Op watter afstand word jakkalse die meeste mis geskiet

Dagroep stories en vrae/ Day Calling stories and questions

Op watter afstand het JY die meeste jakkalse misgeskiet

0-50m
10
13%
50-100m
15
20%
100-150m
11
15%
150-200m
12
16%
200-250m
5
7%
250-300m
6
8%
Verder as 300m
9
12%
Al die bogenoemde
7
9%
 
Total votes: 75

User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Op watter afstand word jakkalse die meeste mis geskiet

Post by Francois Marais »

Manne

Gebaseer op n vraag wat Izak H op n ander post gevra het, het ek gedink dit kan n goeie poll vraag wees.

Onthou, gee jou ondervinding, watter afstand jy die meeste gemis het. Sit ook so n kort beskrywing by oor HOEKOM jy gemis het, daar is tog altyd n verskoning??

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Op watter afstand word jakkalse die meeste mis geskiet

Post by Francois Marais »

Manne

My ondervinding, geweer wat nie plat genoeg skiet nie, het n paar op 140-150m gemis. Nadat ek my geweer op 150m beginne inskiet het, was alle moeilikheid oor. By ons skiet jy selde verder as so 180m, op n jakkals.

Vandag skiet ek my geweer 1" hoog op 150m, dan het ek point blank range op n 3.9" kol, tot op 252m, oor as goed genoeg vi my. 6mm BR met 58gr V-max @ 3650ft/sec.

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
Danie Lombard .243

Re: Op watter afstand word jakkalse die meeste mis geskiet

Post by Danie Lombard .243 »

Dit is nou vir jou 'n vreeslike vraag ou FM. ;D

As ek kan antwoord sal ek se sommer op enige afstand. Van hier tot daar.
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: Op watter afstand word jakkalse die meeste mis geskiet

Post by Raven »

Ek zero nog op 100m en dink tog die wat ek gemis het al was maar 130-150m, probeer ook deesdae om op te hou ogies skiet, en meer bladskote te vat. Jakkals is nie meer dood as wanner jy hom kop of blad skiet nie.

My naaste jakkals was op so 40tree amper raak geskiet.... Ek het die hare sien waai bo op die skouer, jakkie het vreeslik bek opges? en probeer homself byt waar die "eina" is, en toe trek hy daar weg met 'n hengse spoed... wetie of daai skoot genoeg was dat hy later sou gaan vrek het  :-\

Raves
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
tafjak

Re: Op watter afstand word jakkalse die meeste mis geskiet

Post by tafjak »

Raves
op so 40tree amper raak geskiet.... Ek het die hare sien waai bo op die skouer, jakkie het vreeslik bek opges? en probeer homself byt waar die "eina" is, en toe trek hy daar weg met 'n hengse spoed... wetie of daai skoot genoeg was dat hy later sou gaan vrek het
Nee wat, ek dink dit was so 2duim agter die blad en die ou l? maar so 60meter daarvandaan. My l? gewoonlik so 30meter, maar jy het mos 'n 25-06! :D
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Op watter afstand word jakkalse die meeste mis geskiet

Post by Francois Marais »

Danie

HOEKOM???? Vertel bietjie meer man, asb.......

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: Op watter afstand word jakkalse die meeste mis geskiet

Post by Raven »

tafjak wrote: jy het mos 'n 25-06! :D
Taffie, jy wil nie weet hoe 'n buitelandse jagter die naweek vir my gryshare gegee het met Sako 308.
130 meter kudubul....heel mis.
90 meter gemsbok koei, agterbeen af, toe poepol skootjie, toe doen ons maar die "injaag en skiet metode"
Sprinbok seker so 80 meter...pens skoot.
Blesbok 45meter voorbeen af, soek hom vir 2ure lank, en toe skiet hy die rug af. >:(

Ek moet by s? die jagter het baie van die "injaag en skiet" metode gehou.

Lekker moeg geloop Raven
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: Op watter afstand word jakkalse die meeste mis geskiet

Post by Dawie »

Gou 'n druppeltjie,  sorry virrie intjip

Jakkalse word meestal misgeskiet as hulle besig is om van afstand te verander. 

Veral reguit weg van die skieter af, naby die bakkie.  Die rede: hy't 'n manier om bossies te sidestep Dis bietjie makliker om hom raak te skiet as hy dwars beweeg. 

Nog 'n rede daar's gewoonlik nie tyd om te range nie het ek al hier van +-320m af en verder onderdeur geskiet.

Los skietstoelbriek het my ook laat mis skiet,  maar die fout l? maar in die meeste gevalle by die skieter. 

Beste om nie te mis nie is om seker te maak van jou skoot voor jy die sneller trek,  maar ons is maar almal mense. 

