Raad met scopes

.::Alwyn-U::.
Hero Member
Hero Member
Posts: 947
Joined: Sun Apr 17, 2011 1:43 pm

Re: Raad met scopes

Post by .::Alwyn-U::. »

Hi Taf

Ja ek sal nog seker met Oom Kobus ook gaan praat voor ek koop.. Maak so elke nou en dan 'n draai daar.

Taf, is 'n zeiss en swarovski europees?

Groete
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: Raad met scopes

Post by Beretta »

Alwyn U
Nee hulle is Duits en Zoeloe ;D
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Raad met scopes

Post by tafjak »

Alwyn
Taf, is 'n zeiss en swarovski europees?
........ja, en die Schmidt en Bender, Kahles en Meopta is van die bekendstes.

Mooiloop
Mooiloop en Geseende Kersfees!
.::Alwyn-U::.
Hero Member
Hero Member
Posts: 947
Joined: Sun Apr 17, 2011 1:43 pm

Re: Raad met scopes

Post by .::Alwyn-U::. »

dankie taf, selfde da..

;D@Baretta
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2149
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Raad met scopes

Post by Koos Barnard »

Vir Wouter
Ek stem die clearance van die Swarovski op my 7x57 is knap maar ek wonder of die Leupold my my hand se duim tussen die bolt-handle en die scope gaan gee. Wat is die deursnee van die Leupold se okkul?r? As ek reg onthou (nou te lui om te gaan meet) is die Swarovski s'n 39.ietsie mm. Ek het vir baie jare 'n 6x op die 7x57 gebruik en met hom was die clearance ook effe knap. Hoe dit ookal sy, ek s? nie Alwyn moet Europees koop nie, hy moet koop wat hom geval nadat hy verkieslik verskeie modelle "getoets" het, al is dit ook net in die winkel. Nee man Wout, moenie weer begin rook nie, jy sal vlooie in jou maag kry ;D

Ai ja, sou dit nie lekker wees om liewer velocity stories en ander heldedade langs die kampvuur te deel nie. Ek het die lekker vuurkuiery daar op Geelhout baie geniet en behalwe vir die jag was die dae by die drinkplekke - dis nou die wild s'n (net foto's geneem manne) baie lekker.
Groetnis
fanie17
Hero Member
Hero Member
Posts: 513
Joined: Tue Nov 09, 2010 9:15 am

Re: Raad met scopes

Post by fanie17 »

Ek het n  1.5-6x20 Bausch&Lomb op my pre 64 win 375.Op 6x vergroting kan ek redelik lang skote skiet en op 1.5x kan ek met altwee oe oop skiet na iets wat storm en die vergroting hinder nie.Die oog afstand is lank en die scope is baie sterk vir my is dit die perfekte scope vir n 375h&h
.22bruno 223sako 243sako 22-250sako 270sako 308sako 308rsa 30-06sako 30-06bulbarel 300winmag dubbelbrug mauser 375 pre 64 .22mag zastava 12boor 357 38spes 9mmpara   25-06truvelo
Post Reply