Wat het GSC ges?? Lees dit wat geskryf is en nie dit wat mense dink geskryf is nie.
1. Koos G het met sy 308 Win, met ligte koe?ls teen ho? spoed, suksesvol deur ligte takkies geskiet. Hy het nie aanbeveel dat mens dit doen nie, slegs vertel dat hy genoodsaak was en dat dit suksesvol was. Ek het vir 'n PH aanbeveel dat hy 'n ligte koe?l teen ho? spoed skiet om sy werk meer suksesvol af te handel. Ek het nie aanbeveel dat hy dit met opset doen nie, maar, indien dit nie anders kan nie, is dit sy beste kans op sukses. Hy het met sy tjekboek bevestig dat dit so is. Dit is een van vele gevalle oor die afgelope dekade.
2. In: Soek raad 243, bydrae #10 het ek ges?: "Daar is 'n beter kans op sukses as daar
per ongeluk deur gras of blare geskiet word."
3. In: Uit die jagter se mond - ervarings met en feite oor GSC koe?ls, bydrae #46 het ek ges?: "Ek sal die 195gr koe?l gebruik en hom so vinnig as wat veilig is druk." Ek het daarby gevoeg: "Dit sal jou die beste kans gee as jy iets
sou raakskiet voor die dier en ook so naby moontlik reguit penetrasie in die teiken gee. Die 195gr koe?l doen vir die 9.3x62 wat die 200gr koe?l vir die 375H&H en 375 Ruger doen."
4. In: GSC Koe?ls - Spoed en Ballistiese Koeffisi?nt (BK), bydrae #4 het ek ges?: "
Afhangende van die doel van die geweer sal mens dan die koe?llengte kies."
5. In: Uit die jagter se mond - ervarings met en feite oor GSC koe?ls, bydrae #157 se ek: "
Waar dit voorsien word, gee GSC spesifieke riglyne wat gevolg word om sukses te verkry."
6. In: Uit die jagter se mond - ervarings met en feite oor GSC koe?ls, bydrae #145 s? ek: "
Volg ons riglyne"
7. In: Uit die jagter se mond - ervarings met en feite oor GSC koe?ls, bydrae #71 s? ek: "Dus: Indien ons 'n koe?l aanbeveel vir 'n sekere doel en s? dat 'n sekere terminale gedrag verwag kan word, is so 'n stelling gegrond in dit waarvoor die koe?l ontwerp is."
8. In: Uit die jagter se mond - ervarings met en feite oor GSC koe?ls, bydrae #106 s? ek: "Ek dink daar is meer as genoeg manne wat vind dat, wanneer GSC 'n aanbeveling maak en
riglyne gevolg word, werk die koe?ls soos ons s? dit sal werk."
9. In: Uit die jagter se mond - ervarings met en feite oor GSC koe?ls, bydrae #188 s? ek: "Daar is een vereiste wat van belang is wanneer die toets gedoen word. Vra vir die vervaardigers wat hulle aanbeveel vir die omstandighede. Laat die vervaardigers toe om die beste stel omstandighede vir die gegewe kaliber te skep. Met ander woorde,
volg die vervaardiger se riglyne. En moet asseblief nie vir Swift vra watter Barnes koe?l om te gebruik nie, vra vir Barnes, en so aan."
10. In: Bok kwes met Boded vs Non Bonded Punte, bydrae #83 s? ek: "So, wanneer GSC raad gee en aanbevelings maak, hoe dit ookal na jou toe kom,
kyk by die metode verby, na die aanbeveling of raad. Minder emosie en meer rationalitiet. Ek het min tyd vir ouvrouens met nat broeke en mense wat nie wil leer nie."
---------------------------------------------
Koos G doen 'n toets waar hy net 'n paar koe?ls deur obstruksies skiet. GSC doen beter as die ander make. Is dit wat GSC s? of is dit nie? S? ons: "Gaan en skiet deur obstruksies, jy sal ok wees." Of s? ons: "Indien dit gebeur dat jy deur obstruksies skiet, gee ons jou die beste kans op sukses."
Koos B, jy doen 'n toets waar jy met 'n groter verskeidenheid koe?ls deur 'n obstruksie skiet. Jy vra nie vir die vervaardigers wat hulle aanbeveel nie, jy volg nie riglyne nie en jy is selektief oor wat jy insluit in jou resultaat. Dan maak jy uitlatings wat teenstrydig is met die resultaat. Sonder om enigiets na te gaan, volg ander jou slaafs na. Lees mense nie die teikens nie, of vat hulle net jou woord?
Ek het die resultaat ontleed en vind dat een vervaardiger beter gedoen het as die ander. Die resultaat stem ooreen met Koos G se resultaat en dit stem ooreen met GSC se toetsresultaat wat 15 jaar gelede gedoen is.
So, nou moet ons weer kyk wat GSC s?: S? GSC dat jy deur takke kan skiet as 'n roetine en dat ons 'n 'magic' koe?l het wat nooit sal deflekteer nie? Nee, GSC s?: Indien daar deur obstruksies geskiet
moet word, sal ons 'n aanbeveling maak wat die beste moontlike resultaat tot gevolg het. Volg asseblief ons riglyne. Ons het dit al kere sonder tal gedoen oor die afgelope dekade en, kli?nte bevestig met herhaling van bestellings, dat ons reg is. Ons s? ook: Indien 'n obstruksie per ongeluk, miskien, onvoorsiens, sonder dat mens dit met opset doen, raakgeskiet word, gee GSC koe?ls die beste kans op sukses.
Hier is die feite soos wat Koos B dit bevind het en soos sy getuie dit observeer het. Ek vind dit moeilik om te glo dat die gevolgtrekkings gemaak word soos wat die manne hierbo dit doen.