Kojak
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Op watter afstand word jakkalse die meeste mis geskiet

Post by Louis102 »

Hier van 450m af in die hardloop skiet ek so af en toe mis as ek nie dooierus vat nie ;)
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: Op watter afstand word jakkalse die meeste mis geskiet

Post by Raven »

Louis102 wrote:
450m af in die hardloop skiet ek so af en toe mis as ek nie dooierus vat nie ;)
Louis, is dit nou oopvisier of gaaitjie visier???
Vra maar net, want met daai Zeiss van jou looi jy hulle seker hier tot en met 'n 1000 meter  ;D  ;D

Norton
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Op watter afstand word jakkalse die meeste mis geskiet

Post by Louis102 »

Raven wrote: ... Vra maar net, want met daai Zeiss van jou looi jy hulle seker hier tot en met 'n 1000 meter ...
Raves

Ja, ja afhangend van hoe sterk die wind waai ;D

Jy sou reg gewees het, maar my Zeiss het nog nie die funksie wat self die geweer vashou en die sneller af druk nie!  "n Scope laat ongelukkig nie 'n man minder bewe en derglike foutjies maak nie.  Kan jou Swarofski tot op 1000m sien?

Louis

Ns. Het jy die DVD gekry?  Laat weet.  Ek het gewonder of dit moontlik is om so iets op die forum (of elders) te download sodat die lede dit maklik kan aflaai? Jy't mos so iets genoem?
Goeie dade oortref goeie woorde.
Skolla
Hero Member
Hero Member
Posts: 825
Joined: Thu Nov 26, 2009 2:25 pm

Re: Op watter afstand word jakkalse die meeste mis geskiet

Post by Skolla »

Louis102 wrote: Hier van 450m af in die hardloop skiet ek so af en toe mis as ek nie dooierus vat nie ;)
Louis
Jy moet n bloubul wees?
Skolla
Danie Lombard .243

Re: Op watter afstand word jakkalse die meeste mis geskiet

Post by Danie Lombard .243 »

Hi daar FM en al die ander maters.

Ek dink nie daar is 'n korrekte antwoord vir daai vraag nie. My ondervinding. Het al 'n baie makilike naby jakkals mis geskiet. Hier reg voor die bakkie se neus, sommer so 40 meter ver. Hy het op sy gat gesit en vir ons op die bak gesit en beloer. Toe hy weg vleig en begin hardloop na die mis skoot, toe kan ek hom raak skiet, sommer so in die hardloop. Die aand toe ek 9 jakkies in 2 ure geskiet het, met die tweede jakkie het ek gedink ek gaan hom mis skiet. Hy was baie ver, kruishare lekker hoog gevat en hy het mooi ge doep!

Ek sal dus se, jy skiet hom soms mis, hier en daar, ver en naby.

Een ding bly 'n feit. 'n Ou voel darem lekker gat as jy 'n maklike skoot mis skiet.

Danie
User avatar
KSV
Hero Member
Hero Member
Posts: 1386
Joined: Wed Nov 25, 2009 11:02 am

Re: Op watter afstand word jakkalse die meeste mis geskiet

Post by KSV »

Het darem al self wat n man met n houtbril kon raak skiet gemis. Gewoonlik was dit die wat so naby aan die bakkie kom en nie wil stop nie. Maak glo die hele scope vol. Kon hulle faam met die weghol gooi.

Ons het die nastr een se omdraai plek afgetree, 18 tree en nie een keer gestop vir die bakkie of wa wa nie.

KSV
Mooiloop!
Hein van Kathu
[glow]Kalahari Sands Varminting[/glow]
User avatar
Freddie101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1384
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am

Re: Op watter afstand word jakkalse die meeste mis geskiet

Post by Freddie101 »

Het al twee op 80 meter misgeskiet. In lang gras. Het gewonder of grashalms n vmax op 80 m kan laat mis. Francois of Danie243 of iemand anders is daar al so n proef gedoen. Ek dink tog die meeste mis skote is of baie naby( waar mens dink jy kan nie mis nie) of  ver (oor die 230m en verder).Of altans dit is soos dit by my werk.

Louis. Is dit jy of Oom TAKOEZA wat so skiet.

Freddie
yol bolsun
Doepie01
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 324
Joined: Thu May 13, 2010 11:55 pm

Re: Op watter afstand word jakkalse die meeste mis geskiet

Post by Doepie01 »

Ek het myne nou die aand op omtrent 40m mis geskiet. Het mooi in die paaidjie aangedraf na my toe en ek moes so half opstaan uit my stoel om hom in die scope te kry. Toe pomp die my hart soos n een silinder fast speed lister enjin en die res is geskiedenis. Hy hol nou nog. Swak Doepie swak jou helsim!

Cheers
Doepie
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Op watter afstand word jakkalse die meeste mis geskiet

Post by Louis102 »

Freddie101 wrote: ....Louis. Is dit jy of Oom TAKOEZA wat so skiet.....
Freddie

Nee, Oom Tekoeza weet nie van misskiet nie.  Hoekom twyfel jy so in my vernuf?  Hier is manne op die forum wat self vertel hoe hulle springbokke slag vir slag kopskote skiet op daardie afstand (450m) en niemand twyfel oor hulle vermoe?ns nie?  Jakkals is mos baie groter as die gedeelte op 'n springbokkop waar jy hom doodskiet met die eerste skoot, is dit nie?

