Kudu, Rooibok, Blesbok biskikbaar die jaar in die Waterberg destrik.

Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Kudu, Rooibok, Blesbok biskikbaar die jaar in die Waterberg destrik.

Post by Freek »

Dag manne,

Ek het die groen lig ontvang dat die volgende wild gejag kan word die jaar:

1. 6 x Groot Kudu bulle. Prys = R5000 vir bul onder 50duim; R10000 vir bul bo 50duim
2. Rooibok en blesbok = R800 vir ram, ooi, trofee of nie trofee.
3. Dag tarief = R150/dag self catering jagter/nie jagter

Ek kom gereeld op die grond en kan getuig daarvan dat daar nie baie gejag word nie en dat die wild baie mak is. Daar is 'n netjiese skoon woonhuis op die plaas met 'n bediende waar die jagters kan oornag. Ek sal by wees om jagters te begely tydens die jag tog.

Indien jul belang stel kontak my direk op 082 878 5208 of stuur 'n PM
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: Kudu, Rooibok, Blesbok biskikbaar die jaar in die Waterberg destrik.

Post by Freek »

Niemand wat wil kom jag die jaar nie?  ???
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13654
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Kudu, Rooibok, Blesbok biskikbaar die jaar in die Waterberg destrik.

Post by Geno »

Freek,
Waar in die waterberg is dit?

Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: Kudu, Rooibok, Blesbok biskikbaar die jaar in die Waterberg destrik.

Post by Freek »

Geno, Vaalwater/Alma area. So 50km noord van Nylstroom/Modimolle.
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
JvB
Full Member
Full Member
Posts: 165
Joined: Tue Apr 20, 2010 7:41 am

Re: Kudu, Rooibok, Blesbok biskikbaar die jaar in die Waterberg destrik.

Post by JvB »

Freek,

Ek gaan volgende week jag in die Musina area, maar tot wanneer kan 'n ou daar jag (net in die jag seisoen (Mei - Augustus) of oop die hele jaar).

Is daar nie vlakvarke wat ook gejag kan word nie?


JvB
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: Kudu, Rooibok, Blesbok biskikbaar die jaar in die Waterberg destrik.

Post by Freek »

JvB, die plaas het vrystelling by natuurbewaring. Ons kan deur die jaar jag, laat weet net wanneer... ;)
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Kudu, Rooibok, Blesbok biskikbaar die jaar in die Waterberg destrik.

Post by Gerhard »

Hoe groot is die plaas?
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: Kudu, Rooibok, Blesbok biskikbaar die jaar in die Waterberg destrik.

Post by Freek »

Gerhard, 350ha + baie bokke + hulle is mak.
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
Jobertus
Newbie
Newbie
Posts: 2
Joined: Tue Jul 20, 2010 5:22 pm

Re: Kudu, Rooibok, Blesbok biskikbaar die jaar in die Waterberg destrik.

Post by Jobertus »

HI

ek wil graag n blesbok kom skiet ek wil net graag weet of ek met jou geweer kan skiet

jobertus

0713800006
Shaka
Newbie
Newbie
Posts: 18
Joined: Wed Aug 11, 2010 1:49 pm

Re: Kudu, Rooibok, Blesbok biskikbaar die jaar in die Waterberg destrik.

Post by Shaka »

Freek, is dit net geweerjag of boogjag ook?
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: Kudu, Rooibok, Blesbok biskikbaar die jaar in die Waterberg destrik.

Post by Freek »

Die jag seisoen is verby... en geen kudu's is die jaar gejag nie :( Daar is nog 6 groot Kudu bulle wat moet af, verkieslik die jaar nog. Rede hiervoor is die Kudu populasie, wat bulle aan betref, moet gereduseer word - daar is te veel vir die stukkie grond waar hulle loop. Hierdie jaar is die koeie weer dragtig en ons moet plek maak vir die populasie aanwas volgende jaar.

Pryse is soos volg:

Bul onder 50 duim = R5000
Bul bo 50 duim  = R10 000

Dag tarief vir jagter en nie jagter is R150 self sorg. Baie mooi netjiese plaas huis met bediende asook slag geriewe en slagters.

Boog jagters en geweer jagters is welkom.
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
janniehertzog

Re: Kudu, Rooibok, Blesbok biskikbaar die jaar in die Waterberg destrik.

Post by janniehertzog »

hey. ivm boogjag kan jy walk en stalk of moet jy in hide wees? groete
Mac
Hero Member
Hero Member
Posts: 1172
Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm

Re: Kudu, Rooibok, Blesbok biskikbaar die jaar in die Waterberg destrik.

Post by Mac »

Freek,

10K is hell hoog, meer as wat oorseese kliente betaal. Gemiddeld is 1000 tot 1200$, my deel ingereken, glo nie ek sal kan geld maak teen jou pryse, sal maar elders jag.
Occasionally mistaken for a responsible adult

It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
Jaco Bezuidenhout
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 293
Joined: Tue Dec 09, 2008 1:39 pm

Re: Kudu, Rooibok, Blesbok biskikbaar die jaar in die Waterberg destrik.

Post by Jaco Bezuidenhout »

Mac

Ek stem saam,baie duur!

Jaco
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Kudu, Rooibok, Blesbok biskikbaar die jaar in die Waterberg destrik.

Post by tafjak »

Mac en Rooikat

En waar val ons uit met ons ou 2 en R3000 koedoebulletjies? Hierdie jaar vra 'n jagter my om koedoe te kom skiet en ek gooi sommer(het nie tyd gehad nie) dat bulle R2500 en koeie R1800 is. Die ou s? toe nee, te duur.  Lyk my om iemand af te sit, moet jy maar hier na die 4 en 5000 rand toe werk.
Mooiloop en Geseende Kersfees!
Jaco Bezuidenhout
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 293
Joined: Tue Dec 09, 2008 1:39 pm

Re: Kudu, Rooibok, Blesbok biskikbaar die jaar in die Waterberg destrik.

