Raad met scopes
-
.::Alwyn-U::.
- Hero Member

- Posts: 947
- Joined: Sun Apr 17, 2011 1:43 pm
Raad met scopes
Yes manne
Ek is opsoek na 'n scope vir my 375H&H.. Gebruik hom die meeste van al my gewere, skiet lang afstande, kort afstande, springbok tot koedoes met hom. Hys ook my werk geweer as ek kliente het, gaan ook binne kort zim toe vir buffels ens. Skiet net nie in die nag nie..
Ek het besluit om eenmaal 'n ordentlike scope te kry vir hom. In die prys klas van R8k +/-.
Hier is die scopes wat ek aan gedink het:
1. Swarovski Z3 4-12x50
2.Zeis Duralyt 3-12x50
3.Leica ER 3.5-14x42
Voeg nog scopes by as julle dink hulle kan kers-vas-hou met hierdie mnr'e.
Wat is die voordele van 'n 30mm tube? ens..
soek asb raad!
Groete

Re: Raad met scopes
Jammer los daai Leica ER uit, hy is nogal pricy!
-
fanie17
- Hero Member

- Posts: 513
- Joined: Tue Nov 09, 2010 9:15 am
Re: Raad met scopes
Ek sou nie met een van daai vergrotings wat jy noem gevaarlike diere gaan skiet nie.n Teleskoop daarvoor moet begin by n 1 of maks 1.5 vergroting,anders moet jy die teleskoop af haal en oop visier skiet waneer jy gevaarlike diere gaan jag.Jy sal nooit n ding wat storm kan skiet met n 3 of 4 vergroting nie
.22bruno 223sako 243sako 22-250sako 270sako 308sako 308rsa 30-06sako 30-06bulbarel 300winmag dubbelbrug mauser 375 pre 64 .22mag zastava 12boor 357 38spes 9mmpara 25-06truvelo
-
Sako75
- Hero Member

- Posts: 1216
- Joined: Wed Oct 14, 2009 7:50 pm
Re: Raad met scopes
Alwyn,
Oorweeg dalk iets soos Leupold 2,5-8x36.
Die vergrotings sal pas by die gebruike wat jy vir die geweer voorsien, hy het lang eye relief wat jou sal pas, goeie waarde vir geld, kan hom laag monteer en die kruishaar is in die "first focal plane" wat goed is vir 375.
http://www.leupold.com/hunting-and-shoo ... -5-8x36mm/

.22H Sako P74, .222 Sako L46, .222 Sako 75 Varmint, .223 Sako Super Deluxe, .243 Sako 75 Varmint, .243 Sako 85 SS Var Lam, 260 Sako TRG (bestel), 7x64 Sako 75 Hunter, 300 WM Sako Safari, 9.3x74mm Tikka, 9.3x62 Sako 75 Deluxe
- Monrique (SJ)
- Hero Member

- Posts: 2296
- Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am
Re: Raad met scopes
Alwyn
Jy kan ook na die 2-7x35mm Burris ook kyk.
http://www.burrisoptics.com/fullfield4.html of
http://www.burrisoptics.com/fullfield1.html#2x7x
Groetnis

Hierdie ene behoort ook n opsie te wees dink ek.

- Gerhard
- Hero Member

- Posts: 7128
- Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm
Re: Raad met scopes
Alwyn,
Daai teleskoop vergrootings is te kwaai vir die 375H&H veral as jy wil gaan speel met goed wat trap, byt of krap.
Ek sal die volgende tipe kyk na
http://www.nikonhunting.com/products/ri ... ch_african
of
http://www.leupold.com/hunting-and-shoo ... 75-6x32mm/
As n werks geweer sal dit n baie goeie kombinasie wees vir daai vinnige opvolg skote en moenie n fout maak nie jy skiet net so lekke op 150 tot 200 meter.

FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Battlefields of the Escarpment
-
.::Alwyn-U::.
- Hero Member

- Posts: 947
- Joined: Sun Apr 17, 2011 1:43 pm
Re: Raad met scopes
Dankie vir al die replies. Ek hoor en verstaan persies wat julle se van die vergroting met gevaarlike wild. Moet vir eers nie daaroor worry nie, hy gaan nou net meestal vir plains game dien, dis hoekom ek maar dink 'n 3x of 4x vergroting goed genoeg is VIR EERS.
Kan iemand vir my se watse verskil maak 'n 25mm tube en 'n 30mm tube?
Ek kyk ook na 'n 50mm lens, sal 'n 25mm tube pas by 'n 50mm lens?
Groete
Kan iemand vir my se watse verskil maak 'n 25mm tube en 'n 30mm tube?
Ek kyk ook na 'n 50mm lens, sal 'n 25mm tube pas by 'n 50mm lens?
Groete
- Gerhard
- Hero Member

- Posts: 7128
- Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm
Re: Raad met scopes
Hoe ver skiet jy na wild met die 375H&H as jy kliente PH?
Wat jag jy met die 375H&H as jy self jag?
Wat jag jy met die 375H&H as jy self jag?
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Battlefields of the Escarpment
-
.::Alwyn-U::.
- Hero Member

- Posts: 947
- Joined: Sun Apr 17, 2011 1:43 pm
Re: Raad met scopes
Hi Gerhard, daai is die regte vrae!
Met kliente is dit enige iets van 150-300m... maar dit is ook baie skaars! ons laat hulle maar al die skiet werk doen, of probeer altans..
Ek jag meestal koedoe, vlakvark, blou en swart beeste, en so nou en dan 'n kleiner wild soos blesbok of rooibok...
Ek soek die groot vergroting (12x) vir glassing want soms vergeet ek my bino's.. ek skiet nie op 12x nie..
Gerhard ek wil graag weet of 'n 25mm tube sal werk by 'n 50mm lens? wantswarovski se z3 het so kombinasie maar nie zeiss nie, hy het 'n 30mm tube met 50mm lens
ek hou meer vani swarovski
ek weet nie rerig wat is die verskil in 'n 25mm en 30mm tube nie

30mm gee net vir jou meer klieks as wat n 25mm gee...
Chopper n PH sonder n verkyker in die veld saam met kliente moet sy kursus geld gaan terug vrae...
Jou kliente skiet hulle eie bokke dood tensy daar n ernstige probleem is met die klient se geweer is of hy jou vra om te help.
Op die afstande wat jy genoem het sal ek nog steeds met die teleskope werk wat ek voor gestel het want as jy kwes bok vat gaan jy vinnig moet skiet en groot verstelling teleskope gaan jou net meer probleme gee as wat dit gaan help.

- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Raad met scopes
Groot teleskoop maak geweer ongebalanseerd en sal vinnige skiet belemmer. My bosgeweer het 2x7x32 op en die is goed vir die meeste jagsituasies. Lynx se aanbeveling is 50m vir die aantal kere wat teleskoop vergroot = 7x50m =350m = v?rder as wat jy behoort te skiet op jag. Jy gaan in die dag jag = goeie lig = 32mm goed genoeg.Gerhard wrote: 30mm gee net vir jou meer klieks as wat n 25mm gee...
Chopper n PH sonder n verkyker in die veld saam met kliente moet sy kursus geld gaan terug vrae...
Jou kliente skiet hulle eie bokke dood tensy daar n ernstige probleem is met die klient se geweer is of hy jou vra om te help.
Op die afstande wat jy genoem het sal ek nog steeds met die teleskope werk wat ek voor gestel het want as jy kwes bok vat gaan jy vinnig moet skiet en groot verstelling teleskope gaan jou net meer probleme gee as wat dit gaan help.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
.::Alwyn-U::.
- Hero Member

- Posts: 947
- Joined: Sun Apr 17, 2011 1:43 pm
Re: Raad met scopes
Gerhard
Ek het 'n verkyker ek vat hom net nie saam as ek agter kwes bokke stap nie, dit is mos logies om nie die ding saam te dra in 'n bos nie.
Ja nes jy daar se, kliente skiet hulle eie bokke dood tensy hulle back-up gevra het. Meeste mense wil nie dat die PH inmeng met die skietery nie, net by goed wat byt en trap vat jy jou geweer.
Ek hou van wat tripod gese het van 'n 50mm scope maak dit groot en bulky en swaarder vir vinnig skiet. Ek dink ek moet maar hou met die 42mm dan...
Ek het nog nooit 'n 50mm besit nie dis hoekom ek maar uitvrae oor hulle... Hulle is seker lekker as jy dooierus vat en tyd het
maar ons almal weet dit is nie altyd die situasie nie.

Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2149
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Raad met scopes
Alwyn
Ek verskil effens van die manne wat s? jy moet van die groot vergrotings vergeet. Ek gebruik 'n Swarovski Z3 3-10x42 op my .375 vir algemene jag en dit werk uitstekend. Ek het onlangs op Wouter Roets se plaas met 'n Sightron 3-9x op die geweer gejag en in digte bosveld twee bokke geskiet met die vergroting op 9x gedraai (een bok was ongeveer 60m en die ander een sowat 100m - beide het kopskote ontvang). Jy hoef nie die teleskoop op maksimum vergroting te dra as jy kli?nte het nie. Hou die vergroting op s? 6x vir algemene gebruik. Ek het ook lank PH-werk gedoen en baie mense se wild doodgeskiet en het nooit gevoel die Leupold 6x wat ek toe gebruik het is te veel nie. Dit is ook 'n groot mite dat 3x te veel vergroting is vir goed wat byt. Hoeveel goed skiet jy wat storm en as jy in so 'n situasie is, is daar altyd 'n PH by wat help skiet. Die stormende wild ding word in die meeste gevalle heeltemal oordryf. As jy weekliks met kwesbuffels of leeus te doen kry is dit 'n ander saak en dan sal ek oopvisiere oorweeg. Die beste opsie voel ek is om van die sogenaamde quick detachable monterings te kry. Myne werk uitstekend, dis vinnig om die scope af te haal as jy moet en sit jy die scope terug, skiet dit op dieselfde plek.
Een van die grootste probleme met gevaarlike wild en teleskope is dat 'n teleskoop in die pad is as jy vinnig moet oorhaal. Mense stamp hul hande/vingers teen die scope en dismiskien die grootste rede hoekom scopes nie welkom is op gewere wat vir gevaarlike goed bedoel is nie. Baie ouens wil h? dat die scope so laag as moontlik gemonteer moet word en dis dan wanneer jy die groot probleem kry van 'n scope wat in die pad is as jy vinnig moet oorhaal. My geweer se scope is so gemonteer dat ek die bolt-handle gemaklik kan hanteer so vinnig as wat ek kan. Wanneer jou scope ho?r gemonteer is skiet die geweer natuurlik effens laer op kortafstand as met gewere waarvan die scope baie laag gemonteer is. Die verskil is egter nie genoeg om probleme te veroorsaak nie. Die 30mm tube is fisies sterker en gee ietwat meer verstelling, maar dis al.

Thanks Koos vir jou reply, jy stel dit alles in baie mooi woorde! Ek stem 200% saam! 3x is goed genoeg vir gevaarlike goed of goed wat naby is, en jys reg ek is slegs 2 maande 'n jaar besig met buffels. 90% van die keer jag ek normaale pleins game.. Ek hou ook van jou smaak want soos ek jou reply gelees het, het ek na die z3 gekyk wat jy van praat..
Hier is die Swarovski wat ek na kyk:
http://www.eurooptic.com/swarovski-z3-r ... 59011.aspx
en hier is die Zeiss:
http://www.zeiss.de/C12567A80033F8E4/?Open
Ek dink ek gaan vir hom gaan of die zeiss.. Zeiss het net 'n 30mm tube waarvan ek meer hou. Se vir my, is dit die better opsie? (die 30mm) altwee kry ek vir die selfde prys in elk geval..

Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7545
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Raad met scopes
Hallo Alwyn
Die raad wat die manne jou gegee het is goeie raad. Ek gaan so bietjie puntenerig word so vergewe maar.
Die persoon wat n 50mm okulere lens teleskoop op sy 375 sit wys net sy onkunde. Daardie lense word net gebruik vir swaklig jag of nagskiet. Met n 50mm voorste lens moet die teleskoop ook te hoog gemonteer word wat dan veroorsaak dat jou koeelbaan te veel verskil van jou siglyn. Die grootste probleem hiervan is dat die koeelbaan te hoog gaan bo jou siglyn en dit veroorsaak dat diere te hoog geskiet word op gemiddelde jagafstande of mis geskiet word.
Met n 375 is recoil soos jy weet n groot faktor en baie van jou kliente sal nie vertroud hiermee wees nie. Met eye relief wat te min is gaan jy jou eerstehulp klasse ook gebruik want die klient gaan dalk meer bloei as die gejagte bok. Ek gaan dalk nou op n paar mense se tone trap wat ek nou gaan se maar dit is dan maar so! Jy het n paar handels merke genoem in jou eerste skrywe en my grootste probleen met die meeste Europese teleskope is hulle kort eye relief. Op hulle factsheets gee hulle bedrae aan maar in realiteit is dit nie so nie. Jy het n minimum van 80mm nodig op jou grootste vergroting en onthou hoe groter jou vergroting hoe korter is jou eye relief. Die rede vir baie van die Europese make se kort eye relief is dat hulle die field of fiew so groot as moontlik probeer kry en die twee is maar gekoppel aan mekaar.
Die konstruksie van die teleskoop is ook belangrik en jammer om dit weer te se maar die agterste okkulere lens van die Europese teleskope is hopeloos te groot. Wanneer n geweerteleskoop laag monteer word moet daar genoeg spasie vir die slothandvatsel om te funksioneer sonder om vingers te vang. Die Europeers maak teleskope vir hulle en nie vir ons nie. Met ander disseplienes van skiet kom hierdie dinge nie so na vore nie maar hierdie waavan ons nou praat is dit n ander kwessie.
My voorstel aan jou is n Leupold VX3 2.5-8x36 met n Boonne & Crockett kruishaar. Ek het vir jou gese ek gaan so bietjie puntenerig raak en dit is wat ek gedoen het met die besluit van watter teleskoopmaak gaan vir my werk.
Groetnis
Wouter

RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
-
Rasmus
- Hero Member

- Posts: 1003
- Joined: Mon Sep 06, 2010 2:38 pm
Re: Raad met scopes
Alwyn
Ek stem saam met Koos en Wouter. Ek het n Leupold Euro 30 2-7x33 teleskoop op my 375 en die teleskoop werk bitter lekker. Ek het nog nie n buffel geskiet nie!
Ek het die vorige 5 jaar in die Piet Plessis omgewing gejag waar jy die wild 90% van die tyd naby kry onder 60m. Ek het baie keer met die teleskoop op 7 gejag sonder enige moelikheid, ek het dit doelbewus gedoen om te kyk of daar vir my n verskil is tussen 2 of 7 vergroting.
Op 7x vergroting het ek al n paar blesbokke op so +- 250m geskiet, so hy werk heel gaaf vir daai ietwat ver skote ook.

.40 S&W Sigma, 357mag Colt Trooper MKIII,
44 Magnum Ruger Redhawk, .22 Bruno, 6.5 x 55 Swedish Mauser Ruger, 303 Lee Enfield, .375 H&H Musgrave Semi Custom, .410 mossberg, 12Br over and under Eduard kettner, 12 Br Beretta Semi auto A 301.
THE LIVER IS EVIL AND MUST BE PUNISHED!!!!
44 Magnum Ruger Redhawk, .22 Bruno, 6.5 x 55 Swedish Mauser Ruger, 303 Lee Enfield, .375 H&H Musgrave Semi Custom, .410 mossberg, 12Br over and under Eduard kettner, 12 Br Beretta Semi auto A 301.
THE LIVER IS EVIL AND MUST BE PUNISHED!!!!
-
.::Alwyn-U::.
- Hero Member

