Page 2 of 2
Re: Hand wapen belt vir elkedag dra
Posted: Thu Apr 07, 2022 2:26 pm
by Ratel
cassie_calvinia wrote: Thu Apr 07, 2022 2:15 pm
Sien die kore is R1800 op take a lot
Ross leather is iets soos R460 dink ek
Re: Hand wapen belt vir elkedag dra
Posted: Thu Apr 07, 2022 2:32 pm
by Aceofspades
Ek gebruik 95% van die tyd 'n CR speed EDC belt. Baie stewg. Na 'n paar jaar begin die velcro natuurlik verweer en dan gly dit partykeer. 'n Skerp messie, velcro en gom maak dit weer reg.
Die ander 5% het ek 'n holster op 'n Ulticlip vir dra met 'n kortbroek. Die Ulticlip sit hoog sodat die grip 50% weg gesteek is deur die broek.
5%? Ja, my bene is spierwit. Ek werk in 'n workshop.
Net 'n edit hier by.
Ek het al so paar ure met 'n Cytac Tactical belt geloop. Dis ook 'n gemaklike belt om mee te dra.
Sent from my BV9900E using Tapatalk
Re: Hand wapen belt vir elkedag dra
Posted: Thu Apr 07, 2022 4:37 pm
by Swede
Het in die week n leer belt by Swartbaard EDC gekry, baie beindruk met die produk en is stewig. Ek gebruik ook baie die CR Speed belt.
Sent from my SM-N970F using Tapatalk
Re: Hand wapen belt vir elkedag dra
Posted: Fri Apr 08, 2022 7:50 am
by JGZ
Ek dra deesdae KORE belts. Die moeite werd om na te kyk.
https://www.koreessentials.com/collections/gun-belts
Re: Hand wapen belt vir elkedag dra
Posted: Fri Apr 08, 2022 8:56 pm
by Apie
Ek geniet ook my Kore belt
Myne aanlyn by SA Tactical gekoop
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Hand wapen belt vir elkedag dra
Posted: Sat Apr 09, 2022 7:05 am
by Maroelas
Ek het 'n Army Ant leerbelt gekoop. Baie te vrede met hom. Voor dit die Looper belt van Hailstorm, maar hulle word ongelukkig nie meer ingevoer nie.
Ek het 'n ratchet sisteem belt gedra so vir 'n jaar (myne was 'n Nextbelt), maar verkies n gewone gespe belt eerder.
Re: Hand wapen belt vir elkedag dra
Posted: Mon Apr 11, 2022 9:45 am
by Carl
Cassie
Die manne maak ook 'n baie goeie produk en hulle is daar in die Wes Kaap. Die gordels het ekstra versterking in.
https://www.facebook.com/Kallermannleather/
Re: Hand wapen belt vir elkedag dra
Posted: Wed Jun 22, 2022 9:52 am
by Carl
Goeiemore
Ek het gister die Uvami een by Safari gekoop. Dis duur maar 'n vorige leer gordel het seker 8 jaar van elke dag dra gehou. Die een het 'n webbing deel agter op die gordel wat dit effe stywer maak - nie soos 'n Looper wat Kydex in het nie. Die gespe is baie netjies en die leer en stikwerk lyk goed.
Ek dra 'n 34" broek met G19 en die gordel wat my pas was 38"wat ek dan mooi in die middel van die gaaitjies vasmaak. Dit laat an plek vir Desember se etes of 'n ekstra magasyn.
https://uvami.co.za/wp/belts-and-pouches/
Re: Hand wapen belt vir elkedag dra
Posted: Wed Jun 22, 2022 10:23 am
by Ratel
My volgende gordel na my huidige Ross Leather gun belt (wat netjies genoeg is om by formele kleredrag ook aan te trek) sal weer 'n Ross leather belt wees. Maar ek glo nie ek sal hierdie een klaar gedra kry nie. Het hom omtrent twee jaar al en hy lyk nog soos nuut.
Re: Hand wapen belt vir elkedag dra
Posted: Wed Jun 22, 2022 1:03 pm
by jdpretorius
N leer belt wat in sy lengte gestik is hang nie so maklik uit nie, en rek ook nie sommer nie. As hy dubbel laag leer is (+/- 6mm) dan het jy n lekker stewige belt.
My shotty jag sak met 50 rontes en al my ander goeterkies, soos voël strops, ens. hang aan so een en hou nog mooi.
Die een met die koedoe op het die klient sy eie gespe verskaf.

