Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Plaashaas wrote:Ek het dit vandag met oom Francois (S&O Rivonia) bespreek en die BR2 brand gering "warmer" maar die BR2 se claim to fame is consistency. Vir die wat soontoe gaan, gaan vra oom Francois vir die primer tabel wat almal se performance op het.
Tog gaan BR2 vir 99% van on reloaders geen noemenswaardige verskil maak nie.
Ek stem saam daarmee. Dis my bevindinge ook. Nou as daai 99% manne asseblief sal ophou om die BR2 primers onnodig te gebruik sal daar dalk meer gereeld beskikbaar wees vir ons wat regtig 'n voordeel daaruit put.
So ek neem aan ons kan dan uitsien na die toets wat binnekort gaan plaasvind?
Jy klink redelik seker van jouself,so jy kan dus n kas whiskey ryker wees?
Ludwig
Ek stem 100% saam met jou. Ek dink dis 'n geval van: As ek dieselfde spykerskoene as Bolt aantrek gaan ek net so vinnig hardloop. Ek trap dalk nou op tone maar sommige manne gryp na enige strooihalm om hulle swak performance in die jagveld te probeer verdoesel, plaas daarvan om net meer praktiese skietoefening in te kry. Stem saam met jou, die manne behoort hierdie primers te los vir die ouens wat ver wil skiet en die lae ES nodig het.
Mooi loop
Koos Barnard wrote:Ludwig

Ek skiet nie goed genoeg om eers die verskil agter te kom nie dink ook nie ek sal ooit nie.
Los dit vir die manne wat kan.
My R5 groepering is goed genoeg vir my doeleindes.
Ons het nog so klein bietjie primers oor. Bel jou vriend, buurman en niggie, laat weet hulle dat hulle moet koop! More is dit jagseisoen dan huil ons almal dat daar nie primers is nie!