Hornady GMX Jagkoeels - Praktiese Jaracal toets

Post Reply
Flip Fouche
Hero Member
Hero Member
Posts: 584
Joined: Mon Nov 29, 2010 5:26 pm

Re: Hornady GMX Jagkoeels - Praktiese Jaracal toets

Post by Flip Fouche »

Ludwig

Baie mooi skoot.Ek laaaaiiik daardie GMX punte.

Groete

Flip
.22 K Hornet Anchuts
204 ruger
.243 AI Savge
.2506 Zastava
6.5 Creedmoor Howa
.308 Musgrave Mod 80
300wsm Savage
12 Boor Maverick Pump Action
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Hornady GMX Jagkoeels - Praktiese Jaracal toets

Post by Stefan764 »

Baie BAIE mooi gemaak!! Hierdie punte is KOOKWATER!! Ons is nou besig om n lekker databasis hier op te bou vir hulle. My artikel sal oor so paar maande in die Magnum wees.....

Baie mooi bul dai! Baie geluk met n suksesvolle jag my ou vriend!

Stef
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Hornady GMX Jagkoeels - Praktiese Jaracal toets

Post by BLOK »

Ludwig

Mooi gegooi, seker een van die lekkerste diere om te jag.

Stefan

Lyk my nou dat oom groot Koos meer by die scopes is sal hy moet pasop hy is dalk nog sy pos by Magnum kwyt. ;D

Blok.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Hornady GMX Jagkoeels - Praktiese Jaracal toets

Post by Stefan764 »

Puik opgesom my mater.

Ek kan net saam met Ludwig op hierdie ene stem. n Bitter bitter goeie koeel teen n bekostigbare prys.

Groete
Stef
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
JoevR
Full Member
Full Member
Posts: 218
Joined: Tue Jun 14, 2011 4:55 pm

Re: Hornady GMX Jagkoeels - Praktiese Jaracal toets

Post by JoevR »

Stefan en Ludwig

Baie dankie dat julle jul ervaring met die Hornady GMX deel. Ek was onlangs by S&O in Pta, en was verbaas oor die prys van die GMX. Ek het nou net na my 2011 Hornady brosjure gekyk. Daar is 4 wat ek sal wil gebruik: 90 gr vir my 25-06, 120 gr vir my 6,5 x 58, 139 gr vir my 7 x 57 en 7mm Rem Mag en 165 gr vir my 30-06. Die Interbond is 'n goeie koeel, maar ek dink die GMX is beter! Geen lood in die bok is maar net beter. Die volgende koeel wat ek koop is GMX, en ek gaan dit eerste probeer in die 7 x 57. Hornady sal verseker nog ander kaliber GMX'e op die mark sit. Ek hoop vir 'n 200 gr vir my 8 x 68.

My persoonlike opinie oor "vleisskade": My eerste doel is om die bok dood te skiet. Vleisskade is vir my van sekondere belang. Dit is in elk geval vir my nie skade nie, my honde eet te lekker daaraan.

Vir die jagter wat wat besorg is oor vleisskade, is die kopskoot die "ultimate". Dit is ook die jagter wat die bok geskiet deur die neusholte in die veld los. Hierdie jagter is in baie gevalle nie eers bewus van van sy kwesbok nie. Dit was mos mis want die bok het nie geval nie. Ek het al so 'n blesbok, nog lewendig, in die veld op kort afstand gesien nadat oom kopskiet gery het met sy geen vleisskade karkasse. Ek was ook al agter 'n blesbok met afgeskiete, hang kakebeen aan. Hierdie bok van oom kopskiet is later in die plaaspad doodgeskiet nadat dit uit die kamp gebreek het. Nie lekker nie.

Groete
Joe

 
6,5 x 58, 7 x 57 (x5), 8 x 57JS, 8 x 60J, 8 x 60JS, 8 x 68S, 9 x 57, 10,75 x 68, 25-06, 30-06, 7mm Rem Mag, 375 H&H Mag, 12 Gauge (x2), 22 LR (x5) 6,35 (x7) .38 Spec., .380, 9 mm P, .44 Mag
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Hornady GMX Jagkoeels - Praktiese Jaracal toets

Post by Stefan764 »

