Kudu, Rooibok, Blesbok biskikbaar die jaar in die Waterberg destrik.
-
Freek
- Hero Member

- Posts: 1941
- Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Dag manne,
Ek het die groen lig ontvang dat die volgende wild gejag kan word die jaar:
1. 6 x Groot Kudu bulle. Prys = R5000 vir bul onder 50duim; R10000 vir bul bo 50duim
2. Rooibok en blesbok = R800 vir ram, ooi, trofee of nie trofee.
3. Dag tarief = R150/dag self catering jagter/nie jagter
Ek kom gereeld op die grond en kan getuig daarvan dat daar nie baie gejag word nie en dat die wild baie mak is. Daar is 'n netjiese skoon woonhuis op die plaas met 'n bediende waar die jagters kan oornag. Ek sal by wees om jagters te begely tydens die jag tog.
Indien jul belang stel kontak my direk op 082 878 5208 of stuur 'n PM

SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
-
Freek
- Hero Member

- Posts: 1941
- Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am
Re: Kudu, Rooibok, Blesbok biskikbaar die jaar in die Waterberg destrik.
Niemand wat wil kom jag die jaar nie? 
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
- Geno
- Administrator

- Posts: 13654
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Kudu, Rooibok, Blesbok biskikbaar die jaar in die Waterberg destrik.
Freek,
Waar in die waterberg is dit?
Groete,
Eugene
Waar in die waterberg is dit?
Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
-
Freek
- Hero Member

- Posts: 1941
- Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am
Re: Kudu, Rooibok, Blesbok biskikbaar die jaar in die Waterberg destrik.
Geno, Vaalwater/Alma area. So 50km noord van Nylstroom/Modimolle.
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
-
JvB
- Full Member

- Posts: 165
- Joined: Tue Apr 20, 2010 7:41 am
Re: Kudu, Rooibok, Blesbok biskikbaar die jaar in die Waterberg destrik.
Freek,
Ek gaan volgende week jag in die Musina area, maar tot wanneer kan 'n ou daar jag (net in die jag seisoen (Mei - Augustus) of oop die hele jaar).
Is daar nie vlakvarke wat ook gejag kan word nie?
JvB
Ek gaan volgende week jag in die Musina area, maar tot wanneer kan 'n ou daar jag (net in die jag seisoen (Mei - Augustus) of oop die hele jaar).
Is daar nie vlakvarke wat ook gejag kan word nie?
JvB
-
Freek
- Hero Member

- Posts: 1941
- Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am
Re: Kudu, Rooibok, Blesbok biskikbaar die jaar in die Waterberg destrik.
JvB, die plaas het vrystelling by natuurbewaring. Ons kan deur die jaar jag, laat weet net wanneer... 
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
- Gerhard
- Hero Member

- Posts: 7128
- Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm
Re: Kudu, Rooibok, Blesbok biskikbaar die jaar in die Waterberg destrik.
Hoe groot is die plaas?
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Battlefields of the Escarpment
-
Freek
- Hero Member

- Posts: 1941
- Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am
Re: Kudu, Rooibok, Blesbok biskikbaar die jaar in die Waterberg destrik.
Gerhard, 350ha + baie bokke + hulle is mak.
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
-
Jobertus
- Newbie

- Posts: 2
- Joined: Tue Jul 20, 2010 5:22 pm
Re: Kudu, Rooibok, Blesbok biskikbaar die jaar in die Waterberg destrik.
HI
ek wil graag n blesbok kom skiet ek wil net graag weet of ek met jou geweer kan skiet
jobertus
0713800006

Shaka
- Newbie

- Posts: 18
- Joined: Wed Aug 11, 2010 1:49 pm
Re: Kudu, Rooibok, Blesbok biskikbaar die jaar in die Waterberg destrik.
Freek, is dit net geweerjag of boogjag ook?
-
Freek
- Hero Member

