Page 2 of 2
Re: Op watter afstand word jakkalse die meeste mis geskiet
Posted: Tue Jun 08, 2010 2:37 pm
by Raven
Freddie101 wrote:
moenie deur bos skiet nie.
Freddie
Is reg so Freddie, ek raai dit nie aan nie, noem maar net dat ek dit eenkeer gedoen het. As ek die oe sien net agter die gras en ek weet waar lyf is sal ek nogsteeds lood gooi, as ek gemaklik voel met die skoot. Dis as jak glad nie vir my kans wil gee.
Raven
Re: Op watter afstand word jakkalse die meeste mis geskiet
Posted: Tue Jun 08, 2010 7:53 pm
by Francois Marais
Freddie
Ek het al n keer, of twee, my naam met n plank geslaan, oor deur die gras skiet. 6mm 58gr punt, skiet NIE deur n graspol nie. Ook nie n 204 Ruger se 32 gr punt nie, vra vi Boeta, hy was een aand by.
As ek weet ek gaan n gras probleem he, skiet ek met die 260 Rem. Het al n paar geskiet wat ek net die oe kon sien, en het almal gekry, ek dink as jy bietjie swaarder punte skiet, kan jy met gras nog n kans vat, maar NIE met n bos nie.
My 2c.........
Mooi loop
Francois
Re: Op watter afstand word jakkalse die meeste mis geskiet
Posted: Tue Jun 08, 2010 8:13 pm
by Mac
Francois,
As jy Vmax gebruik is dit nie 'n baie gooie plan om deur gras te skiet nie. Ek het en aand 'n sitter gemis, toe sit ek 'n paar teikens agter gras polle vannaf 30m tot 200m. Na daai oefening wag ek maar om hare te sien voor ek skiet.
Mac
Re: Op watter afstand word jakkalse die meeste mis geskiet
Posted: Tue Jun 08, 2010 8:32 pm
by Francois Marais
Mac
I am with you 100%.......
Keep well
Francois
Re: Op watter afstand word jakkalse die meeste mis geskiet
Posted: Tue Jun 08, 2010 8:42 pm
by Freddie101
Francois en Mac
Nou het ek die antwoord gekry waarvoor ek gesoek het. Nou het ek darem n verskoning vir die mis.
Groete Freddie
Ns Mac waar is Britsman
Re: Op watter afstand word jakkalse die meeste mis geskiet
Posted: Tue Jun 08, 2010 8:52 pm
by Jannie
Hallo Manne
My lappie waarmee ek die teleskoop se lens skoon maak glip uit my hand en ek lig my slot en buk af om dit op te tel, toe ek opkom skree ta op 40 meter ek sit die lig aan en buig amper my sneller soos ek druk, in toetale flatie kap ek die .243 se slot af en gooi, los bo oor die jakkals, mens kan nie eers die gevoel beskryf nie!
Groete Jannie
Re: Op watter afstand word jakkalse die meeste mis geskiet
Posted: Tue Jun 08, 2010 9:03 pm
by Boertjie
En dan praat ons nie van al die woorde wat kom na so n mis skoot nie.Dit is mos woorde wat jy nooit in jou huis sal gebruik nie!
Re: Op watter afstand word jakkalse die meeste mis geskiet
Posted: Tue Jun 08, 2010 9:06 pm
by Francois Marais
Freddie
Nou het ek darem n verskoning vir die mis.
Dit laat jou nie eintlik beter voel nie, ne???
Mooi loop
Francois
Re: Op watter afstand word jakkalse die meeste mis geskiet
Posted: Wed Jun 09, 2010 2:02 pm
by Freddie101
Francois Marais wrote:
Dit laat jou nie eintlik beter voel nie, ne???
Beter voel .NEE!. Maar mens wonder maar altyd hoekom die mis. Is dit ek of die toerusting of dalk die Lynx teleskoop. Snaaks mens vergeet maar van die raakskote maar die misse speel mens maar oor en oor. Sal in vervolg 2maal dink voor in lang gras skiet.