Hierdie koeels is al op meer as 10 bokke die laaste 7 maande getoets, 10 lyfskote waarvan een deur die hol en een kopskoot. Die verste bok het net onder die 30m gevorder, met feitlik geen bloed in sy lyf oor as die keel gesny word nie. Dis getoets op Springbok, Rooibok, Gemsbok en Blouwildebees, ekle keer n eenskoot doodskoot, sonder vleisskade. In gevalle waar been getref word sal jy altyd sekondere projektiele binne die karkas van die afgeslagte bok kry, al skiet jy met watse koeel en staan op jou kop. Die feit van die saak is, hierdie koeel hou 97% en meer van sy gewig, in al die herwinde koeels wat ons kon kry. Die skade in die sagte weefsel (vital area) is ondenkbaar, terwyl daar in die spiermassa (vleis) van die dier n 15mm tot 20mm deursnee SILWERSKOON gaatjie sit. Die laaste bok wat van agter af deur sy boud geskiet is het geen been gevang nie. Die wondkanaal lyk soos n meswond waar die mes dwarsgedraai is toe hy uitgetrek is.

In alle gevalle, maak van die toets wat jy wil, nie nodig om jou te oortuig om die koeels te gebruik nie.

En JoevR, PLUS FLIPPEN 1 op jou comment...

Stefan
Last edited by Stefan764 on Mon Oct 10, 2011 11:07 am, edited 1 time in total.
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
Johan Reyneke
Hero Member
Hero Member
Posts: 899
Joined: Mon Jul 18, 2011 9:07 pm

Re: Hornady GMX Jagkoeels - Praktiese Jaracal toets

Post by Johan Reyneke »

Ek dink nie ons moet dat een persoon se mening iets goed laat verlore gaan nie. Daar is nog baie ander persone soos ek wat nuut is in die game van self herlaai. Hierdie tipe toets help ons on om sekere keuse te maak wat nie onnodige gate in sakke sal maak, deur verskeie koeels te toets nie. Ek lees graag hierdie tipe plasings. Ek is seker daar is baie ander lesers wat dieselfde voel.  Ek voel dis enige persoon se reg om daarmee te maak wat hy wil. Gebruik dit of los dit.
Johan
223Rem: Howa
243 Win: Remington
30-06 XL7C: Marlin
12g O/U: Beretta
User avatar
Nuweseun
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 334
Joined: Mon Sep 12, 2011 1:07 pm

Re: Hornady GMX Jagkoeels - Praktiese Jaracal toets

Post by Nuweseun »

Kerels baie dankie vir n uitstekende review, julle het nou al die harde werk gedoen en nou kan ek 'n baie ingeligte besluit maak.

Word baie waardeer en asb maak weer so.

Gaan groot.
Lood in die lug, sit vleis op die tafel.
Skolla
Hero Member
Hero Member
Posts: 825
Joined: Thu Nov 26, 2009 2:25 pm

Re: Hornady GMX Jagkoeels - Praktiese Jaracal toets

Post by Skolla »

Stefan en Ludwig

Sit maar die tipe van inligting op vir die van ons wat dit wil sien asb.

Skolla
User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1886
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

Re: Hornady GMX Jagkoeels - Praktiese Jaracal toets

Post by jaracal »

Ludwig en Stefan
Dankie vir julle onbaatsigtige deel van julle ondervinding en bevindinge. Hou so aan daarmee. Ek het die posts verwyder wat die topic wil "de-rail".
Groete
Heinrich
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Hornady GMX Jagkoeels - Praktiese Jaracal toets

Post by Stefan764 »

erx wrote: Stefan 764
In die eerste plek is ek nie JOU ou bul nie, tweedens probeer ek net die manne wat wel gepla is oor vleis verleis se kant insien, en nie MENERE soos jy wat seker als verniet kry al is dit blad , gat of kopskoot om mense te vermaak met MNR grootwildjagter se stories, net bietjie grond toe te bring om die waarheid te face en praat! Word wakker, almal val nie vir al jou pragtige stories nie mater.
Ek sal as ek mag 'n voorbeeld van 'n toets hier opsit, dan judge jy dit!
Ek se weer, enige koeel kan 'n bok effektief dood binne sekondes, maar wat het die vleis jagter oor van hom?
Ek se ook weer, ek is 'n voorstaander van die toetse, maar gee my raad om die beste premium koeel te gaan koop vier my aplikasie, so wys asb als!

Laastens, rus lekker ou BUL!, o Ja, nou vir wie is die toets dan gedoen as dit nie vir MY is nie?

