New X-Treme Tumbler - Stomgeslaan

Handelaars wat advertensie regte gekoop het mag hier adverteer/Dealers that have paid for advertising rights may advertise here.
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: New X-Treme Tumbler - Stomgeslaan

Post by Gawie(13mm) »

Dagsê manne.

Ek kwyl self vir so 'n tuimeldrommetjie. ;D
Dit is nie te moeilik om saam te vlans nie, maar die prys van die media sit my ook 'n bietjie af. Op 'n ander draad het een van ons erg handige lede iets soortgelyks gebou en vlekvrye staal sweisdraad opgeknip vir media. Sy koste, ongeveer R300. Sy mengsel vir die seep is opwasmiddel, water en wynsteensuur.

Ek het ook al van die fyngemaakte appelkoospitte gebruik. Die wat ek gekry het is egter dubbel die nodig deursnee en kompakteer binne in die 243 se doppe en maak nie mooi die doppe binne skoon nie.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: New X-Treme Tumbler - Stomgeslaan

Post by Beretta »

Gawie
Ek gebruik daardie draad vir elektriese heinings gaan bietjie knip en kyk of dit werk soek dan net so n drom masjien
User avatar
Beaghle
Newbie
Newbie
Posts: 35
Joined: Sun Jun 06, 2010 7:47 pm

Re: New X-Treme Tumbler - Stomgeslaan

Post by Beaghle »

Het vandag die firma gebel. Nou Organic Abrasives. Tel nr 023- 614 1139. In Montagu .Kry in grote vanaf 0.2>mm: Die een wat ek tans gebruik. 0.4>0.2mm: Het al van die een ook gebruik. 0.7>0.4mm. Volgende een behoort ook te werk. 1.6>0.7mm. Mag hier en daar een in primer gaatjie bly sit.
Ek dink die gaan dalk bietjie grof wees maar moontlik vinniger skoon maak .2.5>1.0mm: 4.5>2.5mm. Pryse wissel vanaf 142.77 vir heel fyn tot 127.80 vir 25kg sak.
Ek gooi baie maal so 'n teelepel brasso by die mengsel. Kon nog nooit enige newe effek van dit op doppe sien nie.laat hulle wel baie mooi blink indien die media nog nie te vuil is nie.Skiet Sako doppe in my 30-06 wat meer as tien jaar oud is en al by laai nr 15/16 is.

Gawie die een wat ek gebruik pak nie saam in die doppe nie .Ek gebruik hom sonder vloeistof.

Arnold ek moet eerlik sê dat die primer pockets en binne kant nie blink soos Willem se doppe nie. Dit is wel heel vry van aanpaksel. Buitekant blink soos Willem se doppe.Ek het nog nooit probeer om 'n watermengsel met seep en iets soos wynsteen suur te gebruik nie. Ek glo ek gaan dan moontlik ook 'n blink binnekant kry. Dit mag dalk net 'n probleem gee met die heel fyn gemaalde pit. Hulle gaan so lekker uit die dop val nie.Sal wanneer ek weer 'n kansie kry die toets doen.
Die stainless pennetjies uit 'n tegniese oogpunt gesien, behoort vinniger skoon te maak en gaan lekker uit dop uitval saam met water mengsel. Sal egter nie my doppe oornag wil inlos nie.
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3950
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: New X-Treme Tumbler - Stomgeslaan

Post by tau »

Manne ek het Vrydag een van die Tumbler aangeskaf bY Safari en my morsige doppe wat ek anneal het daarin gesit.
http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/doppe1_zps8c40105d.jpg

http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/doppe2_zps537ac187.jpg

EK het die tumbler vol water en een eetlepel Sunlight gemaak en so 120 doppe.

http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/doppe3_zps13b5fe6f.jpg

Ek is werklikwaar baie beindruk. Van die 7mm RM doppe is al 10 keer geskiet en lyk nou na nuwe doppe.

http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/doppe4_zps4215053b.jpg

Die Tumbler is nie goedkoop nie, maar teen die nuwe prys van Sako en Norma doppe is dit nog steeds die moeite werd.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
Reggie Gerber
Hero Member
Hero Member
Posts: 1223
Joined: Wed Aug 10, 2011 3:19 pm

Re: New X-Treme Tumbler - Stomgeslaan

Post by Reggie Gerber »

Hoe lyk hulle primer pockets of het jy die primers in gelos?
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3950
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: New X-Treme Tumbler - Stomgeslaan

Post by tau »

Primer pockets is skoon soos in Willem se eerste post.

Ek het net doppe met Universal deprimer gedeprime en toe anneal en getumble. Nou sal ek size en sny.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
Reggie Gerber
Hero Member
Hero Member
Posts: 1223
Joined: Wed Aug 10, 2011 3:19 pm

Re: New X-Treme Tumbler - Stomgeslaan

Post by Reggie Gerber »

Dankie
DinoF
Newbie
Newbie
Posts: 47
Joined: Wed Jun 11, 2014 12:29 pm

Re: New X-Treme Tumbler - Stomgeslaan

Post by DinoF »

Ek neem aan die pennetjies kan oor en oor gebruik word. So dis n eenmalige uitgawe ? Indien wel sal ek ook na die tumbler kyk. Het nie baie sukses gehad met my RCBS tumbler nie. Moes hom ure aaneem aanlos selfs met nuwe media en dan was die dope nooit werklik skoon nie.(Moet byse dit was n stokou tumbler wat ek destyds by n namibier gekoop het.)
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3950
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: New X-Treme Tumbler - Stomgeslaan

Post by tau »

Enigste advies wat ek het is moenie .222/.223 doppe saam met .375 tumble nie, hulle druk inmekaar en vang dan baie pennetjies so op. En tweedends die S321 resedue het die water vrek vuil gemaak en al my doppe so vaal gelos ek moes elkeen na die tyd met 'n lap buff wat nie gewoonlik nodig is nie.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
DinoF
Newbie
Newbie
Posts: 47
Joined: Wed Jun 11, 2014 12:29 pm

Re: New X-Treme Tumbler - Stomgeslaan

Post by DinoF »

Dankie Baie. Sal let daarop.

Groete

Dino
Post Reply