Post by Jaco Bezuidenhout »

Taffie

R3000/1800 is nog min of meer redelik vir my,mits die dagfooi ens nie te duur is nie. Ek prt nou van kudu,gemsbok,blou wbeeste ens.Ek jag so 2 jaar gelede tussen Hopetown en Douglas saam met n groep mense met wie ek besigheid doen.Pryse word vooraf bevestig en almal is happy.Die uwe skiet n mooi rooihartbees bul,en toe ons by die kamp kom se die plaas bestuurder dis n trofee bul en hy kos nou R4500.Die plaas behoort aan n oorsee eienaar,Sweed of iets.Moes toe maar hoes..AS jy trofee jag is dit ander saak,maar R10 000 is nog steeds baie.
Help ma reg as ek dalk vd pad af is.

Jaco
User avatar
DawieKotze
Hero Member
Hero Member
Posts: 2075
Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm

Re: Kudu, Rooibok, Blesbok biskikbaar die jaar in die Waterberg destrik.

Post by DawieKotze »

Ek is nou nie 'n ou suinige suurknol nie, maar ek sal nie vandag R5000 vir 'n kudubul betaal nie. Miskien met inflasie so oor paar jaar.

Sorry Freek, maar as daai kudus geoes moet word, sal jy die pryse drasties moet laat val! Dis mos 'n kwessie van vraag en aanbod. Miskien is daar iewers manne met daai tipe geld?

Sterkte in elk geval.
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
PVB

Re: Kudu, Rooibok, Blesbok biskikbaar die jaar in die Waterberg destrik.

Post by PVB »

Freek ,

Dankie vir die jagplek wat julle beskikbaar stel. Ja die prys is stuif maar wat van as die manne inberekening hou dat rooivleis vrek duur is en dat as jy mooi bul skiet weeg hy maklik 220 kg en rooibok 38 kg ,maak daai som en dink aan die voorreg om op boere se plase te mag jag ! Die manne sal my nou stenig maar ons almal wil daai grote skiet sommer net vir biltong en dan is daar manne net soos myself wat al jare jag vir daai groot kudu bul vir my trofee kamer maar kry hom nie..Waterberge jag is puik en enige ou se 'skills' word daar beproef .

Dankie

Ghoempie
Mac
Hero Member
Hero Member
Posts: 1172
Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm

Re: Kudu, Rooibok, Blesbok biskikbaar die jaar in die Waterberg destrik.

Post by Mac »

Taffie,

ons werk maar die biltong kudus op R/Kg, maar kan nie verstaan as man vleis soek dat hy 'n ou bul wil skiet. Laat my dink aan die boesmans op Doppies, hulle het net dagga bulle gesoek, se ke hulle moet die hele week aan daai stukkie vleis kou, soek nie sagte vleis nie.

NS, antwoord so af en toe jou foon asb, sukkel my dood om met jou te praat.
Occasionally mistaken for a responsible adult

It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Kudu, Rooibok, Blesbok biskikbaar die jaar in die Waterberg destrik.

Post by tafjak »

Mac
Laat my dink aan die boesmans op Doppies, hulle het net dagga bulle gesoek, se ke hulle moet die hele week aan daai stukkie vleis kou, soek nie sagte vleis nie.
Ja, maar jy moet ook darem vir ander forum-gangers(Namibi?rs weet) laat weet dat boesman nie hou van klein stukkies vleis nie, maak nie saak hoe taai nie. Hulle het ou Peps mal gemaak.

Ek is op holiday by die huis as jy my soek(tel ge-PM)
Mooiloop en Geseende Kersfees!
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13654
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Kudu, Rooibok, Blesbok biskikbaar die jaar in die Waterberg destrik.

Post by Geno »

janniehertzog,
Is jy die jannie wat op Morgenzon skoolgegaan het?
Goed, beter, 6millimeter!
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: Kudu, Rooibok, Blesbok biskikbaar die jaar in die Waterberg destrik.

Post by Freek »

Dankie vir die terug voer manne, ek hoor wat julle s? maar die koedoe pryse verander ongelukig nie. Gaan probeer daai size bul terug koop op 'n veiling.  Jag plek is weer oop vir die 2011 seisoen, rooibokke en blesbokke nogsteeds R800, dag tarief bly ook dieselfde (R150)

Kom skiet manne - ek sal sorg dat daai rolls-roice bulle uit julle pad bly want as hy voor jou gaan instap is dit koebaai Meraai en die bank bestuurder sit met sooibrand. Smaak my die bulle gee die manne nie bok koors nie maar bank koors...  ;)
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13654
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Kudu, Rooibok, Blesbok biskikbaar die jaar in die Waterberg destrik.

Post by Geno »

Freek, ek gee jou vanaand 'n lui....
Goed, beter, 6millimeter!
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Kudu, Rooibok, Blesbok biskikbaar die jaar in die Waterberg destrik.

Post by Stefan764 »

Freek

Dai rooibokke van jou se bryse is reg maat.

Geno reel jy met Freek, ons ry met my bakkie.

Stef
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13654
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Kudu, Rooibok, Blesbok biskikbaar die jaar in die Waterberg destrik.

Post by Geno »

Saak's reg, ons kan sommer by ons huis in Rooiberg ook oorslaap, dis naby genoeg aan Alma.
Ek's al lankal lus om 'n draai by die Koekepan ook te maak.
Ek sal more vir Freek bel.
Goed, beter, 6millimeter!
Post Reply