Groete
erx
ERX

Eerstens jammer as my antwoord ongeskik voorgekom het, dit was nie die bedoeling om persoonlik (wat ek dam nie gedoen het) of nasty te raak nie. As jy die tyd van die post mooi kyk sal jy sien dis net na die Bokke se game gister. Ek raak nooit so nie maar gister het ek vir die eerste keer in my lewe PMS gehad en ek vra om verskoning daarvoor. My 'tone'van die gesprek was nie aan nie...

Ek wil tog vir jou se dat hierdie toetse van ons baie objektief as JAGTERS gedoen word. Jagters wat vir hulle eie vleis betaal, rand per kilo. Ons het wel die laaste 3 bokke op ons eie plaas geskiet en ja ons het nou die geleentheid/luxury gehad om naby skote teen hoe snelhede te vat en ook op die groot  "vleisareas"  van die bokke te skiet naamlik die blaaie en boude. Geen vleis aan een van die twee karkasse is weggesny as gevolg van bloed in die vleis of enige bloedmassa wat gevorm is tydens of na die skoot nie.

Hoe dit ook al sy, ek verstaan as jy n konklusie wil maak dat jy graag dit wil sien en self wil evalueer. Vir wat dit mag werd wees, vat maar ons twee (en my pa wat ook help toets het aan die koeels) se woord vir eers. Ek sal seker maak hier kom n volledige stel foros van die volgende bok wat voor die GMXe val.

Johan/Nuweseun/Oom Skolla

Dankie vir die positiewe trugvoer. Soos Ludwig ook se, ons doen hierdie toetse net vir onsself en baat niks by niemand nie. Geen instansie of maatskappy is bewus van ons toetse nie, dis vir persoonlike details en word tussen n paar pelle hierson gedeel. Stress less, ons sal maar nog n paar toetse doen, al is dit ook hoeveel moeite..  ;D ;D ;D ;D ;D ;D

Groete
Stefan
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
erx
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 419
Joined: Thu Jan 13, 2011 9:36 pm

Re: Hornady GMX Jagkoeels - Praktiese Jaracal toets

Post by erx »

Stefan 764

Dankie vir die kalm reply ;D
Soos jy sien wil ek glo die topic "derail", glad nie die geval nie! Ek stel bloot belang in meer detail wat die vleisskade aanbetref, soos jy self gese het is julle fotos nie volledig nie?
Ek weet nie hoe bloederig vleis vir jou moet wees voor dit hondekos word nie, ek is seker maar te vol wat die kwaliteit van wat ek in my mond sit moet wees.
As ek mag sal ek graag 'n paar fotos hier opsit waarna ek graag jul opinie oor die vleisskade wil he, dit kan partykeer baie misleidend wees.
Ek wil glad nie he jy of Ludwig moet ophou om die soort toetse te plaas nie, soos Johanrey gese het en ek saam stem, help dit manne om onnodige kostes aan te gaan en dan swak resultate te kry.
Ek verstaan 100% dat die koeel se performance, wat gewigsverlies en sy omklink aanbetref, baie goed is, maar as julle  kan sal ek net meer volledige ontleding van die res wil he. Wat doodmaak vermoe aanbetref, is daar baie goedkoper koeels wat net so effektief is, maar dis mos nie wat ons wil he nie?

Groete
erx
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Hornady GMX Jagkoeels - Praktiese Jaracal toets

Post by Stefan764 »

ERX

Om vir jou so vinnige antwoord te gee, die boud waardeur die GMX is op 70m sal ek net so gebruik om droewors of biltong van te maak. Ludwig moet maar se hoe sy bevinding was, maar ek sou die hele boud net so kon gebruik. Selfde met sy bok se bladskoot wat regdeur gefluit het. Kan die vleis van die ribbes tot teen die been eet...

Stef
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
erx
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 419
Joined: Thu Jan 13, 2011 9:36 pm

Re: Hornady GMX Jagkoeels - Praktiese Jaracal toets

Post by erx »

Stefan 764

Thanks, ek vat jou woord op dit, ek dink ek is seker maar bietjie vol .
Ek gaan op 'n nuwe topic 'n paar fotos sit van 'n Swart Wildebees, kyk bietje na dit en comment asb.

Groete
erx
User avatar
Lourens
Hero Member
Hero Member
Posts: 1174
Joined: Tue Apr 19, 2011 8:09 am

Re: Hornady GMX Jagkoeels - Praktiese Jaracal toets

Post by Lourens »

Stefan en Ludwig,

Baie dankie dat julle die uitslae van julle toetse met ons deel op die forum. Dit spaar mens baie geld en moeite en dit help jou net bietjie meer in die regte rigting as jy 'n besluit oor 'n sekere produk moet maak. Goeie werk manne, doen so voort!!