- Posts: 947
- Joined: Sun Apr 17, 2011 1:43 pm
Re: Raad met scopes
Als reg wouter ek waardeur altyd sulke komentaar! Ek is bly jy help my reg om NIE met die 50mm te gaan nie! Ek was nooit rerg mal daaroor nie, dalk vir my 22-250 sal hy mooi werk.. Hulle SE op hulle webwerf dat die swarovski Z3 'n eye relief van 90 het, as dit so is dan sal hy mos nie 'n probleem wees nie?
Ek het 'n VX1 op 2 van my gewere, kon nie 2 VX3's bekostig nie... En ek moet se hulle werk baie goed vir my.
Ek sal verseker die VX3 oorweeg! Wouter hoekom verkies jy die b&c kruishaar? vir my is hy te besig! maar dis net ek, ek hou van plain en practical..
Groete
Alwyn
Ek het 'n VX1 op 2 van my gewere, kon nie 2 VX3's bekostig nie... En ek moet se hulle werk baie goed vir my.
Ek sal verseker die VX3 oorweeg! Wouter hoekom verkies jy die b&c kruishaar? vir my is hy te besig! maar dis net ek, ek hou van plain en practical..
Groete
Alwyn
-
.::Alwyn-U::.
- Hero Member

- Posts: 947
- Joined: Sun Apr 17, 2011 1:43 pm
Re: Raad met scopes
Thanks Rasmus ek stem saam, 7x werk ook vir naby as mens steady genoeg is!
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7545
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Raad met scopes
Alwyn
Ek het gevind dat die Z3 se eye relief meer in die orde van 60mm is op maksimum vergroting. Toets dit maar self. Die Boonne & Crockett is geensins vir my te besig nie. Meskien dink jy aan die Varmint Hunters kruishaar? Hy is defnetief meer besig. Daai Boonne & Crockett werk soos n bom as jy hom reg gebruik. Al my gewere het hom op behalwe my 25-06 wat die Varmint op het. Ek het die VX3 3.5-10x40 op my 375 Ackley en jy kan hom ook oorweeg, werk baie lekker vir my.
Ek is maar n groot voorstaander van uniformigheid wat dan nou weer op sy beurt vertroudheid met jou toerusting skep en uiteindelik sit dit om in selvertroue wat gewoonlik ly tot sukses. Iets wat in jou professie van kardinale belang is.
Groetnis
Wouter
Ek het gevind dat die Z3 se eye relief meer in die orde van 60mm is op maksimum vergroting. Toets dit maar self. Die Boonne & Crockett is geensins vir my te besig nie. Meskien dink jy aan die Varmint Hunters kruishaar? Hy is defnetief meer besig. Daai Boonne & Crockett werk soos n bom as jy hom reg gebruik. Al my gewere het hom op behalwe my 25-06 wat die Varmint op het. Ek het die VX3 3.5-10x40 op my 375 Ackley en jy kan hom ook oorweeg, werk baie lekker vir my.
Ek is maar n groot voorstaander van uniformigheid wat dan nou weer op sy beurt vertroudheid met jou toerusting skep en uiteindelik sit dit om in selvertroue wat gewoonlik ly tot sukses. Iets wat in jou professie van kardinale belang is.
Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
- Dawid
- Hero Member

- Posts: 1079
- Joined: Tue Jun 08, 2010 11:58 pm
Re: Raad met scopes
Alwyn
My voorstel is dat jy bly by jou VX1`s want dit werk by jou.
Ek het VX1`s ( 3-9x40) op my 375 en 458 en vir my werk hulle uitstekend en het ook n heerlike "eye relief". Ek soek ooknie na n bok nie want as ek die geweer optel is hy daar en lyk dan kompleet asof hy heeldag al daar in die scope rondwei.
Soos jy al voorheen gese het, dis jou werksgeweer.......dan moet hy n werkers scope ophe........een wat die stampe en stote kan hanteer.
Maar........die keuse berus steeds by jouself.