Freddie
Re: Op watter afstand word jakkalse die meeste mis geskiet
Posted: Wed Jun 09, 2010 2:16 pm
by Francois Marais
Freddie
Sal in vervolg 2maal dink voor in lang gras skiet.
Altyd ma die beter ding om te doen.
Mooi loop
Francois
Re: Op watter afstand word jakkalse die meeste mis geskiet
Posted: Thu Jun 17, 2010 4:31 pm
by Biker
Nou wil ek by julle weet hoeveel was al raak wanner die skoot nie geklap het nie. Ek praat van daai natsak klap.
So 10 dae terug kom een in en loop steek vas so 60m agter n nie te dik kriebos nie. Ek sien sy lyf nog goed en gooi en al wat ek hoor is so trr trr geen doef nie. Ek was so seker van skoot dat ek onmiddelik sy maat begin soek het met lig. Heeltyd hinner daai klank my en na uur toe niks inkom nie gaan soek ek en die boer en NIKS. Hy het ongelukkig nooit in die dag daar gaan soek nie.
Ek wonder nog steeds. Dit was 55gr Vmax.
BIKER
Re: Op watter afstand word jakkalse die meeste mis geskiet
Posted: Thu Jun 17, 2010 4:44 pm
by Louis102
Biker wrote:
....Nou wil ek by julle weet hoeveel was al raak wanner die skoot nie geklap het nie...
Biker
Gebeur nogal, skiet nou die dag op 'n kat wat so op die kruin van 'n rand staan. Die skoot het mooi geloop ..."doeeeffff", maar ek wag nou nog vir die "doep" om terug te kom. Die kat het net weggeraak, gelukkig oorreed my drywer my dat ons moet te loop kyk, anders het ek nou nog geglo dit was mis. Die kat was mooi agter die blaaie geskiet en het gel? net daar waar hy geskiet is.
Louis
Re: Op watter afstand word jakkalse die meeste mis geskiet
Posted: Thu Jun 17, 2010 6:27 pm
by Francois Marais
Biker
Ek het al n paar geskiet, veral met die 204 Ruger, dat tot die boer vir my se, "Jong, dit was mos mis" Het die by hom gelukkig almal opgetel.
Mooi loop
Francois
Re: Op watter afstand word jakkalse die meeste mis geskiet
Posted: Fri Jun 18, 2010 9:04 am
by Danie Lombard .243
Hallo Maters.
Nou ja, die vraag lui op watter afstand skiet 'n ou 'n jakkie mis. Kom ek las aan en se/vra eerder waneer skiet mens 'n jakkie mis en is dit moeilik?
Dit is sommer vrek maklik om ou jakkie mis te skiet. En ek het weer gisteraand gesien dit is die maklike skote wat 'n ou mis skiet. Vanoggend is ek vreeslik disselboom in die sand. Ek het laasnag 'n jakkie in die gryspad mis geskiet. Het hom in geroep, Net na ek die hooter laat huil het skreeu e jakkies vir my terug. Ek skakel onmiddelik oor na my "secret weapon" haas skreeu. So 3 min na ek begin roep het kom die hy oop en toe aangehardloop, top spoed. Met oe wat blink lyk dit soos 'n motorkar wat op ons afstorm soos hy in die pad aankom. Lyk of hy nie gaan stop nie. Skiet die skoot op ek skat so 150m en mik vir die middel van die bors. Easy peazy skoot man. Jakkie top speod oop en toe oppad. Reguit lyn. Skoot loop. groot stof agter jakkie en daar trek hy, swaai links in die lang rooigras in en koebaai jakkie. Hel man, dit voel lekker K@KERASIE om so 'n maklike skoot mis te skiet.
Ek het nes 'n eppie gevoel wat iets opgeneuk het en sit en wag vir die baas om my te kom kyk. So 'n benoude bemoerde gemoeds be dinges.
ag toggie.
Re: Op watter afstand word jakkalse die meeste mis geskiet
Posted: Fri Jun 18, 2010 7:00 pm
by Freddie101
Danie 243
Dit help soms om jou hart uit te praat hier oppie forum

. Want ons weet mos al almal van daai gevoel as jy wil vloek en stilbly gelyk. Maar tyd heel wonde.