Groete,
Lourens
Good, Better, Barnes... Unleaded, Unfailing, Unbeatable...
User avatar
erx
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 419
Joined: Thu Jan 13, 2011 9:36 pm

Re: Hornady GMX Jagkoeels - Praktiese Jaracal toets

Post by erx »

Ludwig

Dankie vir die reply, die feit dat daar geen lood teenwoordig is maak nou vir my die meeste sin.
Ek gaan ook so paar fotos plaas, sal die topic Winchester SuperX maak. Die is fabieks ammo wat ek 2keer mee gann jag het, hou gewoonlik maar daarvan om te laai.
Kyk asb na die fotos, komentaar sal verwelkom word.

Groete
erx
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Hornady GMX Jagkoeels - Praktiese Jaracal toets

Post by Stefan764 »

erx wrote: Ludwig

Dankie vir die reply, die feit dat daar geen lood teenwoordig is maak nou vir my die meeste sin.
Ek gaan ook so paar fotos plaas, sal die topic Winchester SuperX maak. Die is fabieks ammo wat ek 2keer mee gann jag het, hou gewoonlik maar daarvan om te laai.
Kyk asb na die fotos, komentaar sal verwelkom word.

Groete
erx
ERX

Jy al dai post opgesit mater?

Stef
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
erx
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 419
Joined: Thu Jan 13, 2011 9:36 pm

Re: Hornady GMX Jagkoeels - Praktiese Jaracal toets

Post by erx »

Stefan

Sukkel om die fotos op photobucket te laai, dink my internet connection is te stadig, sal maar een vir een oplaai.
Sal laat weet as dir op is.

Groete
erx
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6968
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Hornady GMX Jagkoeels - Praktiese Jaracal toets

Post by DWB »

Ok, ek is nog effe besig met lading ontwikkeling met die GMXe op my 30-06 in 150gr en was gister op die langbaan.

Hier is een van die manne na hy oor 100m in die grondwal vol klippe in is.

Nogsteeds bo 140gr.

Ek is baie be-indruk met die outjies se oopmaak vermo?.

Selfs van die ander wat direk klippe geslaan het het nogsteeds mooi oopgemaak en voortgegaan al is hulle in die helfte gesny.

Hierdie een het slegs 'n stukkie van een van sy petals verloor.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Hornady GMX Jagkoeels - Praktiese Jaracal toets

Post by Monrique (SJ) »

Deon

Daai lyk vir my sommer nogal mooi man. Ek glo dat van daai klippe harder is as wat n bok se bene is, so behoort dit te werk.

Het jy groepe ook geskiet?  Sit solank n teazer op as jy het seblief!! ;D ;D


Groetnis
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6968
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Hornady GMX Jagkoeels - Praktiese Jaracal toets

Post by DWB »

Jong, ek gaan die groepe blameer op driver error.

Ons moes oor die bakkie se bonnet skiet op sandsakke wat rondgly etc etc

So nog nie waar ek wil wees nie
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Hornady GMX Jagkoeels - Praktiese Jaracal toets

Post by Monrique (SJ) »

Deon

Daars nie foute, gooi hulle maar op wanneer jy tevrede is en geniet dit!!


Groetnis
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6968
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Hornady GMX Jagkoeels - Praktiese Jaracal toets

Post by DWB »

Hier is 'n paar van die outjies wat teen die klippe vas is, ek is nogsteeds baie impressed.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Hornady GMX Jagkoeels - Praktiese Jaracal toets

Post by Stefan764 »

Helsem ou Deon, dis n rowwe toets vir n koeel, n sandwal (met klippe in nogals)!!

Ek reken die GMX het hom goed gedra in daai wilde toets van jou! Ons het reeds bewys n wetpack kan teen ekstreme spoed boggerol aan daai koeel doen nie en nou het jy gewys dat n sandwal die GMX van net 10% en selfs minder van sy uitrusting stroop.

Gewigsretensietoets = GESLAAGD!

Dankie vir die deel van die info ou mater!

Groete
Stefan
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: Hornady GMX Jagkoeels - Praktiese Jaracal toets

Post by VdWalt »

Ek hou van die koeels wat hulle mushroom hou en nie hulle blare verloor nie. Lyk so
of hulle net oop rol en nie in 4 blare oop skeur nie.
Post Reply