Nee ek stem saam vam 60 of minder loop my skoote nie so goed nie maar dis hoekom die .22 daar is.
Jeep 1
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 85
Joined: Sat Sep 10, 2011 6:59 pm

Re: Op watter afstand word jakkalse die meeste mis geskiet

Post by Jeep 1 »

Francois vat jy altyd die .22 saam?

Groete
Jeep
25 06 !
Francois Briedenhann
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 452
Joined: Mon May 17, 2010 7:56 pm

Re: Op watter afstand word jakkalse die meeste mis geskiet

Post by Francois Briedenhann »

Jeep.

Ja ek vat altyd die 243 en .22 reeds oor vir die skoote hier naby ek is besig om my stoel so te maak dat ek die .22 aan die linker kant kan sit en 243 aan regterkant(skiet lings en regs) maar op die oomlik sit .22 langs my so ek vat en skiet
Post Reply