Groete Freddie
Re: Op watter afstand word jakkalse die meeste mis geskiet
Posted: Fri Jun 18, 2010 9:33 pm
by Danie Lombard .243
Ou Freddie
My veearts se dit is net tydelik, dit sal later veregger.

Re: Op watter afstand word jakkalse die meeste mis geskiet
Posted: Tue Aug 03, 2010 11:53 pm
by Gerhard
Vir my so tussen 100 en 120 meter. Skiet nie verder met die Hornet nie tensy alles reg voel.
Moelike skoot vir my is as die jakkals vas steek en reg uit vir jou kyk en jy moet hom van voor af piets.
Het al hele paar bietjie links of reg geskiet en dan voor been af, het jy al gesien hoe vinnig jakkals se kind kan hardloop op drie bene.
Dan moet jy lood in die lug sit waar dit saak maak baie vinnig of hy is weg soos laas maand se salaris tjek.
EK probeer maar quartering towards en plak dwars skote vat.
Re: Op watter afstand word jakkalse die meeste mis geskiet
Posted: Mon Sep 12, 2011 9:24 pm
by stephan1
40 meter defnitief?!!
Sit laas week en roep die teef mooi in klop hom so op 150 -180 meter staan agter n bos en loer om hoek,Kopskoot .
Ekke prys my nog self toe kom die reun met n spoed in steek op amper 40 -30 meter vas!
was dit nie lekker om te sien ek skiet oor hom.
Nie geweet hulle is so vinnig.
En hoe "'brag" mens met die kopskoot as jy die ander mis.
wat n teleurstelling!!!
Stephan
Re: Op watter afstand word jakkalse die meeste mis geskiet
Posted: Tue Sep 13, 2011 6:59 am
by Gerhard
Jup,
Op 60 meter soos op my laaste video waar die bleddy reun beweeg net toe ek skiet...
Maar toe hy vas steek toe kry hy pakslae.
Re: Op watter afstand word jakkalse die meeste mis geskiet
Posted: Thu Sep 15, 2011 8:29 am
by Raven
Gerhard wrote:
Moelike skoot vir my is as die jakkals vas steek en reg uit vir jou kyk en jy moet hom van voor af piets.
Gerhard, dis presies my probleem ook, ek kan nooit daai skoot reg in die kuiltjie kry nie, altyd bietjie links of regs.
Raven
Re: Op watter afstand word jakkalse die meeste mis geskiet
Posted: Wed Feb 08, 2012 12:27 pm
by Sean SSR
Ek dink mis skiet is soos a broer in die tronk jy weet daarvan maar praat nie daaroor nie
Re: Op watter afstand word jakkalse die meeste mis geskiet
Posted: Tue Mar 13, 2012 5:58 pm
by Jeep 1
Ei tog mis is glad nie lekker nie ek hou ook nie van daai skoot in die kuilkie nie my mis afstand is seker so tussen 40 en 60 m
Groete
Jeep
Re: Op watter afstand word jakkalse die meeste mis geskiet
Posted: Tue Mar 13, 2012 6:10 pm
by Francois Briedenhann
Ek skiet weer altyd mis op 400+ meter!haha Nee ek stem saam vam 60 of minder loop my skoote nie so goed nie maar dis hoekom die .22 daar is.
Re: Op watter afstand word jakkalse die meeste mis geskiet
Posted: Tue Mar 13, 2012 6:43 pm
by Jeep 1
Francois vat jy altyd die .22 saam?
Groete
Jeep
Re: Op watter afstand word jakkalse die meeste mis geskiet
Posted: Mon Mar 19, 2012 2:55 pm
by Francois Briedenhann
Jeep.
Ja ek vat altyd die 243 en .22 reeds oor vir die skoote hier naby ek is besig om my stoel so te maak dat ek die .22 aan die linker kant kan sit en 243 aan regterkant(skiet lings en regs) maar op die oomlik sit .22 langs my so ek vat en skiet