Sent from my SM-A515F using Tapatalk
Re: Hand wapen belt vir elkedag dra
Posted: Wed Jun 22, 2022 2:39 pm
by Vleisie
Ek dra nou al vir +-3 jaar my Kallermann Gunbelt, baie lekker belt en baie stewig. Glock19 IWB, Leatherman en Spaar magesyn op die ander heup asook n klomp los goed in my broeksakke en dit is die eerste belt wat ek kan sê met die vrag nie my lyf moeg maak nie. Kallie se vakmanskap is ook van uitstaande gehalte.
Re: Hand wapen belt vir elkedag dra
Posted: Fri Jun 24, 2022 8:46 am
by Carl
jdpretorius wrote: Wed Jun 22, 2022 1:03 pm
N leer belt wat in sy lengte gestik is hang nie so maklik uit nie, en rek ook nie sommer nie. As hy dubbel laag leer is (+/- 6mm) dan het jy n lekker stewige belt.
My shotty jag sak met 50 rontes en al my ander goeterkies, soos voël strops, ens. hang aan so een en hou nog mooi.
Die een met die koedoe op het die klient sy eie gespe verskaf.

Sent from my SM-A515F using Tapatalk
Waar bestel ons?

Re: Hand wapen belt vir elkedag dra
Posted: Fri Jun 24, 2022 8:49 am
by cassie_calvinia
As belt te dik is, sukkel hy nie om deur die J clip te kom nie?
Re: Hand wapen belt vir elkedag dra
Posted: Fri Jun 24, 2022 9:28 am
by jdpretorius
cassie_calvinia wrote:As belt te dik is, sukkel hy nie om deur die J clip te kom nie?
N ou kan seker dunner gan ja....daar is mos nie n reel wat sê jy mag nie
Persoonlik hou ek nie van 'n "clip" nie want hy breek soms op die onmoontlikste tye....maar as jy n "inside pants" dra dan het jy seker nie n ander keuse nie.
Sent from my SM-A515F using Tapatalk
Re: Hand wapen belt vir elkedag dra
Posted: Fri Jun 24, 2022 9:49 am
by cassie_calvinia
jdpretorius wrote: Fri Jun 24, 2022 9:28 am
cassie_calvinia wrote:As belt te dik is, sukkel hy nie om deur die J clip te kom nie?
N ou kan seker dunner gan ja....daar is mos nie n reel wat sê jy mag nie
Persoonlik hou ek nie van 'n "clip" nie want hy breek soms op die onmoontlikste tye....maar as jy n "inside pants" dra dan het jy seker nie n ander keuse nie.
Sent from my SM-A515F using Tapatalk
werk die soft loop beter?
Re: Hand wapen belt vir elkedag dra
Posted: Fri Jun 24, 2022 10:07 am
by Carl
Ulticlip want dit heg aan jou broek.
Re: Hand wapen belt vir elkedag dra
Posted: Fri Jun 24, 2022 3:34 pm
by ZKK
Ek wil graag so bietjie hi-jack.
Ek soek n belt met n "plastiek" buckle. Ek is keelvol om elke keer op die lughawe my belt te moet uit trek.
Dit hoef nie noodwendig vir n vuurwapen te wees nie.
Weet iemand van iets?
Groete
Re: Hand wapen belt vir elkedag dra
Posted: Fri Jun 24, 2022 4:23 pm
by Carl
ZKK wrote: Fri Jun 24, 2022 3:34 pm
Ek wil graag so bietjie hi-jack.
Ek soek n belt met n "plastiek" buckle. Ek is keelvol om elke keer op die lughawe my belt te moet uit trek.
Dit hoef nie noodwendig vir n vuurwapen te wees nie.
Weet iemand van iets?
Groete
CR Speed belt, 100% sinteties. Dis nou nie 'n kerk en kantoor een nie.
Re: Hand wapen belt vir elkedag dra
Posted: Tue Jul 12, 2022 7:56 am
by Gerhardu
Kore al die pad.
Re: Hand wapen belt vir elkedag dra
Posted: Tue Jul 12, 2022 8:52 am
by Ds J
ZKK wrote: Fri Jun 24, 2022 3:34 pm
Ek wil graag so bietjie hi-jack.
Ek soek n belt met n "plastiek" buckle. Ek is keelvol om elke keer op die lughawe my belt te moet uit trek.
Dit hoef nie noodwendig vir n vuurwapen te wees nie.
Weet iemand van iets?
Groete
https://www.cytac.com/products/tactical-belt/
Ek dra myne byna elke dag (soms n leerbelt op Sondae) en kan werklik nie kla nie. Hy hou sy vorm en kan swaar gewig dra - my kinders staan op myne as hulle op my rug ry.
Ek weet ongelukkig nie wie dit versprei nie - het myne by ons plaaslike geweerwinkel gekoop.
Re: Hand wapen belt vir elkedag dra
Posted: Tue Jul 12, 2022 9:08 am
by JF123
ZKK wrote: Fri Jun 24, 2022 3:34 pm
Ek wil graag so bietjie hi-jack.
Ek soek n belt met n "plastiek" buckle. Ek is keelvol om elke keer op die lughawe my belt te moet uit trek.
Dit hoef nie noodwendig vir n vuurwapen te wees nie.
Weet iemand van iets?
Groete
Sodra sekuriteit sien jy het 'n belt aan dan sal jy dit moet afhaal.