- Posts: 1941
- Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am
Re: Kudu, Rooibok, Blesbok biskikbaar die jaar in die Waterberg destrik.
Die jag seisoen is verby... en geen kudu's is die jaar gejag nie
Daar is nog 6 groot Kudu bulle wat moet af, verkieslik die jaar nog. Rede hiervoor is die Kudu populasie, wat bulle aan betref, moet gereduseer word - daar is te veel vir die stukkie grond waar hulle loop. Hierdie jaar is die koeie weer dragtig en ons moet plek maak vir die populasie aanwas volgende jaar.
Pryse is soos volg:
Bul onder 50 duim = R5000
Bul bo 50 duim = R10 000
Dag tarief vir jagter en nie jagter is R150 self sorg. Baie mooi netjiese plaas huis met bediende asook slag geriewe en slagters.
Boog jagters en geweer jagters is welkom.
Pryse is soos volg:
Bul onder 50 duim = R5000
Bul bo 50 duim = R10 000
Dag tarief vir jagter en nie jagter is R150 self sorg. Baie mooi netjiese plaas huis met bediende asook slag geriewe en slagters.
Boog jagters en geweer jagters is welkom.
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
-
janniehertzog
Re: Kudu, Rooibok, Blesbok biskikbaar die jaar in die Waterberg destrik.
hey. ivm boogjag kan jy walk en stalk of moet jy in hide wees? groete
-
Mac
- Hero Member

- Posts: 1172
- Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm
Re: Kudu, Rooibok, Blesbok biskikbaar die jaar in die Waterberg destrik.
Freek,
10K is hell hoog, meer as wat oorseese kliente betaal. Gemiddeld is 1000 tot 1200$, my deel ingereken, glo nie ek sal kan geld maak teen jou pryse, sal maar elders jag.

Occasionally mistaken for a responsible adult
It is funny how much we learn when we forget that we know it all.

Jaco Bezuidenhout
- Sr. Member

- Posts: 293
- Joined: Tue Dec 09, 2008 1:39 pm
Re: Kudu, Rooibok, Blesbok biskikbaar die jaar in die Waterberg destrik.
Mac
Ek stem saam,baie duur!
Jaco
Ek stem saam,baie duur!
Jaco
- tafjak
- Global Moderator

- Posts: 2128
- Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm
Re: Kudu, Rooibok, Blesbok biskikbaar die jaar in die Waterberg destrik.
Mac en Rooikat
En waar val ons uit met ons ou 2 en R3000 koedoebulletjies? Hierdie jaar vra 'n jagter my om koedoe te kom skiet en ek gooi sommer(het nie tyd gehad nie) dat bulle R2500 en koeie R1800 is. Die ou s? toe nee, te duur. Lyk my om iemand af te sit, moet jy maar hier na die 4 en 5000 rand toe werk.

Mooiloop en Geseende Kersfees!
-
Jaco Bezuidenhout
- Sr. Member

- Posts: 293
- Joined: Tue Dec 09, 2008 1:39 pm
Re: Kudu, Rooibok, Blesbok biskikbaar die jaar in die Waterberg destrik.
Taffie
R3000/1800 is nog min of meer redelik vir my,mits die dagfooi ens nie te duur is nie. Ek prt nou van kudu,gemsbok,blou wbeeste ens.Ek jag so 2 jaar gelede tussen Hopetown en Douglas saam met n groep mense met wie ek besigheid doen.Pryse word vooraf bevestig en almal is happy.Die uwe skiet n mooi rooihartbees bul,en toe ons by die kamp kom se die plaas bestuurder dis n trofee bul en hy kos nou R4500.Die plaas behoort aan n oorsee eienaar,Sweed of iets.Moes toe maar hoes..AS jy trofee jag is dit ander saak,maar R10 000 is nog steeds baie.
Help ma reg as ek dalk vd pad af is.

- DawieKotze
- Hero Member

- Posts: 2075
- Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm
Re: Kudu, Rooibok, Blesbok biskikbaar die jaar in die Waterberg destrik.
Ek is nou nie 'n ou suinige suurknol nie, maar ek sal nie vandag R5000 vir 'n kudubul betaal nie. Miskien met inflasie so oor paar jaar.
Sorry Freek, maar as daai kudus geoes moet word, sal jy die pryse drasties moet laat val! Dis mos 'n kwessie van vraag en aanbod. Miskien is daar iewers manne met daai tipe geld?
Sterkte in elk geval.

Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
-
PVB
Re: Kudu, Rooibok, Blesbok biskikbaar die jaar in die Waterberg destrik.
Freek ,
Dankie vir die jagplek wat julle beskikbaar stel. Ja die prys is stuif maar wat van as die manne inberekening hou dat rooivleis vrek duur is en dat as jy mooi bul skiet weeg hy maklik 220 kg en rooibok 38 kg ,maak daai som en dink aan die voorreg om op boere se plase te mag jag ! Die manne sal my nou stenig maar ons almal wil daai grote skiet sommer net vir biltong en dan is daar manne net soos myself wat al jare jag vir daai groot kudu bul vir my trofee kamer maar kry hom nie..Waterberge jag is puik en enige ou se 'skills' word daar beproef .
Dankie
Ghoempie

Taffie,
ons werk maar die biltong kudus op R/Kg, maar kan nie verstaan as man vleis soek dat hy 'n ou bul wil skiet. Laat my dink aan die boesmans op Doppies, hulle het net dagga bulle gesoek, se ke hulle moet die hele week aan daai stukkie vleis kou, soek nie sagte vleis nie.
NS, antwoord so af en toe jou foon asb, sukkel my dood om met jou te praat.
ons werk maar die biltong kudus op R/Kg, maar kan nie verstaan as man vleis soek dat hy 'n ou bul wil skiet. Laat my dink aan die boesmans op Doppies, hulle het net dagga bulle gesoek, se ke hulle moet die hele week aan daai stukkie vleis kou, soek nie sagte vleis nie.
NS, antwoord so af en toe jou foon asb, sukkel my dood om met jou te praat.
Occasionally mistaken for a responsible adult
It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
- tafjak
- Global Moderator

- Posts: 2128
- Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm
Re: Kudu, Rooibok, Blesbok biskikbaar die jaar in die Waterberg destrik.
Mac
Ek is op holiday by die huis as jy my soek(tel ge-PM)
Ja, maar jy moet ook darem vir ander forum-gangers(Namibi?rs weet) laat weet dat boesman nie hou van klein stukkies vleis nie, maak nie saak hoe taai nie. Hulle het ou Peps mal gemaak.Laat my dink aan die boesmans op Doppies, hulle het net dagga bulle gesoek, se ke hulle moet die hele week aan daai stukkie vleis kou, soek nie sagte vleis nie.
Ek is op holiday by die huis as jy my soek(tel ge-PM)
Mooiloop en Geseende Kersfees!
- Geno
- Administrator

- Posts: 13654
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Kudu, Rooibok, Blesbok biskikbaar die jaar in die Waterberg destrik.
janniehertzog,
Is jy die jannie wat op Morgenzon skoolgegaan het?
Is jy die jannie wat op Morgenzon skoolgegaan het?
Goed, beter, 6millimeter!
-
Freek
- Hero Member

- Posts: 1941
- Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am
Re: Kudu, Rooibok, Blesbok biskikbaar die jaar in die Waterberg destrik.
Dankie vir die terug voer manne, ek hoor wat julle s? maar die koedoe pryse verander ongelukig nie. Gaan probeer daai size bul terug koop op 'n veiling. Jag plek is weer oop vir die 2011 seisoen, rooibokke en blesbokke nogsteeds R800, dag tarief bly ook dieselfde (R150)
Kom skiet manne - ek sal sorg dat daai rolls-roice bulle uit julle pad bly want as hy voor jou gaan instap is dit koebaai Meraai en die bank bestuurder sit met sooibrand. Smaak my die bulle gee die manne nie bok koors nie maar bank koors...
Kom skiet manne - ek sal sorg dat daai rolls-roice bulle uit julle pad bly want as hy voor jou gaan instap is dit koebaai Meraai en die bank bestuurder sit met sooibrand. Smaak my die bulle gee die manne nie bok koors nie maar bank koors...
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
- Geno
- Administrator

- Posts: 13654
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Kudu, Rooibok, Blesbok biskikbaar die jaar in die Waterberg destrik.
Freek, ek gee jou vanaand 'n lui....
Goed, beter, 6millimeter!
-
Stefan764
- Hero Member

- Posts: 3616
- Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am
Re: Kudu, Rooibok, Blesbok biskikbaar die jaar in die Waterberg destrik.
Freek
Dai rooibokke van jou se bryse is reg maat.
Geno reel jy met Freek, ons ry met my bakkie.
Stef

.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
- Geno
- Administrator

- Posts: 13654
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Kudu, Rooibok, Blesbok biskikbaar die jaar in die Waterberg destrik.
Saak's reg, ons kan sommer by ons huis in Rooiberg ook oorslaap, dis naby genoeg aan Alma.
Ek's al lankal lus om 'n draai by die Koekepan ook te maak.
Ek sal more vir Freek bel.