Grappies op 'n stokkie, vir my raak skote op jakkals in die omgewing  van 250m al v?r.  Sal miskien nog 'n ou skelm jakkals windaf op 300m probeer, maar ek het op daardie afstande al meermaal gemis (maar ook al so gelukkie of twee gehad).  My grootste vyand as dit by misskiet kom is afstand, wind en natuurlik oormatige selfvertroue (windgatgeit)

Het al gewonder hoe akkuraat ons as jagters ons skote se afstande meet.  Het 'n vermoede dat ek mooi sal moet verduidelik hoekom die treetjies soms so klein geraak het met die metery, as ek daar by Petrus en die "pearly gates" kom.  Darem self ook al 'n truuk of twee geleer hoe om myself met die range finder te bluf!  Maar dit is maar ek, meeste forum-manne is darem meer eerbaar as ek (en beter skuts).

Groete, is die vis al opgeeet?

Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: Op watter afstand word jakkalse die meeste mis geskiet

Post by Dawie »

Ou Joseph S. vertel my noudiedag,  hoe hy in sy kooi l? na 'n mis en daai fliekie van hoe jakkie weghol na die skoot geklap het oor en oor en oor en oor en oor in sy kop afspeel. 

Dink meeste van ons het al daai fliekie gekyk..... :-[

Kojak

Maar swaar storie om 'n mis te verwerk.....
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Op watter afstand word jakkalse die meeste mis geskiet

Post by Francois Marais »

Danie/Hein

Ja die vragie is maar om jou eie ondervinding te deel, dis ook hoekom ek die van hier tot doer afstand ook opgesit het.

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
Freddie101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1384
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am

Re: Op watter afstand word jakkalse die meeste mis geskiet

Post by Freddie101 »

Louis102 wrote: Groete, is die vis al opgeeet?
Het Sondag so n kabeljoutjie vir die familie oppie kale gehad. A la Raves style in foelie en was hy nou doeksaf.
Lekker.

Francois of iemand wil julle nie iets se oor grashalms in n koeel se pad nie.
Groete Freddie
Last edited by Freddie101 on Tue Jun 08, 2010 7:17 am, edited 1 time in total.
yol bolsun
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: Op watter afstand word jakkalse die meeste mis geskiet

Post by Raven »

Freddie,

Bly om te hoor jy het die " Al La Raves Kabeljoutjie" geniet.
Oor grashalms kan ek s?, ek looi daai jackoltjie ou maat, grootste rede hoekom ek soms vir kopskote gaan.
Ek het al een teef vroeg die jaar agter graspol geskiet, skoot was bietjie "offcentre" van waar ek gemik het. Maar jak was dood. Ek het ook al my scope op na 14 gezoom en jak agter bos uitgehaal, dit was so 50 meter, soek gaatjie deur bos, maar dis meer geluk skoot as enige iets anders.

Slotsom, in beeskampe staan jak maklik agter half gevreete graspolle en dan is dit maklik vir kop of nek skoot. As daar 'n opening is gooi ek lood.

Raves
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
Skolla
Hero Member
Hero Member
Posts: 825
Joined: Thu Nov 26, 2009 2:25 pm

Re: Op watter afstand word jakkalse die meeste mis geskiet

Post by Skolla »

Freddie101 wrote: A la Raves style
Raves
Hoe lyk dit met n sjoe moertjie resep?
Skolla
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: Op watter afstand word jakkalse die meeste mis geskiet

Post by Raven »

Ek het ook so bietjie met die oog gesteel hoe Hein van Kalahari Sands Varminting sy ribbetjies braai, lekka stadig maar tog so sappig  ;)
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
User avatar
KSV
Hero Member
Hero Member
Posts: 1386
Joined: Wed Nov 25, 2009 11:02 am

Re: Op watter afstand word jakkalse die meeste mis geskiet

Post by KSV »

Julle kan my maar volgende jaar huur vir ribbraai ;D
Mooiloop!
Hein van Kathu
[glow]Kalahari Sands Varminting[/glow]
User avatar
Freddie101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1384
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am

Re: Op watter afstand word jakkalse die meeste mis geskiet

Post by Freddie101 »

Raven wrote:

Oor grashalms kan ek s?, ek looi daai jackoltjie ou maat, grootste rede hoekom ek soms vir kopskote gaan.
het al een teef vroeg die jaar agter graspol geskiet, skoot was bietjie "offcentre" van waar ek gemik het. Maar jak was dood. Ek het ook al my scope op na 14 gezoom en jak agter bos uitgehaal, dit was so 50 meter, soek gaatjie deur bos, maar dis meer geluk skoot as enige iets anders.
Raves
Raven
Ja het ook al so kopskote geskiet maar dan sien mens die kop. Ek praat van as n mens net die oe in die gras sien. As jy in Jaracal se klas opgelet het sal jy onthou hy het gese moenie deur bos skiet nie. Hy het al te veel so verloor. Hy moet weer uitkom. Partykeer misgis n mens jou met lengte van gras en as hy inkom is dit heeltyd net oe in gras.

Hein  Miskien moet ons jou opvat oor daai een. Lyk my Skolla was ook beindruk met die sjoe moertjies.
Freddie

Freddie
yol bolsun
Post Reply