IT`S NOT THE GUN IT`S THE GUNNER
9mm CZ 100
.22 Norinco
243 Bruno 601
270 Bruno
303 no2 mk4 Enfield
375 CZ ZKK 602
9mm CZ 100
.22 Norinco
243 Bruno 601
270 Bruno
303 no2 mk4 Enfield
375 CZ ZKK 602
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2149
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Raad met scopes
Wout , dags?
Ja, 'n scope met 50mm voorste lens is miskien nie aldag dit wat jy op 'n .375 sal sit nie, maar dis nie noodwendig verkeerd as jy die aanwending in ag neem nie. Daar is iets waarmee ek nie heeltemal met jou saamstem nie. As jy die geweer ho?r monteer soos met 'n 50mm voorste lens skiet dit nie hoog bo jou siglyn nie. Op korter afstande skiet dit wel laer as 'n scope wat laag gemonteer is. Ek het al heelwat met 50mm scopes op my .375 gespeel en nog nooit die ho? siglyn ervaar waarvan jy praat nie - verduidelik vir my want my praktiese ondervinding is anders (het onlangs 'n hele middag met 'n 4-12x50 gesit en speel en geskiet tot op 250m). Scopes met 50mm lense word ook nie net vir nagskiet of swak lig gebruik nie, dis bietjie te veel van 'n veralgemening. Dit hang ook af van die geweer se loopprofiel of die scope hoog gemonteer moet word of nie. Op beide my 30-06 en 7x57 asook my .375 kan ek heelparty fabrikate met 50mm voorste lense monteer sonder om ho? monterings te gebruik. Ek monteer gereeld 'n verskeidenheid scopes op my gewere en die enigste twee waarmee ek probleme ondervind het agv 'n te groot okkul?re lens is Trijicon en Burris. Vir my is die verskil tussen die Leupold en die Swarovski klein genoeg om dit weglaatbaar te maak. Ek het egter nie nou 'n Zeiss byderhand om die scope s'n te vgl nie.
Wouter jou voorstel oor die Leupold is goed maar dis nie noodwendig die enigste opsie nie. Ek verkies byvoorbeeld iets soos 'n 3-9x of 3-10x42 en dit werk vir my. Hoe dit ookal sy, Alwyn as jy enigsins jou geweer saam kan neem na die winkel toe doen dit en dan laat jy die manne al die scopes van jou keuse monteer. Loer dan daardeur, toets die oogafstand, die deursnee van die okkul?re lens ens. Moet net nie oorhaastig koop nie. Of jy nou die 25mm tube of die 30 koop, maak nie saak nie, kies wat jou geval. Die 30mm tube scope sal ietwat ho?r (2.5mm) op jou geweer sit.
Die langer oogafstand van Leupolds is beslis 'n wenner maar as jy nie altyd op maks vergroting skiet nie is die oogafstand van die Europese scopes genoeg. Die 3-10x42 wat ek het en waarna jy gekyk het se oogafstand is genoeg vir my, maar onthou die scope is reg gemonteer vir my en nie vir ander mense nie. Ons is geneig om scopes te na aan ons oog te monteer. Op die middel vergrotings is die Z3 se oogafstand 80mm en dis dalk waar baie ouens dit die meeste gebruik. Natuurlik is dit beter om 'n scope met langstoogafstand te koop - kyk wat werk vir jou.

