Page 2 of 2

Re: Kudu, Rooibok, Blesbok biskikbaar die jaar in die Waterberg destrik.

Posted: Mon Jan 31, 2011 7:59 am
by Freek
Manne, die naweek finale prys lys vir 2011 ontvang. Ignoreer asb. alle tariewe soos hierbo bespreek. Finale pryse vir 2011 is soos volg:

- Rooibok (ram, ooi, trofee, nie-trofee) = R800
- Blesbok ( ram, ooi, trofee, nie-trofee) = R800
- Koedoe Bulle = R5000 (8 beskikbaar - en hulle is nie kalfies nie.)
- 4 Blouwilde bees bulle (4 jaar oud) = R2500

Dag tarief = R200 per persoon self sorg en sluit die volgende in:
- Netjiese volledige toegeruste plaas woonhuis wat 12 mense kan huisves
- Bediende vir skoon maak, beddens opmaak en skottelgoed was.
- Jag voertuig
- Slag geriewe
- Slagter wat vel afhaal, binnegoed uithaal en bok opsny in boude en blaaie volgens die jagter se keuse.
- Toestemmings brief van grond eienaar om vleis te vervoer

Vir v?rdere navrae kontak:
Freek Senekal - 082 878 5208 of
Michiel Pretorius - 082 347 2305

Re: Kudu, Rooibok, Blesbok biskikbaar die jaar in die Waterberg destrik.

Posted: Mon May 16, 2011 7:09 am
by Freek
Manne die laaste jag groep die jaar het hul draai op Rietfontein gestap die pas afgelope naweek. Lekker geskiet en kon darrem die kwota so 90% haal met 4 blesbokke 'n rooibok en blouwildebees. Manne het hulself styf en seer gestap agter die bokke aan - voel self broos vanoggend. Darrem nou weer terug in kantoor en kan uitrus die week vir eers komende naweek se aksie belaaide program... ;) 8)

Taffie ek het die voorreg gehad om eye 2 eye met jou neef te kon kuier. Iets gehoor van MOF of so iets weet nou nie of dit 'n bynaam is nie maar TAFFIE klink vir my beter op die tong. Moenie worry nie ek het klaar vir Graham reg gehelp. Taffie klink beslis beter... ;D


Lekker week vir julle, glo die volle jag verslag sal direk uit die perd se bek vloei sodra hy inlock vanoggend op die forum

Groetnis
Freek

Re: Kudu, Rooibok, Blesbok biskikbaar die jaar in die Waterberg destrik.

Posted: Mon May 16, 2011 7:36 am
by Gerhard
Lekke man Freek.

Wat moet nog afgehaal word?

Re: Kudu, Rooibok, Blesbok biskikbaar die jaar in die Waterberg destrik.

Posted: Mon May 16, 2011 8:05 am
by Freek
Gerhard, ons is nou klaar vir eers. Sal so oor 'n 'n jaar of 2 moontlik weer hulp nodig h? met die oortollige manlike diere.


Groete

Re: Kudu, Rooibok, Blesbok biskikbaar die jaar in die Waterberg destrik.

Posted: Mon May 16, 2011 8:08 am
by Gerhard
Freek wrote: Gerhard, ons is nou klaar vir eers. Sal so oor 'n 'n jaar of 2 moontlik weer hulp nodig h? met die oortollige manlike diere.


Groete
Dis great as n plaas so bestuur word.

Re: Kudu, Rooibok, Blesbok biskikbaar die jaar in die Waterberg destrik.

Posted: Mon May 16, 2011 8:28 am
by GRAHAM
Freek nogmaals dankie vir 'n puik naweek.Dit is nie elke ou wat die kans kry om 'n B/Wbees met 'n kruitgeweer te skiet nie.
Moet nie te veel adverteer nie as ek kan is ek weer oor 2 jaar daar ;)
Wat Taffie aan betref die naam "M" is deur die famielie gegee.Hy was so fris as 'n jong knaap almal het gedink hy speel ho?rskool 1ste span toe in std 5 was en gelyk soos Mof Myburg die rugby speler :D

Groete on kontak weer. 

Re: Kudu, Rooibok, Blesbok biskikbaar die jaar in die Waterb

Posted: Sun Jan 05, 2014 12:45 pm
by ghoon
Freek het jy enige wild vir 2014 beskikbaar?
Dankie

Re: Kudu, Rooibok, Blesbok biskikbaar die jaar in die Waterb

Posted: Sun Jan 05, 2014 10:07 pm
by Wilhelimoes
Freek wanner gaan j begin jag!? Ek soek rooibokke!!

Re: Kudu, Rooibok, Blesbok biskikbaar die jaar in die Waterb

Posted: Tue Jan 28, 2014 10:12 am
by Jacques9
Freek hoe lyk die pryse vir die jaar se jag en wat is beskikbaar?

Groete Jacques

Re: Kudu, Rooibok, Blesbok biskikbaar die jaar in die Waterb

Posted: Tue Feb 18, 2014 9:45 pm
by JSR
Freek ons is jaloers op die manne wat kom jag het . Hoe loop die planne vir die jaar
Johny

Re: Kudu, Rooibok, Blesbok biskikbaar die jaar in die Waterb

Posted: Wed Feb 19, 2014 6:01 am
by Cobus(Cobb)
Manne...ek glo nie Freek hulle het meer die plaas nie...

Re: Kudu, Rooibok, Blesbok biskikbaar die jaar in die Waterb

Posted: Wed Feb 19, 2014 1:35 pm
by JSR
Dankie Cobus ons kyk maar vir n ander jagplek
Johny

Re: Kudu, Rooibok, Blesbok biskikbaar die jaar in die Waterb

Posted: Sun Feb 23, 2014 1:35 pm
by Eon
Middag freek

Is daar plek vir dalk so 10 mense wat wil kom jag
Laat weet asb

Re: Kudu, Rooibok, Blesbok biskikbaar die jaar in die Waterb

Posted: Sat May 27, 2017 6:59 pm
by Hennie Oelofse
Freek wrote:Dag manne,

Ek het die groen lig ontvang dat die volgende wild gejag kan word die jaar:

1. 6 x Groot Kudu bulle. Prys = R5000 vir bul onder 50duim; R10000 vir bul bo 50duim
2. Rooibok en blesbok = R800 vir ram, ooi, trofee of nie trofee.
3. Dag tarief = R150/dag self catering jagter/nie jagter

Ek kom gereeld op die grond en kan getuig daarvan dat daar nie baie gejag word nie en dat die wild baie mak is. Daar is 'n netjiese skoon woonhuis op die plaas met 'n bediende waar die jagters kan oornag. Ek sal by wees om jagters te begely tydens die jag tog.

Indien jul belang stel kontak my direk op 082 878 5208 of stuur 'n PM
Hi Freek,

Weet dit is n ou post. Het julle nog plek oop hierdie jaar?

Groete,

HENNIE