ok ek sal die Z3 bietjie moet toets voor ek net koop natuurlik! Ek het seker aan die varmint gedink dan...
Oom Dawid ek sal liewer die upgrade vat van die VX1 en vir my 'n lekker VX3 koop, leupold is vir my baie goeie kwaliteit...
Koos jys reg, ek sal my geweer winkel toe moet vat en dit so doen.. Ek dink dit sal die beste manier wees.
Ek het nou 3 scopes wat ek wil probeer:
Swarovski Z3 3-10x42
Zeis duralyt 2-8x42
en dan die Leupold VX3 3.5-10x40
Thanks vir die raad manne..
Groete
Oom Dawid ek sal liewer die upgrade vat van die VX1 en vir my 'n lekker VX3 koop, leupold is vir my baie goeie kwaliteit...
Koos jys reg, ek sal my geweer winkel toe moet vat en dit so doen.. Ek dink dit sal die beste manier wees.
Ek het nou 3 scopes wat ek wil probeer:
Swarovski Z3 3-10x42
Zeis duralyt 2-8x42
en dan die Leupold VX3 3.5-10x40
Thanks vir die raad manne..
Groete
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7545
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Raad met scopes
Hallo Koos
Jy is absoluut reg oor die hoer montering en dat dit nie jou POI hoer maak nie. My fout! Kan sien dit is weer Maandag.
Oor die res van die goed is ek maar puntenerig soos ek gese het. Ja mens kan seker enige iets doen en solank die goed net reg is "in the eyes of the beholder" ne. Daai meter hoe drukvin agter op die "Ford Skyline" is vir sekere manne net die ding!
Koos gaan vat bietjie daai 7x57 van jou en gaan kyk na daai speling tussen die slothandvatsel en daai Swartwors en se dan vir my eerlik dat daai vir jou reg is op n gevaarlike wild geweer. Volgens my standaarde moet daar darm n man se duim tussen die twee te kan inpas wat hier nie die geval is nie. Op n gewone geweer gee ek toe dat dit nie van kardinale belang is nie maar onthou Alwyn het gese dat hy wel met buffels te doen kry vir twee maande van die jaar. En dit help nie om dan die scope te wil afhaal en so te skiet met oop visiere as dit nie die manier is hoe mens oor die algemeen skiet nie. Skiet dan eerder met die teleskoop as sonder hom.
Ek weet hierdie is bitter klein dingetjies maar as dit kom by lewengevaarlike wild kom voel ek nie n mens kan te kleinlik raak nie. Ek erken ek is bietjie geiriteerd met die meeste jagters se opvatting dat alles Europees net beter is. Maar nou-ja meskien moet ek maar net weer begin rook!
Groetnis en mooiloop ou maat.
Wout
PS. Sou eerder die gesprek daar om die kampvuur wou gehad het!
Jy is absoluut reg oor die hoer montering en dat dit nie jou POI hoer maak nie. My fout! Kan sien dit is weer Maandag.
Oor die res van die goed is ek maar puntenerig soos ek gese het. Ja mens kan seker enige iets doen en solank die goed net reg is "in the eyes of the beholder" ne. Daai meter hoe drukvin agter op die "Ford Skyline" is vir sekere manne net die ding!
Koos gaan vat bietjie daai 7x57 van jou en gaan kyk na daai speling tussen die slothandvatsel en daai Swartwors en se dan vir my eerlik dat daai vir jou reg is op n gevaarlike wild geweer. Volgens my standaarde moet daar darm n man se duim tussen die twee te kan inpas wat hier nie die geval is nie. Op n gewone geweer gee ek toe dat dit nie van kardinale belang is nie maar onthou Alwyn het gese dat hy wel met buffels te doen kry vir twee maande van die jaar. En dit help nie om dan die scope te wil afhaal en so te skiet met oop visiere as dit nie die manier is hoe mens oor die algemeen skiet nie. Skiet dan eerder met die teleskoop as sonder hom.
Ek weet hierdie is bitter klein dingetjies maar as dit kom by lewengevaarlike wild kom voel ek nie n mens kan te kleinlik raak nie. Ek erken ek is bietjie geiriteerd met die meeste jagters se opvatting dat alles Europees net beter is. Maar nou-ja meskien moet ek maar net weer begin rook!
Groetnis en mooiloop ou maat.
Wout
PS. Sou eerder die gesprek daar om die kampvuur wou gehad het!
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
- tafjak
- Global Moderator

- Posts: 2128
- Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm
Re: Raad met scopes
Alwyn
Sorg net dat jy die beste moontlik koop as jy dit(al is dit net vir een dag) op gevaarlike wild(goeters wat glo byt) gebruik gaan word. Mediese koste is hoog en kiste nie meer die gewone Vrydagmiddag-ete se prys nie.
Jy ken my swaer en daar het hy Amerikaanse en Europese scopes. Maak seker dat jy sommer die verskil sien in veral die FOV(wat tog so belangrik is as die tier op jou afstorm!
Mooidink
Ps. Darie goete van Europa is nogal great!

Mooiloop en Geseende Kersfees!